Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 698

10/05/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Word ’n sterleser!

Pasverskyn

Jeremy vannie Elsies

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel. En onder alles loop ’n donker stroom.

Skrywer: Jeremy Veary
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624084105
Prys:
R275

Jong lesers

Jong leser: wen met jou boekresensie!

LitNet
Jong lesers

Is jy op skool en wil jy vir ander leerders vertel van die boeke wat jy lees? Word ’n LitNet-sterleser en wen R500 kontant vir jou resensie!

Jong lesers: Onderwêreld deur Fanie Viljoen

Renaldo van der Merwe
Jong lesers

"Ek beveel hierdie boek aan vir almal, jonk en oud, om te probeer agterkom wat met Eckardt Wilken gebeur het en watter geheime rondkinkel in albei karakters se lewens."

Skole

Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

Zesta Vorster
Resensies

"Die leeslesse en handskrif- en taaloefeninge in dié werkboeke sal leerdertjies se woordeskat verbeter, hulle help om met selfvertroue en begrip te lees, hulle help om die uitspraak van klanke korrek aan te leer, en hul handskrifvaardighede help ontwikkel."

Eenders en anders: Nederlandse en Suid-Afrikaanse skole

Naomi Meyer, Jente Rhebergen
SA Skoleseminaar

In ’n onlangse artikel op Voertaal skryf Ingrid Glorie dat dit nie goed gaan met die Nederlandse onderwys nie. Naomi Meyer het met Jente Rhebergen, wat nagraads in Nederlands en Afrikaans studeer het en onderwyseres aan ’n Montessoriskool in Nederland is, oor die stand van die Nederlandse onderwysstelsel gesels.

Hoe maak jy jou kind lief vir lees? Wenners aangekondig!

LitNet
Wen

LitNet het lesers gevra vir raad oor hoe om jou kinders aan te moedig om te lees en ’n liefde vir lees by hulle te kweek. Hier is die kompetisiewenners!

’n Resep vir leesliefmaak

Magdel Vorster
Menings

"Ek glo dat die geheim tot leesliefmaak daarin lê om die regte boek op die regte tyd in die regte kind se hand te stop. Bestee tyd aan jou kind en kry sy neusie so vroeg as moontlik in ’n boek."

Hoërskoolleerders, kom leer liedjies skryf soos Elvis Blue!

LitNet
ATKV-Portaal

Die werkswinkel word van Vrydag 25 Mei om 15:00 tot Sondag 27 Mei om 12:30 by die Afrikaanse Hoër Seunskool se Musiekakademie in Pretoria gehou. Die koste per leerder beloop slegs R250. Verversings is ingesluit.

Menings

Joernalistieke pogings tot vrede deur geregtigheid

Johannes Froneman
Seminare en essays

"In die lig van werk oor 'vredesjoernalistiek' word die vraag hier gevra of die joernalistiek van Schalk Pienaar (Die Beeld), Willem de Klerk (Die Transvaler en Rapport), Frits Gaum (Die Kerkbode), Doret Jansen (Wes-Transvaal Rekord) en Max du Preez (Vrye Weekblad) nie in ’n mindere of meerdere mate ’n konfronterende ('adversarial') joernalistiek verteenwoordig het wat juis ook geregtigheid en vrede gedien het nie."

Hoe veilig is ons bejaardes?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Laat ons ouer mense toe om so lank as moontlik deel te wees van die aktiewe bevolking. Maak hulle mentors, en vergoed hulle daarvoor."

Water reuse to deal with urban water scarcity – lessons from afar and the Southern African neighbourhood

Chris Heymans
Opinion

"Encouragingly, we can learn from some successful experiences in this field right here on Cape Town’s doorstep. The first is Windhoek, which has been making use of recycled water for some 50 years now, and has become a world leader in this practice."

’n Blik op die toekomswaarde van Afrikaans

Mercy Kannemeyer
Menings

"Ek weet dat dit vir sommige taalaktiviste nie genoeg is dat mense net Afrikaans praat nie – dit moet op tersiêre gebied ook prioriteit geniet. En ek stem gedeeltelik saam, maar Afrikaans gaan moet leer om ander tale te omarm, sodat die taal nie op ’n eiland groei nie."

Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Conrad Steenkamp

Conrad Steenkamp
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Daar bestaan ’n noue band tussen die ekonomiese waarde van Afrikaans en die lewenskragtigheid van die taal as huis- en onderrigtaal. Ook ouers se persepsies hieroor, positief of negatief, speel ’n sleutelrol."

Huldeblyk: Cas van Rensburg

Piet Muller
In memoriam

"Ek bring graag hulde aan ’n vriend van wie ek altyd net lojaliteit en ondersteuning ontvang het en vir wie se werk ek die grootste respek gehad het."

Lacan en grufilms: ’n onderhoud met Cilliers van den Berg

Cilliers van den Berg, Jaco Barnard-Naudé
Onderhoude

"Wat ek interessant vind, is hoe mense met die onbekende en die ongemaklike omgaan – grufilms is niks anders as pogings tot die vergestalting of ver-beelding hiervan nie, wat natuurlik dui op die grense van representasie oor die algemeen."

Kennisgewing: Bedanking van die besturende direkteur – ATKV-MSW

LitNet
ATKV-Portaal

"Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, Deidre Le Hanie."

Boeke en skrywers

Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

Petrovna Metelerkamp se omvattende biografie van Ingrid Jonker is by die Suidoosterfees bekendgestel. Suzette Kotzé-Myburgh het met haar oor die nuwe onthullings wat in die boek na vore kom, gesels. Kyk na die video van die gesprek.

If this be treason deur Helen Joseph: ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies

"If this be treason, geskryf deur beskuldigde twee in die verhoor, Helen Joseph, slaag meesterlik daarin om ons daaraan te herinner dat daar vlees-en-bloed-mense agter die statistieke van hierdie marathonhofsaak was."

Navigate by Karin Schimke: a review

Tony Ullyatt
Books and writers

"[T]hroughout the volume, a wide range of subjects and diverse techniques are skilfully interwoven with a broad spectrum of emotions and finely tuned diction."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Uit die bloute deur Chanette Paul

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Uit die bloute deur Chanette Paul, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Berta Smit (1926–1997)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As ek my lewe kon oorkry, sou ek sekerlik weer vir ’n uitgewer gewerk het. Dis ’n spannende werk, maar dis ’n werk wat my uitnemend gepas het." Lees oor die lewe en werk van Berta Smit.

Confessions oor kerkwees deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Vir vyf, party weke ses, dae per week, werk ek vir agt ure skouer aan skouer saam met Suid-Afrikaners van elke ras, net om die sewende dag vir ’n uur elkeen in ons eie kerkie te gaan sit. Ons kan saam werk, maar ons kan nie saam ’n godsdiens beoefen nie."

Keur 3 deur Helene de Kock: ’n skrywersonderhoud

Naomi Meyer, Helene de Kock
Skrywersonderhoude

"Lesers behoort dan te sien dat universele, basiese dinge nie werklik verander nie, maar dat sieninge wel mense se optredes kan swaai. Daarom het ek die verhale wat nou vir die derde maal verskyn, net so gelos."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Wat elke skrywer moet weet: Publikasie-ooreenkomste met uitgewers

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

"Jy het soveel daarin belê om die werk te skryf, moenie huiwer om na te dink voordat jy teken nie. As jou werk die publikasie werd is, sal dit die uitgewer se moeite werd wees om te wag terwyl jy die kontrak eers lees!"

Leefstyl

Sasolburg: Common “birds” of South Africa: ’n onderhoud met Candice von Litsenborgh en Daneel van der Walt

Mercy Kannemeyer
Teater

"Daar is ook sterk sosiale kommentaar in die stuk en alhoewel jy vir die karakters (en ’n bietjie ook vir jouself) lag, kom daar temas van onderdrukking en vooroordeel deur wat nie geïgnoreer kan word nie."

Darling Collection word dARTling

Izak de Vries
Feeste

"Dit was nog eens ’n besonderse geleentheid om die fees in Darling by te woon. Die volgende fees gaan interessant wees, want die idee van die Darling Collection was samewerking tussen Europeërs en mense van Afrika wat baie wysheid in pag het. Die idee agter dARTling is om die kennis van die Europese studente en die talent op eie bodem te laat werk."

