Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 691

22/03/2018

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou eie taal

Fresh off the press

Artefacts of writing

At once a novel contribution to institutional and intellectual history and an innovative exercise in literary and philosophical analysis, Artefacts of writing affords a unique perspective on literature's place at the centre of some of the most fraught, often lethal public controversies that defined the long-twentieth century and that continue to haunt us today.

Author: Peter D McDonald
Publisher: Oxford University Press
ISBN: 9780198725152

Menings

The challenge of language in post-apartheid South Africa

Kwesi Kwaa Prah
University Seminar

"Literacy in the indigenous African languages is, needless to say, crucial. For, without literacy in the languages of the masses, science and technology cannot be culturally owned by Africans. Africans will remain mere consumers, incapable of creating competitive goods, services and value-additions in this era of globalisation."

Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib

Carla Heising
Menings

Lees LitNet se eerste Nama-artikel (met Afrikaanse weergawe): "Maar vir my was ek Nama. Niks anders. En ek’t in my gevoel dat my Nama-wees net so belangrik is. Dit was my identiteit. My taal."

Comments by PEN Afrikaans on the Revised Language Policy for Higher Education of 2017

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

"With the utilisation of Afrikaans having been severely limited at many tertiary education institutions, we feel that the current level of utilisation should be extended, not sustained."

Comments on the Revised Language Policy for Higher Education, 2017

Andries Visagie
University Seminar

"The policy should be mindful of what is realistically possible in the light of the available capacity at higher education institutions so that the policy does not fail from the outset in achieving its aims."

Die Kopieregalliansie oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg: 24 Februarie 2018

Catrina Wessels
PEN Afrikaans

"Skrywers en medewerkers is die wortels, die stam bestaan uit meganismes soos outeursreg wat groei anker en moontlik maak, uitgewers en boekhandelaars vorm die takke wat daartoe lei dat daar blare en vrugte kan wees wat sal val wanneer die siklus voltooi is om uiteindelik weer die grond te verryk."

Die mag en waarde van simbole

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dis nie die klere self, of die vlag self, wat mag besit nie. Dis die lens waardeur ons dit bejeën wat daaraan mag verleen."

Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Geesje van den Berg
Onderhoude

"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrig op alle moontlike vlakke."

Ingrid Glorie wen Vertaalengel 2018

Menán van Heerden, Ingrid Glorie
NeerlandiNet

"Ek is altyd weer geweldig beïndruk met hulle betrokkenheid en omgee vir Suid-Afrika en sy mense en vir Afrikaans as taal. En ek is diep dankbaar dat hulle my werk vir Afrikaans, sy skrywers en sy kunstenaars, hier in die Lae Lande help moontlik maak."

H2O

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dit maak my senuweeagtig wanneer Oumie van Voorheen praat. Sy sê ons verdien om te weet wat ons verloor het. Voorheen. Voorheen, toe sy nog ’n klein dogtertjie was, was daar water so ver as die oog kon sien." Bettina Wyngaard skryf 'n apokaliptiese verhaal oor die waterkrisis.

’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 3)

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Die grootste deel van die Oudgriekse mites is, soos Esopus se fabels, geskep om ’n boodskap oor te dra. ’n Boodskap wat óf die onverstaanbare etiologies wil verduidelik, óf waar dit daarom gaan om akute emosies in die lewe van die mens na vore te bring."

Leefstyl

Die Kaapstadkarnaval: kleur, klank en ’n klomp mense

Izak de Vries
Leefstyl

Die negende Kaapstadkarnaval het Saterdagaand 17 Maart 2018 in Groenpunt plaasgevind. Dit was ’n visuele skouspel. Izak de Vries en sy kamera was daar.

Die hel, digtersparadys en die woord

Clinton V du Plessis
US Woordfees

"En skielik word die woord vir my vlees … Word hierdie vrou se lot ons droewe land se werklike verhaal."

Die argitektuur van pyn: ’n kunskritiese beskouing van US Woordfees 2018

Adrie van Eeden
Kuns

"Wat is die waarde van kuns? Wat is die waarde van ’n fees soos die Woordfees? Het Afrikaans met al sy opgelaaide bagasie nog ’n plek, veral in Stellenbosch, in die Suid-Afrika van vandag, wat toenemend verengels onder die valse wanindruk van inklusiwiteit?"

Loving Vincent: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Dis eers met werklike akteurs verfilm, en daarna deur ’n span van meer as honderd kunstenaars omskep in 853 skilderye wat in animasie verwerk is. Elkeen van dié olieverwe is met die hand gedoen."

Persvrystelling: Jong sterre by vanjaar se Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

"Suidoosterfees spog vanjaar met ’n reeks produksies wat deur die sterre van die toekoms op die planke gebring word. Die 15de Suidoosterfees – met die tema Fantastiese 15 – vind van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad plaas."

NALN: Twee feeste op een dag

LitNet
Skryfsake en rubrieke

Op 24 Maart word NALN 45 jaar oud. Kom kuier hierdie dag saam met ons en vier ook die herdenking van Elsabe Steenberg, geliefde skrywer, se 80ste verjaardag met die verskyning van ’n briewebundel, Waar rats die ribbok gaan, saamgestel deur Sarel Venter.

Press release: An evening of flamboyant celebration at the 53rd Fleur du Cap Theatre Awards

LitNet
Theatre

The winners of the 53rd annual Fleur du Cap Theatre Awards were announced on Sunday, 18 March 2018 at the Baxter Theatre in Cape Town. Here is the complete list of winners.

Boeke en skrywers

Stormkind deur Riana Scheepers: ’n resensie

Elbie Adendorff
Resensies

"Die taalgebruik is so beeldend dat mens as leser die gebeure sintuiglik beleef: jy hoor en voel die wind wat verwoed waai; jy hoor en sien die weerligblitse; jy sien vir Tarsis wat ronddwaal in die nag; en jy sien vir Raka in Ierland. Die leser word magies ingesleep in die wonderwêreld wat Scheepers skep."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Ys deur Rudie van Rensburg

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Ys deur Rudie van Rensburg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Enemy of the people deur Adriaan Basson en Pieter du Toit: ’n resensie

Piet Croucamp
Resensies

"Hierdie boek deur Basson en Du Toit is ’n uiters belangrike dokument. Dalk selfs uiteindelik ’n historiese dokument. Maar die werklike waarde van die boek is dat dit ’n sosiaal-politieke verskynsel verteenwoordig van ’n samelewing wat ’n weerstand opbou teen die tipe vergrype wat die demokratiese proses ondermyn."

Kalmte in die malle gejaag deur Johannes Bertus de Villiers

Klasie Wessels
Resensies

"Wat ’n aangename verrassing om oor mindfulness in Afrikaans te lees! Johannes het ’n stukkie baanbrekerswerk verrig en daarin geslaag om hierdie misterieuse tema meer toeganklik te maak vir Afrikaanse lesers."

RK Belcher (1933–2006)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die bottel is gebore
sonder kop of ore
maar sy nek en sy bek
sit op die regte plek."

Lees oor die lewe en werk van RK Belcher in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Wat elke skrywer moet weet: Testamentêre beskikking van outeursreg in Suid-Afrika

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

"Omdat outeursreg nie fisiese eiendom is nie, word dit maklik oor die hoof gesien wanneer ’n boedel beredder word en dit lei dikwels daartoe dat die kommersialisering en afdwinging van daardie outeursreg gestaak word."

Verhoudings onder druk: ’n onderhoud met Ronel du Toit

Ronel du Toit, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Daar is bepaalde beginsels, veranderlikes of rigtingwysers wat vir alle verhoudings geld. Elkeen van hierdie 13 beginsels word in die boek verduidelik en in daaglikse situasies toegepas. Deur van die volgende beginsels bewus te raak kan jy meer voorbereid op die reis na volhoubare verhoudings wees."

FMR-resensie: Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg

Danie Botha
Resensies

"Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg is die komiese én lewensgetroue roman oor die bejaarde Hans van Kraaienburg."

Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg

Maryke Roberts
Resensies

"Dis nie ’n boek vol lewenslesse en -waarhede nie. Dis inderdáád loslit humor op sy beste – lees dit in daardie gees. Genade, ons het nodig om oor lawwighede te kan lag."

Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n lesersindruk

Irene van Staden
LAPA Uitgewersportaal

"Alhoewel elke vrou haar eie soort voorbeeld vir die gemeenskap is, het al twaalf van hulle die brandende begeerte om hoop terug in die gemeenskap van Atlantis te ploeg. ’n Gemeenskap waaraan hulle geheg is."

Rian: 16 dinge wat ek nié moes sê nie deur Rian van Heerden: ’n lesersindruk

Louise Viljoen
Lesersindrukke

"Soos ek deur Rian: 16 dinge wat ek nié moes sê nie gelees het, het ek besef dat hy, weliswaar orator van formaat, ook maar net ’n gewone mens is wat soms worstel met homself, met ander en met die ou lewe."

Nuut by LAPA: Maart 2018

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

Twee donker romans, heerlike liefde en baie leesstof vir mense onder 18! LAPA het iets vir almal.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: Internasionale Moedertaaldag; ’n nuwe konseptaalbeleid vir hoër onderwys; terugvoer oor die Kopieregalliansie se beraad; inhoud uit Taalgenoot se Lente 2017-uitgawe; spesiale PharosAanlyn-aanbod verstryk binnekort; Wat elke skrywer moet weet: artikel oor vererwing van kopiereg; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Februarie; nuwe Afrikaanse boeke in Maart.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke, musiek, teater en taal: inhoud uit Taalgenoot se Lente 2017-uitgawe is hier!

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Dit is vir PEN Afrikaans ’n groot plesier om weer Taalgenoot se boekverwante inhoud met die vriendelike vergunning van hul redaksie te kan deel. Hierdie artikels en resensies is nie elders digitaal beskikbaar nie.

LitNet Akademies

Letterkunde en die reg in die Middeleeuse epos Vanden vos Reynaerde met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse regstelsel

Jan Stander, Nerina Bosman
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die sentrale gebeurtenis in die Middeleeuse literêre werk Vanden vos Reynaerde is die verhoor van die vos voor koning Nobel die leeu. Die epos bied om hierdie rede ’n insiggewende blik op die regsprosedure van sy tyd (die 13de eeu) – spesifiek die regsprosedure soos toegepas in die feodale Vlaandere."

NetWerk

Pos beskikbaar: Bestuurder – Protea Boekwinkel (Stellenbosch)

LitNet
NetWerk

Protea Boekwinkel op Stellenbosch is op soek na ’n nuwe bestuurder. Aansoeke sluit op 31 Maart 2018.

Pos beskikbaar: Assistentbestuurder – Protea Boekwinkel (Stellenbosch)

LitNet
NetWerk

Protea Boekwinkel op Stellenbosch is op soek na ’n nuwe assistentbestuurder. Aansoeke sluit op 31 Maart 2018.

Pos beskikbaar: Akademieseboek-spesialis – Protea Boekwinkel (Stellenbosch)

LitNet
NetWerk

Protea Boekwinkel op Stellenbosch is op soek na ’n nuwe akademieseboek-spesialis. Aansoeke sluit op 31 Maart 2018.

Akademies en skole

Voorbeeld van ’n Teengeweld-onderwys-lesplan vir Basiese Onderwys vir Volwassenes: vlak 1- en 2-leerders

Danie Kloppers, Geesje van den Berg
Akademies en skole

In ’n onlangse artikel in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn navorsing om volwassenes in die klaskamer teen geweld toe te rus. Kyk hier na ’n praktiese lesplan wat uit die gesprek voortvloei.

Graad 12: Rye en reekse

Jeanne-Mari du Plessis
Notas, toetse en vraestelle

Hier is gratis notas oor rye, reekse en sigma-notasie vir graad 12-leerders.

Skryfwerk

Meneer Vraagom skryf weer

Willem de Vries
Fiksie

"’n Leeftyd se koerante het onder in sy verbeelding ’n laag leesstof gevorm, en nou blaas die aktualiteit dit aan tot vorme en lewe: ’n Wolk vlermuise klits die lug bo ’n skryftafel waar ’n skrywer ook maar blindelings die werklikheid met sy eie radar op papier probeer aftas."

Persvrystelling: ATKV-Tienertoneelteksskryfskool 2018

LitNet
ATKV-Portaal

Droom jy daarvan om ’n dramateks te skryf? ’n Teks wat amuseer, ontroer, stimuleer en selfs uitdaag? Dan is die ATKV-Tienertoneelteksskryfskool van 5 tot 7 April by die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement net vir jou.

Nou op Voertaal

Lokale partijen grote winnaar gemeenteraadsverkiezingen; Nederland raakt steeds verder verdeeld

Ingrid Glorie
Actueel

"De lokale partijen hebben bij de gemeenteraadsverkiezingen die gisteren in Nederland zijn gehouden, een derde van alle stemmen gekregen. Onder de landelijke partijen heeft GroenLinks de grootste winst geboekt."

Zero tekens van Dag Zero

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Dit wil voorkom of daar doelbewus besluit is om die droogte te begin onderspeel uit vrees vir die negatiewe impak wat die voortdurende waarskuwing van ’n Dag Zero op Kaapstad se toerisme het en ook die negatiewe impak daarvan op beleggingsmoontlikhede in die stad."

Die koloniale wond in die grond

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Vanjaar se besettings is aangevuur deur ’n historiese geleentheid in Suid-Afrika se partypolitieke geskiedenis: die regerende ANC en die heethoofdige tweede grootste opposisieparty, die Economic Freedom Fighters, het hul stemme saamgegooi in die parlement om ’n mosie aanvaar te kry dat die staat grond kan onteien sonder om vergoeding uit te betaal."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved