|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 829
11/12/2020
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Die heelal op my tong |
Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid‑Afrika
Skrywer: Engela Duvenage
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780639600581
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid‑Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak. Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep. |
 |
|
 |
The lie of 1652 deur Patric Mellet: om die verlede te herverbeel
Desmond Painter
Resensies
"Dit is ’n boek wat nie bloot óór onderdrukte groepe handel nie, maar vír hulle geskryf is. Dit is ’n strydskrif vir ’n simboliese oorlog, ’n roetekaart na ’n Suid-Afrika wat nie deur ’1652’ en alles wat dit simboliseer, gedefinieer sal word nie."
|
 |
Skepsel: ’n onderhoud met Willem Anker
Naomi Meyer, Willem Anker
Skrywersonderhoude
"Ek dink dit is Michel Foucault wat gesê het hy skryf om anders te word. Dis miskien nie die enigste rede nie, maar dis ’n goeie rede."
|
 |
Weerlose meganika deur Anton Roodt: ’n resensie
Christelle Fürstenburg
Resensies
"Met die uitdagings van 2020 se rekenaarskermvergaderings en met sosiale afstand holrug gery, lees Weerlose meganika besonder lekker in die tyd waarin ’n mens kan identifiseer met die robotiese interaksie en met goedkeuring aanvaar dat Piet eerder die perfekte meganiese liefde bo die ooglopende ware liefde met foute onder sy neus verkies."
|
 |
Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie
Anke Theron
Resensies
"Vir jong lesers wat in die 1980's nie eers ’n vonkel in hul ouers se oë was nie, verskaf dit ’n blik op ’n tyd in Suid-Afrika se geskiedenis toe dinge ’n heel ander sosiale dinamika gehad het, soos die engheid in ’n plattelandse dorp; en dan is Bethel se ma boonop die predikant se dogter."
|
 |
Die stoute Corona / The naughty Corona: ’n resensie
Izak de Vries
Resensies
"Hierdie mooi, insiggewende teks is deur ’n mediese dokter vir sy kleinkinders geskryf. Die idee was aanvanklik om seker te maak dat hulle nie onnodig vir hulle eie veiligheid hoef te vrees nie."
|
 |
Skoon wasgoed: ’n boek deur iemand wat nie bestaan nie
Frederik de Jager
Boeke en skrywers
"Die skepper van Evita Bezuidenhout en haar hele narrehok van ’n familie kon homself voor jou oë in Pik Botha en PW Botha en Piet Koornhof omtower, so werklik soos gedaantes in die Viewmaster. Maar Pieter-Dirk Uys het miskien sy hoogste prestasie in oëverblindery behaal deur homself, gestroop van al hierdie karakters, onsigbaar te maak. Die persoon in die kamer verby wie almal sou kyk."
|
 |
Eerste slukkie: God Is daar ’n ander antwoord?
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
Die boek is ’n openhartige, deurleefde en provokerende teks van ’n bekende en gerekende teoloog. Dit verskaf ’n woordeskat en hoop vir diegene wat krities teenoor teologie staan. Die teks gee ’n binneblik op die NG-kerk en onlangse debatte en aktuele kwessies binne die kerk en samelewing, soos die gaydebat.
|
 |
Spoke
Crito
Blogs
"Wat my verbly het, is die afwesigheid van daardie pedagogiese spook."
|
 |
Searching for Simphiwe by Sifiso Mzobe: reader impression
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"Mzobe is a consummate storyteller, and it is easy to lose oneself in the tales he shares so compellingly. My hope is that we won’t have to wait another decade for his next book to hit our bookshelves and hearts."
|
 |
The joys of #ReadingAfrica: A panel discussion
Catalyst Press
Books and writers
On Sunday 6 December 2020 an international panel of authors and publishers took part in a discussion on the joys of #ReadingAfrica. View the discussion on LitNet’s YouTube channel.
|
 |
Motivering vir afgestigte Kaap dalk "die leuen van 2020"
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Die belangstelling (of is dit eerder omstredenheid?) wat The lie of 1652: A decolonised history of land, Patric Tariq Mellet se boek oor die vroeë koloniale geskiedenis van die Kaap, ontketen het, loop tesame met ’n ander, ewe opspraakwekkende verwikkeling."
|
 |
Aldo Manuzio se Pieter Rouwendal: "Ik geef graag die boeken uit, die ik zelf niet meer weg kan leggen"
Willem de Vries, Pieter Rouwendal
Interviews
Werke van skrywers van die orde van Dan Sleigh, Wilma Stockenström en Karel Schoeman verskyn al geruime tyd in Nederlandse vertaling by die uitgewery Aldo Manuzio. En danksy die PEN Afrikaans-vertaalfonds kry Afrikaanse fiksie toenemend raklewe in die Nederlande. Die uitgewer Pieter Rouwendal het met Willem de Vries oor sy liefde vir Afrikaanse skryfwerk en planne gesels.
|
 |
’n Resensie van Proxima
Izak de Vries
Film
"Wanneer haar deelname aangekondig word, is die manlike Amerikaanse spanleier se kommentaar dat hy bly is oor haar nasionaliteit, want hy het goeie goed gehoor oor Franse vroue se kookvernuf."
|
 |
Oude meester kan onze tijd nog steeds iets leren
Ingrid Glorie
Literatuur
"Onlangs werd in het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam het boek Koloniaal Kaapstad in 1751-1752 gepresenteerd, de uitgave van de brieven van twee bejaarde Kaapse dames aan hun nichtjes in de Republiek. Historicus Gerrit Schutte laat fijntjes zien hoe zo’n koloniale tekst door tegendraads lezen én ouderwets gedegen onderzoek opnieuw relevant gemaakt kan worden voor onze antikoloniale tijd."
|
 |
Dis ’n tragedie wat nou by die SAUK afspeel
Freek Robinson
Menings
"Die SAUK, en ons almal saam, sal opnuut moet dink oor die rol van ’n openbare uitsaaier. En dan moet drasties planne bedink word om die SAUK se verouderde finansieringsplan te vervang. Hier volg ’n paar voorstelle."
|
 |
Barack Obama: Die selfoon, die media en die waarheid
Izak de Vries
Menings
"Die konserwatiewe redakteurs uit sy jong dae was soms openlik teen Obama se ideale gekant, maar hulle het die waarheid nagejaag. Vandag kan almal hulle selfone gebruik om op webruimtes te kuier waar die waarheid nie meer saak maak nie."
|
 |
Trinidad: ek kan niks belowe nie
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Sy het uitgestaan – sy was mollig, met aknee en ’n perm en sy het tuisgemaakte klere gedra. Ek het agtergekom hoe raar sy is toe sy ná ’n week van ontgroening vir my sê sy is nogal bekommerd, want sy het ’n kilogram gewig verloor."
|
 |
Die uitbeelding van koning Shaka (ca. 1781–1828) in die Suid-Afrikaanse literatuur
Johann Lodewyk Marais
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"In die literatuur word Shaka met onder andere Agamemnon, Attila, Julius Caesar, Tiberius, Beowulf, Napoleon en Hitler vergelyk. Opvallend genoeg is hierdie figure uit die Westerse tradisie en geskiedenis ’n poging om Shaka as enigmatiese figuur te probeer verstaan/verklaar en met ander bekende figure uit die verlede te vergelyk."
|
 |
Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek
Deon Meiring
Musiek
"Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie."
|
 |
Hertzoggies vir die Kersvakansie
Karen Hart
Kos en wyn
"Van al hierdie politiekery het hierdie De Bakke-kind destyds niks geweet nie. Dit was ’n koekie uit Ouma se blikke en ek kon die son en die see daarin proe."
|
 |
bergvergadering
Pieter Odendaal
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Pieter Odendaal se gedig hier.
|
 |
Fees vir die aasvreters
Driekie Grobler
Poësie
"ongenooid kom neem hul plaas
aan die tafel van my gemoed
maak hul ongevraagd tuis"
|
 |
rooimierwoorde
Johanette Pretorius
Poësie
"jou letters word karakters in ’n vreemde taal
dit verwar my eens korrekte linkerbrein
letters en woorde word syfers wat nie klop nie
hoe maak ek sin uit hierdie hope krabbellyne?"
|
 |
Bitter tea
Estelle Condra
New writing
"The name Pretorius sent a shock of frigidity into Nella’s heart. She shuddered. She thought of her blonde husband and what she had heard about a blonde man with the Pretorius girl."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|