Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 815

03/09/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Izak, die proefkonyn

Fresh off the press

Death flight


Author: Michael Schmidt
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624088608

In the late 1970s, as the apartheid government fought a desperate and dirty battle to stay in power, its security forces devised a chilling new tactic. A shadowy, top-secret unit called Delta 40 was established, tasked with the murder of hundreds of ANC, PAC and SWAPO members. Victims’ bodies were flung from aircraft into the Atlantic Ocean. Based on the detailed analysis of flight logs and numerous interviews, Death flight: Apartheid’s secret doctrine of disappearance sheds shocking new light on one of apartheid’s darkest chapters.

Menings

Die etiek van inentings en toetsing: Izak de Vries as proefkonyn

Izak de Vries
Menings

"Ek het myself laat inspuit met COVID-19. Jip. Jy het reg gelees. Ek het my bevoorregte agterent op daardie stoel neergesit en gesê: 'Spuit maar, dokter, spuit my in.'"

Is jy lus om te hiberneer?

Elsabé Brits
Rubrieke

In haar nuwe wetenskaprubriek vir LitNet, skryf Elsabé Brits vandeesweek oor die moontlikheid van menslike hibernasie.

Cover djou wickets, Uncle Cyril!

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Uncle. Watch your back. Djy’s omsingel van ’n brood of vipers, soes hulle innie Bybel sê. Moenie te gerus raakie – when you least expect it gan hulle kom vir djou hakskiene. Van agte af, wan daai lot sallie djou face nie."

Korrupsie hou die ANC bymekaar, daarom sal dit nie skeur nie

Jason Lloyd
Rubrieke

"In ’n week van hoë politieke drama het die ANC se kunsmatige eenheid soos ’n besmette stinksweer oopgebars omdat die skelms, diewe, selfverrykers, nepotiste, tenderpreneurs, pantiepreneurs en Covidpreneurs in die ANC se vet besig is om uit te braai."

Geloof en die digkuns: ’n gesprek met Heilna du Plooy

Pieter GR de Villiers, Heilna du Plooy
Skrywersonderhoude

"Die Afrikaanse kritiek is nog steeds baie afwysend en skerp teenoor werk met ’n christelik-godsdienstige inhoud terwyl werk met ’n ideologiese inhoud weer baie hoog aangeskryf word. Dit terwyl albei gaan oor oortuigings wat nie tasbaar of bewysbaar is nie."

Afrikaans verjaar

Cornelia de Kock
SêNet-briewe

"In Augustus kan ons steeds vir Afrikaans sê: Ons is bly dat jy gebore is en nog by ons is – al is dit nou ook net-net."

Nou op Voertaal

’n Pluimpie vir Afrikaans ná sterk winde SA se "hoogste boom" tref

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Om te kan bly staan, het só ’n boom egter sterk wortels nodig – en seker vir die eerste keer sedert Ramaphosa in Februarie 2018 staatshoof geword het, toe Zuma gedwing is om te bedank, het hy Maandag stewig in die saal voorgekom."

Ramaphosa streng oor korrupsie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Pogings in die ANC om ontslae te raak van president Cyril Ramaphosa het misluk. Die ANC-leier het sterker uit die afgelope naweek se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gestap as wat hy verlede Vrydag daar ingegaan het."

Ace Magashule moet op die rooi tapyt verskyn

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Daar was die afgelope tyd uit verskeie oorde druk op die ANC om teen Magashule en ander hoëprofiellede van die party wat van korrupsie beskuldig word, op te tree."

Nog DA vuil wasgoed kom ná Gauteng-leier bedank

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die DA-leier in Gauteng wat Woensdag bedank het, sê as die party hom gaan slegsê omdat hy bedank het, en hy weet hulle sal, dan gaan hy nog dinge van die party oopvlek in die openbaar."

De coronacrisis: een zaak van lange adem

Ingrid Glorie
Actueel

"In Nederland lijkt de tweede golf van de coronapandemie net op tijd afgeweerd. 'De situatie is nu niet alarmerend', verklaarde premier Rutte dinsdag 1 september tijdens een persconferentie, 'maar het blijft spannend.' Een overzicht van de belangrijkste ontwikkelingen sinds de coronacrisis in maart begon."

Marieke Lucas Rijneveld se The discomfort of evening: wenner van die 2020 International Booker Prize

Annemarié van Niekerk
Literatuur

Verlede week is Rijneveld as die 2020-wenner aangewys vir haar roman The discomfort of evening (oorspronklike Nederlandse titel: De avond is ongemak, 2018). Met hierdie toekenning is Rijneveld nie net die jongste wenner ooit van hierdie prys nie, maar is dit ook die eerste keer dat dié prys vir ’n debuutroman toegeken word, asook die eerste keer dat hierdie eer ’n Nederlandse skrywer te beurt val.

Het blijft je familie

Ingrid Glorie
Geschiedenis

"In haar boek Negotiating Racial Politics in the Family presenteert Barbara Henkes zes casestudies over transnationale verwantschapsnetwerken ('kinship networks'). De eerste drie gaan over Duitse migranten in Nederland tijdens de Duitse bezetting in de Tweede Wereldoorlog en de laatste drie over Nederlandse migranten in Zuid-Afrika tijdens de apartheid."

Akademies en Skole

’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem

Burgert A Senekal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die interessantste ontdekking in hierdie ondersoek is dat skrywers nie alleen voortleef deur hul werke nie, en ook nie net deur skole wat na hulle vernoem is of standbeelde wat ter nagedagtenis aan hulle opgerig is nie, maar ook op verrassende wyses: ’n geocaching-bestemming, ’n hottentotsgot, ’n hond, ’n staproete, ’n posseël, ’n kennisgewing by ’n winkel, en so meer."

Die konteks van die ontstaan en opvoedkundige rol van Caravaggio se Die onthoofding van Sint Johannes die Doper in die 17de eeu

Jannie Pretorius
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Die Ridders se Oratorium of klaskamer het gedien om nuwelinge op te lei in die aard, geestelike omgewing en omstandighede van ’n wrede, bloeddorstige dood. Die twee skilderye weerspieël die wrede, bloeddorstige realiteite van ’n geveg met die Turke."

Vergestaltings van trauma in Suspiria (2018) deur Luca Guadagnino

Cilliers van den Berg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Suspiria is in die eerste instansie die verhaal van ’n vrou se wording, naamlik dié van Susie Bannion se ontwikkeling van betreklik naïewe meisie tot Moeder Suspiriorum, ’n vrou wat selfs die beliggaming van die dood kan oproep om haar wil uit te voer. Só gesien is die ontvouing van haar narratief die verhaal van ’n vrouekarakter se bemagtiging, ten spyte van enige historiese en ander kontekstuele beperkinge wat haar sou kon kniehalter."

Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse

Herman Engelbrecht, Maryke Mihai
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Hierdie navorsing bied ’n kwalitatiewe perspektief op die gebruik van tegnologie deur onderwysers vir die praktyk met leerhindernisse. Die ontleding het ’n gedetailleerde weergawe van hoe onderwysers tegnologie in hul klaskamers gebruik om leerders met leerhindernisse te onderrig, voorgestel, asook hoe hulle die gebruik van tegnologie beskou om hul leerders te onderrig."

Graad 6: Wiskunde – vermenigvuldig heelgetalle

Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6? Wil jy oefen om heelgetalle te vermenigvuldig? Hier is gratis hulp!

Persvrystelling: Samespraak – bekendstelling van webblad vir nagraadse studiegroep vir Afrikaans en Nederlands

LitNet
Akademies en skole

Die oogmerk van Samespraak is die kweek van belangstelling in die vergelykende bestudering van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Indien jy belangstel om deel te word van die Samespraakgemeenskap, voltooi asseblief die vorm op die Samespraakwebtuiste voor of op Maandag 16 November 2020.

Boeke en skrywers

Die realiteite van resensieskryf in die Afrikaanse letterkundepoel

Crito
Blogs

"Deel van die probleem, weet ek, is dat al hoe meer resensies nie werklik resensies is nie. Dis pogings om reklame te maak vir boeke."

Oor meteoriete, ’n virus, en skryfterapie

Lizette Rabe
Blogs

"En jy kan probeer om sin te maak uit hierdie lyding in die tyd van die virus deur neer te skryf wat jy beleef. Soos Frankl skryf: Elke krisis is ’n geleentheid om jou mensheid as mens te bewys."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Bibi Burger

Willie Burger, Bibi Burger
Boeke en skrywers

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Bibi Burger met Willie Burger oor ontlaering.

’n Ballade vir Nkunzi: gedonner, gedrink en gedempte hoop

Nadine Petrick
Resensies

"Hierdie klein silwer randjie klou regdeur die roman hardnekkig vas aan die donker wolk van ellende wat voortdurend dreig om die Welmans se lewe te verspoel. ... Dis bakens van gedempte lig wat help dat hy nooit ophou droom nie."

Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n lesersindruk

Johannes Comestor
Lesersindrukke

"Gelukkig is daar nog uitgewerye wat hulle geloof in Afrikaans as akademiese taal behou het."

Plek van poue: ’n onderhoud met Henriëtte Linde-Loubser

Naomi Meyer, Henriëtte Linde-Loubser
Skrywersonderhoude

"Die pou was nog altyd vir my fassinerend, en alhoewel ek hom aanvanklik nie bewustelik gekies het nie, het ek gou begin verstaan hoekom hy met Stela se aankoms by die kasteel reeds vir haar op die muurtjie sit en wag het."

So byna blou: ’n onderhoud met Emile Joubert

Maryke Roberts, Emile Joubert
Skrywersonderhoude

"Klein flenters van die alledaagse lewe, gedagtes, gebeure ... dit steek vas, iewers. En dan, as die drang opduik, word hulle gepluk."

André Trantraal gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, André Trantraal
Skrywersonderhoude

"Kaaps is soes een van hai ancient cities wat hulle onnerie grond ytgrawe ná iemand ’n precious ou koppie by accident daa discover et. Ôs het nou ees begin grawe en gan nog lank vat voo ôs by die foundations ytkom."

Press release: Madibaland World Literary Festival, 20–30 November 2020

Darryl David
Lifestyle and entertainment

"'It’s going to be the festival of the year,' beams Darryl David! 'It might very well be the only festival of the year, but boy will it make up for the many that we missed!'"

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Pieter GR de Villiers se bydrae

Pieter GR de Villiers
Boeke en skrywers

"Ek kan nie dink aan iets mooier om in julle verliestyd vas te hou nie as haar 'mooi' woord oor die troostende, beeldskone deel wat mens aan die onbeskryflike Krag het."

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Elsabé Brink se bydrae

Elsabé Brink
Boeke en skrywers

"Ons eer haar lang en vervulde lewe waarin sy inderdaad al die fasette van die lewe, soos hier bo aangehaal, meegemaak en beskryf het."

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Isabeau Steytler se bydrae

Isabeau Steytler
Boeke en skrywers

"My ouma se dood laat ’n groot leemte in my lewe. Sy was my hele lewe lank ’n anker van liefde, ondersteuning en vreugdevolle interaksie."

Persvrystelling ‒ Digitale paneelgesprek | Persbericht ‒ Online panelgesprek

LitNet
NeerlandiNet

"Livestream" via Facebook. Donderdag 10 September, 18.00-19.00. Yves T’Sjoen (Universiteit Gent) en Alwyn Roux (Unisa) in gesprek met Daniel Hugo (digter en vertaler) en Saskia De Coster (skrywer).

Leefstyl

Persvrystelling: #WysJouWoord-kompetisie Kies jou wenner

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kompetisie vir leerders om hul gunstelingwoord visueel uit te beeld, was ’n groot sukses. Die kompetisie is aangebied in aansluiting by die viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus 2020. Leerders van 18 jaar en jonger het woorde deur foto’s, sketse, skilderye en tekeninge uitgebeeld.

Persvrystelling: Suidoosterfees-kunstenaars in spesiale musiekvideo vir inspirerende vroue

LitNet
Suidoosterfees

In die video word Lucas Maree se lied "Die weduwee se kruik" gekombineer met ’n ode wat Diana Ferrus aan essensiële werkers wat tydens die pandemie hoop en genesing in gemeenskappe bring, geskryf het.

Persvrystelling: KKNK skep vernuwend in 2020

LitNet
KKNK

Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, sê met die huidige beperkings was dit nodig om kreatief te wees in hulle aanslag, om aan nuwe maniere te dink om gehaltekuns met ’n tikkie andersheid aan te bied.

Persvrystelling: Die broer toer – kom saam op ’n avontuur

LitNet
kykNET Portaal

Op Donderdag 10 September om 21:00 kan kykers inskakel vir die loodsepisode van Die broer toer op kykNET (DStv-kanaal 144), met Bennie Fourie en sy twee broers.

Persvrystelling: VrySpraak-digitaal, die Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees skop vandag af!

LitNet
Feeste

Boekbekendstellings en -besprekings, en digkunsvoorlesings en -optredes sal deur middel van verskillende formate aangebied word, waaronder potgooi, vooraf opgeneemde videogesprekke, radioprogramme en regstreekse, livestream sessies met Suid-Afrikaanse en internasionale skrywers en digters.

Press release: The Baxter renews its call to contribute just R30 per month to ensure its sustainability

LitNet
Lifestyle and entertainment

While South Africa may be at level 2 in lockdown, it continues to be restrictive to operate optimally at the moment. Therefore, The Baxter strengthens its call to the public to become Baxter Coffee Angels.

Nuwe skryfwerk

Mma Africa

Annemien Bauermeister
Poësie

"Jy hoort by ’n wêreldkongres –
hervormer, strateeg, raadgewer, planmaker, volharder."

’n Vers vir Pa

Johann van der Walt
Poësie

"Jou woorde smeer nie konfyt op geleende brood nie
Ons koskaste stel nie belang in sonnette en hul prys nie
Hongerpyne praat harder as goed-afgeronde strofes"

Seen elsewhere

Seen elsewhere: "You will be missed, Lynette Marais"

Wim Vorster
Elders gesien

"Her door was always open to everyone. Her smile and her warmth always readily available."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved