|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 902
03/06/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Afrikaans – "redelikerwys doenlik"? |
Hou jou oë oop
Skrywer: Brian Fredericks
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182744
Ricardo woon in Kewtown saam met sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of vir hulle ’n Sealy Posturepedic kan koop nie?
’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat. |
 |
|
 |
Die Taalmonument: ’n simbool van die stryd tussen politici en skrywers
Kerneels Breytenbach
Menings
"Die persoon wat waarskynlik die meeste kan leer uit die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument, is die man wat wil hê dat die naam daarvan verander moet word – minister Nathi Mthethwa, hy van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die monument is simbool van baie dinge – maar veral van die stryd en spanning tussen skrywers en politici."
|
 |
Enkele dilemmas vir Suid-Afrikaanse Poetin-Rusland-ondersteuners
Eben Viktor
Menings
"Hierdie artikel handel oor die eerste soort Westerse Poetin-Rusland-ondersteuner – die persoon wie se steun gebaseer is op Poetin se vermeende beskerming van konserwatiewe waardes. Daar moet egter eers rekenskap gegee word van die konsep van ’n wêreldbeskouing."
|
 |
Uvalde kon verhoed gewees het
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Uvalde, Buffalo, en elke ander massaskietery wat in ons geheues ingebrand is, kon voorkom gewees het. Vele mense wat ryk en vol lewens kon gelei het, is weggeruk. Dit het tyd geword dat iemand daarvoor betaal."
|
 |
KOER lanseer Armand hoog in die app-mosfeer
Melt Myburgh, Armand Aucamp
Onderhoude
"Van die begin af wou ons natuurlik hê dat ons voëltjie die nes moet verlaat en vlieg, maar ons het nie verwag dat hy teen só ’n tempo en met sulke krag die app-mosfeer sou bestyg nie!" – Armand Aucamp oor die sukses van sy maatsoek-toep, KOER.
|
 |
Elders gesien: RIV Abraham Viljoen
Breyten Breytenbach
Elders gesien
"Saam met sy broer het Abraham Viljoen ’n burgeroorlog voorkom. Gaan vra maar vir Nelson Mandela en Mac Maharaj en Albie Sachs. Gaan vra vir die bure en die werkers van die wêreld waar hy vandaan kom."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
OuLitNet en uit LitNet se argiewe | From LitNet’s archives |
 |
Afrikaans is my taal en ek is Afrikaans
EKM Dido
OuLitNet (2005)
"Maar wat van my medemens met wie ek dieselfde velkleur deel? … Afrikaans is een van die min dinge wat ons voorouers vir ons nagelaat het. Wie het met die mal gedagte vorendag gekom dat Afrikaans aan die wit mense behoort? Aikôna, Afrikaans behoort aan die bruin mense. Dis ons erfstuk. Wil jy stry? … En diegene wat nog wil stry, kan maar g’rus hul lywe na die Taalmonument in Paarl toe vat en daar gaan kyk. Die maklikste is om maar net na die mense op die Cape Flats te luister. Veelsydige Afrikaans op sy beste." |
 |
Vir Niemand en Nêrens
Danie Marais
OuLitNet: Young voices – South African online writers’ conference (2004)
"Vir wit Suid-Afrikaners is die brandende huis van hulle vaders egter besmet met ’n verlede waaroor ’n progressiewe mens nie veronderstel is om nostalgies te voel nie … Dit voel verkeerd om terug te hunker na enige iets, veral wanneer jy dink aan die skaamtelose idealisering van die 'goeie ou dae' deur baie ander wit landgenote. Elke destydse piekniek, romanse en mooi herinnering lyk uit ’n polities-bewuste hoek na ’n produk van roekelose wit apatie."
|
 |
Wie is die bruin gemeenskap?
Basil Kivedo
SeminaarKamer
"Ek glo nie die herinstelling van ras en etnisiteit is in belang van die vooruitgang van die land nie. Ek dink dit is ’n gevaarlike oefening, veral in ’n omgewing waar al hoe meer mense die etniese kaart speel. As ons nie die rassekwessie te bowe kan kom nie, sal ons vir altyd 'gyselaars' wees. Uit die swartbewussynskamp gaan stemme op wat sê dat om ras te bowe te kom, is ’n lugkasteel. Hulle sê egter verder die uitdaging is hoe ons gemaklik raak met onsself en ander mense se identiteite en leer om met mekaar in een gemeenskap saam te leef."
|
 |
Bruin?
Danny Titus
SeminaarKamer
"Wat spesifiek moet ek aanspreek? Wat van die bruin mense in die Karoo, die bruin mense op die Kaapse Vlakte, bruin mense in die ekonomie, sport, politiek, onderwys? Want sien, bruin mense laat hulle nou eenmaal nie definieer nie … Dit is so maklik om die bruin mense aan die Wes-Kaap vas te maak … En wat van die bruin mense in die [ander agt provinsies]?"
|
 |
Die Afrikaner op soek na diaspora?
Gerrit Brand
OuLitNet: Taaldebat (2003)
"’n Selfverstaan itv diaspora – en selfs die viering van diaspora – kan dus ’n manier wees om die 'nostalgie' na ’n verromantiseerde oorsprong, na 'ons oerwortels', lewend te hou en aan te vuur. Daniel en Jonathan Boyarin noem die ideologie wat in so ’n gebruik van die term deurslaan die 'mite van outochtonie' of 'inheemsheid' ... Die oorsprong wat hier veronderstel word, word egter nie geproblematiseer nie ... Ook die teenargument dat ’n internasionale netwerk van Afrikaners juis tot die bestendiging en proliferasie van die Afrikaanse taal en kultuur kan bydra en selfs nuwe, bestendige Afrikaanse gemeenskappe in die buiteland kan vestig, maak basies deel van dieselfde diskoers uit."
|
 |
Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK
Izak de Vries
Uit die argief (2019)
"Die DAK-Netwerk is onlangs gestig en is na drie Khoisan-ikone vernoem: Doman, Autshomao en Krotoa. DAK gebruik dan ook drie pilare – identiteit, maatskaplike bemagtiging en ekonomiese bemagtiging – om ’n platform en ’n stem aan die breë Afrikaanssprekende gemeenskap te gee."
|
 |
#cocreateSANL: Hoe bou ons stede in balans met die natuur?
Izak de Vries
Meningen
"Kompartementalisering – waar die onderskeie dissiplines en rolspelers nie genoegsaam met mekaar praat nie – is veral as ’n probleem uitgesonder en praktiese gevalle is gesoek om positiewe voorbeelde te toon waar samewerking wel ’n verskil gemaak het."
|
 |
Press release: #cocreateIDENTITY experience – Provoking your identity
Voertaal
Cultuur
Together with South African partners, the Dutch Embassy and Consulate General are venturing into the space of IDENTITY issues with the #cocreateIDENTITY Experience from 4 to 6 June 2022 in Cape Town. Its programme seeks to open meaningful dialogues around questions of identity and transformation in the context of our countries’ shared cultural heritage, including Dutch historic ties through trade and slavery. These conversations will take place through cultural, scientific, social and artistic South African initiatives and collaborations between South African and Dutch artists.
|
 |
Willem-Alexander in een Duizend-en-één-nacht
Hendrik-Jan de Wit
Literatuur
"Aan de vrijwilliger van de boekenafdeling in de Zwolse kringloopwinkel overhandigde Rodaan Al Galidi het eerste exemplaar van zijn nieuwe roman De onbekende belevenissen van prins Willem-Alexander. Het was een bedankje voor alle boeken en tijdschriften over het koninklijk huis die ze voor hem apart had gelegd. Zo kon hij onderzoek doen naar het onderwerp van zijn roman: de jonge jaren van de kroonprins Willem-Alexander Claus George Ferdinand van Oranje."
|
 |
Nuus uit die Lae Lande
Milton Webber
In het nieuws
"Rusland sny gastoevoer na Nederland af; polisie gryp in om woedende sokkertoeskouers te laat bedaar; groot ontwrigting weens landwye staking in België; kerk wil skeur oor vroue in die amp; ongeluk tydens pretparkrit; hommeltuie red babadiertjies van die grassnyer; en prinses Amalia se gekose universiteit bekendgemaak."
|
 |
Skool in Limpopo sluit oor vlermuise en slange
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Tydens ’n inspeksie het die inspekteur verneem dat daar op Dinsdag, 24 Mei, altesaam 50 leerders van die skool afwesig was omdat hulle siek geword het weens die besmetting wat deur die vlermuise veroorsaak is."
|
 |
Suid-Afrika het vier van die wêreld se onveiligste stede
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Latyns-Amerika is geïdentifiseer as die wêreld se misdaadbrandpunt, met 62 van die 100 mees riskante stede. Agt hiervan, insluitend Chihuahua, Medellín en San Salvador, teken die hoogste moontlike risikotellings aan. Misdaadrisiko’s neem ook toe in die VSA, merk die studie op."
|
 |
Persbericht: Brede stroom inzendingen Poëziefestival Gelselaar
Voertaal
Literatuur
"Niet alleen uit allerlei plaatsen in Nederland, maar ook uit België, Duitsland en Zuid-Afrika zijn al inzendingen binnengekomen voor de dichtwedstrijden van het Poëziefestival Gelselaar, dat op zaterdag 8 oktober wordt gehouden. Het thema dit jaar is 'mijn taal'. Gedichten kunnen tot 1 augustus worden ingezonden."
|
 |
Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Hierdie boek beskik oor al die elemente wat dit vir ’n blitsblaaier laat kwalifiseer. Geld, diamante, Krugerrande, seks, verraad, interessante karakters, verliefde mans en ’n grootskaalse geliegery."
|
 |
Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk
Marieta McGrath
Lesersindrukke
"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan? Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."
|
 |
Promotion: The murders of Fleat House by Lucinda Riley
LitNet
Books and writers
The sudden death of a pupil in Fleat House at St Stephen’s – a small private boarding school in deepest Norfolk – is a shocking event that the headmaster is very keen to call a tragic accident. But the local police cannot rule out foul play and the case prompts the return of high-flying Detective Inspector Jazmine "Jazz" Hunter to the force.
|
 |
Van monumente gepraat
Crito
Blogs
"Uiteraard het dit ’n enorme uitwerking op die manier waarop ek my groot liefde vir boekresensies uitleef. Gewis ’n paar sonderlinge dinge beleef, maar wie kla? Lekker resensies is resensies met verrassings."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Ek is ready
Kenan Davids
Poësie
"Ek is ready vir wat ook al die lewe op my pad gooi:
Stress ek is ready
Anxiety ek is ready"
|
 |
hang vir my
Willem de Swyger
Poësie
"hang vir my
die sterre
(helder soos lanterns)
aan die donker"
|
 |
’n Heilige oomblik
Estelle Kruger
Poësie
"wanneer
jy by die strandmeer
’n engel ontmoet
terwyl sy honde
heen en weer hol"
|
 |
Kragkapingskos: Jafels
Karen Hart
Kos en wyn
"Maar die lekkerste van die kragonderbrekings is dat dit genoeg verskoning is vir jafels maak. Met al die gepreek teen brood en al die ander sondige dinge is dit te lekker om te sê: 'Ja, maar Eskom ...' en met volle oorgawe jou tande in ’n lekker boepensjafel in te sink. Dink net aan al die lekker vulsels – jy kan tot ’n soet jafel met ’n melktertvulsel maak!"
|
 |
Persverklaring: Teksmark wag vir jóú verhoogteks
LitNet
KKNK
Teksidees word in alle genres oorweeg, maar komedie, satiriese tekste en tekste gemik op kinders en jong volwassenes word veral aangemoedig. Só ook word voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale oorweeg en veeltalige produksies word aangemoedig.
|
 |
Persverklaring: Gewilde Wie hyg so? in Junie terug op Staatsteaterverhoog
LitNet
Teater
Wat gebeur as ’n skugter jeugdiaken ’n treffer-hygroman by ’n vervelige kerkraadsvergadering begin skryf? Die gewilde komedie, Wie hyg so?, is van 8 tot 26 Junie 2022 terug op die Staatsteaterverhoog met Steffie le Roux, Natania van Heerden, Hanli Rolfes, Zelda Roelofs, Gerben Kamper en Ruan Wessels in die rolverdeling.
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|