Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 944

06/04/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Mens en masjien

Pasverskyn

Sagie se storie

Skrywer: Jan van Tonder
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798183635

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Menings

Kopiereg, billike gebruik en kunsmatige intelligensie

Catrina Wessels, Naomi Meyer, Izak de Vries
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

Verskeie taalmodelle, waaronder ChatGPT, kan deesdae teks genereer op aanvraag. En verskeie toepassings, waaronder DALL·E en Midjourney, kan kunswerke skep. Waar laat dit gewone mense met die vraag oor kopiereg? Hoe raak hierdie nuwe tegnologie publikasies soos LitNet?

Laat die gemeenskap saamstaan

Freek Robinson, Jacques Swanepoel
Onderhoude

Freek Robinson gesels met Jacques Swanepoel oor ’n inisiatief in die Waterberg om die hele gemeenskap by ’n streek se herstel te betrek ten tye van ’n natuurramp of selfs ’n scenario soos die totale ineenstorting van Eskom. Hoe en waar kry ons water? Hoe voer ons diegene wat honger is? Hoe bekamp ons misdaad?

Die gewaande Suid-Afrikaanse wonderwerk: tyd vir bestekopname

Koos Malan
Seminare en essays

"Al die redes vir die uitbundige uitgelatenheid van bykans 30 jaar gelede oor die Nuwe Suid-Afrika wat die wêreld so gaande gehad het, het verdwyn: die 'beste grondwet in die wêreld'; die reënboognasie; gelykheid; menseregte en demokrasie."

Hoe lyk Ramadaan in 2023?

Tasneem Daniels
Menings

"Gotta love loadshedding in the pwaasa!"

"Een harde kei in de fatsoensvijver". Over de dynamiek van het literaire gesprek

Yves T’Sjoen
NeerlandiNet

"De kritische beschouwerspraktijk dient in de grootst mogelijke autonomie te kunnen plaatshebben, zonder inmenging van buitenaf of gestuurd door de particuliere agenda van een uitgeverij, een schrijver of acolieten."

’n Reaksie op Gerda Odendaal se lesing tov die herstandaardisering van Afrikaans

Tom McLachlan
Menings

"Is dit hoegenaamd (finansieel of taalkundig) haalbaar om ’n handboek in ’n niestandaardvariëteit te skryf en te publiseer, of dieselfde handboek in die standaardvariëteit plus een vir elke ander variëteit? En indien ’n leerder sy/haar skoolloopbaan grotendeels in ’n niestandaardvariëteit sou deurloop, hoe raak dit sy/haar naskoolse lewe in byvoorbeeld tersiêre studie of die wêreld van werk en loopbane?"

Loathing and hatred with Jonathan Jansen

Conrad Steenkamp
SêNet-briewe

"How absurd."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

Uit die argief

Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Jean Oosthuizen
Menings (2023)

"Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word."

Om ’n mens na te boots

Herman Wasserman
Menings (2023)

"Gaan die kletsbot beter essays kan skryf as professore? Gaan KI oneerlike studente help om plagiaat te pleeg? Wat is die implikasies van ChatGPT vir die joernalistiek en die publiek se vertroue in die nuusmedia?"

Die uniekheid van die menslike denke

Danie Strauss
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2010)

"Ons weet dat stoflike dinge, plante, diere en die mens van mekaar verskil – maar die vraag is: In watter opsigte? Tradisioneel, en selfs vandag nog, word die uniekheid van die mens in die aard van denke, rasionaliteit en begripsvorming gesoek."

Nierassige denke in die Afrikaanse leefwêreld

Zimitri Erasmus (vertaal deur Andries du Toit)
OuLitNet

"Daarom skaar ek my by diegene wat argumenteer dat die uitdaging nie is om die verlede uit te wis nie, maar eerder om dit te erken – en om die patrone van die verlede nie te herhaal nie."

"Kan daar iets goeds uit Afrika kom?"

Christi van der Westhuizen
OuLitNet (2006)

"Só ’n vraag steek my dwars in die krop, omdat mens nooit hoor dat gevra word of iets goeds tog eendag uit Europa of die VSA sal kom nie."

Prisma of reënboog? Suid-Afrika deur ’n Graviaanse lens

Jeanette de Klerk-Luttig
Menings (2018)

"Zuma en Ramaphosa is heeltemal verskillend bedraad en die kontras tussen die twee is in werklikheid die kontras tussen die rooi en die groen waardememe. Ongelukkig is die konsekwensies wanneer die Grondwet geminag word (blou) nie duidelik uitgespel nie en vir die massa mense wat hoofsaaklik in pers en rooi funksioneer, is ons groen Grondwet te wollerig."

Boeke en skrywers

Bot deur Carien Smith: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Smith draai nie doekies om nie en ontbloot sonder skroom die moontlikheid van ’n toekomstige Suid-Afrika waarin iets soos beurtkrag as onbenullig afgemaak sal word vergeleke met ’n distopiese samelewing wat moontlik ons daaglikse realiteit kan wees."

Persverklaring: Wenners van die 2023-UJ-debuutprys en die 2023-UJ-prys

LitNet
Boeke en skrywers

Die wenners van die 2023-UJ-debuutprys en die 2023-UJ-prys is bekendgemaak. Altesaam 62 boeke in enige genre wat in 2022 in Afrikaans verskyn het, het meegeding om dié twee pryse. 13 van die inskrywings was debute.

Vir eensgesindes en gelykgestemdes: Jerzy Koch se Polkadraai

Karen de Wet
Resensies

"Polkadraai gooi die net van die poësie en van taal met ’n wye Kaapse draai en sal ’n aandagtige leser ruim beloon."

Silwerwit in die soontoe deur Imke van Heerden (saam met Anil Bas en Etienne van Heerden): ’n resensie

Alwyn Roux
Resensies

"Imke van Heerden se debuutdigbundel, Silwerwit in die soontoe, is ’n merkwaardige voorbeeld van hoe mens en masjien saam kan skep in die wêreld van poësie."

Internasionale Kinderboekdag 2023: De Wet Hugo se limeriek

De Wet Hugo
Boeke en skrywers

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Naomi Meyer het ’n paar kinder- en jeugboekskrywers gevra om prettig op dié belangrike datum te reageer. De Wet Hugo skryf: "’n Seun van die Kaap, Dylan Dreyer, wil niks weet van lees nie; hy weier ..."

Internasionale Kinderboekdag 2023: Cliffordene Norton se dankie-sê-brief

Cliffordene Norton
Boeke en skrywers

"Ek is so bly ek het jou gevind, liewe vriend."

Internasionale Kinderboekdag 2023: Fanie Viljoen se limeriek

Fanie Viljoen
Boeke en skrywers

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Fanie Viljoen reageer prettig op dié belangrike datum deur ’n limeriek te skryf: "’n Wysneusneef en sy niggie / sê alle boeke is jiggie ..."

Internasionale Kinderboekdag 2023: Maretha Maartens se "Daar was ’n laaitie"

Maretha Maartens
Boeke en skrywers

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Maretha Maartens reageer met ’n rympie op dié belangrike datum: "Dwarsdeur die pandemietyd het hy gelees en gelees / en hy kon weggaan na enige plek waar hy wou wees: in ’n ruimteskip of vegvliegtuig se stuurkajuit / in ou koning Arthur se kasteel en weer daaruit ..."

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen

Naomi Meyer, Mia Oosthuizen
Onderhoude

"Hoeveel keer daag moedelose skrywers nie by my op omdat hulle net nie sukses behaal by ander kursusse nie. Vir my en Anne-Ghrett is dit ’n absolute skande en dus het ons besluit om kragte saam te span vir ’n intensiewe skryfskool wat jou neem van storie-idee tot afgeronde manuskrip wat jy aan uitgewers kan voorlê."

Melt Myburgh (1967–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Skrywers is die hekwagters en morele hoeders van ’n samelewing, die tussengangers wat vrae vra namens dié wat antwoorde soek."

Press release: 2023 Commonwealth Short Story Prize shortlist announced

LitNet
Books and writers

Twenty-eight outstanding stories have been shortlisted by an international judging panel for the world’s most global literature prize. The stories range from fables to family dramas, tackling a range of themes and topics from violence and war to environmental damage, from love and loss to unexpected friendships.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 1–6 April 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Nu op Voertaal

Aantekeningen in een Krog carnet

Yves T’Sjoen
Actueel

"Dames en heren, hier is Plunder. Nu al durf ik het boek te rekenen tot de canon van de Afrikaanse lyriek. Niet alleen omdat de auteur hardnekkige taboes doorbreekt, maar omdat zij met haar eigengereide stem en stijl een discours ontwikkelt dat elke lezer van de sokken blaast en in een ontnuchterende spiegel de kwetsbaarheid van het zelf en de planeet laat zien."

Recensie: De revolutie van Pelle door Conny Braam

Hendrik-Jan de Wit
Literatuur

"De roman De revolutie van Pelle van Conny Braam is een drieluik. Er staan drie generaties vrouwen centraal: Keet Pelle, haar dochter Grada Pelle en haar kleindochter Conny Braam. Al draagt de laatste in de roman de naam Lena; ze wordt hier overigens nooit mee aangesproken."

Saligheid op die savannavlaktes van Namibië

Maryke Roberts
Reizen

"Om agtuur in die oggend aan die oorvloeirand van die swembad te hang en te sien hoe ’n swaeltjie vir ’n millisekonde sy bekkie in vlug vol water skep of ’n bloedrooi naaldekoker se lyfie te sien patrone maak op ’n spieëlgladde oppervlak is vrede."

Burgerlike samelewing is oorwinnaars in die energiekrisis

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die ramptoestand wat Cyril Ramaphosa in Februarie tydens sy staatsrede aangekondig het, sou deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en Solidariteit in die hof betwis word. Die regering het Woensdag die aftog geblaas en die handdoek ingegooi nog voordat die saak in die hof kon draai."

Korrupsie bly ’n probleem in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Dit is nie nou die tyd om die voet van die versneller te neem wanneer dit kom by die bekamping van korrupsie nie. Die burgerlike samelewing moet sy stem dik maak om die stryd teen korrupsie te help versterk en aandring op aanspreeklikheid deur openbare amptenare."

Iranse oorlogkepe in Kaapstad kan tot sanksies lei, waarsku VSA

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrika se vriendskapsbande met lande soos Rusland en Iran en hulle militêre teenwoordigheid aan die Suid-Afrikaanse kus is besig om die wenkbroue van sy Westerse bondgenote al hoe meer te laat lig. Enkele weke nadat ’n Russiese oorlogskip ten spyte van wye veroordeling deur kundiges, diplomate en aktiviste in Kaapstad se hawe vasgemeer het, het twee Iranse oorlogskepe verlede Vrydagoggend ook by die hawe aangekom."

Akademies en skole

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en hou jy nog lekker vakansie? Hierdie gratis vraestel en memo deur Lee‑Ann West kan jou help om jou werk van verlede kwartaal te hersien of om vroeg volgende kwartaal met vyfsterwiskunde weg te spring.

Leefstyl

Persverklaring: NATi Jong Sterre-program vir opkomende toneelskrywers

LitNet
Suidoosterfees

Die Jakes Gerwel Stigting, in medewerking met NATi en Kunstekaap, nooi toneelskrywers uit om aansoek te doen vir die vyfde jaarlikse Jong Sterre-program. Hierdie unieke geleentheid vir toneelskrywers skop af met drie weke se mentorskap in toneelskryf, gevolg deur produksie-ontwikkeling en uitvoering tydens die Suidoosterfees van 2024.

Persverklaring: US Woordfeeskortverhaalkompetisie – inskrywings word ingewag

LitNet
Toyota US Woordfees

Inskrywings word ingewag vir die 2023-US Woordfeeskortverhaalkompetisie. Hier is al die inligting.

Persverklaring: Hoog aangeskrewe Die moeder kom Baxter toe

LitNet
Teater

Die moeder (oorspronklik The Mother) is ’n boeiende portret van leënessindroom deur die bekroonde dramaturg Florian Zeller, wat ook The Father geskryf het. Die rolprentweergawe van The Father het Oscars vir beste akteur (Anthony Hopkins) en beste draaiboekverwerking gewen.

Press release: Rossini’s Stabat Mater at Paarl Toringkerk

LitNet
Lifestyle and entertainment

This Easter, on Saturday, 8 April 2023 at 16:00, Cape Town Opera brings Rossini’s Stabat Mater to the beautiful Toringkerk in Paarl.

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool | Theatre review workshop

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool | Theatre review workshop

LitNet
Slypskole

Sluitingsdatum aangepas: Stuur jou voorlegging voor middernag op 20 April! Deadline extended: Send your submission before midnight on 20 April!

Nuwe skryfwerk

Wie is ek, Ma?

Reinet de Waal
Fiksie

"Ek sukkel om te slaap vanaand. Sus doen moeite om my tuis te laat voel, maar haar beddens was nog altyd te hard en haar komberse pof te veel. Ek is nie ondankbaar nie, maar ek slaap beter op die plaas, Ma."

My kinderparadys

Delia Rossouw
Poësie

"Ek wil jou nog gaan wys,
Waar God se liefde soos blomme pryk …"

Kaal-werf

Zebulon Kochk
Poësie

"Want oestyd is baie skraal 
Brak tot in die wortelstok 
En verskroeid na bowe"

Verpulpte trane

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"verby die rooiligarea
waar toeters hiet en gebied
tot diep in die ghetto’s
waar hulle getrou
nog die barmitswa vier"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved