|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 723
1/11/2018
|
Krities Afrikaans
|
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey
Op ’n dag in die vroeë sewentigs bemerk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net ’n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou ... Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het.
Skrywer: Charl-Pierre Naudé
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624084341
Prys:
R330
|
 |
|
 |
The land is ours: die wortels van grondbesit en -onteiening lê diep
Anne-Marie Mischke
Resensies
"Selde nog het iemand, in die woorde van Ngcukaitobi, soveel lig gewerp op die werklikheid van menslike lyding wat die gevolg van dié wet was. Msimang was die eerste een wat verstaan het dat die wet se reikwydte veel verder was as grondonteiening."
|
 |
Hoe die ander kant lewe
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Sy’s nie ’n tweede ma nie, sy’s ’n bediende, en jy gebruik haar nog steeds om jou wit skuldgevoelens te probeer besweer deur ’n nuwe verhaal van idilliese saambestaan te vertel. Newsflash. Dit was waarskynlik nie idillies vir haar nie. Dit was beslis nie idillies vir haar kinders nie."
|
 |
’n Gevaarlike tyd om ’n joernalis te wees
Herman Wasserman
Menings
"Verlede jaar is ’n rekordgetal joernaliste wêreldwyd in hegtenis geneem. Onlangs het die verdwyning van die Saoedi-Arabiese joernalis Jamal Khashoggi uit dié land se ambassade in Istanbul wêreldwyd opslae gemaak."
|
 |
Forensiese linguistiek – spannend en nodig
Karien Brits
Seminare en essays
"As ’n mens die woorde 'forensiese linguistiek' hoor, sien ʼn mens soms die prentjie van bebrilde taalkundiges wat skelms probeer vastrek. ... Hierdie kollokwium, wat vanjaar op 19 Oktober 2018 by Rhodes-universiteit se Skool vir Tale en Letterkunde gehou is, het veel meer om die lyf gehad as net die metodes om skelms uit te vang."
|
 |
Jan Smuts must fall?
Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays
"'n Ruk gelede is in die media berig dat die skildery van generaal JC Smuts (1870–1950) uit die Hoofeetsaal van Christ College op Cambridge in Regent Street nou verwyder is (ook ’n beeld van hom) omdat die Universiteit van Cambridge nie '’n tuin van herinnering' is nie."
|
 |
Zuid-Afrikaanse oorlogen in Het Volksbelang: spreekbuis van liberale flaminganten
Shauni van Houtven, Luna van Rillaer
NeerlandiNet
"Wanneer de eerste Boerenoorlog op 16 december 1880 losbarst, is de publieke belangstelling in Vlaanderen heel beperkt. Van de heroïsering van het Boerenvolk door Vlamingen is allerminst sprake. Het Volksbelang neemt aanvankelijk een veeleer afwachtende positie aan ten opzichte van de Britten."
|
 |
Taal en motorvorm
Jan Rap
SêNet-briewe
"’n Motor se vorm verander periodiek, gewoonlik jaarliks."
|
 |
Kinnes deur Chase Rhys: ’n resensie
Mercy Kannemeyer
Resensies
"Rhys kry dit reg om deur middel van die karakters se lewens die lewe en realiteite van talle ander op die Kaapse Vlakte te ontbloot. Hy doen dit egter met soveel empatie en deernis dat die leser toegelaat word om met elke karakter te simpatiseer."
|
 |
Jeanne Goosen (1938–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.” Lees oor Jeanne Goosen se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
|
 |
The history of intimacy by Gabeba Baderoon: a review
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"The history of intimacy by Gabeba Baderoon ... is the only poetry volume published by Kwela Books this year, but one which is a most welcome addition to the plethora of distinguished South African poetic voices."
|
 |
Bonita Avenue deur Peter Buwalda: ’n FMR-resensie
Danie Botha
Resensies
"Dit was vir my telkens opwindend hoe vol besonderhede die teks is en hoe Bezuidenhout oor die taalkennis en letterkundige aanvoeling beskik om alles oortuigend en ongedwonge in Afrikaans te stel. Wonderlik ook die verrassings aan die eindes van sinne."
|
 |
Foto: Rustenburg Leeskring bespreek Dan Sleigh se historiese roman 1795
Micky Badenhorst
Leeskringkamer
"Tydens Rustenburg Leeskring se byeenkoms op Dinsdag 23 Oktober 2018 het Madelé Heymans Dan Sleigh se historiese roman 1795 bespreek. Onder leiding van die sprankelende mev Heymans, wat in Koster woon, het ’n lewendige bespreking plaasgevind wat almal geniet het."
|
 |
Uit die kussings lig
Deborah Steinmair
Fiksie
"Ek voer haar ontbyt. Hawermoutpap, happie vir happie. Ek vee haar ken met ʼn klam waslap af. Dis asof ek teerder, geduldiger is ná die kussingvoorval."
|
 |
Wortels
Anton Döckel
Poësie
"As jy die druif uitken
deel jy ook in sy wortels;
proe jy sy bodemgrond"
|
 |
Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings X
LitNet
Skryfkompetisies
Hier verskyn die tiende lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel.
|
 |
Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XI
LitNet
Skryfkompetisies
Hier verskyn die elfde lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel.
|
 |
Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XII
LitNet
Skryfkompetisies
Hier verskyn die twaalfde lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel.
|
 |
Kanarie: ’n dorp is ’n plek in jou kop
Izak de Vries
Menings
"Die grootste gevaar is dat mense kan dink Kanarie is 'net nog ’n gayfliek'. Dit is nie. Dit is byna elke troep se storie, maar ook elke troep se vrou se storie, want as jou man in die army was ..."
|
 |
Frazer Barry: "Stilte dra die geraas"
Wilken Calitz
Muziek
"Ons het dit verstaan as ’n taal van onderdrukking maar toe besef dit is ook onse taal. Ek dink en droom in die taal so ek kan netsowel daarin sing. Tydens apartheid was daar natuuurlik ’n openlike protes en skielik was daar hierdie ontwaking in die vorm van taal."
|
 |
Omotoso en die lang geskiedenis van seksuele geweld
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Wat uitstaan as die gebeure in Australië met dié in Suid-Afrika vergelyk word, is die wyse waarop die regering in Australië self verantwoordelikheid neem vir die misbruik waaraan slagoffers vir só lank blootgestel is – selfs al was dit nie noodwendig in die naam van die staat nie."
|
 |
Long Way to Mandela
Michiel van Dam
Reizen
"Honderd jaar geleden, op 18 juli 1918, werd Nelson Mandela geboren. Dat is voor drie motorrijders een mooie reden om in Zuid-Afrika een motortocht te maken, vanaf het Mandelahuis in Soweto naar de plaats waar de voormalige vrijheidsstrijder en president werd geboren en begraven. Join The Long Way to Mandela, een motortocht die het plezier van de televisieserie Long Way Down combineert met de wijsheid uit Nelson Mandela’s autobiografie Long Walk to Freedom."
|
|