|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 830
17/12/2020
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: COVID-19 vorentoe |
Stories – dik dun thick thin
Skrywer: Nataniël
Uitgewer: NB-Uitgewers
ISBN:
9780798181419
"’n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. Twintig in Afrikaans en agt in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en – soos altyd – hoogs vermaaklik. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare – oor sy ouers, sy ouma – maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor ’n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe ’n mens jou eerste reus oorwin ..." |
 |
|
 |
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020: wenner aangekondig
LitNet
Wen
’n Woord kan ’n tydsgees vasvang. Die wenwoord is bepaal deur redaksioneel te stem oor die woorde wat deur ons lesers ingeskryf is. Die hoofoorweging was of die wenwoord oor vyftig jaar die tydsgees van hierdie jaar sou weerspieël. Hier is die aankondiging van die wenwoord!
|
 |
Die impak van COVID-19 op studente en tersiêre instellings
Marietjie Warrington
Universiteitseminaar | University Seminar
"Met die ingang van 2021 is COVID-19 steeds met ons. Selfs ’n tweede vlaag word nou ’n werklikheid. Meyer sê die impak hiervan op die ekonomie sal ’n lang u-vorm aanneem."
|
 |
Inspirasiepornografie
Nini Bennett
Rubrieke
"Die term inspiration pornography is in 2012 gemunt deur Stella Young, ’n Australiese aktivis vir die regte van gestremde persone. Dit verwys na die verskynsel dat gestremde mense as bron van inspirasie gesien word suiwer op grond van hul gestremdheid."
|
 |
US Konvokasie-verkiesing en Merlyn van der Rheede: "Hieraan wy ek my toe"
Merlyn van der Rheede
Universiteitseminaar | University Seminar
"Alhoewel ons ’n ontwikkelende nasie is, word duisende leerders ... hul reg op moedertaalonderrig ontsê. Hierdie teenstrydigheid kom ons duur te staan, want sodanige kortsigtigheid het tot gevolg dat die gaping tussen die elite en die massas ‒ die gaping tussen ryk en arm ‒ net vergroot."
|
 |
Om oor Hendrik Witbooi en rap te praat
Andries Bezuidenhout
Academisch
"Kulturele produksie – in hierdie geval musiek en liriek in die vorm van hip-hop en rap – gaan oor meer as net vermaak en plesier (dit gaan daaroor ook), maar kan ’n manier wees om die wêreld anders te verbeel en om daardie verbeeldings aan ander te kommunikeer."
|
 |
Oor versoening en die "onbetaalde skuld"
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Dit is veronderstel om ’n dag te wees waarop landsburgers besin oor 'onvoltooide vrede', haak-en-tak-eenheid en hoe sosiale kohesie bevorder kan word."
|
 |
Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning
Sandra Troskie
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Vir wetenskaplikes wat gemeen het dat daar ’n spesifieke area in die brein sal wees wat ervarings van die bonatuurlike teweegbring, was die temporale lobbe aanvanklik die aangewese plek om te soek. Dié keuse is gemaak op grond van die sogenaamde Geschwind-sindroom – die welbekende religieuse visioene wat deur ’n minderheid lyers tydens temporalelob-epilepsie […] beleef word."
|
 |
Skoon wasgoed: Baasspeurder Piet Byleveld
Frederik de Jager
Boeke en skrywers
"Oor Byleveld was dit asof daar stoom opgebou het. Hy was aan die einde van sy loopbaan, maar steeds gereeld in die nuus met sake wat sy reputasie as die suksesvolste speurder in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bly voed het. Suksesvol was hy veral met reeksmoordenaars, in welke sake hy honderd persent sukses behaal het. Hy was op die kruin van sy loopbaan. Sy naam was huishoudelik."
|
 |
Voetstoots deur Annelie Botes: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Botes laat haar nie stilmaak nie. Sy gesels al skrywend met haar leser oor letterlik alles en nog wat. Sy trek te velde, lewer sosiale kommentaar, dra vaandels en lê eiertjies by dosyne."
|
 |
Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor God Is daar ’n ander antwoord?
Jean Oosthuizen, Ben du Toit
Onderhoude
"Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie; diegene wat godsdiens reeds agtergelaat het, maar wat te bang is om 'uit die kas te kom' daarmee, veral teenoor hul nabye familie en vriende; diegene wat ervaar dat woorde hulle ontbreek om aan hul gevoel of standpunt uitdrukking te gee."
|
 |
African library: The Lotus people by Aziz Hassim
Annie Gagiano
Books and writers
"The impressive and morally valuable account that Hassim has produced should, in my view, be honoured as a classic of anti-apartheid literature. It is a complex work rich in meaning and serves as an act of commemoration, but one which never preaches or flags in its breathtaking pace."
|
 |
People don’t read crime if they don’t have hope
Catalyst Press
Books and writers
"People don’t read crime if they don’t have hope." So said Jessica Powers, head of Catalyst Press, quoting the South African author, Andrew Brown, during a panel discussion hosted by Michael Sears on Wednesday, 9 December 2020.
|
 |
Ché sing en dans harte warm
Ché, Izak de Vries
Musiek
"Ek kan definitief nie vergeet van die amazing span wat gehelp het om die video ’n sukses te maak nie: Ek en oom Ernst Kleinhans van Select het saam gewerk aan die skrywe van die liedjie. Die videowerk en die redigering is gedoen deur Christiaan Wolf en sy ongelooflike span. Die choreografie is gedoen deur ’n unbelievable danser, Ashley de Moore."
|
 |
Persvrystelling: Taalmonument bied opleiding oor boekherstel en -bindery aan
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Wentzel, ’n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, bied ’n inleidende kursus oor die herstel van ou hardebandboeke van 24 tot 26 Februarie 2021 aan en van 29 tot 31 Maart 2021 bied hy ook ’n gevorderde kursus by die ATM aan.
|
 |
Penarie
Kleinboer
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Kleinboer se gedig hier.
|
 |
In liefde gebroke
Drienie Joubert Kelly
Poësie
"Jou beeld stap stil by my terugdink verby.
Jou asem wasem vergete liefdesverhale in my nek,
en ek onthou die vuur, en smaraggroen skynsel in jou oë."
|
 |
camino journey
Desmond Gird
New writing
"this perhaps a glorious destiny
scattered stardust in an infinite Salty Sea"
|
 |
Die koms en die vertrek van die oom: deel 1
Heilna du Plooy
Fiksie
"Ek en Annaleen ken mekaar al lank en ek kon nie onthou dat sy ooit vroeër van die oom gepraat het nie, nie eers een keer nie. Ek ken haar ma en tantes goed, want hulle woon op die dorp en kuier gereeld saam. Maar van hierdie oom het ek nog nooit gehoor nie. Waarom kom hy juis by Annaleen en Egbert bly? het ek gewonder."
|
 |
Die koms en die vertrek van die oom: deel 2
Heilna du Plooy
Fiksie
"Hoe kan mens jou die verblindende skok van die twee jong mense wat hulle eersteling moes afgee, voorstel? Hoe sal iemand weet in watter oneindige stilte en leegheid hulle daar in hul huis agtergebly het? Want wat grootoupa geëis het, het net so gebeur."
|
 |
Sies kollega, jy stink ten hemele!
Anna-Marie le Roux
Fiksie
"Liewe leser, vandag gaan ek vir jou ’n storie vertel wat my goeie vriend Tiens vir my vertel het en wat hý weer by ’n ander vriend gehoor het. Dié vriend was jarre der jarre gelede ’n professionele soldaat. Sy naam was Tiens."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|