Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

Nuusbrief 561

30/07/2015

LitNet: Jou TT Cloete

ttcloete800

Boeke en skrywers

TT Cloete (1924–2015)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

“Pyn is kreatief; ek praat daarom van die gawe van pyn.” TT Cloete is op 29 Julie 2015 op die ouderdom van 91 oorlede.

Huldeblyk: TT Cloete

Heilna du Plooy
PEN Afrikaans

"Tog gaan dit nie net om wat 'n mens doen nie, maar juis en veral oor hoe jy dit doen. Dit is dan ook vir die kwaliteit, die styl en die aard van sy werk en lewe wat TT Cloete onthou sal word."

Literêre reus oorlede

Jacques van der Elst
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Sy veelsydige digterskap en groot talent is ook geopenbaar in sy deelname aan die beryming van die psalms – hier het hy ’n onskatbare bydrae tot die Afrikaanse geestelike liedereskat gelewer."

Uit die argief

Skramse digterlike profiel van ’n onversadigbare digter
Rensia Robinson

"Alhoewel lyding ’n herhalende tema in dié oeuvre is, is dit by uitnemendheid ’n voorbeeld van die wyse waarop die digter intens persoonlike kwessies verdig tot universele menslike kondisies wat die buitestander aanspreek."

Uit die argief

TT Cloete se ''rykdom van die onvoltooide'': Andries Visagie voer 'n onderhoud met TT Cloete 2007
TT Cloete, Andries Visagie

Joan Hambidge in gesprek met TT Cloete oor sy bundel Heilige Nuuskierigheid
TT Cloete, Joan Hambidge
Uit die argief

LitNet Akademies-resensie-essay: Karnaval en Lent
Phil van Schalkwyk

"die gedig wil die geveg tussen karnaval en lent
in ’n onbesliste gewapende stilstand op die ou end
in taal besweer"

Book review: Go Set a Watchman by Harper Lee

Karina Magdalena Szczurek
Books and writers

"Go Set a Watchman must be seen for what it is, a once discarded manuscript that is historically of enormous literary value as a long-lost cousin of its brilliant relative."

Boekresensie: Skadustemme deur Joanne Macgregor

Maryke Roberts
Resensies

"En wat my die meeste beïndruk het, is die boek se realistiese en geloofwaardige einde."

Boekresensie: Bambaduze deur Derick van der Walt

Henriëtte Loubser
Resensies

"Derick van der Walt is nie bloot besig om jong lesers te verlei tot die lees van meer gesofistikeerde fiksie nie. Hy skrýf dit reeds: goeie, betekenisvolle, literêre tekste, en hy skuur dus sodoende met gemak skouers met die grotes."

Boekresensie: Moestas deur Deborah Steinmair

Giselle Botha
Resensies

"’n Onstuitbare leesgenot."

In memoriam: EL Doctorow

Philip van der Merwe
In memoriam

"EL Doctorow, die meesterlike skrywer en Mensch, is oorlede."

Petra Müller (1935–)

Erika Terblanche

ATKV-Skrywersalbum

“Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie; jy moet net bereid wees om dit te doen.”
Petra Müller het op 27 Julie 80 geword. Lees haar volledige skrywersprofiel.

Leefstyl

Anton Goosen: "Ek wil nooit halt roep nie"

Henry Cloete
Musiek

"Solank geld as die wêreld se ruilhandelmiddel gebruik word, sal daar altyd mense in die musiektempel wees wat daar is vir die verkeerde redes en om Mammon in daardie tempel te dien."

ATKV se Filmverse by die South African Book Fair 2015

Nita Cronjé, Naomi Meyer
ATKV-Portaal

"Filmverse kan beskryf word as 'n 'visuele bloemlesing'. Ons het 'n DVD saamgestel met animasiefilms van 12 Afrikaanse gedigte, elk met sy eie klankbaan."

Ohgod: "’n Vocalist sal die fokus van die musiek aftrek"

Henry Cloete
Musiek

"Aan die begin het ons net aan die musiek gewerk. Ons wou nie te veel op vocals konsentreer tot ons tevrede was met die rigting wat die musiek vat nie."

Foto's: US Woordfees stel nuwe kortverhaalbundel bekend

Naomi Bruwer
US Woordfees

Vrydag het 'n groep skrywers en joernaliste bymekaar gekom by die Lanzerac Hotel op Stellenbosch. By dié geleentheid is gesels oor die sukses van die US Woordfees se WOW-projek en is 'n nuwe jaarlikse projek, die Woordfees-kortverhaalbundel, bekendgestel.

Blogs

US Woordfees gaan ’n kortverhaalbundel uitgee
Izak de Vries

"Die US Woordfees gaan in 2016 ’n bundel kortverhale uitgee. Hierdie bundel gaan slegs op die fees te koop aangebied word en sal ook net vir die duur van die fees te koop wees."

Portrette in ink: Frazer Barry en Churchill Naudé

Tinus Horn
Kuns

Kyk na Tinus Horn se inksketse van die musikante Churchill Naudé en Frazer Barry.

Spelling is nie kinderspeletjies nie

Gerhard van Huyssteen, Naomi Meyer
kykNET Portaal

"Skryf ek die woord los of vas?" "Maklik! Skryf ’n hutsteken (#) voor die woord en skryf dan alles vas! #maklikereël."

Op die stel van Op die Spel

Marike van der Watt
kykNET Portaal

Marike van der Watt was die wenner van die tweede episode van kykNET se nuwe speletjiesprogram Op die Spel. Sy vertel vir LitNet-lesers van haar ondervindinge agter die skerms.

Onderhoud oor Harlekijn en de Zuid-Afrikaanse Dagen: 29 en 30 Augustus

Karin Hougaard, Naomi Meyer
NeerlandiNet

Karin Hougaard: "Die fees word geopen deur die bekende Nederlandse kabaretkunstenaar Claudia de Breij. Suid-Afrikaners wat optree, is Coenie de Villiers, Jannie du Toit, Anna Davel, Luna Paige, Andries Bezuidenhout, Joshua na die Reën, Pops Mohamed, Jaconell Mouton (begeleier) en ek."

Filmresensie: Fabergé – A life of its own

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Benewens die heerlike visuele oordaad van die objects d’art – goud, silwer, edelstene en helderkleurige enemmelwerk – bied hierdie dokumentêr ’n oorsig van die Russiese sosiale en politieke geskiedenis vanaf die 1880’s tot ná die revolusie van 1917."

SABF 2015: Afrikaanse program

LitNet
Feeste

Die SA Book Fair vind vanjaar vir die eerste keer in die Turbinesaal in Newton, Johannesburg vanaf 31 Julie tot 2 Augustus plaas. Boekuitstallings deur uitgewers word aangevul met ’n reeks skrywersprogramme deur meer as 100 skrywers.

Menings

By die dood van Johan Degenaar (1926–2015)

Etienne Britz
In memoriam

"Tydens Johan se loopbaan as Stellenbosse akademikus was daar 'n breuk tussen die Afrikaner se godsdienstige en politieke oortuiginge. Waarop hy as politieke filosoof gewys het, was dat 'n mens jou sake in die hiermaals in orde moet kry alvorens jy met die hiernamaals te koop mag loop."

Uit die argief

Afrikaans-wees in Afrika en die wêreld
Johan Degenaar

"’n Ongeëksamineerde Afrikaanswees is nie die moeite werd om deel van te wees nie."

Johan Degenaar: Huldigingsgeleentheid

LitNet
In memoriam

Daar sal op Saterdagoggend, 1 Augustus ’n huldigingsgeleentheid vir Johan Degenaar plaasvind wat deur die Departement Filosofie in samewerking met die Universiteit Stellenbosch gereël word.

Heilige koeie – sappige steaks?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ironies genoeg is die gemeentes besig om presies dit te doen waarmee die kerkvaders hulle al die jare indoktrineer het: hou vas aan die bekende; verwerp enigiets wat anders en nuut is."

Marlene Lehnberg, die skêrmoordenaar

Gustaf Pienaar
Rubrieke

"Die ouer lesers onder ons sal ongetwyfeld nog die opspraakwekkende moordverhoor van Marlene Lehnberg en haar handlanger, Marthinus Choegoe, onthou."

Afrikaners en die apartheidsgeskiedenis

Jason Lloyd
Rubrieke

"In die boek Nelson Mandela – From freedom to the future (2003) skryf Jakes Gerwel oor nasiebou en versoening dat Madiba steeds glo daar is goeie mans en vroue in elke gemeenskap. Madiba het dié eenvoudige dog belangrike 'lering' herhaal."

Blogs

'n Reus van 'n resensie
Crito

"Ná Henning Snyman se resensie van Lien Botha se Wonderboom (LitNet) kan daar geen twyfel meer wees dat dié literêre webwerf ’n integrerende deel geword het van die Afrikaanse boekebedryf nie. Dit is ’n reus van ’n resensie, onbelemmer deur die beperkinge wat ruimte en teikengehoor aan die koerantresensent opdwing."

LitNet Akademies

’n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

Joan-Mari Barendse
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die sterk reaksie wat 2092: God van Klank ontlok en die gewildheid van die stuk by ’n gesaghebbende Afrikaanse kunstefees soos die Woordfees, wys dat Calitz se toneelstuk oor die beheer van musiek ’n gevoelige snaar aanraak in ’n tyd wat gekenmerk word deur Afrikaners se kulturele angs."

USAN 2016: Kongres vir jong navorsers

LitNet
Akademies en skole

Die US Departement Afrikaans en Nederlands bied vanaf 19 tot 21 Januarie 2016 hul tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aan. Sperdatum vir voorleggings: 31 Julie 2015.

Onderlangs

Die geyser het gebars

Kaartmannetjie
Hygliteratuur

"Dit was 'n ontvlugting uit 'n huwelik wat nooit moes wees nie ..."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2015 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved