Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 876

18/11/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou terugblik

Pasverskyn

Voetspore in Suid-Afrika 2


Skrywer:
Johan Badenhorst
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313021

Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetspore-span weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef. 

Menings

FW: Sentiments about our past are strong, well founded and entrenched

Jan-Jan Joubert, Paul Murray
Interviews

"De Klerk was never trusted by the securocrats – they preferred the old boys’ club of PW Botha, Magnus Malan, Kobie Coetsee, Louis le Grange and Adriaan Vlok. They saw him as a softie, a weakling, a goody two shoes, a bluestocking."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Leon Wessels

Freek Robinson, Leon Wessels
Onderhoude

Freek Robinson vra vir Leon Wessels of FW de Klerk werklik sy beste gegee het op 2 Februarie 1990, in die daaropvolgende onderhandelings na ’n nuwe grondwet, en by die Waarheid-en-versoeningskommissie.

Die pers, die Broederbond en FW se besluit

Hennie van Deventer, Izak de Vries
Onderhoude

"Ek was in die omgewing toe president George Bush vir De Klerk uit die Withuis bel. Dit was maar een bewys van die internasionale impak. ’n Beter bewys as die Nobelprys kan daar seker ook nie wees nie."

FW se sjef: De Klerk het nou en dan van ’n ietsie soet gehou

François Ferreira
In memoriam

"Dit was soms vir my moeilik om kos voor te berei, want ek moes sonder uie, knoffel, groenpeper en sterk speserye kook. Dit is nogal verstaanbaar, want die President kon nie ’n knoffelasem hê wanneer hy diplomate en ander gaste ontmoet nie."

Elders gesien: FW de Klerk en die twee video’s

Anne-Marie Mischke
Elders gesien

"Die twee video’s het my lank bygebly en ek het die hele aand nog loop en respekte betoon aan die groot kringloop van lewe en dood en hoe ons almal onafwendbaar daardeur beweeg."

Broederlike beroering

Uit Melkbos
Blogs

Net ’n week ná FW de Klerk se groot oomblik op 2 Februarie 1990 maak die dinamiese nuwe leier toe weer groot nuus – hierdie keer met ’n aankondiging oor die vrylating van Nelson Mandela. 

Die hoop wat Desmond Tutu se Nobel-vredesprys vir Suid-Afrika gebring het

Raymond van Diemel
Menings

"Die polisie het die Oslo-universiteitsaal waar die seremonie gehou sou word, ontruim en koning Olaf, biskop Tutu en honderde gaste gevra om buite te wag terwyl snuffelhonde en spesialiste die saal vir die bom deursoek het." – Raymond van Diemel oor Desmond Tutu wat in Oktober vanjaar 90 geword het.

Hoe kan applied multilingualism ’n solution wies vi global integration?

Tasneem Daniels
Menings

"Dis hierie ideas wat vi my gelei het tot my Kaaps-skrywery – ek het ve’staan dat ek nie forward sal move in my eie personal en cultural development as ek aan my Engelse points of references klou nie. Ek kan rêrag sêrat ek soes ’n whole person voel nourat ek ’n effort gemaak’t om nie net in Engels te skryf en praat."

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering drie: Allerhande alledaagse wonderwerke

Marita van der Vyver
Rubrieke

"Ons het onsself iewers langs die pad verloor, maar op ’n positiewe manier, soos wanneer jy jouself in die liefde verloor. Soos die herfsbome wat hulle dooie blare verloor om plek te maak vir die nuwe blare van die volgende seisoen."

Boesak-toespraak aan DAK Netwerk: belowend, met enkele probleme

Frederik Rudolph van Dyk
Menings

"Die geskiedenis is meer veelkantig as wat dr Boesak dalk te kenne gee. Wat Afrikaans betref het sy uit hierdie mengelmoes van klassige kreolisering ontstaan, en daarom is nie net Camissa-Afrikaans waardig nie, maar ook die Afrikaans van Afrikaners. Alle Afrikaanssprekers en hul voorouers is mede-eienaars van en mede-verantwoordelikes vir die Afrikaanse sambreeltaal, hoe dit ook al mag kreoliseer en verander in ons gedeelde toekoms."

’n Getekende kontrak is dalk nie wat jy dink dit is nie – ’n onderhoud met Robert de Rooy van Creative Contracts

Naomi Meyer, Rob de Rooy
Onderhoude

"Dit was die kwesbaarheid van mense in die omstandighede wat my laat wonder het hoe ons dit makliker kan maak om kontrakte te lees, te verstaan en te onthou. En ek het toe begin oplees oor visualisering van inligting en begin eksperimenteer hoe om klousules in ’n prentjieformaat akkuraat weer te gee."

Kom na my tuin, Rosa Rosarum

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Toe ek dus op die gedenkdiens snot en trane huil, ontroosbaar, het die broers sekerlik gewonder: Waar was jy al die jare?"

Wysheid is besig om by Suid-Afrikaanse kiesers pos te vat

Jason Lloyd
Rubrieke

"So maak vas julle veiligheidsgordels, want vir die volgende twee tot drie jaar gaan dit veel slegter word om in Suid-Afrika te woon, maar die tikkie wysheid wat gedurende die munisipale verkiesings by Suid-Afrikaners posgevat het, skep darem hoop."

Wilbur Smith: Iewers in ’n Afrika-woud het ’n seder geval, maar nie in stilte nie

François Verster
In memoriam

"Solank as wat ek kan onthou, was hy daar, groter as lewensgroot, een van die blinkste sterre aan die skrywershemel hier uit Afrika."

Wilbur Smith, ’n gewone man wat vir gewone mense skryf

Izak de Vries
In memoriam

"Ten spyte van ’n opvoeding by Michaelhouse was daar ’n tyd in Smith se lewe dat hy dit nie breed gehad het nie. As twintigjarige het hy ’n ruk lank op ’n vissersboot gewerk."

NALN gedenk Wilbur Smith

Annelien Diedericks
Elders gesien

"Smith het bykans 49 topverkoper-romans geskryf en altesaam meer as 140 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop. Sy romans is in vele tale vertaal."

Elders gesien: Theuns Jordaan en vanjaar se verliese

Carina Stander
Elders gesien

"Wat ’n stem. Wat ’n stilte waarmee ons wat agterbly, moet saamleef."

Elders gesien: Die owerheid en die brandslang

Elise Bishop
Elders gesien

"Nou Jack hy was tandarts. Dis die wat hul kom roep want hy’s naaste aan ’n dokter. Mense het sy kar voor die hotel geken (’n rooi Merc – nog die square shape)."

Press release: Response to South African Literary Award winner’s resignation of his award

Morakabe Raks Seakhoa
Books and writers

"Regrettably, Mr De Lange is incorrect to think of SALA as a competition. Instead, it is a celebration of the literary craft as an instrument of artistic, creative and cultural expression within the context of our diverse and multicultural society."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Nou op Voertaal

Daniel Hugo, ’n digter van vers en klank

Willem de Vries
Literatuur

"Miskien is dit ’n soort beswering, die gedig as ’n beswering teen die verganklikheid," het hy hardop gewonder. Só skryf Willem de Vries oor Daniel Hugo. "Elke digter is ydel genoeg om te hoop op onsterflikheid, maar daardie onsterflikheid kan hy net ervaar solank hy lewe, natuurlik. Daarna sal hy nie weet daarvan nie."

Adriaan van Dis gesels met ’n memoirskrywer en vertaler oor die binnelewe van liefde en geweld in Suid-Afrika

Willem de Vries
Literatuur

"Maar wat die boek ook laat sien, het Van Dis oor tóé gesê, is dat die wye, droewe land alleen maar uit skeiding bestaan, range en stande waaroor Van Niekerk uitgebreid skryf, deftiger Afrikaners met mooier swembaddens en groener gras."

Muurmaskers in de lyriek – over ommuurde pandemietaaltuinen in Afrikaans

Yves T'Sjoen
Literatuur

"Niet alleen in het Nederlandse taalgebied, ook in het Afrikaans zoals in andere talen worden literaire coronateksten geschreven. In Zuid-Afrika kan een soortgelijke vaststelling worden gemaakt als in het krantenartikel: in lyriek drukken schrijvers op indringender wijze gevoelens van machteloosheid en eenzaamheid uit. Voor het fonds van de pas opgerichte uitgeverij Turksvy Publikasies stelden Daniel Hugo en Francois de Jongh een omvangrijke en fraai uitgegeven bloemlezing samen met de titel Maskers en mure (2021)."

Shell groet Nederland, en nuwe hoop met entstowwe

Milton Webber
In het nieuws

"Royal Dutch Shell het Maandag aangekondig dat sy hoofkantoor na Londen gaan verhuis; koronabesmetting klim onder kinders wat nie ingeënt is nie; entstowwe word nog meer effektief; ’n kunshart gee hoop; en voëlgriep teister boerderye."

Piepklein party kraai koning in verskeie munisipaliteite

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die PA het reeds hulle eerste burgemeester in Laingsburg tot die amp verkies gekry en hoop om nog verskeie burgemeestersposte en ander uitvoerende poste op burgemeesterskomitees landwyd in te palm."

Mej Heelal-kompetisie ontketen politieke storm in Suid-Afrika oor Israel

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Vanjaar se Mej Heelal-kompetisie het in ’n politieke speelbal ontaard. Die regering het hulle steun aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek omdat die organiseerders weier om vanjaar se Mej Heelal-kompetisie te boikot omdat dit in Israel plaasvind."

DA kla minister by Verenigde Nasies aan oor Afrikaans

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die DA het ’n klag by die VN se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande."

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Marianne Lomberg
Mens en dier

Sulet Linde skryf: "Ek lees nou die dag raak dat mens vir jou hond appelskywe en wortels moet gee. Is honde nie karnivore nie?" Lees Marianne se antwoord.

Akademies en skole

Die statutêre persoonlike en die statutêre afgeleide aksie: Is ’n streng onderskeid steeds geregverdig?

Christiaan Swart
LitNet Akademies (Regte)

"Daar word voorgestel dat artikel 163(2) gewysig word om aan ’n hof bevoegdheid te verleen om aan ’n aandeelhouer of direkteur regshulp toe te staan in die vorm van verlof om namens ’n maatskappy ’n regsgeding aanhangig te maak."

Om sin te "sien": die eenheid ("in-tensie") tussen lewe (tydsduur) en bewussyn (ruimte) in Henri Bergson se metafisiese fenomenologie

Yolanda Spangenberg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Aan die een kant vind ons bewussyn in lewe in die gewaarwording as sodanig van (of sensitiwiteit vir) die sensasie van transformasie (of die skeppings-proses) self. Hierdie gewaar-wording van die proses van transformasie verwys na die metafisiese bewussyns-handeling van tydsduur."

Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6 en kry jy nagmerries oor prismas en piramides? LitNet se gratis vraestelle kan daardie nagmerries nek omdraai! Laai Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memo hier af en oefen daardie somme totdat jy dit regkry.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

Persverklaring: Vakatures in die SA Akademie se Taalkommissie

LitNet
Akademies en skole

Die Taalkommissie van die SA Akademie wag tans aansoeke in vir sewe vakatures. Hier is nog inligting oor die beskikbare poste en die aansoekproses.

Boeke en skrywers

’n Vraaggesprek met Pieter Fourie – teaterman, digter en woordkunstenaar

Marlene Malan, Pieter Fourie
Skrywersonderhoude

Marlene Malan het ’n onderhoud met Pieter Fourie gevoer toe sy debuutdigbundel in 2017 verskyn het. Dis nog nie elders gepubliseer nie: "Die kunstenaar bly maar deur die eeue heen die vlermuis van die samelewing. Onaansienlik, oënskynlik blind, ’n nagding, en hy maak aaklige geluide ..."

PJ Philander (1921–2006)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son."

Immigrant: ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers, saamgestel deur Ena Jansen – ’n resensie

Veronique Jephtas
Resensies

"Die bloemlesing bevat ietsie vi ammel, uit elke generasie, te danke aan Ena se samestelling van Eybers se diepste, seerste, eerlikste en beste."

Vlug deur Wilna Adriaanse: ’n resensie

Anschen Conradie
Resensies

"Die roman sal aanklank vind by ’n wye verskeidenheid van lesers – liefhebbers van spanningsverhale sal dit ongetwyfeld geniet, maar die karaktergedrewenheid daarvan sal tot ’n baie groter groep lesers spreek."

Veerkragtigheid inspireer: ’n Resensie van Skeef deur Renaldo Schwarp

Susan Booyens
Resensies

"Hoewel hy erken dat dinge ook moeilik en gevaarlik kan wees in die heteronormatiewe strate van die soms onverdraagsame en hiperreligieuse Reënboognasie, verduidelik Renaldo sy keuse om te fokus op selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk en ’n boodskap van hoop vir gay mense, hul ouers en bondgenote."

In die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha: ’n resensie

Rachelle Greeff
Resensies

"Tog is Die spore van Gert Saggiestrap ’n waardevolle en tydige storie wat verdien om wyd gehoor te word."

A Pretoria boy by Peter Hain: a book review

Robert Turrell
Books and writers

"After planting the bomb, Harris phoned a warning to the station police and to two national newspapers half an hour before it was timed to explode, but no warning was relayed to station commuters on the concourse."

Stil vloei die Komati deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Die storie bly regdeur vloeiend en mens raak nooit verveeld nie – dit is wat die boek so ’n aangename ervaring maak."

Sondaars

Crito
Blogs

Die uitpasseer van Wilbur Smith het my aan my pa laat dink.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 12 tot 18 November 2021

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Eiers is belangrik

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek sal, hoewel maar baie traag, van brood en pasta afskeid neem. Maar eiers ... ek kan my nie die lewe sonder eiers voorstel nie!"

21 nuwe tekste word vanjaar by Teksmark voorgelê

LitNet
KKNK

Belangstellendes kan Teksmark bywoon deur hul plek aanlyn te bespreek. Maar omdat spasie beperk is as gevolg van COVID-19-protokol wat streng gevolg word, sal die sessies ook regstreeks gestroom word.

Program van die McGregor Gedigtefees beskikbaar

LitNet
Feeste

Een van die jaarlikse hoogtepunte op die Wes-Kaapse feeskalender is die Gedigtefees, wat al sedert 2013 in die lieflike dorpie McGregor aangebied word. Hier is die program.

Nuwe skryfwerk

Kommadagga-kortverhaal: "Eendag is eendag"

Kenneth Williams
Fiksie

"Ek het my kombuisie en twee kamers uitgemeet met ’n stok en ge-imagine die furniture binne-in die vertrekke." – Lees Kenneth Williams se Kommadagga-kortverhaal.

Bywoners

Michelle van Graan
Poësie

"want jy klok ons kinders in, een vir een ..."

Hier op die rotse

Johannes van der Merwe
Poësie

"oor ’n lewe wat net te veel was
oor ’n liefde wat gebreek was
hier op die rotse
is sy daardie nag hier weg"

Ongetydeld

Pieter Lübbe
Poësie

"nooit is ons tevrede
vergeet die verlede:
ons bou lugkasteel-stede"

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved