Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 701

31/05/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou boekehuis

Pasverskyn

Klein kook & geniet

'n Eg Suid-Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdomme. Kook & geniet se kleinsus is terug! Propvol staatmakerresepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Die meer as 55 resepte sluit als in van ou gunstelinge soos hamburgers, tjips en pizza tot 'n verskeidenheid soetgoed. Klein kook & geniet sal jou touwys maak in die basiese kuns van kosmaak. En as jy eers weet hóé, sal jy enige resep kan baasraak.

Skrywer: SJA de Villiers en Eunice van der Berg
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176880
Prys:
R270

Boeke en skrywers

Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting

LitNet
Leeskringe

Stel jy belang in die boekbesprekings van leeskringe in Suid-Afrika? Wil jy graag aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme vir 2018.

Leeskringe in-en-om Pretoria: 2018-jaarprogramme en -inligting

LitNet
Leeskringe

Stel jy belang in die boekbesprekings van leeskringe in die Pretoria-omgewing? Wil jy graag aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme vir 2018.

Philip Roth (1933–2018)

Willie Burger
In memoriam

"Philip Roth was een van daardie merkwaardige skrywers wat telkens, in roman na roman, daarin geslaag het om lesers bewus te maak van aspekte van hul bestaan waaroor hulle dalk nog nooit nagedink het nie, of om bekende aspekte in ’n ander lig te sien."

UJ-pryse 2018: Commendatio oor SJ Naudé se Die derde spoel

Bibi Burger
Boeke en skrywers

"Die derde spoel bevat egter nie net baie wat deur akademici ontgin kan word nie, dit is ook op só ’n spannende wyse geskryf dat die leser nie anders kan as om meegevoer te raak deur Etienne se soektog na die derde spoel nie, en deur sy soeke na betekenisvolle kuns, aktiwiteite en maniere van bestaan." Hier is Bibi Burger se commendatio oor SJ Naudé se Die derde spoel, ontvanger van die 2018 UJ-prys.

UJ-pryse 2018: Repliek by die ontvangs van die prys vir Die derde spoel

SJ Naudé
Boeke en skrywers

"Dit is, helaas, nie skrywers wat Trump uitgeskop gaan kry nie. En tog, romans het hul eie manier om ’n verskil te maak. Stories verander dalk net een gedagtewêreld op ’n slag. Maar moenie die ernstige boek afskryf nie."

UJ-pryse 2018: Commendatio oor Jolyn Phillips se radbraak

Karen de Wet
Boeke en skrywers

"Die digtende in radbraak is ’n strandloper, ’n versamelvoël, ’n trekvoël. Sy is ook ’n migrerende – tussen verlede en hede, tussen plekke en omstandighede, maar veral in taal, midde-in en deur taal." Hier is Karen de Wet se commendatio oor Jolyn Phillips se radbraak, ontvanger van die 2018 UJ-debuutprys.

UJ-pryse 2018: Repliek by die ontvangs van die debuutprys vir radbraak

Jolyn Phillips
Boeke en skrywers

"Radbraak leer my weer taal is niemand se hou of houer nie. Jy praat dit, maar dit behoort nie net aan jou nie. Die taal praat aan – met of sonder jou."

Michael Green (aka RR Ryger) (1963–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As jy bang is vir ander mense se mening, word jy ’n skaap wat die samelewing se reëls nakom. As ek my bekommer het oor wat my ma dink, sou ek nie geskryf het nie."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Gedagtes rondom Charles Fryer se Só moes die Liefde ly: ’n Passiespel

Danie Botha
Boeke en skrywers

"Veral Jesus se woorde is hoofsaaklik direk uit die Bybel. Maar wanneer dit kom by die liewe ou gewone mense, kry ’n mens heerlike kwinkslae of aardse uitdrukkings."

Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer deur Daan Prinsloo: ’n resensie

Elbie Adendorff
Resensies

"As ’n algemene gids en ’n handleiding oor die skryf en lewering van toesprake, slaag Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer in sy doel en kan as nuttige hulpmiddel gebruik word wat beide teoretiese aspekte en praktiese wenke in een bruikbare gids saamvoeg."

Blom in die hare deur Kristel Loots: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

"Sy skryf graag oor vroue wat sy raakloop, en vertel die stories wat sy om haar hoor. By almal sien sy ’n universele begeerte: iemand om lief te hê en iemand wat vir jou lief sal wees."

Die vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen: ’n resensie

Nadine Petrick
Resensies

"Dit is wél ’n baie goeie begin vir ’n skrywer wat vir die eerste maal in die bokskryt klim en sy hand aan bloed en derms waag."

Who will rule in 2019? by Jan-Jan Joubert: Book launch in Stellenbosch

LitNet
Books and writers

You are invited to the launch of Who will rule in 2019? on 2 June in Stellenbosch, where the author, Jan-Jan Joubert, will be in conversation with Tony Leon.

Invitation: Join us for a celebration of Colour me yellow by Thuli Nhlapo

LitNet
Books and writers

Colour me yellow by Thuli Nhlapo was shortlisted for the Sunday Times Alan Paton award 2018. Join the celebration on 2 June in Newtown, Johannesburg.

Press release: 2018 Commonwealth Short Story Prize shortlist announced

LitNet
Books and writers

"As well as being open to entries translated into English from any language, it is the only literary prize in the world where entries can be submitted in Bengali, Chinese, Malay, Portuguese, Samoan, Swahili and Tamil."

Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling: boektoer

LitNet
Boeke en skrywers

Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling se Truitjie roer my nie word van 5 Junie af landswyd tydens hul boektoer bekendgestel. Hier is inligting oor die bekendstellings.

Halwe en heel Kruger

Crito
Blogs

"Mens het nie duisende woorde nodig om ’n baie goeie resensie te skryf nie. Die resensent se oordeel kan bondig saamgevat word, en dan is ’n paar honderd woorde genoeg."

Menings

Genadendal: ’n erfenisjuweel

Menán van Heerden
Menings

Op Saterdag 26 Mei is Internasionale Museumdag in die Overbergse dorp Genadendal gevier. Museumdag by Genadendal is aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in samewerking met Genadendal Sendingmuseum. Die vroeë-Afrikaanse publikasies De Bode van Genadendal (eerste uitgawe 1859), Benigna van Groenekloof of Mamre (1873) en Die Afrikaanse Patriot (1876) was die fokus van die gesprek.

Mag, staat en die kerk: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, Johann Rossouw
Onderhoude

"’n Te knusse verhouding met die staat en regering van die dag het menige kerkverband bykans dodelik verwond. Ter plaatse is dit die geval met die ou drie Susterskerke, wat oënskynlik steeds worstel met die nadraai van apartheid, onder meer deur lidmate terug te probeer wen met swak teologie en pandjieswinkelliturgie."

Die oorsprong en implikasies van die ''Driekamergrondwet'' (1983)

Willie Breytenbach
Menings

"Die 'Driekamergrondwet' (Wet 110 van 1983) was nie ’n logiese verlengstuk van enige van die voorafgaande grondwetlike tradisies – parlementêr of presidensieel – in Suid-Afrika nie. Dit laat die vrae ontstaan oor wat die inspirasies vir die 1983-bedeling was, wie daarvoor verantwoordelik was en waarom die leeftyd daarvan slegs omtrent ’n dekade geduur het. Kon dit anders verloop het?"

Philip Roth (1933–2018)

Willie Burger
In memoriam

"Philip Roth was een van daardie merkwaardige skrywers wat telkens, in roman na roman, daarin geslaag het om lesers bewus te maak van aspekte van hul bestaan waaroor hulle dalk nog nooit nagedink het nie, of om bekende aspekte in ’n ander lig te sien."

Die vermiste prentjie

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Maar hoe amputeer jy ’n gebroke siel? Hoe behandel jy ’n wond van die psige, wat onsigbaar is? Hoe speel die onbehandelde trauma uit in die oorlewende se latere lewe, in hul intieme verhoudings, in magsverhoudings by die werk, in stresvolle situasies?"

Gewelddadige betogings: die vet is in die vuur

Handré Brand
Seminare en essays

"Wat sou ’n groep mense beweeg om tot sulke uiterste nieverbale demonstrasies van hul standpunte en gepaardgaande emosies oor te gaan?"

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Jacques Van Keymeulen van die Universiteit Gent

Naomi Meyer, Menán van Heerden, Jacques Van Keymeulen
NeerlandiNet

"De onmiddellijke toekomst van het Afrikaans ziet er wat moeilijk uit, maar het is niet mogelijk de taal van meer dan 6 miljoen mensen blijvend allerlei rechten (bijv taal van instructie aan universiteiten) te ontzeggen."

The classification of Afrikaans

Ernst Kotzé
Opinion

"Following a geographical point of departure, Afrikaans is an African language that originated here and reflects the name of the continent (the only language in Africa having this characteristic)."

Leerstoel Zuid-Afrika (UGent) en het Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika: Nieuwsbrief (januari-mei 2018)

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"Na de beslissing van de faculteitsraad wordt Wannie Carstens aangesteld als deeltijds gastdocent voor de periode oktober-december 2018."

Skole

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy op soek na vraestelle vir voorbereiding vir die Junie-eksamen? Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Graad 7: Afrikaans Huistaal, vraestel 1, Junie

Carine Mocke
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal. Die vraestel fokus op leesbegrip, taalstrukture en -konvensies en literatuurstudie.

Jong leser: wen met jou boekresensie!

LitNet
Jong lesers

Is jy op skool en wil jy vir ander leerders vertel van die boeke wat jy lees? Word ’n LitNet-sterleser en wen R500 kontant vir jou resensie!

LitNet Akademies

Skoolhoofde se leierskapspraktyke wat betrekking het op die skep van “fisiese ruimtes” om gesonde leeromgewings by hul skole te vestig

Johann Burger, Aslam Fataar
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Leeromgewings speel ’n belangrike rol in leerderprestasies, en skoolhoofde wat oor transformerende leierskapseienskappe besit, is in ’n gunstiger posisie as ander skoolhoofde om deur middel van hul eiesoortige leierskaps- en ruimtelike praktyke produktiewe fisiese leerruimtes of leeromgewings te skep om hul opvoeders en leerders se gemoed en gedrag positief te beïnvloed."

’n Lesing van Michel Houellebecq se poësie tussen die pole van die "abjekte" en die "eteriese"

Henning Pieterse
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Houellebecq is wesenlik ’n liriese digter en die meeste gedigte is deurtrek van melancholie en ’n gevoel van treurigheid oor verlore dinge en tye. Gelees as ’n enkele korpus, loop die verse wel soms die gevaar om in ’n mate van eenselwigheid met betrekking tot veral toonaard en tematiek (en, soms, beelding) te verval."

Leefstyl

Die Springbok Nude Girls is terug met nuwe musiek en toer weer!

Stephen Fourie
Musiek

"Na ’n spontane samekoms en suksesvolle toer verlede jaar besef die groep dat die inspirasies wat hulle in die eerste plek saamgebring het, steeds daar is. Hulle vind ook dat hul ondersteuners nog net so honger soos voorheen is vir hul musiek."

2018-Hayfees vier vrouestemreg se eeufees

Hans Pienaar
Feeste

"Die jaarlikse Hayfees in Wallis het die naweek begin en 100 jaar nadat vroue die stemreg in Brittanje gekry het, is dit gepas dat vroue die program oorheers. Om hierdie eeufees te vier, het die bestuur die verrigtinge afgeskop deur ’n lys van die 100 mees invloedryke vroueskrywers in Engels sedert 1918 te publiseer."

2018-Hayfees: ’n model vir die lewensvatbaarheid van minderheidstale

Hans Pienaar
Feeste

"Waar in Suid-Afrika die ontwikkeling van minderheidstale vlytig afgeskaal word, is die bevordering van Wallies een van die hoekstene van ’n onderneming wat derduisende besoekers na Wallis bring en die node is van ’n netwerk wat nou al oor vyf lande strek."

2018-Hayfees: plek, verhaal, taal en veerkragtigheid

Hans Pienaar
Feeste

"Taal self is die draer van verskil eerder as ooreenkoms, en skryf is die enigste proses wat dit werklik vas kan vang – vir die vlietende oomblik dat die leser hom of haar daaraan wy."

2018-Hayfees: Dink jy jou werk is nutteloos?

Hans Pienaar
Feeste

"Dis moeilik om Graeber se idees nie op Suid-Afrika se burokrasie toe te pas nie. Heelwat van die kaders wat in die regering opgeneem is, lyk nie of hulle weet wat hulle doen nie. Maar sou hulle dink hul werk is nutteloos?"

Solo – A Star wars story: film review

Reney Warrington
Film

"Instead of exploring new ideas, new fertile ground, the familiar Star wars concepts were simply reused."

As leraars staak ...

Hennie van Deventer
Blogs

"Geweet hoekom predikante nie staak nie? Omdat niemand dit sal agterkom nie."

NetWerk

Pos beskikbaar: Senior leksikograaf – Pharos Woordeboeke (Kaapstad)

LitNet
NetWerk

Pharos Woordeboeke, ’n druknaam van NB-Uitgewers, het tans ’n vakature vir ’n senior leksikograaf by hul kantoor in Kaapstad. Aansoeke sluit op 8 Junie 2018.

Pos beskikbaar: Leksikograaf – Pharos Woordeboeke (Kaapstad)

LitNet
NetWerk

Pharos Woordeboeke, ’n druknaam van NB-Uitgewers, het tans ’n vakature vir ’n junior leksikograaf by hul kantoor in Kaapstad. Aansoeke sluit op 8 Junie 2018.

Skryfwerk

Tonsillitis

Heidi Henning
Poetry

"Everything is spiraling, feathery"

Drowning on air

Heidi Henning
Poetry

Read a poem by Heidi Henning.

Nou op Voertaal

Tong Tong Fair viert de Indische cultuur

Ingrid Glorie, Elize Zorgman
Reizen

"Tot en met zondag 3 juni kun je op het Malieveld in Den Haag terecht voor de gezellige en bruisende Tong Tong Fair – volgens de organisatoren 'de grootste Indische happening ter wereld, waar Oost en West elkaar ontmoeten in een sfeer van vriendschap, gastvrijheid en inspiratie'."

Deon Meyer is ''met groot warmte en gasvryheid regoor Nederland ontvang''

Willem de Vries, Deon Meyer
Interviews

Nadat verlede jaar sy Boekenweekgeschenk vir die Weken van de Spannende Boeken verskyn het en dit positief in die Lae Lande ontvang is, is Deon Meyer driekwartpad klaar met die volgende boek. Meyer, ’n Afrikaanse skrywer wie se werk internasionaal in aanvraag is, het met Willem de Vries oor die boek en sy ontvangs van sy werk in die Nederlande gesels.

Die koreografie van ’n woedende, dansende massa

Martie Retief-Meiring
Nuusvinke

"Die dansende massas het genoeg gehad. Die TV-kameras word bondgenote om hul woede te wys. ’n Woede wat nie gou kan of sal bedaar nie."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved