Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 716

13/09/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou Laurika Rauch

Pasverskyn

Tebatso gaan see toe

Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar’s troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Wanneer die uitgebreide familie besluit om ’n strandhuis vir drie weke oor Desember te huur, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed. Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook ’n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief.

Skrywer: Maya Fowler
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309475
Prys:
R190

Leefstyl

Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Laurika Rauch
Feeste

"My werk is om suksesvol te kommunikeer met ’n gehoor, of ek nou in Afrikaans, my moedertaal, Engels of enige ander taal sou optree. Ek wil hoop dat daar ’n universele kwaliteit is aan dit wat ek doen waarby gehore kan aanklank vind – of hulle alles verstaan wat ek sing of nie."

Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Churchil Naudé
Feeste

"Ek verkies om wat ek doen, woordkuns te noem. Die lyn tussen rymklets en gedigte is soms vaag en dit werk vir my, want daar is deesdae te veel mense wat jou in ’n boks wil gooi sodat hulle beter oor hulself kan voel. Rymklets is lankal nie meer ’n gier wat gaan oorwaai of ’n tendens wat met ouderdom vervaag nie."

Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018

Zelda la Grange, Naomi Meyer
Feeste

"Bill Clinton het dit mooi gestel toe hy gedurende 'n verjaarsdagviering van mnr Mandela vertel dat wetenskaplikes bevind het dat ons verskille, soos ras, liggaamsbou – die uiterlike – asook wat ons glo en wat ons oortuigings betref, bloot 1% van ons samestelling opmaak – 99% is ons dus almal, ongeag die verskille, presies dieselfde."

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Frazer Barry
Feeste

"Afrikaanse, Afrika-, Nederlandse en Vlaamse kunstenaars het groot komponente van hul tale as ’n gemene faktor. Interpretasie en aanbieding is ’n gebied waarop ons baie by mekaar kan leer. Dit is nie lekker om in isolasie te kuns nie. Mens sou graag wou glo dat ’n mens uniek is, maar die realiteit is dat al ons idees en dinge wat ons bereik, geïnspireer is deur iemand of iets anders. Ons staan op berge van informasie en ons is ewige sponse."

Sandra Prinsloo oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Sandra Prinsloo
Feeste

"Die klem val vir my altyd tog op kuns; taal is die rivier wat die storie ondersteun en belig."

Festival voor het Afrikaans 2018: programma

LitNet
Feeste

Tijdens het Festival voor het Afrikaans, 22–23 september 2018, staat de kunst en cultuur in de Afrikaanse taal centraal.

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: finale program

LitNet
Feeste

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée sal vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos en in die Cradock-distrik plaasvind. Hier is al die inligting.

Tuin van Digters 2018: program

LitNet
Feeste

"Hoe ervaar verskillende digters, kunstenaars, musikante, liefhebbers van poësie en mense uit verskillende gemeenskappe, taal- en kultuurgroepe – oud en jonk – digkuns? Kom kyk, luister en beleef hóé ... by die sewende jaarlikse Tuin van Digters."

Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif: 'n onderhoud

Marchelle van Zyl
Kuns

"Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif, open die naweek by die Breytenbach Galery in Wellington tydens die Tuin van Digters-fees. In Handskrif bou Serfontein voort op die samewerking met Afrikaanse digters wat in sy bekroonde uitstalling Winterslaap begin is."

Aardklop 2018: Teksontwikkelingbeurs toegeken aan jong dramaturg

LitNet
Aardklop

"Dit is dus vir Aardklop en Atterbury Trust ’n voorreg om aan Kanya Viljoen die geleentheid te bied om haar teks volledig te ontwikkel, deur middel van ’n teksbeurs."

Klassieke musiek seëvier tydens finaal van ATKV-Muziq en -Muziqanto

LitNet
ATKV-Portaal

ATKV-Muziq ('n nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie) en -Muziqanto ('n klassiekemusieksangkompetisie) se finale is hierdie jaar saam gehou.

Menings

Die US draai sy rug op Afrikaans as doseertaal

Hermann Giliomee
Universiteitseminaar

"Wat my die meeste verbaas van die rektor se oorsig van die US se eerste eeu, is dat daar geen enkele woord is oor wat beskou kan word as die US se grootste prestasie in sy eerste eeu nie, naamlik sy teenstand teen die Britse imperiale ideologie deur die opbou van ’n eie, inheemse intellektuele tradisie."

US-taalbeleid: "Oor hierdie saak moet ons met mekaar reguit praat"

Jan Heunis
Universiteitseminaar

"Die vraag is dus nie soseer of Gelyke Kanse die saak sal wen of nie. Die vraag is of die breë Afrikaanssprekende gemeenskap kan bekostig om die saak nie te voer nie."

Studying while black. Race, education and emancipation in South African universities

Dewald Koen
Resensies

"Akademici is te bang om openlik kritiek uit te spreek. Almal skuil onder die radar en hoop maar dat die semester sonder enige voorvalle sal verloop. Die feit is dat Suid-Afrikaanse universiteite op ’n spreekwoordelike tydbom sit."

“Antjie Krog is Nobelprijs-waardig”

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"De schrijfster Antjie Krog wordt samen met Breyten Breytenbach al enkele jaren genoemd als kandidaat van de Nobelprijs literatuur. Na JM Coetzee en Nadine Gordimer wordt het wellicht tijd weer eens een Zuid-Afrikaans auteur te bekronen."

Karl Marx, brandend actueel in de 21e eeuw

Herman Meulemans
NeerlandiNet

"Zijn jongere zus emigreerde naar Kaapstad en stampte daar een zaak uit de grond die nog altijd bestaat. Hijzelf doolde als een bezetene rond in West-Europa en wordt nog altijd verkeerd begrepen."

Trein-evangelis: “God hettie letties en moffies geskape nie!”

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Maa hoekô issit dan net oo die een ding wattie kêk sy mond rek? Die Bybel lê vol van reëls en regulasies van wat mens as Christen mag doen en wat mens nie mag doen nie. En wat djy as mens moet doen om rêrig soes ’n kind van God te liewe. Of lies ôs maa amal ôs Bybel net soes ôs wil?"

Die skrywers van die Ou Testamentiese boek Genesis

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Uit bostaande is dit duidelik dat die Pentateug (die eerste vyf boeke van die Joodse Bybel) oor ’n baie lang tydperk ontstaan het. Hoe, waarom, en deur wie, weet ons vandag nie. Vir lank was aangeneem dat Moses die Pentateug geskryf het."

Il Paradiso, canto XXXIII ’n meesterstuk

Cas Vos
Seminare en essays

Dante se sterfdag was op 13 September 1321. Hier skryf Cas Vos: "Nêrens in Dante se poësie tref ons iets so manjifiek aan as in die laaste kanto nie. Hier besef die leser wat hy met kanto (gesang) bedoel."

Boeke en skrywers

Die verlore smoking gun van Bird Island: 'n resensie

Jean Oosthuizen
Resensies

"Dit sal net so ’n groot onreg wees om onskuldige mense as pedofiele te brandmerk indien dit leuens is as om die slagoffers se pyn te misken as dit waar sou wees."

Lerina Erasmus (1946–2018)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Jy moet mense so laat glo in jou storie dat hulle deel word daarvan.” Lerina Erasmus is op 20 Augustus 2018 oorlede. Lees oor haar lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Thomas Mofolo se Chaka: die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel, ’n resensie

Barend van der Merwe
Resensies

"Chaka word as een van die belangrikste boeke van sy tyd beskou. Dit is ‘n boeiende verhaal wat verdien om herlees te word en die nuwe Afrikaanse vertaling daarvan sal hopelik hierdie belangrike boek aan ‘n nuwe geslag lesers blootstel."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Al wat oorbly deur Santie van der Merwe

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Al wat oorbly deur Santie van der Merwe, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: vryheid van uitdrukking; die ATKV-Woordveertjies; Tuin van Digters 2018; oop uitnodiging na PEN Afrikaans se AJV by Aardklop; ledegeld; Wat elke skrywer moet weet oor eienaarskap van outeursreg in opdragwerke; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus; nuwe Afrikaanse boeke in September.