NRNNSA slaan die spyker op die kop

Marli van Eeden
Suidoosterfees

"Die produksie NRNNSA, nuutgeskrewe deur talentvolle jongelinge, slaan die spyker op die kop en bewys dat vandag se teater nie skroom om moeilike vrae te vra nie. Daar is geen heilige koeie nie en die geselskap van NRNNSA huiwer nie om kwessies aan die orde van die dag op die naam te noem nie. Die toneelstuk is op die man af. Dis tong-in-die-kies, die dialoog is pittig en die temas uiters relevant."

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: fotogalery

Menán van Heerden
Leefstyl

"Van Vrydag 4 Mei tot Sondag 6 Mei het die Radio 786 Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018 by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) plaasgevind. Menán van Heerden het foto’s geneem van die Nikaah- (huwelik-) seremonie en die uitstalling From the cradle to the grave (insluitend Kaapse Moslem-Afrikaans, Arabiese Afrikaans en die geboorte van Islam aan die Kaap)."

Persverklaring: Taalmonument vier Museumdag by Genadendal

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier vanjaar Internasionale Museumdag saam met die Genadendal Sendingmuseum deur die aandag te vestig op die aanwending van tegnologie, kommunikasie en die skep van nuwe gehore vir museums."

Press release: Slave Route Challenge

LitNet
Lifestyle

Slave Route Challenge: Sunday, 13 May 2018 in Cape Town

LitNet Akademies

Die grammatikale en leksikale eienskappe van geselekteerde Afrikaanse gedigte

Lezandra Grundlingh
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die manlike skrywers se poësie word gekenmerk deur leksikale woorde wat handeling en religieuse konsepte aandui, asook leksikale woorde wat met die dood te make het. Die vroulike skrywers se poësie word gekenmerk deur leksikale woorde wat na kognisie verwys, kreatiewe prosesse beskryf, en met voedsel en die konsep van 'tuiste' verband hou."

Skryfwerk

Ongetiteld

Monn-Lee Geduld
Poësie

"Djy praat van jobless wies, ma ek is jobless en identiteitsloos want die identity wat ek myself wil gie wôd ge-erase in my community"

Ocean

Abigail George
Fiction

"She knows in advance to prepare herself. She doesn’t know the face of the person she is going to speak to. Anyway, they’re anonymous. This suits her personality."

Eksodus

Sacha Landkroon
Poësie

"Ek moet vir jou ’n nuwe naam bedink,
waarmee geseën, gereinig word. Vertroue
word dikwels tasbaar by water, dit lê so in sy aard."

Om ’n moesie te vermoor

Marchelle van Zyl
Fiksie

"Shemeeze stap na die violis se musiekstaander. Sy skeur die bladmusiek van die laaste lied uit en vou dit op. Sy stap terug na Mariska en vat haar gesig tussen haar hande vas."

Nou op Voertaal

Stef Bos: ’n Konstante spieël waarin ek lewe, is dié tussen Afrikaans en Nederlands

Willem de Vries, Stef Bos
Interviews

"Stef Bos, ’n verkenner van die kreatiewe moontlikhede tussen Afrikaans en Nederlands, het aan Willem de Vries vertel van ’n gebied waar gedigte en lirieke mekaar ontmoet."

Muchu gustu: “Als ik mijn lach niet had”. Oor die Nederlandse rapper Typhoon

Alfred Schaffer
Meningen

"Dit wil lyk asof Typhoon, as ’n swart Nederlander, ’n voorbeeld is van hoe Nederland ’n diverse gemeenskap is, waar mense mekaar met ’n gevoel van gelykwaardigheid en respek benader."

For whom the rainbow works

Mike van Graan
Nuusvinke

"Herein lies the paradox and the contradiction that is South Africa. On the one hand, a railway service that can compete with the best in the world serves the nation’s elite in the richest province, showing off the potential of the country, while on the other hand, an erratic, unsafe and poorly maintained railway service frustrates those on the underside of contemporary South African history, as they struggle to get to work and earn their meagre salaries."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved