|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 935
03/02/2023
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Wat bly oor van skrywers? |
Speurder Sammi: Die blou steen
Skrywer: Crystal-Donna Roberts
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093589
Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, ’n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan ’n goeie change of scene vir haar wees. |
 |
|
LitNet Akademies-aankondiging |
 |
Simone Jonker: uiteindelik net liefde
Francois Lötter
In memoriam
"Dalk gee Gert Vlok Nel die antwoord in sy boodskap op Simone se Facebook-profiel, waar (haar dogter) Margarita haar heengaan aangekondig het: 'Simone, uiteindelik net liefde.'"
|
 |
2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie
Melt Myburgh
Onderhoude
Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.
|
 |
Lokval: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
Naomi Meyer, Bettina Wyngaard
Skrywersonderhoude
"Ek word altyd herinner aan een dag in die hof. Ek was besig om ’n vroulike getuie te kruisondervra oor my kliënt se wandade. Hy sou tronk toe gaan as hy skuldig bevind word. Halfpad deur kry die getuie ’n epileptiese aanval, net daar in die getuiebank. My kliënt het, sonder om te aarsel, oor die beskuldigdebank gespring en haar gaan help tot die ambulans opgedaag het. Ons is so vinnig om te dink boewe is net sleg en die goeie ouens is net goed."
|
 |
Emosie in kinderboeke
Louise Viljoen (JBay)
Boeke en skrywers
"Stories speel ’n al groter wordende rol om kinders meer vertroud te maak met emosie en hoe om konstruktief daaraan uiting te gee."
|
 |
Kanker
Crito
Boeke en skrywers
"Ek kan nie tong-in-die-kies oor hierdie resensie skryf nie. Té naby aan die huis."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
ChatGPT: vloek of zegen voor generatie Alfa
Herman Meulemans
Meningen
"Lieve kleinkinderen, er staat jullie heel wat te wachten de komende jaren. Jullie zouden kunnen denken dat ChatGPT, het nieuwe pareltje van artificiële intelligentie, daar veel mee te maken zal hebben. Natuurlijk niet. Jullie zijn slay genoeg. ... Iets wat sedert de ontdekking van de boekdrukkunst bij al de vorige generaties onveranderd is gebleven, is dat zij op een onbewaakt ogenblik in een hoekje gingen zitten en hun dromen en gedachten de vrije loop lieten bij het lezen van een goed boek. ... Maar ook ChatGPT heeft veel boeken nodig om jullie pientere vragen te kunnen beantwoorden. ... Wanneer technologie te opdringerig wordt, tellen alleen jullie dromen. Die moeten jullie volgen."
|
 |
Nou maak beurtkrag nuwe kragte in SA los
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Beurtkrag diskrimineer nie op grond van ras nie, ook nie op grond van ekonomiese status nie. En dis nie asof jy krag by die bure kan gaan leen as hulle dalk ’n binnenshuise opwekker of die raserige opwekkers buite het nie. Saamstaan is dus die enigste uitweg – en dit is saamstaan wat die regering gedwing het om die verwagte styging in die elektrisiteitsprys, hoewel reeds goedgekeur, op ys te laat plaas. Saamstaan het dus reeds resultate opgelewer, maar dinge kan nie daar gelaat word nie, aangesien dit nog nie die einde van beurtkrag beteken nie."
|
 |
Beurtkrag pootjie nou ook ID’s en paspoorte
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"By besoeke aan Bronkhorstspruit se Binnelandse Sake-kantoor saam met ’n raadslid, Lida Erasmus, is glo gevind dat daar gevalle is waar mense aansoek doen vir ’n ID-dokument of paspoort, die aansoek voltooi en ’n geldige kwitansie ontvang. ’n Paar weke later wanneer hulle na die kantoor terugkeer om uit te vind hoekom die dokumente nie gereed is nie, vind hulle dat die aansoek heeltemal uitgevee is as gevolg van beurtkrag wat veroorsaak dat die stelsel van lyn gaan."
|
 |
Openbare verontwaardiging oor sokkerborgskap
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Outa sê die Tottenham Hotspur-voorstel is nog ’n projek wat wys hoe verwyderd die regering is van die behoefte om sy skaars inkomste verstandig te bestee."
|
 |
Is ChatGPT ’n bruikbare hulpmiddel vir akademiese skryfwerk?
Burgert A Senekal
Seminare en essays
"Benewens hierdie voorbeelde is daar baie komponente van ’n akademiese teks wat nie deur ChatGPT behartig kan word nie, byvoorbeeld dataversameling, -verwerking en -ontleding, sowel as die formulering van afleidings uit die data. ChatGPT sal ook nie deur argiewe kan soek en ’n studie oor ’n aspek van die geskiedenis genereer nie."
|
 |
Can South Africa be rebuilt?
Freek Robinson, Songezo Zibi
Interviews
Freek Robinson interviews Songezo Zibi, author of Manifesto: a new vision for South Africa (2022), about the current political situation and his view on how South Africa can be turned around.
|
 |
’n Praktiese taalbeleid vir die Wes-Kaap
Danie van Wyk
Seminare en essays
"Die gebruik van Afrikaans in howe en in plaaslike regerings is afgeskaal tot nul. Dit is asof die DA die plaaslike bevolking ignoreer as dit by Afrikaans en/of isiXhosa kom."
|
 |
Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede
Jean Oosthuizen
Seminare en essays
"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."
|
 |
Kan die vestiging van waardes in skole ons ligte aanhou?
Jeanette de Klerk-Luttig
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Morele vorming gaan nie net om kopkennis en feite nie, maar om die goeie te ken, daarvoor om te gee en dit te doen. Willers skryf in sy artikel oor 'teaching anti-corrupt values', maar waardes word nie onderrig soos ander kurrikuluminhoude nie – dit word op talle maniere gevestig (instilled)."
|
 |
Ek bly net hier
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"As ek my verhouding met Suid-Afrika ’n Facebook-status moet gee, is 'It’s complicated' die enigste blokkie wat pas."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Graad 4 se baie werk hoef nie jou vreugde te demp nie. Hierdie Afrikaans-vraestel en memo sal jou breed laat glimlag wanneer jy goed vir jou toets voorberei het. Jou ouers sal ook straal as hulle jou punte sien. Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel gratis hier af.
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en voel jy eerder lus om jou hele kamer oor te verf as om aandag aan jou skoolwerk te gee? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West sal kan leer uitwerk hoeveel verf jy vir hierdie aktiwiteit benodig. En dan ken jy boonop jou eerste kwartaal se Wiskunde ook nog! Laai die vraestel hier af.
|
 |
ALV-kongres 2023: Eerste oproep vir referate
LitNet
Akademies en skole
Ons wil graag by vanjaar se kongres (23–25 Augustus in Makhanda) uitreik na die ander helfte van die Afrikaanse akademie en die sluise oopmaak met ’n spesiale uitnodiging aan taalkundiges, en iedereen met ’n belangstelling in taalkunde, om saam met letterkundiges idees te wissel en diepgaande gesprekke te voer.
|
 |
Press release: Rhodes Stoepsitfees
LitNet
Lifestyle and entertainment
Once a year the residents of Rhodes Village open their doors and give an inside perspective to life in this remote village. The festival includes open stoeps, presentations about aspects of the village, a photography competition and live music.
|
 |
Blinde liefde
CJ Saterdag
Poësie
"Ek was jou Adam
Jy my Eva,
maar jy het die tuin verlaat …"
|
 |
Ek voel vere
Loretta Szikra
Poësie
"Ek voel vere vir die smulpape –
wat ons landsvet (en grondwet)
met die binnevet opvreet
en dwaashartig maak
of hulle niks daarvan weet"
|
 |
Stil
Madeleine Venter
Poësie
"maar
hý
los my nie
hou my vas
lig my uit"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|