Wat elke skrywer moet weet: Eienaarskap van outeursreg in opdragwerke, met spesifieke verwysing na letterkundige werke

Sadulla Karijker
PEN Afrikaans

"Dit is belangrik om daarop te let dat outeurskap (naamlik wie die outeur van ’n outeursregwerk is) en eienaarskap (naamlik wie die outeursreg besit) afsonderlike konsepte in die outeursreg is. Hoewel dit moontlik is vir die outeur van ’n outeursregwerk om ook die outeursregeienaar te wees, is dit nie noodwendig die geval nie."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n boekresensie

Helene de Kock
Resensies

"Enige leser wat oor die volwassenheid beskik om ander religieuse standpunte te akkommodeer en te probeer begryp, sal hierdie goedgeskrewe roman geniet."

Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Alettie van den Heever
Skrywersonderhoude

"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."

Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar

Maryke Roberts
Resensies

"Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons."

LitNet Akademies

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

Johan Anker
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die gebruik en beskrywing van die foto’s sluit aan by belangrike motiewe in die roman, soos waarheid en leuen, werklikheid en interpretasie, dood en verlies, gesegde en ongesegde dinge tussen mense."

Skryfwerk

Skryfkompetisie: Tyd

LitNet
Skryfkompetisies

Skryf ’n gedig met tyd as tema en kom in aanmerking vir een van drie kontantpryse van R500 elk. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings I

LitNet
Skryfkompetisies

Hier verskyn die eerste lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

ingelmens

Susanne Pike
Poësie

"tja sug ma en skink tee in haar royal alberts
met die pers viooltjies
’n spierwitte ingelmens"

blou

Susanne Pike
Poësie

"my broer sê jy kry nie
’n bloukransduif nie
net ’n kransduif
maar vir my is sy gekoer blou"

Mediavrystelling: Skryf in vir die tweede AVBOB Poësieprojek

LitNet
Skryfsake en rubrieke

"Een van die mees verstommende aspekte van die projek was die ontdekking van ’n florerende gemeenskap van digters regoor Suid-Afrika wat deur die aanlyn poësieportaal in staat gestel is om met mekaar in verbinding te tree."

Nou op Voertaal

Digkuns en die wyshede van water

Izak de Vries
Festivals

"Die Koninkryk van die Nederlande en ’n aantal Suid-Afrikaanse organisasies het in 2018 weer hande gevat om digkuns oor taalgrense heen aan te bied in Kaapstad. Onder die vaandel #cocreatePOETICA is 21 verskillende poësiegeleenthede tydens die jaarlikse Open Book Festival aangebied. Moeite is gedoen om veeltaligheid en kultuur onder die loep te neem."

Geraamtes van die verlede tuimel byna dawerend uit

Martie Retief-Meiring
Nuusvinke

"In die delikate rasseverhoudings in Suid-Afrika het twee onlangse scenario’s ’n nuwe dimensie gebring na die emosionele, kulturele skuldvlakke tussen wit en swart. Die verlede word byna te erg om te hanteer."

Interview met Iris van Erve, directeur Internationale Vereniging voor de Neerlandistiek

Michaël Vandamme
Interviews

"'Intensief en tegelijkertijd ontzettend boeiend en verrijkend', zo omschreef Directeur Iris van Erve het zopas afgeronde Colloquium Neerlandicum, inmiddels al het twintigste in zijn soort. Maar alvorens met haar terug te blikken op die bewogen week, een woord over de historiek van die driejaarlijkse treffen."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved