|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 982
12/01/2024
|
Krities Afrikaans
|
Elle-reeks, omnibus 4
Skrywer: Christien Neser
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776355730
In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … insluitend ’n nuwe storie! Sy het pas ’n heerlike matriekvakansie gehad en nou wag die realiteite van die wêreld buite skool op haar. Watter keuses moet sy maak en wat gaan die toekoms vir haar inhou? ’n Splinternuwe boek in die Elle-reeks! |
 |
|
 |
LitNet is 25
Etienne van Heerden
Menings
"LitNet is in Januarie 2024 ’n kwarteeu oud. Ek het dit in 1998 bedink in die internet se bronstydperk en ons is sedert 11 Januarie 1999 aanlyn."
|
 |
Die voortgesette ontwikkeling van studies in Middeleeuse seksualiteit
Johann Beukes
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Hoe ’n samelewing oor seks dink en praat, ontbloot veel van daardie samelewing se grondliggende opvattinge oor onder meer identiteit, vryheid, moraliteit en geregtigheid. Seksualiteit, die diskoers oor seks, hou dus kultuurkritiese gevolge in."
|
 |
Matteus 5–7: ’n Spelteoretiese studie van die Bergrede
Esranel Becker, Lieschen Venter
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
"Die Bergrede kan gesien word as strategieë wat op Christelike beginsels geskoei is. Hierdie strategieë blyk teenintuïtiewe strategieë vir sosiale dominansie te wees. Is hierdie dominansie egter ’n regmatige vorm van oorwinning in die spel van die lewe en hoe kwantifiseer ons dit?"
|
 |
Hoe lyk die toekoms?
Freek Robinson, André Roux
Onderhoude
Gaan die volgende 25 jaar moeilik wees vir die mensdom? Sal daar teen 2050 ekologiese rampe en wateroorloë wees? Moet ons dadelik ophou vleis eet, of is die regse swaai in die globale politieke arena ’n groter gevaar vir ons toekoms? Freek Robinson vra hierdie vrae, en meer, aan André Roux, ’n toekomskundige aan die Universiteit Stellenbosch.
|
 |
A path towards true humanity
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"I wonder where South Africa would have been, had countries like Cuba, Ireland, Zambia, Angola or the Scandinavian nations not supported us against the murderous National Party’s apartheid regime."
|
 |
Is ons paroolsisteem te vertrou?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Sou dit ’n verskil maak indien die publiek geweet het wat die kriteria is waarvolgens gevangenes op parool vrygelaat word? Sou dit ’n verskil maak indien hulle bewus was van die vele suksesverhale waar persone wat op parool vrygelaat is, suksesvol herintegreer is in die gemeenskap?"
|
 |
Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina
Sakkie Spangenberg, Christi van der Westhuizen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2018)
"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."
|
 |
Fiksie, faksie ... of iets héél anders?
Joan Kruger
Menings
"Die soektog, die quest, met sy suksesse en mislukkings en gebrek aan afdoende bewyse vir talle vrae wat jy het, is iets wat ook eie is aan mikrogeskiedskrywing en waarmee elke skrywer vrede moet maak. Op hierdie soektog durf jy ook lesers met jou saamneem, jou onsekerhede en vermoedens met hulle deel."
|
 |
Drie: ’n onderhoud met Hans Pienaar
Naomi Meyer, Hans Pienaar
Skrywersonderhoude
"Die inspirasie vir Drie? Ek het afgekom op die werklike geskiedenis van rugby, en ontdek dat groot dele van die legende van William Webb Ellis pure versinsel was. Ek het gevoel dat hierdie dubbelslagtigheid ook in die spel self, waar so baie agter die skeidsregter se rug gebeur, gestalte kry. Ek wou ook afreken met sekere gebeure in my eie geskiedenis rondom my deelname aan geheime organisasies in my skooldae en het gedink ek moet hierdie twee strominge, die mitologie rondom rugby, en Afrikaners se onderwêreld, laat vervleg."
|
 |
Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese: ’n resensie
Jan-Jan Joubert
Resensies
"Hierdie boek is ’n werklik goedbedoelde poging wat al beter raak hoe verder jy lees. Daar is ’n groot en deeglike boek wat wag om oor Suid-Afrikaanse dienspligtigheid geskryf te word. Wanneer dit die dag gebeur, sal Heese se boek ’n besliste rol in die wordingsproses speel."
|
 |
How to hide inside a three deur Jane van der Riet: ’n lesersindruk
Izak de Vries
Lesersindrukke
"As ’n mens kinders grootgemaak het (soos ek), met ’n dokter getroud is (soos ek), en nie perfek is nie (soos ek), dan kan jy dikwels nie help om saam met die karakter te lag nie. Al is dit nie noodwendig alles snaaks nie, en al is dit net om jou eie gesig in die situasie te herken."
|
 |
Black ghosts by Noo Saro-Wiwa: a review
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"If, as an African in particular, you visit China or want to learn more comprehensively about the lives of Africans in China, buy Noo Saro-Wiwa’s Black ghosts. You can thank me later."
|
 |
Rich state, poor state by Greg Mills: a review
Frans Rautenbach
Books and writers
"We have had this hugely informative, picturesque and colourful journey through the history and economics of the developing world. But where are we?"
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2023
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Resensies oor kleuter-, kinder- en jeugliteratuur
Betsie van der Westhuizen
Boeke en skrywers
"Omdat die wye spektrum terreine van kleuter-, kinder- en jeugliteratuur op alle maniere moontlik uitgebou moet word, moet daar plek wees vir talle soorte resensies."
|
 |
Afrikaans vervult unieke rol als brug tussen culturen
Ingrid Glorie
Literatuur
"'Vertalen kan taal minder belangrijk maken.' Het klinkt als een tegenstrijdigheid, maar zijn gesprekspartners zijn het roerend met hem eens. Want als taalbarrières zorgen voor verdeeldheid, zoals in een meertalig land als Zuid-Afrika, is dat misschien wel precies wat nodig is."
|
 |
ProVARIA krijgt internationale waardering
Ingrid Glorie
Taaldiscussie
"Op zondag 26 november 2023 kwamen liefhebbers van het Afrikaans bijeen in de sfeervolle Ketelhuis-zaal van theater De Regentes in Den Haag voor een presentatie van het in juli gelanceerde Projek oor Variasie in Afrikaans (ProVARIA)."
|
 |
Persbericht: HOVO-cursus Literatuur uit Zuid-Afrika
Voertaal
Literatuur
"Dit voorjaar kunt u aan de Vrije Universiteit in Amsterdam een HOVO-cursus over Zuid-Afrikaanse literatuur volgen. Maak kennis met de literatuur van Zuid-Afrika en kom meer te weten over dit prachtige land, zijn geschiedenis en zijn mensen."
|
 |
Leesimpressie: De schoft door Marente de Moor
Erik van den Bergh
Literatuur
"De vijftigjarige rechtse journalist Tomasz Wilenski – zoon van Poolse vluchteling – krijgt onverwacht opdracht het redden van asielzoekers op zee te verslaan en belandt in februari 2022 onder valse naam op een reddingsschip 'bemand' door vrouwen."
|
 |
Wolk van korrupsie hang oor onderwysminister se kop
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die opnames onthul na bewering dat diensverskaffers aan wie tenders van multimiljoene rand toegeken is om direkte betalings aan studente te administreer, na bewering terugbetalings aan Khosa, Nzimande, en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gemaak het."
|
 |
Suid-Afrika se toerisme blom weer na Covid
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Miljoene oorsese besoekers het volgens die jongste syfers wat Statistiek SA in November oor toerisme en immigrasie vrygestel het, na Suid-Afrika gestroom. Toeristebestemmings in veral die kusgebiede berei hulle voor vir ’n rekordsomerseisoen namate binnelanders ook vir hulle Desembervakansie na die kus stroom."
|
 |
Ses musical films wat ôse script geflip’t
Tasneem Daniels
Teater
"Dis actually musical theatre wat my inspire’t om ’n playwright te wôd. Oppie een kant as daa leqqa numbers innie show is met ’n leqqa beat, ’n leqqa cast en storie, is daai ekstra ticket geld wat djy betaal, die moeite wêd om daai feel-good feelings te experience wanner djy innie theatre sit."
|
 |
Om ’n klip af te sluk
Melt Botes
Fiksie
"Dawid skakel die bedlamp af. In die donker van sy woonstelkamer is die steen ’n swart gat tussen sy vingers. Hulle sê ’n swartgat is ’n ster wat gesterf het. Aan die einde van ’n ster se lewe raak sy massa so geweldig groot dat dit uiteindelik in homself inval en inkrimp tot ’n klein swart gat, so groot soos die palm van sy hand, so groot soos die steen."
|
 |
AC/DC
JC De Jongh
Poësie
"Ek sit knusgeborge in die kakofoniese ekstase
Daar is ’n soet metaalsmaak in my mond
amper soos ’n wine gum"
|
 |
Jesus red my
Johan van der Merwe
Poësie
"sodat ek weet
om nooit te vergeet,
Jesus red my
eintlik van myself."
|
 |
Neerstortende blaar
Neville Pedro
Poësie
"Dit laat my dink
uit watter boomfamilie se stam is jou hut gekerf"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|