Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 764

30/08/2019


  Krities Afrikaans

LitNet: Die silwerskerm

Pasverskyn

Sushi en Shosholoza

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Spaanse Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, skiet Erns Grundling en 'n klein TV-span 'n nuwe reeks – dié keer in Japan, die land waar die Rugbywêreldbeker in 2019 en die Olimpiese Spele in 2020 plaasvind. Kom stap nog 'n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners in 2019 die Bokke gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!

Titel: Sushi en Shosholoza
Skrywer: Erns Grundling
Uitgewer: Queillerie

Leefstyl

kykNET Silwerskermfees 2019: Leon van Nierop se indrukke

Leon van Nierop
Film

"Die fees is verby. Tone is nie net in koue water gedruk nie, maar karakters en filmmakers het sommer kaalbas aan die diep kant ingespring."

kykNET Silwerskermfees 2019: Wat’s in die spieël? Dagboek van ’n filmfees

Jaco Barnard-Naudé
Film

"Wat is in die spieël? Dink ons krities genoeg oor die keuses wat óns maak in die lig van Bass se keuse en protes? Kan ons in solidariteit met Bass staan oor die objektivering van die vroulike liggaam, terwyl ons die omstredenheid terselfdertyd sien as ’n geleentheid om ’n gesprek oop te maak en krities te dink oor die objektiverings waaraan ons self daagliks skuldig is?"

kykNET Silwerskermfees 2019: 14 kortfilms in kompetisie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Die kortfilms is ’n belangrike ontwikkelingsprojek van die jaarlikse Silwerskermfees, en kykNET verdien werklik lof vir die manier waarop hulle bereid is om voortdurend te belê in Afrikaanse films én die groter Suid-Afrikaanse mediabedryf."

 

'n Onderhoud oor Oedipus by die kykNET Silwerskermfees 2019

Remona Voges, Canya Cruywagen, Stefan Benade
Film

Oedipus: Die musical – ’n dokumentêr is by hierdie jaar se kykNET Silwerskermfees met sewe toekennings bekroon. Remona Voges het met Stefan Benade (skrywer en regisseur) en Canya Cruywagen (redigeerder) gesels om meer oor dié indrukwekkende kortfilm uit te vind.

Die 9de kykNET Silwerskermfees – hier’s die wenners

LitNet
Film

“kykNET het uit die staanspoor ’n langtermynvisie met hierdie spesiale projek gehad. Die Silwerskermfees se fokus is en bly die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmbedryf,” meen Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale by M-Net.

'n Fees van tieners. 'n Fees van talent. 'n Fees van teater!

LitNet
ATKV-Portaal

Tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal wat van 23 tot 27 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch plaasvind, sal 18 produksies van dwarsoor Suid-Afrika meeding om as die algehele wenner van dié teaterkompetisie aangewys te word.

Die Viëtnam-oorlog op film: Veertig jaar van Francis Ford Coppola se Apocalypse now (1979)

Dian Weys
Film

"Die oorspronklike film is in 2001 opgevolg deur Apocalypse now: Redux, wat 49 minute langer duur. Vanjaar word egter 'n nuwe weergawe, Apocalypse now: The final cut (2019), in Suid-Afrikaanse teaters vrygestel om die film se 40ste bestaansjaar te vier. Hierdie weergawe, wat 20 minute korter as Redux is, is volgens Coppola sy gunsteling- en finale weergawe van dié meesterstuk."

Filmresensie: Goldblatt

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

Ná Goldblatt se dood in Junie verlede jaar is dit as gepaste huldeblyk by die afgelope Silwerskermfees in Kaapstad vertoon. "Net so uitsonderlik as wat Goldblatt se werk is, is hierdie dokumentêr waaraan die filmmakers ses jaar lank gewerk het."

Persvrystelling: Liefde by die Dam

LitNet
Musiek

Agt bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan vanjaar die verhoog behoorlik laat vlamvat: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Loki Rothman.

LitNet Akademies

’n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis (TPEIK) waartoe die Arend-toep toegang verleen

Christa van Staden
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die Arend-toep is in 2018 ontwerp en ontwikkel om toegang tot die webgebaseerde Arend, ’n aanlynleeromgewing vir onderwysers, te verbeter."

Nou op Voertaal

Raaisel oor Watson se ongeluk verdiep

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Bespiegelings op sosiale media dat die Bosasa-baas Gavin Watson sy eie dood versin het en dat dit nie regtig hy is wat Maandag verongeluk het nie, is die nek ingeslaan nadat foto’s van sy verminkte lyk deur die media onder oë gekry is."

"I ended up writing poetry because of the Wachowskis" – an interview with Simone Atangana Bekono

Cliffordene Norton, Simone Atangana Bekono
Interviews

"When I wrote hoe de eerste vonken zichtbaar waren, it was 2015, and the general public of the Netherlands was only just getting to know all these terms, like 'intersectionality' and stuff; and I was just kind of writing about what it was like growing up in a small Dutch town, and always being the only black girl in class..." The annual Open Book Festival takes place from 4 to 8 September 2019. The award-winning Dutch poet Simone Atangana Bekono will be attending the festival. She talks to Cliffordene Norton about her first visit to South Africa, her love of film and her poetry.

Lorraine Immelman stig Suid-Afrika se grootste internasionale wynkompetisie

Maryke Roberts
Culinair

Dit is vroue soos sý wat Suid-Afrikaners elke jaar in nasionale vrouemaand in Augustus huldig. Die Michelangelo Wyn- en spiritualieë-toekennings het verlede jaar Suid-Afrika se grootste internasionale wynkompetisie geword, met 2 244 inskrywings van 16 lande. En agter hierdie suksesstorie staan een vrou, Lorraine Immelman, wat dit 23 jaar gelede uit niks nie opgebou het, vertel Maryke Roberts.

Dominant Engels in de EU instellingen

Michaël Vandamme
Taaldiscussie

"De plaats van het Engels binnen de EU overstijgt ruimschoots het Brits lidmaatschap. En als we de Brexit nu eens gebruiken om de positie van het Frans binnen de Europese instellingen te versterken?"

Thomvleis: caviar van begrafniskos

Cliffordene Norton
Culinair

"Thomvleis is bruingebraaide gestampte beesvleis wat oorspronklik met dompel en/of stampmielies met groente bedien is. Dit kom oorspronklik van die Tswana-mense en staan ook as mogoga en lerito bekend."

African ties to the "hermit kingdom": an interview with Leiden University PhD student, Tycho van der Hoog

Cliffordene Norton, Tycho van der Hoog
Interviews

Tycho van der Hoog is a PhD student at the African Studies Centre, Leiden University. His PhD research focuses on the diplomatic and military ties between North Korea (DPRK) and southern Africa. He discusses his findings and the potential real-world applications of his research with Cliffordene Norton.

Onafhankelijke boekhandel gooit hoge ogen

Michaël Vandamme
Meningen

"Nu de eerste zes maanden van het jaar erop zitten, wordt traditioneel een eerste stand van zaken van de Vlaamse boekenmarkt opgemaakt. 'Stabiel', luidt het bij de sectorvertegenwoordigers. Toch dragen de cijfers enkele verrassingen in zich. Het succes van de onafhankelijke boekhandelaars bijvoorbeeld. Of het feit dat het best verkochte boek van het eerste halfjaar er eentje is uit...1973. Een situatieschets."

Sê jou sê – met hierdie Afrikaanse gesegdes

Cliffordene Norton
Over taal

"Sy hou vir haar sturvy/stiffie"; "Jou dak raas"; "My nine-nine gazi". Het jy hierdie lekker uitdrukkings al gehoor?

Menings

Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal

Hein Willemse
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Afrikaans is gevorm in die monde van al diegene wat aan die Kaap en in die binneland gebly het. Dit is in hierdie kreooltaal dat ons die oorblyfsels van die slawe se vreemde tale hoor, en die spore van hul ervarings."

Towards the fullness of the Afrikaans language

Hein Willemse
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Afrikaans was forged in the mouths of all those who lived at the Cape and beyond. It is in this creole that we hear the remnants of the slaves’ foreign tongues, and the traces of their experiences."

Ou vlae, nuwe vrae

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ten beste is AfriForum en hul ondersteuners onsensitief vir die ongelooflike skade wat aan swart mense spesifiek, en die breër samelewing in die algemeen, aangedoen is onder die gewapper van die ou vlag. Onsensitief op dieselfde manier as wat dit onsensitief is om die swastika by Joodse geleenthede te vertoon."

NHI, yea of nay?

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"En miskien gan die keuse nie net oo voorreggie, maa dit gan oo dis elke mens se reg op goeie gesondheidsorg, never mind offit nou privaat of deurie staat is."

Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, JA Schlebusch
Onderhoude

"Ek het die radikale politieke omwenteling in ons land gedurende die 1990’s as ’n kind meegemaak." Pieter GR de Villiers gesels met JA Schlebusch oor sy artikel. #litnetakademies #onderhoud

Seepglad: die toekoms van seks, die internet en tuinelektronika

Carinus Lemmer
Rubrieke

"Die robothandjies aan die binnekant sal die goed vat en stoor, sonder om dankie te seg. En jy sal betaal, maar nie eens met snapper nie. O, dis reeds aan die gebeur, in China, onder andere."

NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

LitNet
NouNet

Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer? LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels. Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan. Laat hoor van jou!

NouNet-mening: Oor vrouelogika en ander geite

Nini Bennett
NouNet

"Nadat ek vir jare die eienaardighede so eie aan vroue bestudeer het, het ek besluit om enkeles daarvan neer te pen."

NouNet-mening: ’n Plaaskind probeer die K53 en die ongeskrewe padreëls van die stad met mekaar vereenselwig

Irene van Staden
NouNet

"As plaaskind was dit vir my glad nie ’n probleem om uit te figure hoe om met die plaasbakkie te ry nie. Dit was eintlik heel eenvoudig. Maak seker die bakkie is uit rat, draai die sleutel, trap die clutch in, verander na eerste en trap die petrol. Daar gaan jy!"

Boeke en skrywers

Resensie: Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal

Shirmoney Rhode
Resensies

"Van die hooftemas is die trauma en effek van bendegeweld op die individue maar ook gemeenskappe, die rouproses van diegene wat familie en vriende weens bendegeweld verloor, en die rol wat dwelms en dwelmhandel speel."

Skrywersonderhoud: Hannes Barnard oor Halley se komeet

Naomi Meyer, Hannes Barnard
Skrywersonderhoude

"Die storie is ’n grootwordverhaal, of coming-of-age-storie. Daar is redelik baie debat oor of dit ’n jeugroman is en of dit ’n bildungsroman is. Juis daarom is ek gelukkig om Wenkbrou as uitgewer te hê, want hulle glo in stories wat nie altyd in boksies geprop kan word nie."

Resensie: Doodsengel deur Madelein Rust

Org Potgieter
Resensies

"Dis mos hoe 'n misdaadriller begin: met 'n moord in die eerste sin! Daarna neem die skrywer die leser op 'n rit van geweld en vergelding totdat sy op bladsy 366 'n puik ontknoping skryf."

Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk

Karen de Wet
Resensies

"Die titel van die boek is geneem uit Diana Ferrus se Ons komvandaan en dit word ingespan om die boek te raam as ’n teks waarin dit juis generasies vroue is wat deur hulle skryfwerk aan die woord kom."

Lesersindruk: Sewentig vrae oor evolusie vir Christene deur Albert Alberts

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"My belangstelling in Alberts se boek lê egter by wat ek noem die argumente oor die oermense. Die studie van die argeologie. Waaroor daar maar betreklik min in Afrikaans geskryf is, sover my kennis strek."

LitNet-resensente op die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-kortlys

LitNet
Boeke en skrywers

LitNet het twee boekresensente wat op die kortlys vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-prys verskyn. Baie geluk aan die finaliste!

Skole

Mediaverklaring: Kommer oor outomatiese bevordering in die grondslagfase

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Die Onderwyskommissie is sterk gekant teen die aanvaarding van die beleid indien dit bloot polities gedryf word ter wille van beter slaagsyfers."

Wiskunde met LitNet: graad 12 – voorbereiding vir rekord- en eindeksamen

Lee-Ann West
Skole

Is jy in graad 12 en besig om voor te berei vir die rekord- en eindeksamen? Kyk hier na die eerste van vier video's waarin Lee-Ann West jou daarmee help. Teken in by LitNet se YouTube-kanaal om nog weeklikse video's te ontvang!

Nuwe skryfwerk

Vrouedag-skryfkompetisie: Kortlys

LitNet
Skryfkompetisies

LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie: Hier is die kortlys van die beste inskrywings! Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Die wenner word Vrydag 30 Augustus aangekondig.

My skemertyd

Anzé Bezuidenhout
Poësie

Gedig deur Anzé Bezuidenhout:

"en dit wat moes is nou wat was;
en my lewenspore lê nou vasgeskroei
in duisend bloedmane gelede"




Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved