Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 722

25/10/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Skrywers praat

Pasverskyn

Die Generaal

Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambezivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is van korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan op pasnaweke sy ouer neef, Ben, in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg. Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.

Skrywer: Hans Pienaar
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624085812
Prys:
R290

Boeke en skrywers

Liefde in die tyd van die internet: ’n onderhoud met Fransi Phillips

Naomi Meyer, Fransi Phillips
Skrywersonderhoude

"Die storie moet homself skryf of anders gaan niemand dit doen nie. Ek het ook baie min tyd om te skryf. My digbundel My lied van die niet het ek in twee dae geskryf, en die grootste deel van Liefde in die tyd van die internet is tussen treine op die Moskou-metrostasies geskryf, met die mees ondenkbare lawaai in my ore."

Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle

Mercy Kannemeyer, Chase Rhys
Skrywersonderhoude

"Vind uit wie jy is en skryf dan van daai posisie. Om persoonlike ervarings in jou skryfwerk te gebruik hoefie seer te wies nie – jy sal verstaan dis net deel van jou story, dis nie wie jy is nie."

Tebatso gaan see toe: ’n onderhoud met Maya Fowler

Naomi Meyer, Maya Fowler
Skrywersonderhoude

"Die skrywer het ’n verantwoordelikheid om empatie vir ander te voel, en sodra ’n mens vir iemand empatie het, kan jy, nadat jy jou navorsing gedoen het, oor hom of haar skryf. Maar dit moet outentieke empatie wees – naïewe empatie lei na soetsappige skryfwerk, of nog erger, stereotipering."

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Menán van Heerden, Hans du Plessis
Onderhoude

"Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle bydrae tot navorsing oor Afrikaans.

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

Pieter Odendaal, Naomi Meyer, Liné Enslin
Skrywersonderhoude

"Berge is die vergestalting van hierdie Salka, van die élan vital wat deur ons almal bruis. Dus: berge wóón vir seker; hulle is ’n force op hul eie, klipforte wat nie net woon nie, maar ook skuiling bied vir die lewensvorme wat rondom hulle woon."

Landbou Boerekos deur Arina du Plessis: van die plaas na die tafel

Naomi Meyer, Arina du Plessis
Skrywersonderhoude

"Die A–Z van die lekkerste kos met plaasprodukte: van aartappels en amandels, beet, dadels, lamsvleis en lemoene tot by waterblommetjies en wortels. Die boek bied ook uitstekende waarde vir geld, met meer as 300 resepte."

Antjie Krog (1952–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig.” Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes: omgewingskwessies oopgevlek in aangrypende verhaal

Dawid de Wet
Resensies

"Die toekoms van die mensdom op hierdie aarde is in die weegskaal. Nou, soos nog nooit tevore nie, moet ons optree en die verwoesting stopsit."

African Library: Congo Inc: Bismarck's testament by In Koli Jean Bofane

Annie Gagiano
Books and writers

"With considerable simplification, but highly persuasively in its sweepingly confident claims, Bofane’s account of the world’s continuously violent history from the late 19th until well into the 21st century places the Congo centrally at its heart of darkness, then and now."

Jong lesers: Kewerwraak deur MG Leonard

Karla Sandrock
Jong lesers

"Ek dink dat MG Leonard hierdie boek op ’n uitstekende manier geskryf het, en sy het aan my bewys dat kewers nie die walglike kreature of monsters is wat party mense dink hulle is nie."

Salutatio Terrae VII – ’n mening

Cas Vos
Lesersindrukke

"My mening oor Salutatio Terrae VII is dat dit ’n manjifieke werk is. Dit lei tot diep en vernuwende nadenke oor filosofie, godsdiens en wetenskap. En oor menswees in ’n tyd soos hierdie."

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Die gemiddelde ouderdom van die deursneelidmaat is besig om drasties te styg, en baie gemeentes sukkel om kop bo water te hou en sluit selfs hulle deure."

The wives by Lauren Weisberger: book review

Karabo Kgoleng
Books and writers

"This book also gives one pause to reflect on whether it is worth it to try and keep up with a youth-obsessed society that makes unrealistic demands on how you spend your time and where, how your body should look (like Barbie) and how much you should have in your bank account."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Sondag deur Irma Venter

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Sondag deur Irma Venter, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Nagreisiger deur Leon van Nierop: ’n resensie

Elbie Adendorff
Resensies

"Die boek lees maklik en Van Nierop se mooi taalgebruik en beskrywings is ’n pluspunt. Maar dit is veral die tema waarmee lesers sal identifiseer: die nagreisiger wat dikwels saam met elke leser op reis is."

Losprys deur Martin Steyn: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel
Lesersindrukke

"Martin Steyn se boeke word gekenmerk deur deeglike wetenskaplike en sielkundige navorsing en outentieke dialoë, en die uitstekende beskrywings van dinge, situasies en persone laat al dié goed voor die leser se oë verskyn. Steyn verskaf groot leesgenot."

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Irene van Staden
Lesersindrukke

"Ten spyte van my kritiek, was die roman ’n lekker tydverdryf gewees. Dit het die potensiaal om genot aan vele ander lesers te verskaf."

Leeskringnuusbrief: Oktober 2018

LitNet
Leeskringkamer

Hier is Oktober se leeskringnuusbrief!

Weerklink van ’n wanklank deur Pieter-Dirk Uys: bekendstelling in Pretoria

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Weerklink van ’n wanklank op 25 Oktober in Pretoria. Die skrywer, Pieter-Dirk Uys, sal met Phyllis Green in gesprek wees.

Kerk, kerker, kerkste

Crito
Blogs

Hoe ironies, was my uiteindelike gevoel, dat die siel en voortbestaan van die NG kerk ernstig en insiggewend bespreek word in ’n Sondagkoerant – daardie publikasiesoort wat eens deur menige NG-predikant Sondae van die kansel af verdoem is.

Menings

Die vierde Russel Botman Gedenklesing: Van ontmensliking tot hoop

Marlene le Roux
Seminare en essays

"Ek glo soos Russel Botman: die lewe is eenvoudig; dit skuld jou nie, maar dit is wat jy van jouself gee, en wat jou nalatenskap is vir die wêreld as burgers van ons wonderlike land Suid-Afrika. Mag dit ’n nalatenskap van hoop wees."

Die beeldsending van verhore: publieke belang of Reality TV v 2.0?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"En watse belang het die publiek regtig om die grafiese besonderhede te weet van wat tydens ’n aanval gebeur het? Is ons nie besig om te vergeet dat terwyl dit popcorn entertainment vir ons is, dit die herlewing van die verskriklikste ervaring van die klaagster se lewe is nie? Waar is ons compassion?"

Lig maar elke klip op, anders sal hulle uitroep: oor die gevare van sekondêre navorsing – met besondere verwysing na Skepelinge deur Karel Schoeman, en ’n tereggestelde slaaf

François Verster
Seminare en essays

"Wát is die waarheid? En wat ís waarheid? Of wié se waarheid is dit?"

Afrikaans in de Oost-Kaap: academische erfenis van Brink, Louw en Van Heerden op de tocht

Yves T'Sjoen
Menings

"Met deze bijdrage, en de openbare bekendstelling van de inhoud van de brief, roep ik alle instituties en lezers op die het Afrikaans genegen zijn te protesteren tegen het drastisch besluit van het universiteitsbestuur in Grahamstad."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Oktober 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: die Hertzogprys vir drama; Tuin van Digters 2018; terugvoer oor die 84ste Internasionale PEN-kongres; PEN Afrikaans se AJV by Aardklop; boekstories uit Taalgenoot se Winter 2018-uitgawe; die kykNET-Rapport-boekpryse; Wat elke skrywer moet weet oor aanlyn outeursregskending; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in September; nuwe Afrikaanse boeke in Oktober.

LitNet Akademies

Laat die klokke lui …! Is die lui van klokke ’n geraasoorlas of bloot die billike uiting van geloofsoortuigings?

Helena van Coller
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"’n Reg geld slegs met inagneming van ander se regte en belange. Ten aansien van die lui van klokke moet inwoners wat deur die betrokke praktyk geraak word, se reg om hulle eiendom vry van ’n geraasoorlas te geniet, ook in ag geneem word."

Oligomerisasie van langerketting 1-alkene in die teenwoordigheid van Cp2MCl2-metalloseen-, meer komplekse Zr-metalloseen- en tridentaat bis(imino)piridienyster(II)-katalisatorsisteme

Frans TI Marx, Esna Pieters, Hermanus CM Vosloo
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

"Uit die drie reekse katalisatore wat ondersoek is, is vier geïdentifiseer wat die hoogste aktiwiteit getoon het, en die potensiaal het om vir die dimerisasie van langerketting 1-alkene gebruik te kan word."

Skryfwerk

Bybel in Kaaps: God maak ’n vebond met Noag

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Vi veetag dae wassie vloed oppie aarde, en soesie water meeder geraakit, het dittie ark hoeg boe die aarde opgelat styg."

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VIII

LitNet
Skryfkompetisies

Hier verskyn die agtste lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings IX

LitNet
Skryfkompetisies

Hier verskyn die negende lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Kranslegging

Hélène van Wyk
Poësie

"Pappa
jy het altyd gesê
mense sal na jou dood
spot ..."

Schinus molle

Hélène van Wyk
Poësie

"my ouma
is ’n peperboom
wat maklik groei"

BSV-Slypskool en prysuitdeling 2018 met Dana Snyman

Corlietha Swart
Skryfsake en rubrieke

"’n Genoeglike dag in die teenwoordigheid van ’n woordmeester!"

Leefstyl

Breyten Breytenbach se The 81 ways of letting go a late self in Kaapstad te sien

Marli van Eeden
Kuns

Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach se kunswerke is tans in Kaapstad te sien, as deel van sy solo-uitstalling The 81 ways of letting go a late self. Die opening van die uitstalling het Donderdag 18 Oktober by die Stevenson-galery in Kaapstad plaasgevind, met Breytenbach self wat teenwoordig was. Marli van Eeden vertel meer.

Kanarie: persoonlike indrukke

Naomi Meyer
Film

"’n Kanarie hoort nie in ’n kou nie."

Sew the winter to my skin: a film review

Reney Warrington
Film

"Sew the winter to my skin does not live up to its utterly poignant title."

Liefde by die dam 2018: program bekendgestel

LitNet
Musiek

"Agt bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan by dié piekniekstyl-konsert optree. Seremoniemeester Schalk Bezuidenhout gaan die program se verloop met ligte vermaak bymekaar hou."

Zuid-Afrikahuis: Programma, November 2018

LitNet
NeerlandiNet

Hier is die volledige program van die geleenthede wat in November by die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam plaasvind.

Persvrystelling: Die land se top-spellers in Afrikaans is Noord-Kapenaars

LitNet
US Woordfees

"In die nasionale eindronde van die 2018 Sanlam WOW Spelfees wat op Saterdag 20 Oktober in Stellenbosch gehou is, het die Noord-Kaap nege van die wenners opgelewer, terwyl agt Wes-Kapenaars onder die top-30 was."

Akademiese kennisgewings

Press release: 2019 5th International Symposium on Place Names

LitNet
Akademies en skole

"ISPN 2019 aims to explore the processes of researching, maintaining and restoring indigenous place names, as well as the preservation and promotion of the indigenous languages from which these place names originate."

Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2019!

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Met ’n prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ’n beeldjie van Coert Steynberg se 'Helpende hand', is die Jan H Marais-prys ’n gesogte toekenning." Nominasies sluit op Donderdag 31 Januarie 2019.

Nou op Voertaal

Hoe om ’n bank te steel

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Is VBS (Venda Mutual Society Bank) se skelms baie dom, of is hulle baie slim?"

De Brasserie (Kusweg, Strand, Wes-Kaap)

Paul Murray
Culinair

"De Brasserie hou dalk verrassings in vir die avontuurlustiges wat die dag op die strand deurgebring het en op soek is na goeie seekos en wyn."

Aantal migranten van en naar Nederland was nog nooit zo hoog

Ingrid Glorie
Actueel

"Nog nooit kwamen er zoveel migranten Nederland binnen als vorig jaar: 235 duizend immigranten. Maar er gingen ook nog nooit zoveel migranten uit Nederland weg: 154 duizend. Ook het migratiesaldo is een record: 81 duizend. Dat blijkt uit nieuwe cijfers, die het Centraal Bureau voor de Statistiek vandaag bekend heeft gemaakt."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved