|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 912
12/08/2022
|
Krities Afrikaans
|
Wêreld van wolwe 3: Derde mag
Skrywer: Fanie Viljoen
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776354399
"Jou pa is ’n moordenaar," sis Wolfgang. "Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom." Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. |
 |
|
 |
Reguit met Robinson: Beplan jy om te emigreer?
Freek Robinson, Andrew Rissik, Dawid Swart
Onderhoude
Freek Robinson gesels met Andrew Rissik van Sable International oor emigrasie na byvoorbeeld Portugal, en met Dawid Swart oor sy en sy familie se nuwe tuiste in Panama.
|
 |
Girls just wanna walk home, Uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"’n Sangeres het daai song 'Girls just wanna have fun' se woode gechange, en sy sing 'Girls just wanna walk home'. Al wat ôs ammel vra, is om hys toe te kan loep sonne hartkloppings en nervous rondkyk en bang wies vi elke shadow. Is mossie te veel gevra lat ôs ie vi elke man moet wonne of hy getrust kan wôd en of hy ’n rapist inne mooi suit issie."
|
 |
Allien, maa niks bangie
Veronique Jephtas
Menings
"’n Vrou ken van allien wies, maa bang is sy nie, cause sy is ou gewoond dinge vi haaself doen. Mag jy jou Vrouedag geniet en somewhat, somewhere tyd maak om jou voete te voel en asem yt te blaas."
|
 |
Swerfjaar: Leef om die storie te vertel
Marita van der Vyver
Rubrieke
"Intussen moet ek hierdie rubriekskrywery staak om aan ’n boek te werk. Ek troos myself daaraan dat die einde van iets, enigiets, altyd die begin van iets anders beteken. En ek hou die kring oop, want wie weet, dalk het ek binnekort ’n onweerstaanbare storie oor Korsika wat dadelik vertel moet word."
|
 |
Om jou ’n ander se jeug te verbeel
Deborah Steinmair
Rubrieke
"My pa is in 1926 in Pretoria gebore, die derde van ses kinders. Sy pa is dood toe hy ses, amper sewe was. Hy het ’n hart met ’n swaeltjie daarin uit klip gekerf en saamgestuur hospitaal toe, waar sy pa met breinvliesontsteking gelê het. Sy pa is dood voor hy die swaeltjie kon kry. Dis nou in my besit."
|
 |
Mooi Annie – die spieël in my raaisel
Estelle Kruger
Rubrieke
"Ek verlang na pannekoek wat jy vir ons gebak het op sulke reëndae, ’n tradisie wat ek weer vir my kinders voortgesit het. Maar nou het ek niemand vir wie ek kan pannekoek bak nie en ’n mens doen dit nie net vir jouself as jy alleen is nie."
|
 |
Seen elsewhere: In one’s dotage, memory seems the only sensibility
Elise Bishop
Elders gesien
"Little did one know, those many years ago, that someone who would play such an integral role in one’s life traversed the soil one knew so very well and which one loved only as one could love one’s hometown – a sidewalk one walked on in those years, the furrows in which one searched for crabs under the stones."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
OuLitNet en uit LitNet se argief |
 |
Die Afrikaner op soek na diaspora?
Gerrit Brand
(Voordrag gelewer by ’n beraad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedeniskommissie in Pretoria, Januarie 2003)
"'My ten years in America had been happy and eventful, but at the same time they had been remarkably strenuous. Life would have been so much easier if I could have devoted all my time to study. As things were, however, I was always in need of money and had to work out ways and means of earning my livelihood ...'
"Hierdie aanhaling, wat waarskynlik die ervaring van baie – veral jong – Suid-Afrikaners in die buiteland mooi raakvat, kom uit die outobiografie van Kwame Nkrumah, die eerste president van die onafhanklike republiek van Ghana."
|
 |
Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge
Maria Marchetti-Mercer, Louw Roos
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), 2013
"Die verskynsel van Suid-Afrikaanse emigrasie geniet baie aandag in die media, met die fokus dikwels op sosiopolitieke faktore. Daar word egter min aandag aan die sielkundige ondervindings van diegene wat emigreer, geskenk. Dié artikel, wat deel vorm van ’n groter navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende emigrante."
|
 |
Boer-tyne: ’n Familiefotoalbum uit Argentinië
Cecil Dickason, Naomi Meyer
LitNet-argiewe (2015)
"Die Afrikaans wat hulle praat, is wat hulle in 1902 gepraat het. Dit herinner partykeer aan Hollands. Hul Bybels was nog in 'Hoog-Hollands'. Daar is maar min mense wat nog Afrikaans kan praat. Meestal die ouer garde. Hulle houding is dat hul nog trots is op hulle Afrikaans, maar besef dit kan nie vir altyd voortbestaan nie en in hulle land is die voertaal Spaans. Nie een van die kleinkinders verstaan of praat Afrikaans nie."
|
 |
Naguiltjies van die Ooste
Liezel van Beek
ExpatNet (2006)
"Taiwannese kinders in Taipei tussen drie en ses jaar oud gaan slaap heelwat later as die kleuters van Tokio, Seoel, Beijing en Sjanghai."
|
 |
Sodat ons nie die rol van Krotoa in die Kaapse geskiedenis sal vergeet nie
Heindrich Wyngaard
Meningen
"Dié treurlied (of teregwysing) spruit voort uit die Vrouedag-byeenkoms die afgelope Dinsdag by die Kasteel de Goede Hoop in die Kaapse stadskern, digby die ewe historiese Parade en die stadsaal aan die anderkant van Darlingstraat. Hiertydens is die nalatenskap van ’n uitsonderlike vroue-Khoisan-ikoon gevier – ’n geleentheid wat byna ongesiens verbygegaan het. Haar naam was Krotoa, ook bekend as Eva (haar 'doopnaam'); en Van Meerhof is sy getroud."
|
 |
Regering kry uit alle oorde slae op Vrouedag
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Politieke partye en burgerregte-organisasies aan weerskante van die politieke spektrum het Dinsdag tydens Vrouedag uitgevaar teen die regering se skynbare onvermoë om Suid-Afrika se vroue teen geweld te beskerm."
|
 |
Vrouedag in die skadu van verkragtings, aanrandings en moorde gevier
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Wat betref geslagsgeweld het Ramaphosa gesê verkragters het geen plek in die samelewing nie. Hy het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om saam met die polisie te verseker dat hierdie misdadigers aangekeer en vervolg word. Hy sê gemeenskappe moenie toelaat dat misdadigers in hul midde skuil nie."
|
 |
PEN Nederland Jakes Gerwel-inwoonskrywer: ’n onderhoud met Emma Crebolder
Naomi Meyer, Emma Crebolder
Literatuur
Emma Crebolder staan bekend as ’n klimaatdigter. Sy is altyd bewus van die lande waar sy haar bevind se skoonheid, se tale – en sy dink verantwoordelik na oor die betrokke land se gesteldheid. Of dit nou ten opsigte van die weer is, of algemene (in-)gesteldheid van die land se inwoners teenoor mekaar. Emma, sou mens kon sê, is ’n waarnemer en analis van haar omgewing. Hier is ’n artikel oor dié digter, wat onlangs tagtig jaar oud geword het.
|
 |
Bedreig ons die liefde? Nee, wat! Ons vier dit
Izak de Vries
Film
"Die film is pret en verskaf ’n aantal komiese oomblikke. Die titel ten spyt, is dit hoegenaamd nie iets wat die alledaagse idee van huwelike tussen hetoroseksuele, cisgender mense uitdaag nie. Inteendeel."
|
 |
Een cadavre exquis van Breyten Breytenbach in het Nederlands
Yves T'Sjoen
Literatuur
"De fraai uitgegeven bundel met gedichten, prozateksten en tekeningen mocht ik ontdekken in de collectie Ernst van Heerden van het Poëziecentrum ... Cadavre Exquis bevindt zich in een omvangrijke verzameling met breytenbachiana, deel van een imposante poëzieverzameling in Afrikaans ..."
|
 |
Persverklaring: Letterkundetoer na Nederland
Voertaal
Reizen
Verken Nederland in die voetspore van Elisabeth Eybers, Karel Schoeman, Etienne van Heerden, Irma Joubert, Azille Coetzee, Solet Scheeres, Jan van Melle en Jochem van Bruggen. Hierdie volronde reis maak die Afrikaanse letterkunde werklik lewendig! Beleef Nederland op ’n unieke manier wat die gewone toeris nie beskore is nie.
|
 |
Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 5 is, weet jy mens kry vyf soorte voedselgroepe: lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed en lekkergoed. Toemaar, ons by LitNet wens ook dit was waar (maar daar is ’n som oor pannekoeke hier versteek). Ons kan jou dag tog so effens versoet deur hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West met jou te deel. Klik hier om dit gratis af te laai en begin sommer vandag al daaraan smul.
|
 |
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Staan nader, al julle snare, en kyk bietjie hoeveel snare het ’n kitaar! Van sesse gepraat: is jy in graad 6 en luister jy eerder popmusiek as om Wiskunde te doen? Met Lee-Ann West se gratis oefenvraestel en -memo kan jou toetspunte hierdie kwartaal soos musiek in jou ore klink.
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Mixtape van die liefde kan die vreugde van gedigte vir tieners oopsluit
Karin Tomlinson
Resensies
"Nes enige literatuur wat sy sout werd is, is dié bloemlesing beslis verleidelik, om meer redes as die variasie wat dit bied en die musiekkomponent. Die pragtige illustrasies op die voorblad en tussen afdelings maak dit nie net mooi nie, maar maak van die bundel ’n ronde kunservaring."
|
 |
Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk
Marochel Barnard
Jong lesers
"Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het."
|
 |
PJ Bosman (1933–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"As gevolg van talle skoolvakansies op familieplase en my huwelik met ’n plaasmeisie, skryf ek die graagste oor boere en plattelandse mense en hulle dinge."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2022
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Eerste slukkie: Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"Tedeschi en Calhoun het hul navorsing onder ander getraumatiseerde groepe herhaal. Hulle het met oorlogsveterane, kankeroorlewendes en oudgevangenes gesels. Waar hulle posttraumatiese stresversteuring verwag het, het hulle keer op keer groei aangetref. In 1996 het hulle hul 'posttraumatic growth inventory' gepubliseer, ’n databasis van bevindings wat só omvattend was dat niemand dit meer kon ignoreer nie."
|
 |
Persverklaring: Dialoogprogram vir skrywers van die Lae Lande en Suid-Afrika
LitNet
Boeke en skrywers
Twee Vlaamse skrywers word elke jaar gekies om ’n skrywersresidensie met twee Suid-Afrikaanse skrywers te deel. Vanjaar se skrywers is Yousra Benfquih en Fleur Pierets. Hier is nog inligting oor die inisiatief en hoe om aansoek te doen vir die residensie, wat vanaf 7 tot 21 November 2022 in Somerset-Oos plaasvind.
|
 |
Press release: Major nomination for Sifiso Mzobe
LitNet
Books and writers
On October 27, 2022, the Hurston/Wright Foundation will announce, during their annual Legacy Awards celebration, the winners of the juried awards for books by black authors published in 2021 in the categories of debut fiction, fiction, nonfiction, and poetry.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Matlakala
Jerry Mofokeng wa Makhetha
New writing
Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. Watch Tshegofatso Mabutla perform Matlakala, written by Jerry Mofokeng wa Makhetha and directed by Mahlatsi Mokgonyana.
|
 |
Die kom-en-gaan-refrein
Louis Esterhuizen
Poësie
Lees Louis Esterhuizen se reeks verse ter huldiging van die dramaturg Athol Fugard wat in Junie vanjaar 90 geword het. Hierdie teaterverse word met die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust aangebied.
|
 |
landelike bestaansvergaan
Breyten Breytenbach
Poësie
"om op te hou skrywe
na die einder-kom-nader
met sterre se sterwe
nog net buite bereik
is nie ’n opsie nie"
|
 |
Afrikaans, die moeder van soveel kinders
Kenan Davids
Poësie
"Nei man, djulle wat my so onderskat
Met tegnologie wat heeltyd develop
Gaan ek djulle nog ’n lang pad vat.
Ek is tienertaal
en soos die jare aangaan, gaan ek die grootste wees op die skaal van taal."
|
 |
Coda (Apple TV +): ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Coda staan vir child of deaf adults en handel oor ’n energieke, ambisieuse jong meisie, Ruby Rossi (die wonderbaarlike Emilia Jones), wie se gesin doof is."
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|