|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 724
8/11/2018
|
Krities Afrikaans
|
As mens geluk kon proe
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te herontwerp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.
’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Skrywer: Zelda Bezuidenhout
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799389470
Prys:
R180
|
 |
|
 |
Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng
Nico Botha
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Navorsing het onder meer getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys te teoreties is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie."
|
 |
Die ontwikkeling van ’n koste-effektiewe en byderwetse multimedia digitale argief by EPOG in Orania
Burgert A Senekal, Eduan Kotzé
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Een van die belangrikste kwessies wat uit die literatuur oor digitalisering en digitale argiewe na vore kom, is dat aanpasbaarheid van die persone wat daarby betrokke is, ’n nie-onderhandelbare eienskap is: nuwe tegnologie ontwikkel wat nuwe geleenthede en uitdagings bied. As argivarisse in ’n gemaksone verval, bring dit die bewaring van ons erfenis in gedrang."
|
 |
Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek
Danie Kloppers, Henk Kloppers
LitNet Akademies (Regte)
"In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg is ’n lasteraksie beskikbaar vir sowel individue as regspersone wie se reputasie onregmatig geskaad is. Die vraag wat egter in hierdie artikel te berde kom, is of ’n lasteraksie ook vir ’n trust beskikbaar behoort te wees indien die trust se goeie naam of reputasie benadeel is."
|
 |
Ontlaering: ’n Herverbeel van die pedagogiek van Afrikaanse letterkunde
Bibi Burger
Universiteitseminaar | University Seminar
"In ’n referaat gelewer by ’n akademiese kollokwium by die Universiteit van Pretoria op 1 November, reflekteer Candess Kostopoulos oor wat ’n 'laer' is: ’n sirkulêre struktuur wat dié aan die binnekant moet beskerm, maar wat (as daar gedink word aan letterlike ossewaens) ook beweeglik is en verskuif kan word."
|
 |
Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense
Hans du Plessis
Seminare en essays
"Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite ..."
|
 |
Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54: ’n onderhoud met Francois Tolmie
Pieter GR de Villiers, Francois Tolmie
Onderhoude
"Vir die gewone Bybelleser is die waarde van intensiewe wetenskaplike navorsing oor die Bybel juis dat dit nuwe aspekte in die teks belig wat vroeër misgekyk is. In die geval van die Ou en Nuwe Testamentiese wetenskap was daar in die afgelope paar dekades ’n metodologiese ontploffing wat ten goede meewerk omdat dit die Bybelteks, wat vir ’n groot aantal van ons ’n gesaghebbende teks is, op veel meer terreine ontsluit het."
|
 |
Breyten Breytenbach en de Lage Landen: Oproep voor bijdragen
Yves T'Sjoen
NeerlandiNet
"De redactie van Zacht Lawijd. Literair-historisch tijdschrift presenteert in oktober 2019 een themanummer over de aanwezigheid en receptie van Breyten Breytenbach in Nederland en Vlaanderen (jaargang 18, nummer 3). De samenstellers Bertram Mourits en Yves T’Sjoen nodigen belangstellenden uit om uiterlijk op 1 januari een voorstel in te dienen voor een bijdrage."
|
 |
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018
LitNet
Wen
Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Laat weet ons voor middernag op 10 Desember 2018. Jy kan ’n stewige boekpakkie vir jou Kerskous losslaan. Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
|
 |
Die P-woord is ’n Kaapse vetaling vannie V-woord.
Olivia M Coetzee
Rubrieke
"Nou om dié te vetaal sê iets innie lyn van voëltjies sing vroegoggend voorie kat. En die gesegde betieken dat as djy te vroeg celebrate dan gan djy veloo. Maa as dit in Kaaps geskryf moes wôd, of selfs in sogenaamde Standaardafrikaans, dan gat dit heeltemal iets anners betieken."
|
 |
Die VSA se middeltermynverkiesing
Jason Lloyd
Rubrieke
"Die lewe van Trump word oorspan deur drama, spanning, dilemmas, konflikte en krisisse wat veral groot eise aan die Republikeinse Party stel."
|
 |
’n Fenisiese omvaart om die Kaap in die 6de eeu voor Christus
Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays
"Ons moet derhalwe tot die gevolgtrekking kom dat die Kaap reeds in die 6de eeu voor Christus deur Fenisiese seevaarders besoek is. En dat hulle dalk in die Swartland ook koring kon gesaai het met saad wat hulle al die pad saamgebring, of langs die pad geoes het."
|
 |
Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering – ’n resensie
Martie Retief-Meiring
Resensies
"Totdat hy nie net ’n goeie sportverslaggewer nie, maar ook ’n vertroude politieke joernalis, ’n leidinggewende redakteur en uiteindelik, heeltemal tot sy eie verbasing, die skakel tot die ontstaan van een van die wêreld se groot mediahuise (ja, dit is so!) sou word."
|
 |
The enumerations by Máire Fisher: a book review
Karabo Kgoleng
Books and writers
"This is a triumphant, hopeful work of fiction, and Fisher deserves commendation for writing about such a difficult, stigmatised topic in a creative and gripping way."
|
 |
"Cheers (vir eers)": Jolyn Phillips sê koebaai vir Kaapstad
Menán van Heerden
Boeke en skrywers
Op Vrydag 2 November het digters, kunstenaars, lesers en vriende by The Book Lounge in Kaapstad byeengekom om die bekroonde skrywer Jolyn Phillips te groet. Die gesellige afskeid het voorlesings en optredes deur onder andere Antjie Krog, Diana Ferrus, Churchil Naudé en Riku Lätti ingesluit.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2018
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Boeke vir leeskringe: NB-Uitgewers se keuse vir 2019
LitNet
Leeskringkamer
Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is NB-Uitgewers se voorstelle.
|
 |
"Dis my ma se taal, my pa se stilwees en hoe hulle daagliks net leef"
Marli van Eeden, Herschelle Benjamin
Onderhoude
“Bowenal als, is my ouers ’n groot inspirasie wat my werk op verskillende maniere aanraak. Dis my ma se taal, my pa se stilwees en hoe hulle daagliks net leef. Dis ’n rykdom wat ek as kind al besef het en dankbaar is dat juis hulle my ouers is.”
|
 |
Fotostaatmasjien oorgeklank: ’n onderhoud
Naomi Meyer, Jude HarpStar, Willemien Rust
Musiek
"Die siftingsproses wat die gedigte aanbetref, het toe eintlik baie vinnig gebeur. Ons het binne die eerste paar maande ’n hele paar oorspronklike toonsettings gedoen en ook die liedjies waarna Bibi direk in haar gedigte verwys, op ons manier geïnterpreteer."
|
 |
Die reuk van appels: an interview with director Lara Bye
Naomi Meyer, Lara Bye
Lifestyle and entertainment
"It is about history and remembering, and trying to figure out the present and how we can move forward with some sense of wholeness. But it is also the story of a young boy whom we care deeply about, who experiences a very devastating life journey."
|
 |
First man, ’n filmresensie
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Die sterkste indruk wat die film laat, is dit waartoe die mens in staat is danksy vindingrykheid, toewyding, harde werk en – veral – ambisie en wedywering."
|
 |
Persverklaring: produksie van Poppie Nongena-rolprent begin
LitNet
Film
"'Die swerfjare van Poppie Nongena is 'n baie belangrike storie wat vertel móét word. Dit het etlike jare geneem om dit uiteindelik op film te kan verewig, maar ons is opgewonde oor die produksiespan en rolverdeling en sien uit om die finale produk vir Elsa Joubert en die res van die wêreld te wys,' sê Karen Meiring, hoof van kykNET."
|
 |
Persverklaring: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
LitNet
NB-Uitgewersportaal
Human & Rousseau, druknaam van NB-Uitgewers, beplan om Oktober 2019 ’n splinternuwe kortverhaalbloemlesing uit te gee, getiteld Die nuwe Afrikaanse prosaboek.
|
 |
Umhobe | Anthem
Anelisa Matika
New writing
"Lilo lodwa esithembele kulo | May our land be as pure as a dove ..."
|
 |
Full circle
Sundeeka Mungroo
New writing
"Her water had broken ten minutes before, but she knew there was still a lot more anguish to go through before it could get here. It. The baby."
|
 |
Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XIII
LitNet
Skryfkompetisies
Hier verskyn die dertiende, en laaste, lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die kompetisie het reeds gesluit. Die kortlys sal binnekort aangekondig word.
|
 |
Wannie Carstens: "Iedereen verliest bij een te dominant Engels"
Michaël Vandamme
Interviews
"De Lage Landen zijn geen onbekend terrein voor Professor Carstens, en precies daarom is hij de geknipte persoon om gelijkenissen en verschillen met Zuid-Afrika te schetsen. We hadden een gesprek over de toekomst van het Afrikaans, de politieke polarisering in zijn land, maar ook de Europese compromiscultuur die hem charmeert."
|
 |
Elke politieke haan soek nou ’n mishoop
Martie Retief-Meiring
Nuusvinke
"Dis vereskud-tyd in Suid-Afrika vir ’n komende verkiesing. ’n Waterskeidingsverkiesing word deur die ontleders voorspel. Na Mei 2019 sal Suid-Afrika ’n heel nuwe bestel beleef."
|
|