Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 736

14/02/2019


Krities Afrikaans

LitNet: Jou krag

Pasverskyn

Strafjaart

’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil.

Gou kom hy agter dat dié plek nie altyd so strak is soos sy tralies nie: daar is ’n eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ’n vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad.

Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is.

In Theo Kemp se Strafjaart vervloei die strominge van ’n lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.

Skrywer: Theo Kemp
Uitgewer: Penguin
ISBN: 9781485903888
Prys: R270

Menings

Wie wen wanneer Eskom die ligte afsit?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"As die kragtoevoer vir veel langer onbestendig bly, gaan voornemende beleggers kleinkoppie begin trek. So kort voor die verkiesing kan die Ramaphosa-faksie, wat ten minste nog ʼn funksionele regering probeer behou, nie daardie verliese bekostig nie."

Oor brande en brandstigting

Gustaf Pienaar
Seminare en essays

"Wat nodig is, is die politieke wil om die grondliggende redes vir geregverdigde protes uit die weg te ruim, maar ook om die epidemie van brandstigting in ons land permanent die nek in te slaan. My oproep is: Verskerp die toepaslike wetgewing, brei die gemeenregtelike posisie uit, vervolg oortreders meedoënloos en straf hulle swáár."

#SansSouci: ’n Gesprek met ’n oudonderwyser oor wat onderwysers én kinders nodig het

Naomi Meyer, Dewald Koen
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Kinders benodig meer as net fisiese dinge soos kos, klere en ’n dak oor hul kop. Suid-Afrikaanse kinders smag na emosionele ondersteuning."

Kô proe, wan soe smaakie Souci!

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Soe, los maa vi education en gat maak jou ʼn sportswinkel of ʼn boxing parlour oep, wan djy het ʼn geweldige swing, Juffrou."

Grondwoorde-skryfkompetisie: langlys aangekondig

LitNet
Skryfsake en rubrieke

Grondwoorde is ’n Afrikaanse digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal. Sedert ’n onderhoud oor hierdie kompetisie op LitNet gevoer is, is ’n langlys bekendgemaak. Hier is die deelnemers wie se gedigte in aanmerking kom om die 2018-kompetisie te wen.

"Jij gaat ook dood, net als ik, net zo goed" – enkele beschouwingen bij Karel Schoemans zelfdoding en het aartsmoeilijke debat over een goede dood

Herman Meulemans
NeerlandiNet

"Karel Schoeman is een reus. Hoewel het Afrikaans zijn moedertaal is, is hij de beste ambassadeur geweest voor het Nederlands."

Engels in het hoger onderwijs aanpakken?

Ingrid Glorie
Elders gesien

"Minder Engels in de wetenschap? Zorg dat publiceren in het Nederlands weer aan prestige wint."

In hierdie huis

Ena Jansen
Elders gesien

"Die man wat die Koran in Afrikaans vertaal het (gepubliseer in 1961) het sy jeugjare in hierdie huis in Simonstad deurgebring."

Boeke en skrywers

Terroris of vryheidsvegter?: ʼn resensie

Jean Oosthuizen
Resensies

"In Wit terroriste word die mite die nek in geslaan dat Afrikaners aanspraak kan maak op die hoë morele grond wanneer dit oor ʼn volk se vryheidstrewe gaan."

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg oor Medusa

Naomi Meyer, Rudie van Rensburg
Skrywersonderhoude

"Ek kan onteenseglik sê dat om boeke te skryf verreweg die lekkerste werk is wat ek nog gedoen het."

Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n FMR-resensie

Alet Mihalik
Resensies

"Maar, soos die romantitel voorspel, kry almal tweede kanse, al is dit soms onbeplan en onbedoeld."

Erfskandes deur Trisa Hugo: ’n lesersindruk

Alta Cloete
Lesersindrukke

"Die verhaal lees vlot en telkens kom ’n nuwe kinkel te voorskyn wat die leser verras. Dis egter die tekening van die twee bejaardes en die interaksie tussen hulle wat vir my die hoogtepunt van die boek is."

Christine Barkhuizen le Roux (1959–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Ek hou daarvan dat elke woord in digkuns soveel gewig dra. ’n Mens moet letterlik oor elke woord dink en besluit of dit sy plekkie in die gedig werd is.” Christine Barkhuizen le Roux se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2019

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: jaarplan 2019; resensiekursus en slypskool by die US Woordfees; Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg: volgende stappe en ’n simposium; Naas Steenkamp (1933–2018); ’n nuwe artikelreeks, spesiale aanbod: PharosAanlyn; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Januarie; nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie.

Video: Stellenbosch launch of Sex, Lies & Stellenbosch

Naomi Bruwer
Books and writers

Eva Mazza's debut novel Sex, Lies & Stellenbosch was recently launched at Gino's Stellenbosch. Eva was interviewed by her publisher, Melinda Ferguson.

US Woordfees 2019: Protea Boekhuis-kinderboekillustrasiekompetisie

LitNet
Kuns

Uitnodiging na die uitstalling van die wenners van Protea Boekhuis se kinderboekillustrasiekompetisie.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2019

LitNet
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Leefstyl

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha
US Woordfees

"Jy gaan iéts misloop – dis onafwendbaar. 'FOMO' is absoluut deel van die opwinding en bekoring van ’n fees en deel van mens se skeduleringstrategie."

US Woordfees 2019: Volledig bygewerkte program nou beskikbaar

LitNet
US Woordfees

Die US Woordfees 2019 se feesgids is nou volledig bygewerk! Laai dit hier af.

Pniël Adam Small Fees: 22–24 Februarie 2019

LitNet
Feeste

Die derde Pniël Adam Small Fees vind vanaf 22 tot 24 Februarie 2019 plaas. Hier is die volledige program. Al die gesprekke kan gratis bygewoon word.

Wie was sint Valentyn nou eintlik?

Ilse Salzwedel
LAPA Uitgewersportaal

Valentynsdag is sekerlik een van die mees gekommersialiseerde vierings van ons tyd, maar wie was die man na wie hierdie dag van liefde vernoem is, en hoekom vier ons dit juis op 14 Februarie? Ilse Salzwedel berig.

Filmresensie: The favourite

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Hierdie fliek is satire en dis brutaal. Dis ook absoluut oorspronklik en eenvoudig briljant."

Filmresensie: On the basis of sex

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"’n Sterk punt van hierdie fliek is dat vroue nie eenvoudig téén mans opgestel word, met die een party wat voorgestel word as reg en die ander as verkeerd nie."

US Woordfees 2019: Wen drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies

LitNet
Wen

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Stuur jou keuse van drie produksies voor 15 Februarie aan wen@litnet.co.za en staan die kans om deur 'n gelukstrekking drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies te wen!

US Woordfees 2019: Elize se keuse

LitNet
US Woordfees

Stuur jou keuse van drie Woordfees-produksies teen 15 Februarie aan wen@litnet.co.za en staan die kans om deur 'n gelukstrekking drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies te wen! Hier is Elize se keuse.

US Woordfees 2019: Lorraine Hechter se keuse

LitNet
US Woordfees

Stuur jou keuse van drie Woordfees-produksies teen 15 Februarie aan wen@litnet.co.za en staan die kans om deur 'n gelukstrekking drie dubbelkaartjies na jou voorkeurproduksies te wen! Hier is Lorraine Hechter se keuse.

Skryfwerk


LitNet is vanjaar 20 jaar oud. Ter viering bied ons ’n limeriek-kompetisie aan. Top-beoordelaars; top-pryse!

As burger van ons onstuimige land kan jy nou stoom afblaas, giggel of skel oor die kwinte en kwale van die wêreldpolitiek of plaaslik hier in ons Republiek. Laat jou woorde sing oor die trieks van die politiek en die geknoei wat so vermoei. Weeklikse wenners kry R3 500 vir die eerste twee weke, en daarna R2 000 per week. Die Politiek-Limeriek-Grootkampioen ontvang ’n addisionele R10 000!

Hier is die beoordelaars, die kompetisiereëls en advies oor die aard van ’n limeriek.

Laat jou stem hoor!

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Week 1 se wenner

LitNet
Skryfkompetisie: #politieklimeriek

#politieklimeriek - Hier is Week 1 se wenner!

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Inskrywings Week 2

LitNet
Skryfkompetisie: #politieklimeriek

Week 2 loop! Lees al die jongste inskrywings. Prysgeld vir dié week is R3 500!

Só skryf mens ’n limeriek

Philip de Vos
Skryfkompetisie: #politieklimeriek

"Die Limerick het ook ʼn spesiale ritme (metrum) en dít is baie, baie belangrik! As jou metrum inkorrek is, kan jy net sowel daardie limerick weggooi."

Openbaring 5

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Ek het ʼn stêk engel gesien wat in ʼn harre stem geskrie het, “Wie maggie boekrol oepmaak?"

sorry my broe

Christo Meyer
Poësie

"djy hettie ee's vi' oulaas
vi' my koebaai gesê nie
net stil-stil die pad
van nooit-wee-t'rugkom gevat"

Die stilte om die huis van Mohammadar Iqbal: Deel 1

Eben Viktor
Fiksie

"Die gebou reik in sy geheel soos ’n kil, grys, nouerwordende monoliet hoog in die wolklose hemel in. ’n Stilte, allesomvattend en diepgaande, het om die huis gehang en besit geneem van die skaduwees wat die middagson op die grond maak."

LitNet Akademies

Taalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leer-ondersteuning om dienslewering te verbeter

Sanet Cox, André Steenkamp, Retha de la Harpe
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Taalkommunikasiedosente in die universiteit het ’n besondere taak om studente in die taal van onderrig voor te berei vir akademiese kommunikasie oor alle vakgebiede heen. Met LBS-gebruik en effektiewe ondersteuning is dit ’n bereikbare mikpunt."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

Nou op Voertaal

HemelBesem: "Awêh, Amsterdam!"

Hans Mooren
Interviews

In januari was de Zuid-Afrikaanse rapper HemelBesem te gast in het Zuid-Afrika. In gesprek met Voertaal-correspondent Ingrid Glorie vertelde hij honderduit over “zijn mensen”, de rymklets-cultuur, het belang van iconen en de groei van het Afrikaans.

Uitnodiging na Gent lei tot wedersyds verrykende program vir vertaler en digter Daniel Hugo

Willem de Vries, Daniel Hugo
Interviews

Daniel Hugo, ’n bekende Afrikaanse digter wat al meermale bekroon is vir sy vertalings uit Nederlands, is die eerste vertaler wat ná die instelling van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan die Universiteit van Gent daarheen genooi is. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord oor sy werk, optredes en ervarings daar as "vertaler op kampus".

Sisonke Msimang: "Nelson Mandela heeft zwarte Zuid-Afrikanen niet in de steek gelaten"

Ingrid Glorie
Actueel

"Veel jonge zwarte Zuid-Afrikanen zijn boos omdat er met het einde van de apartheid geen einde is gekomen aan de armoede en ongelijkheid in het land. Sommigen leggen de schuld bij Nelson Mandela. Hij zou zijn eigen mensen verraden hebben. Nee, stelt Sisonke Msimang tijdens de eerste Nelson Mandelalezing in Amsterdam. Ook als president verloor Mandela zijn levensdoel: de bevrijding van zwarte Zuid-Afrikanen, nooit uit het oog."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved