|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 690
15/03/2018
|
Krities Afrikaans
|
Eenders & Anders-lespakkette, graad 6 tot 11
Die doel van hierdie lespakkette is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat.
Die leerderboeke is gemik op leerders wat Afrikaans Huistaal neem. Dit bevat interessante en eietydse leesstof en hope piekfyn illustrasies. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan dus as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Elke graad se lespakket bestaan uit ’n leerderboekhoofstuk per graad, onderwysershandleiding en webwerf.
Skrywer: Marieta Nel
Uitgewer: Protea Boekhuis, in samewerking met SASNEV
Prys:
R80/R100 |
 |
|
 |
Skin we are in: an interview with Sindiwe Magona
Naomi Meyer, Sindiwe Magona
Books and writers
"The science that underpins what we usually say without having any proof: people have more in common than they have differences. Now, to be told the fact that skin colour is less than 1% of what comprises the human body – 0,001% – is staggering."
|
 |
Kaaps en (her)standaardisering
Menán van Heerden, Ernst Kotzé
Menings
"In die ontstaansgeskiedenis van Standaardafrikaans is 'oorleg met alle gebruikers' kennelik ’n leemte wat ’n hoë prioriteit moet wees by die hantering van taalnormering vorentoe."
|
 |
“Ongehoord”-reeks broodnodige diskoers
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Hoekom 'Ongehoord'? Want die Diskoers-reeks soos wat dit tot nou toe aangebied was, stel nie vroue spesifiek en doelbewus aan die woord nie, en dit stel nie vroue se belange en perspektiewe voorop nie. Dit klink eenvoudig, dit klink voor die hand liggend, maar dit het tot 2018 geneem vir iemand om dit deur te voer."
|
 |
Genadedood is ’n demokratiese reg
Jean Oosthuizen
Menings
"Van Niekerk sê daar is situasies waar terminaal siek mense die vermoë verloor het om hul eie lewe te neem of om op ’n waardige manier te sterf. Dit is waar genadedood of bystanddood in die prentjie kom."
|
 |
Die kwessie van die spaar embrio’s
Handré Brand
Seminare en essays
"Tydens die Frederik Van Zyl Slabbert-gesprekreeks is ... aandag gegee aan die rol van moreel-etiese, filosofiese en teologiese kwessies by die toepassing van genadedood en die reg om self te besluit. Terselfdertyd is die genetiese manipulering van menslike embrio’s tydens ʼn natuurwetenskap-café krities onder die loep geneem en deur die bril van die filosofie en genetika bekyk."
|
 |
Evita en Pik huldig Mandela
Jean Oosthuizen
Menings
"Botha onthou hoe Cyril Ramaphosa langs Mandela gestaan het toe hy sy eerste toespraak as vry man op die Kaapse Parade gehou het. Hy sê dit was ’n historiese voorspelling van wat vandag in die land gebeur met Ramaphosa wat nou Mandela se skoene volstaan."
|
 |
US Woordfees 2018: “NG Kerk het zero moraliteit”
Jean Oosthuizen
Menings
"Julie Claassens van die Departement Ou Testament en Bevordering van Menswaardigheid het gesê voordat die NG Kerk nie sy ras-, gender- en seksuele kwessies uitsorteer het nie, is daar zero moraliteit in die kerk. Sy sê die kerk is behep met seks en verkeer in 'n morele krisis."
|
 |
Vandag gaan ek ’n klomp mense kwaad maak
Frans Rautenbach
Rubrieke
"Hulle doen presies wat die beroemde Wiepie al die jare na bewering gedoen het: hulle gooi die bal rond, geniet hulle rugby, vat kanse op die aanval, plaas hulle lywe op die spel op verdediging en skrum die water uit hulle teenstanders. Hulle onthou hoekom hulle as dertienjariges verlief was op die spel."
|
 |
Onkruid vergaan nie
Maraja Badenhorst Burger
Blogs
"In Japan word ’n mens teen ’n sekere ouderdom as nasionale monument verklaar, en ek is seker Moedertjie (wat ’n museum-mens is) sou baie van so ’n titel gehou het." |
 |
Vital remains deur Amos van der Merwe: ’n resensiebespreking
Lina Spies
Resensies
"Sonder geringskatting van die probleme van die kind Randall as asmalyer en dat hy noodwendig ook in armoede moes grootword, is dit onteenseglik waar dat hy, anders as sy broer, eers laat in sy gelukkige lewe as bekende en gewilde sanger met ’n identiteitskrisis gekonfronteer is. By Winston het dit begin by die klein seuntjie agter die klerekas."
|
 |
Die ou vrou en die priester deur Cecile Cilliers: ’n resensie
Martie Retief-Meiring
Resensies
"Veel gewag word gemaak van die sg ouderdom in Cilliers se versameling. Immers het sy dit op 84 geskryf. Maar dis ’n fout om verhale van verweer, verdriet, verslaenheid – kenmerke van die ouderdom – te verwag. Daarvoor is Cilliers te veel van ’n woordskilder, ’n eerlike ondersoeker na die twyfel, woede, oneerlikheid van ’n bestaan."
|
 |
Ons is almal freaks hier: ’n resensie
Mercy Kannemeyer
Teater
"As gehoorlid het ek ook onkant betrap gevoel, want soos jy staan en kyk na die aksie en toneelspel, kyk jy ook na die gehoorlede wat oorkant jou staan of sit, en die hele proses voel soos ’n ontbloting, ’n ontmaskering – dit voel asof jy vir die persoon oorkant jou wil sê: 'Ons is saam in hierdie ding.'"
|
 |
Fotostaatmasjien: ’n teaterresensie
Jaco Barnard-Naudé
US Woordfees
"Fotostaatmasjien is bowenal ’n heerlike, menslike, lewenslustige produksie. Dit laat jou lag, maar dit laat jou ook wonder; dit konfronteer jou met vreemdheid en dit maak jou so ’n bietjie deurmekaar, soos die lewe self."
|
 |
Die koninkryk van die diere: ’n teaterresensie
Elzanne Coetzee
US Woordfees
"Akteurs is onderworpe aan die genade van diegene wat die mag het om lewensveranderende besluite om hulle onthalwe te neem – net soos wat die diere onderworpe is aan die leeu, of meer aktueel, soos wat werknemers onderworpe is aan werkgewers, of die samelewing onderworpe is aan die een of ander politieke bestel."
|
 |
US Woordfees 2018: Foto's – Afrika my verlange | Afrique mon désir
Naomi Bruwer
US Woordfees
Afrika my verlange / Afrique mon désir is 'n multimedia-wêreldmusiekproduksie met David Kramer as regisseur, en met musikante Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert en die Afrique mon désir Ensemble. Die produksie word afgerond deur animasie deur Diek Grobler.
|
 |
US Woordfees 2018: Fotoblad 4
Liné Enslin
US Woordfees
Hier is nog ’n paar foto's van items op die diverse program wat by vanjaar se US Woordfees aangebied word. Daar is werklik iets vir almal!
|
 |
US Woordfees 2018: Weerkaats
Nadine Petrick
US Woordfees
"Weerkaats, met die lieflike Milan Murray, het laas jaar reeds die lig gesien, maar hierdie drama se lof word steeds uit alle oorde besing."
|
 |
US Woordfees 2018: Vlerke vir almal
Nadine Petrick
US Woordfees
"Mens hoop amper ’n filmregisseur besluit om die storie grootskerm toe te vat, want Erskine se verhaal oor hoe om met boelies te werk te gaan, verdien beslis ’n groter gehoor."
|
 |
US Woordfees 2018: Foto's van die SASNEV-borrel
Naomi Bruwer
NeerlandiNet
Die jaarlikse SASNEV-borrel het Saterdag 10 Maart by die US Woordfees plaasgevind. By dié geleentheid is die Eenders & Anders-reeks, uitgegee deur Protea, bekendgestel.
|
 |
Resensie: The theory of everything
Suzette Kotzé-Myburgh
Uit die argief
"Naas Einstein is Hawking die bekendste fisikus van die twintigste eeu, en tussen die relatiwiteitsteorie en die Oerknal-teorie lê ’n beduidende deel van ons begrip van 'life, the Universe and everything'." RIV, Stephen Hawking.
|
Lees vars nuus op Voertaal |
 |
Polities korrekte taal in die spervuur
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Pleks van die woord 'woman' moedig die transformasiekantoor die gebruik van die woord 'womxn' aan, omdat dit nie na die man verwys nie."
|
|