Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 697

3/05/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou Groen Galery

Pasverskyn

Die rooikop en die redakteur en ander stories

In dié dosyn verhale oor eertydse jintelmans en koppige heldinne wat nie huiwer om hul sê te sê nie, word dit gou duidelik hoe die vroeë Brink sy skrywerstem geslyp het, en andersyds kan ’n mens onmiddellik ’n kern van sy latere, volwasse skrywerstem bespeur. Die landskap van Parys, ’n boekeredakteurskantoor, die onmoontlikheid om tussen twee liefdes te moet kies: leitmotifs wat jare later, hoewel meer vervorm, steeds sou weerklank vind in Brink se werk. Die rooikop en die redakteur en ander stories kombineer Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers.

Skrywer: André P Brink, saamgestel deur Cecilia van Zyl
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798177023
Prys:
R240

Skryfwerk

Groen Galery: Poëtiese leesfees wink tussen graniet en olien

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

In aanloop tot Internasionale Museumdag op 18 Mei is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet saam te snoer om minder bekende digters se werk by die monument se Groen Galery uit te stal.

Nuwejaar 1961

Wendy Anthonie
Fiksie

"Met ’n grondvaal gesig teen die motorruit besef ek kleintyd die wonder van ’n Karoo-aand – onmeetlik stil met duisend handtasbare sterretjies wat aan die firmament skitter."

Soos een wat op verlossing wag

Carma Shaw
Poësie

"sy roep die winde met haar laaste asem
en smeek hul om die wolke
en die storm te gaan haal"

“Dans met my broer ...”

Kate Bester
Fiksie

"Ek hoor haar naam is Anna. Toe ek my tweede rum en Coke verby is, word Anna al hoe mooier. Ek begin my verbeel ek is Odusseus wat aan Penelope belowe het hy gaan net vir drie jaar oorlog toe om Troje te beskerm."

Leefstyl

Wonderlus se rolprentmaker Johan Cronjé gesels met Anna-Marie Jansen van Vuuren

Anna-Marie Jansen van Vuuren
Film

"Ek wou ’n fliek maak wat die romantiese ideaal op sy kop draai."

Wonderlus: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Om die waarheid te sê, ek het ook nog nie iets soortgelyks in Engels of vertaalde vorm gesien nie. Dis die millenniërs wat worstel met die liefde – wat iewers tussen die wonder en die lus van die titel lê."

Uit die argief: Wonderlus: ’n filmresensie

Reney Warrington
Film

"2017 het reeds ongelooflike Suid-Afrikaanse films opgelewer. 2018 lyk nog meer opwindend. Een van die hoogtepunte gaan vir seker Wonderlus wees."

Suidoosterfees 2018: ’n teateroorsig

Mercy Kannemeyer
Suidoosterfees

"Dit is die ideale plek vir ons samelewing en die Kaapse omgewing om hande te vat, saam te lag en vermaak uit die boonste rakke te geniet."

SOF 2018: Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika – ’n teaterresensie

Naomi Meyer
Teater

"Geen heilige koei is te heilig om op die naam genoem te word nie. ’n Teks geskryf deur slim, ingeligte millenniale."

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: ’n onderhoud met Fatima Allie

Menán van Heerden, Fatima Allie
Menings

Van 4 tot 6 Mei 2018 vind die Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018 by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) plaas. Menán van Heerden het met Fatima Allie gesels oor haar passie vir Afrikaans, asook die viering van erfenis, kultuur en Islam in die suidelike halfrond.

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018

LitNet
Lifestyle

4–6 May 2018 at Cape Town’s CTICC 2: "Cape Town is a melting pot of diverse cultures and traditions. We believe the Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo presents a unique opportunity for the bringing together of different denominations and cultures."

Jong Matie-student bekroon as “beste opkomende kunstenaar” by WoordTROfees: ’n onderhoud met Carla Smith

Marli van Eeden, Carla Smith
Onderhoude

"Die kunste verwelkom nuwelinge, maar daar is nie tyd vir tydmors of ’n passasier wees nie – as jy hard werk en met nuwe idees vorendag kom, wil ek glo dat daar ’n toekoms kan wees."

7 Days in Entebbe: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"As die kompleksiteite van Suid-Afrika se woordestryd oor wie se land dit is ’n mens wil oorweldig, gee hierdie film oor Israel/Palestina nogal perspektief."

Madame: film review

Reney Warrington
Film

"The film does not ever go where you expect it to. It does not adhere to the tried and tested and tired Hollywood movie formula."

Boeke en skrywers

Rympies vir kleintjies en kleuters, saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit

Winnie Nel
Resensies

"Elke grondslagfase-opvoeder en dramajuffrou soos ek is voorwaar baie dankbaar vir so ’n allesomvattende rympiesboek."

Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n resensie

Carla van der Spuy
Resensies

"Enigeen van ons kan ’n moord pleeg. Ek. Jy. Enigeen."

Somer deur Jaco Fouché: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Fouché bespreek talle temas in die roman: emigrasie, godsdiens, seksualiteit, vriendskap, geestesgesondheid, armoede, misdaad, afwesige ouers, rassisme en stereotipering kom aan bod."

Leesstof vir boekliefhebbers uit Taalgenoot se Somer 2018-uitgawe

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Somer 2018-uitgawe. Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Afrikaners deur Herman Giliomee

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die Afrikaners deur Herman Giliomee, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

Zesta Vorster
Resensies

"Leerders, onderwysers, studente, belangstellendes en lees- en leergierige boekwurms, maak plek vir hierdie knap gids met sy mooi blou baadjie."

Grondwoorde: ’n digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal

Naomi Meyer, Wouter Gildenhuys
Onderhoude

"Die doel van die kompetisie is om die gebruik van die Afrikaanse taal te bevorder onder hedendaagse leerlinge, om ondersteuning aan opkomende aspirantdigters te verleen en om brûe te bou tussen 'n meer diverse groep leerders."

African Library: The water house by Antȏnio Olinto

Annie Gagiano
Books and writers

"While the Afro-Brazilian connection through transportation of enslaved West Africans to Bahía and other ports and parts of the 'New World' is well known, this novel does the unusual thing of depicting the return of one such (former) slave to the Yoruba region of her family origins."

MC Botha (1954– )

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die publiek verkeer onder ’n wanindruk as hulle glo dat kunstenaars inspirasie nodig het om te skep – in elk geval het hulle nie méér nodig as ’n gewone man om die oggend uit die bed op te staan en kantoor toe te ry nie." Lees oor die lewe en werk van MC Botha in die LitNet|ATKV-Skrywersalbum.

Ys deur Rudie van Rensburg: bekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Ys deur Rudie van Rensburg op 17 Mei in Bellville. Maryke Roberts gaan met Rudie in gesprek wees.

Uit die bloute deur Chanette Paul: bekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Uit die bloute deur Chanette Paul op 16 Mei in Bellville.

Menings

Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Anne-Marie Beukes

Anne-Marie Beukes
Menings

"Hierdie woorde van Jakes Gerwel, nl 'die grammatika van saamlééf in geregtigheid', is ’n sleutel waarmee die waarde van ’n toekoms in en vir Afrikaans oopgesluit kan word, ’n toekoms wat ’n naasbestaan tussen al die ander tale in ons land insluit."

Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Christo van der Rheede

Christo van der Rheede
Suidoosterfees

"’n Taal sonder toekomswaarde is ’n dooie taal. Niemand praat dit meer nie en niemand gee daarvoor om nie! Dit is nie die geval met Afrikaans nie."

Op die spel 3: ’n onderhoud met Elsa-Marié van der Watt

Naomi Meyer, Elsa-Marié van der Watt
Onderhoude

"Lees en goed spel gaan definitief hand aan hand! Ek kan nie nou aan iemand dink wat goed spel en nie lees nie."

Hoe maak jy jou kind lief vir lees? Ouers deel hul wenke

LitNet
Wen

Hoe moedig jy jou kinders aan om eerder ’n boek te lees? En hoe kweek jy by hulle liefde vir lees? Ouers deel hulle wenke met LitNet. Daar is tyd tot 4 Mei om jou raad of wenke te stuur en ’n kans te staan om ’n opwindende boekpakkie vir jou kind(ers) te wen.

Kamera-katastrofes

Hennie van Deventer
Blogs

"Die rampspoedige vlug SA 228 wat op 20 April 1968 met opstyging onder meer weens foutiewe flapverstellings by Windhoek in die grond geboor het, herinner aan een van die groot kamera-katastrofes in die Suid-Afrikaanse koerantgeskiedenis."

Uit die argief: Vryheid van spraak – hoe vry is dit?

Marinus Wiechers
Menings

Vandag is Internasionale Persvryheidsdag. Lees Marinus Wiechers se bydrae tot "The Charlie Seminar" na aanleiding van die moorde van redaksielede van die Franse satiriese tydskrif Charlie Hebdo in 2015.

LitNet Akademies

Verantwoordelike rolprentvervaardiging: etiek en toeskouerskap deur die lens van Michael Haneke se Amour

Dian Weys
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Aangesien ons moderne samelewing deur die media oorweldig word, stel Michael Haneke voor dat filmmakers ’n verantwoordelikheid het om gehore aan te moedig om aan ’n film se betekenisskeppingproses deel te neem, veral wanneer dit kom by die uitbeelding van geweld."

Vonnisbespreking: Die reg op privaatheid en outonomie

Johann Neethling
LitNet Akademies (Regte)

"Hier was die kernvraag na die geldigheid van wetgewing wat die gebruik, besit, koop en kweek van Cannabis (dagga of hennep) vir persoonlike gebruik in die privaatheid van ’n woning verbied in die lig van die staat se regverdiging vir sodanige beperking op privaatheid."

Uit die argief: Kroniek van ’n mondigwording? ’n Mediageskiedkundige herevaluering van die WVK, Naspers en Afrikaanse joernalistiek

Lizette Rabe
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Vandag is Internasionale Persvryheidsdag. Lees Lizette Rabe se mediageskiedkundige herevaluering van die WVK, Naspers en Afrikaanse joernalistiek in LitNet Akademies.

Skole

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Nou op Voertaal

Bizarre familiegeschiedenis van een bijzondere vrouw

Ingrid Glorie
Geschiedenis

"In april maakte de Zuid-Afrikaanse journaliste Marianne Thamm samen met haar goede vriend Tom Lanoye een stormachtige promotietournee door Nederland en Vlaanderen. En met succes! Haar boek De ondraaglijke blankheid van het bestaan is nu al aan een herdruk toe."

Stef Bos: "’n Konstante spieël waarin ek lewe, is dié tussen Afrikaans en Nederlands"

Willem de Vries, Stef Bos
Interviews

"Vanaand (3 Mei) om 19:00 tree die sanger Stef Bos op in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Pinelands, Kaapstad. Dit is een van nog maar enkele opvoerings van Kern in Suid-Afrika voordat lokale in die Lae Lande weer aan die beurt is. Bos, ’n verkenner van die kreatiewe moontlikhede tussen Afrikaans en Nederlands, het aan Willem de Vries vertel van ’n gebied waar gedigte en lirieke mekaar ontmoet."

Ná ’n kwarteeu se vryheid, steeds ’n Berlynse muur van wantroue

Heindrich Wyngaard
Meningen

"Om dié vryheidsideaal te bereik, moet iets drasties in Suid-Afrika gebeur, soos met die val van die Berlynse muur en Suid-Afrika se eerste vrye verkiesings, maar hierdie keer meer persoonlik, meer individueel."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved