Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 735

8/02/2019


Krities Afrikaans

LitNet: Jou Woordfees

Pasverskyn

Jagter

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemdste – en wreedste –misdaadtoneel in kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Skrywer: Bettina Wyngaard
Uitgewer: Penguin
ISBN: 9781415210048
Prys: R250

Leefstyl

US Woordfees 2019: Volledig bygewerkte program nou beskikbaar

LitNet
US Woordfees

Die US Woordfees 2019 se feesgids is nou volledig bygewerk! Laai dit hier af.

US Woordfees 2019: Nederlandse en Vlaamse komponent

LitNet
US Woordfees

Hier is items op vanjaar se US Woordfeesprogram op Stellenbosch (1–10 Maart 2019) met ’n Nederlandse of Vlaamse komponent. Volledige program ook hierby.

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met die sterre van Lollos en Lettie

Naomi Meyer, Minki Burger
US Woordfees

Lollos en Lettie is ou bekendes by die US Woordfees. Naomi Meyer gesels met die sterre van die vertoning – en ook met Minki Burger, wat saam met hulle dans en sing.

US Woordfees 2019: Nicole Holm gesels oor Drie susters

Naomi Meyer, Nicole Holm
US Woordfees

"Die lekkerste plek bly maar naby die verhoogplanke."

US Woordfees 2019: Winnie Nel praat oor Met of sonder woorde

Naomi Meyer, Winnie Nel
US Woordfees

"Dit was ... my droom om eendag so ’n grootskaalse produksie te kan aanbied vir die wyer Stellenbosch-omgewing. Ek het nog altyd heimlik gewens ek kon ’n Woordfeesproduksie doen mét kinders vír kinders."

US Woordfees 2019: Diskoers

LitNet
US Woordfees

Verskeie groot geeste, slim mense en ingeligtes is op die Diskoers-program en jy kan kom luister en saamgesels – en dis gratis.

US Woordfees 2019: Wen drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies

LitNet
Wen

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Stuur jou keuse van drie produksies voor 15 Februarie aan wen@litnet.co.za en staan die kans om deur 'n gelukstrekking drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies te wen!

Press release: Nominees for the 54th annual Fleur du Cap Theatre Awards announced

LitNet
Teater

The nominees for the 54th annual Fleur du Cap Theatre Awards have been announced.

Green book – unsettling, yet heart-warming

Reney Warrington
Film

"The controversy surrounding this film should not dissuade people from watching it. (Google if you must.) It is a nuanced, tender tale about an unlikely friendship that overcame loneliness, bigotry and class differences. Viggo Mortensen’s and Mahershala Ali’s performances appear effortless."

Menings

Staatsrede 2019: “Watch this space”

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hierdie jaar het dit gevoel asof ons te doen het met ’n president wat weet wat hy doen. Vir die eerste keer in ’n lang tyd het die staatsrede my hoopvol gelaat, veral aan die einde, toe hy al die leiers van die opposisiepartye by die naam noem en uitdaag om te help bou aan ’n beter Suid-Afrika vir almal, verby partypolitieke grense."

Suid-Afrika se onderwys is ’n “katastrofiese mislukking”

Jean Oosthuizen
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"De Klerk sê dit is ’n nasionale skande dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is en nie daarin kon slaag om ongelykheid suksesvol aan te pak nie. Een van die dryfvere vir die toenemende ongelykheid is volgens hom die uiters swak skoolprestasie van die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders."

Die diktatuur van die kommentariaat

Yolanda Spies
Menings

"Ek probeer die mense agter die kommentare visualiseer: die suurpruime, die skynheiliges en hoogheiliges en goedgelowiges en rassiste, die sedebewakers en die vredemakers, die filosowe en die narsiste."

Nuwe mentorskapprogram gee vier opkomende skrywers 'n hupstoot

Marli van Eeden
Onderhoude

Dit is nie ’n maklike taak om ’n boek te skryf nie, wat nog van publiseer. Juis daarom stuur die Jakes Gerwel-stigting, saam met NB-Uitgewers, vanjaar ’n mentorskapprogram van stapel om opkomende skrywers met dié taak te help.

Vier vrae aan die skrywers van die Jakes Gerwel-stigting en NB-uitgewers se skrywermentorskapprogram

Marli van Eeden, Bronwyn Davids, Engela Ovies, Shana Fife, Sharon Mogoaneng
Onderhoude

’n Mentorskapprogram vir opkomende skrywers van die Jakes Gerwel-stigting word vanjaar in samewerking met NB-uitgewers van stapel gestuur. Die eerste skrywers wat aan die projek sal deelneem, is Bronwyn Davids, Engela Ovies, Shana Fife en Sharon Mogoaneng. Dít is wat hierdie opkomende skrywers te sê het.

Kan Zille se belastingrevolusie werk?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ten beste kan ’n gedeelte van belasting van die staat weerhou word, maar nie alles nie. Of ons dit wil weet of nie, ons lewe in ’n simbiotiese verhouding met die staat, al voel dit soms eerder na ’n parasitiese verhouding, met ons as gashere."

NouNet: Impact of recent Overberg wildfires on vegetation

LitNet
Interviews

Recent wildfires since the start of this year have caused havoc in the Overberg region, with many homes destroyed and damaged, and thousands of hectares of vegetation burnt. CapeNature's Executive Director for Biodiversity Support, Ernst Baard, gives some insight into the effect the wildfires have had on the vegetation of the area.

NouNet: Meer as 700 000 nuwe kiesers by OVK geregistreer

LitNet
Onderhoude

Meer as 81% van die nuut-geregistreerde kiesers is jonger as 30 jaar oud; 52% is vroue en 48% mans. Amanda Gouws, professor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, reageer.

Die kerk se mense

Crito
Blogs

"Een van die slimste resensies wat in ’n baie lang tyd op ’n Afrikaanse boekeblad verskyn het."

LitNet Akademies

''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners

Elvis Saal, Donovan Lawrence
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

Boeke en skrywers

Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger

Naomi Meyer, Willie Burger
Skrywersonderhoude

"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."

Nooit meer slapen deur Willem Frederik Hermans is in Afrikaanse vertaling ’n groot leesavontuur

Etienne Britz
Resensies

"Met Wium van Zyl se Afrikaanse vertaling nou beskikbaar, kan die ou Suid-Afrikaanse lesers uit die vorige eeu die boek gerus weer lees, saam met nuwe jong lesers wat dit ’n spannende boek sal vind, ’n boek wat mens nie maklik neersit nie."

By die ontstaan van die Universiteit Stellenbosch: indrukke van Stellenbosch 100

Gerrit van Wyk Kruger
Universiteitseminaar | University Seminar

"Origens het die opstellers van Stellenbosch 100 natuurlik ’n enorme taak op hande gehad, waarvoor hulle gelukgewens moet word."

Peet Venter (1940–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Die misdaadroman leen hom by uitstek tot vinnige, volgehoue aksie en spanning. ’n Mens moet jou storie ken om dit reg te kry. Jy moet jou leser binne die eerste sin of twee vasvang, en nie weer laat los tot die einde nie.” Peet Venter se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Emily Hobhouse, geliefde verraaier deur Elsabé Brits: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel
Lesersindrukke

"Die leser moet hom of haar telkens afvra waar al die vrou se krag en energie vandaan kom. Wanneer sy nie besig was om geld in te samel of siekes te besoek nie, was sy óf besig om afsprake met mense te reël, óf sy het reëlings vir nuwe reise getref."

Kompetisie: Die liefde in jóú se Afrikaans

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

LAPA Uitgewers soek manuskripte oor die liefde wat Afrikaans in al haar tonge uitbeeld. Die liefde is wel ’n universele taal, maar dit klink darem baie lekkerder in jou eie dialek of variëteit. R35 000 is op die spel.

Boek, brood en wyn

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

Du Toitskloof Wyne en LAPA Uitgewers bied op 15 Februarie "Boek, Brood en Wyn" aan by die Du Toitskloof Kelder net buite Rawsonville, 'n uur van Kaapstad af.

Jagter deur Bettina Wyngaard: Grabouw-boekbekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die Grabouw-bekendstelling van Bettina Wyngaard se Jagter op 21 Februarie. Maryke Roberts sal met haar gesels.

Skryfwerk


LitNet is vanjaar 20 jaar oud. Ter viering bied ons ’n limeriek-kompetisie aan. Top-beoordelaars; top-pryse!

As burger van ons onstuimige land kan jy nou stoom afblaas, giggel of skel oor die kwinte en kwale van die wêreldpolitiek of plaaslik hier in ons Republiek. Laat jou woorde sing oor die trieks van die politiek en die geknoei wat so vermoei. Weeklikse wenners kry R3 500 vir die eerste twee weke, en daarna R2 000 per week. Die Politiek-Limeriek-Grootkampioen ontvang ’n addisionele R10 000!

Hier is die beoordelaars, die kompetisiereëls en advies oor die aard van ’n limeriek.

Laat jou stem hoor!

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Inskrywings Week 1

LitNet
Skryfkompetisie: #politieklimeriek

#politieklimeriek – hier's ʼn paar nuwes! Week 1 se inskrywings sluit eers om middernag, 8 Februarie, dus kan jy nog laat waai!

Vyf nuwe gedigte deur Gideon C du Toit

Gideon C du Toit
Poësie

"Want binne ʼn verwelkte hart se are,
eens gevul met lewensbloed,
lê nou opgehoop oor lang swart jare
niks anders as stof, en as, en roet."

Meer as nét vlam

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"waar die warmwind se asem grimmig blaas
word die landskap ʾn verskrikking"

Three poems by Abigail George

Abigail George
Poetry

"Look at the winter leaf. Look at how it gathers
under your bedroom window. Look at the
arrangement of light as it falls on this cool
as spring Monday afternoon."

Begrawe buite Fampoux ... en in Lichtenburg

Emile Coetzee
Fiksie

"Om onbekende redes het Johanna egter ʼn ander plan gemaak om Vic te herdenk en oor hom te rou. In Lichtenburg se begraafplaas het sy vir Vic – of Wijnand vir haar – ʼn vollengte graf laat uitlê waar ’n mens dit vandag steeds kan sien."

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm-broes, deel 4

Olivia M Coetzee
Skryfwerk

"Maa sy’t hoekal gewag vi hulle om by haa huis uit te kô. Wan sy’t haa suikehuis gebou soedat sy die kinners kan anlok."

Nou op Voertaal

Kommissies, korrupsie en (staats)kaping

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Dit sou nie verbaas as ’n besoeker aan Suid-Afrika wonder of die land ’n vreemde voorliefde vir kommissies van ondersoek het nie."

"Zim Somm" Pardon Taguzu: Wijn drinken én teruggeven aan de gemeenschap

Ingrid Glorie
Culinair

"Zuid-Afrika is een echt wijnland. Van Zimbabwe kun je dat niet zeggen. Toch heeft het land de laatste jaren een aantal talentvolle jonge sommeliers voortgebracht, de zogenaamde 'Zim somms'. Een van hen, Pardon Taguzu, is in Scheveningen neergestreken. Zijn missie: Nederland laten kennismaken met de beste Zuid-Afrikaanse wijnen. Wijnen waar een goed verhaal aan zit."

Ons gaan nou braai: boerewors, sosaties en shisa nyama

Menán van Heerden
Culinair

"Die inheemse Khoi en San het hul vleis reeds voor 17de-eeuse kolonisering en die immigrasie van Europese setlaars in 1652 op die vuur gebraai."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved