|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 888
25/02/2022
|
Krities Afrikaans
|
Terreur en bevryding
Outeur: Leopold Scholtz
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781776191673
Die sleutel tot ’n begrip van die ANC vandag lê in sy historiese verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap.
In Terreur en bevryding dui Leopold Scholtz aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die party se leierskap oor te neem as deel van ’n revolusie in twee fases. Die eerste fase sou ’n nasionaal-demokratiese revolusie wees en in die tweede sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese "diktatuur van die proletariaat" in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring. |
 |
|
 |
Putin’s invasion and the failure of peace
Tristen Taylor
Opinion
"The war began today (24 February 2022) ... Today represents the world’s failure to find peace for Ukraine. Unfortunately, tomorrow won’t be any better."
|
 |
Van Rusland, met liefde?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar waar staan ons in Suid-Afrika? Ons ontvang hulp van die VSA, en ons het stewige ekonomiese verhoudinge met Rusland en China. Dit voel inderdaad soms asof ons in die proses is om deur China gekoloniseer te word, stilweg en sonder dat daar veel teenstand is."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz
Freek Robinson, Leopold Scholtz
Uit die argief-onderhoude
Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond. Hierdie gesprek het op 3 Februarie 2022 op LitNet verskyn.
|
 |
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Dirk Hermann en Danie van Wyk
Freek Robinson, Dirk Hermann, Danie van Wyk
Onderhoude
Daar heers groot kommer oor die regering se voorgestelde wysiging van die taalklousule in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Dirk Hermann van Solidariteit en Danie van Wyk van DAK Netwerk gesels met Freek Robinson.
|
 |
#opdielug met Ivan Ndevu
Robyn van de Rhede, Ivan Ndevu
Onderhoude
Internasionale Moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier. Die eerste gas van 2022 op die "Lekker LitNet"-insetsel (Radio 786) is Ivan Ndevu, program- en kantoor-assistent by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA). Robyn van de Rhede gesels met Ivan, wat Afrikaans, Xhosa en Engels magtig is, oor die SBA se digitale kinderboeke in tale soos Kaaps, Setswana, Arabies en Khoekhoegowab. Hierdie insetsel is deel van die maandelikse program Barakat, aangebied deur Radio 786 en die Afrikaanse Taalraad (met Fatima Allie agter die mikrofoon).
|
 |
Objektiwiteit en regterlike besluitneming
Handré Brand
Seminare en essays
"Wat behels regters se strewe na integriteit en objektiwiteit in hofuitsprake? Is daar spesifieke faktore wat partydigheid (of sydigheid) van uitsprake op ’n subtiele wyse kan bevorder?"
|
 |
Wentzel van Huyssteen (1942–2022)
Danie Veldsman
In memoriam
Die internasionaal gevierde teoloog Wentzel van Huyssteen is op 18 Februarie 2022 in die ouderdom van 79 oorlede. Danie Veldsman bring hulde aan hom.
|
 |
Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)
Nini Bennett
Rubrieke
"Die meeste huiskatte is arrogante introverte. Om die waarheid te sê (en nou trap ek katvoet, want ek is ook ’n katliefhebber), katte is totaal self-absorbing. Enige liefde of toenadering teenoor hulle humans word as ’n wonderwerk beskou, al staan kiets en skuur en miaau teen die yskas vir tuna. Katte is narsiste."
|
 |
Die mond is nie ’n geheim nie: Johannes Kerkorrel
Toast Coetzer
Argief
(OuLitNet)
"Die aanwysings na die huis net buite Eersterivier is presies. Op ’n ou perdeplaas wat intussen in ’n spul ruim plotte verdeel is, woon Ralph Rabie nou al die afgelope drie jaar." |
 |
Oekraïne ook op die spits in die Lae Lande
Milton Webber
In het nieuws
"Rusland se optrede met betrekking tot Oekraïne word met sanksies gestraf; Nederland en België oorweeg nou om wapens aan Oekraïne te lewer; ’n gyselaarsdrama in Amsterdam; enorme storms veroorsaak ongekende skade in Europa; premier Rutte vra verskoning vir Nederlanders se optrede tydens Indonesië se vryheidstryd; en ’n gesonke Nederlandse vragskip is klaarblyklik aan die Suid-Afrikaanse kus opgespoor."
|
 |
EFF en AfriForum se hofsaak skeur Suid-Afrikaners uiteen
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"EFF-ondersteuners staan bankvas agter Malema se verdediging van die omstrede lied en is eenstemmig in hulle verdediging daarvan. Onder sy opponente is daar egter geen eenstemmigheid of dit wys was om die saak weer op dié manier in die kollig te plaas nie."
|
 |
Universiteite kry sterk teenstand oor verpligte inenting
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het sy steun gegee aan studente wat teen verpligte inenting by die UV betoog. Dit nadat die studente die strate ingevaar het uit protes teen die universiteit se inentingsbeleid."
|
 |
Walus se aanhouding druis in teen Grondwet se "menslike" waardes
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Die vraag wat gevra moet word, is of Janusz Walus se volgehoue aanhouding geregverdig kan word. Tot wie se voordeel is dit? Word hy steeds as ’n gevaar vir die samelewing beskou? Gaan sy vrylating ou wonde vir die Hani-familie open? Omgekeerd: Verdien hy nie ook om, soos elke ander aangehoudene in Suid-Afrika, die reg op vrylating te hê wanneer en indien hulle aan die wetlike vereistes voldoen nie?"
|
 |
’n Besinning oor Mijn beste vriendin, Anne Frank
Izak de Vries
Film
"Hierdie film is steeds relevant en daar is talle mense in Suid-Afrika wat soortgelyke ervarings deurgemaak het. Ons moet hulle erken. Ons moet bewus wees. Suid-Afrika het nie eksterminasiekampe gehad nie, maar ons het tot in die jare sewentig nog goedsmoeds mense op totaal arbitrêre gronde uit hul huise gegooi."
|
 |
Vra die veearts: Vlooimedikasie
Marianne Lomberg
Mens en dier
Amanda skryf: "Ek het Sondagmiddag vir my hond vlooimedikasie gegee, maar teen Maandagmiddag het hy nog steeds gekrap en daar was nog steeds vlooie op hom." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Aankondiging: Die Taalkommissieadviespaneel van die SA Akademie
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die adviespaneel is uit die breë Afrikaanse taalgemeenskap saamgestel om die Taalkommissie te adviseer oor veral woorde vir oorweging en insluiting in die volgende uitgawe van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls.
|
 |
Inter-review with Michelle Edwards, author of the novel Go away birds
Janet van Eeden, Michelle Edwards
Books and writers
Janet van Eeden interviews Michelle Edwards and also writes: "The novel is page-turningly good. The plot moves swiftly through the first-person voice of Skye, who is that most delicious of literary devices: an unreliable narrator."
|
 |
’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai
Anne-Marie Burger
Lesersindrukke
"Die waarheid is, ons voorgeslagte het vir ons gelieg! Om gay te wees, is so oud soos die mensdom self. Dit is maar net een aspek van menswees. As ek nie gay is nie, gee dit my geen paspoort om gay mense te veroordeel nie."
|
 |
Maar wat word van al die leë rakke?
Jean Meiring
Boeke en skrywers
"Al die dag se verlekkering in die rykheid van Gray se boekery ten spyt, is dit soos ’n skoot yswater oor my wanneer ek sien dat Gray, wat in Oktober 2020 oorlede is, se private dokumenteversameling na die Harry Ransom-sentrum by die Universiteit van Texas is. Om by onder andere JM Coetzee se dokumente aan te sluit."
|
 |
Promotion: The Blanket Tree books | Promosie: Die Kombersboomboeke
LitNet
Books and writers
The children’s picture book series The Blanket Tree books (Die Kombersboomboeke in Afrikaans), was written and developed during the time of lockdown by Hélène Ferreira. "Blanket" refers to these comforting, inclusive fantasies, modern-day fairy tales for everyone. The word "tree" signifies growth, learning, renewal and development.
|
 |
Ja maar nee maar
Crito
Blogs
"As mens vir moeilikheid soek, koop net ’n tweedehandse Alfa. Só het ek nog altyd geglo."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Teaterliefhebbers in Johannesburg byeen om kunstenaars te ondersteun
Melt Myburgh, Jean Meiring, Mike van Graan, Tendayi Dhure
Teater
Jean Meiring het teaterliefhebbers in Johannesburg onlangs in sy tuin byeengebring om STAND (Sustaining Theatre and Dance Foundation) te ondersteun. Mike van Graan het ’n toespraak gelewer waarin hy die verwoestende impak van COVID-19-inperkingsmaatreëls op die teaterbedryf belig het. Lees hier oor dié heerlike geleentheid en kyk na Tendayi Dhure se foto’s.
|
 |
Press release: Eurydice, site-specific theatre
LitNet
Lifestyle and entertainment
"Eurydice will debut in an empty abandoned swimming pool in Cape Town city centre. The infamous myth is reimagined to focus on the journey of its heroine as the play deals with themes of love, loss, remembrance and reminiscence."
|
 |
Press release: Cape Town Opera launches 2022 season
LitNet
Lifestyle and entertainment
At a glittering event at the V&A Waterfront on Thursday, 24 February 2022, Cape Town Opera announced a diverse, innovative and creative programme for 2022, encompassing both the artistic and educational.
|
 |
Weer probeer
Kristy-Ann Kotzé
Poësie
"Soms gaan ek wen,
soms gaan ek verloor;
ek sal egter weer opstaan
en die wedloop van die lewe met ywer baan."
|
 |
Vergetelheid
Jannie van Niekerk
Poësie
"’n Ou man loop alleen in die strate rond.
Saam met hom is net sy getroue ou hond.
Terwyl hy so eensaam deur die strate ronddwaal,
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal."
|
 |
Keuses
Leona Conradie
Poësie
"my hart brand
om slimmer te wees
en generational curses te breek met kwalifikasies."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|