Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 672

26/10/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Skolekaping

Pasverskyn

Skepelinge: Aanloop tot ’n roman

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC-tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n "hibriede skepping ... wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing".

Skrywer: Karel Schoeman
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176101
Prys: R350

Menings

#StopSkoleKaping: ’n Lelike dag wanneer openbare skole weer staatskole word

Jaco Deacon
SA Skoleseminaar

Gedink jy as ouer het die reg om te besluit oor jou kind se onderrig? Nie as die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys ’n werklikheid word nie. Jaco Deacon, onderwysregspesialis en adjunkhoof van Fedsas, sê as gewone Suid-Afrikaners nou hul demokratiese plig versuim, pak donker wolke saam op die horison.

RSG 80 jaar oud maar glad nie koud nie

Jean Oosthuizen, Magdaleen Kruger
Onderhoude

RSG vier dié week hulle 80-jarige bestaan. Jean Oosthuizen het met die stasiebestuurder Magdaleen Kruger gesels en wou ook by haar weet wat RSG se godsdiensbeleid nou eintlik is en hoe die toekoms van Afrikaanse radio lyk.

Uit die argief: Ek onthou die president van Flinkveria

Gerrit Rautenbach
Rubrieke

RSG saai môreoggend ’n episode van Flink uit die vere uit ter viering van hulle 80-jarige bestaan. Lees Gerrit Rautenbach se herinneringe aan dié program.

Uit die argief: Afrikaans se legendariese woordwewer: Naomi Bruwer gesels met Fanus Rautenbach

Naomi Bruwer, Fanus Rautenbach
Onderhoude

“En so is Flink uit die vere gebore op 16 Oktober 1961.”

#MeToo: ’n oomblik, ’n veldtog of ’n blywende verandering?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Solank as wat vroue se pyn afgemaak word as wolhaarstories, gaan slagoffers huiwer om na vore te kom onmiddellik nadat ’n aanval gebeur het, of later."

Wie is ons sonder ons tale?

Denver Breda
Menings

"Al soekend, al verlangende, verlore, leeg, sonder wortels, en dis die uitdaging wat ons vandag mee sit as dié wat genoem was kleurlinge, die middelmense is, die produk van 'swart en wit'? ’n Leuen wat baie van ons steeds glo."

Oranjerivierafrikaans is nxa!: ’n onderhoud met Anzil Kulsen

Menán van Heerden, Anzil Kulsen
Onderhoude

"nxa – goed/cool/lekker
xhoulag – uitspattig lag
xhouboe – terneergedruk wees"

Konferensie: Afrikaans in die Noord-Kaap

LitNet
Akademies en skole

Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), in samewerking met die Skool vir Tale aan die Sol Plaatje Universiteit (SPU) in Kimberley, bied van 2 tot 3 November 2017 ’n konferensie aan oor die Noord-Kaapse Afrikaanse streektaal en -letterkundes. Hier is die konferensieprogram en registrasievorm.

Die Orde van die Goue Pen aan Cas Vos toegeken

LitNet
Akademies en skole

Die Orde van die Goue Pen van die Afrikaanse Woordkunsakademie is aan Cas Vos toegeken vir sy uitnemende bydrae tot Afrikaans, veral in die teologie en digkuns.

LitNet Akademies

Die hermeneutiek van die geloof

Vincent Brümmer
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"In hierdie artikel word geargumenteer dat religieuse geloof nie ’n soort kennis is nie maar ’n soort interpretasie van die dinge wat ons ken. Gelowiges kyk na die werklikheid met die oë van die geloof."

Die gebruik van flitskaarte as hulpmiddel in die verwerwing van sigwoordeskat deur leerlinge met leestekorte

Ansie Lessing, Marike W de Witt
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die gebruik van flitskaarte as hulpverleningstegniek om sigwoordeskat te verhoog het nie net die leerlinge se leesspoed en leesbegrip bevorder nie, maar ook bygedra tot die belewing van genot en gemotiveerdheid om aan die leesaktiwiteite deel te neem."

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Kyk na ons lesers se voorstelle.

Boeke en skrywers

Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Lina Spies
Seminare en essays

"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."

Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..."

Kintu by Jennifer Nansubuga Makumbi: African Library

Annie Gagiano
Books and writers

"[T]he novel lends density and depth to readers’ perceptions of Ugandan society and histories, and of its vibrant present, despite its multiple troubles and difficulties that remain to be dealt with."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Tussen vriende deur Derick van der Walt

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Tussen vriende deur Derick van der Walt, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Tussen vriende: ’n onderhoud met Derick van der Walt

Derick van der Walt , Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Ons mans is net so bekommerd oor ons kinders en ons ouers wat oud word soos oor die wel en wee van die Blou Bulle en die effektebeurs. En ja, ons praat baie oor alles. Hoekom ken julle ons so sleg?"

Video: Ware mense deur Bart de Graaff word bekendgestel

Liné Enslin
Boeke en skrywers

"Bart de Graaff se Ware mense, ’n kontekstualisering van die geskiedenis van die Khoi-Khoin en onderhoude met eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe, is op 10 Oktober by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Kirby van der Merwe het met hom gesels."

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”

Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer."

Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Smuts se lewe en loopbaan is nie een wat eenvoudig begrawe kan word op grond van sy rasbeleid nie; daarvoor is sy nalatenskap eenvoudig te groot. Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog is daarom ’n mylpaal in die Suid-Afrikaanse historiografie."

Persvrystelling: NALN se Storiesak vir kleuters en Boekemark vir boekliefhebbers

LitNet
Boeke en skrywers

Op Saterdagoggend 28 Oktober 2017 vind Vriende van NALN se gewilde Boekemark by Volksblad se Kos- en kunsmark by Emoya Estate plaas.

Nou, hier deur Corné Coetzee: bekendstelling by die Foxwoodfees

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Nou, hier op 1 November by die Foxwoodfees in Johannesburg, waar Corné Coetzee met Pieter de Vos in gesprek sal wees.

Boek & Koek: Tussen vriende deur Derick van der Walt

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Tussen vriende op 22 November in Pretoria, waar Derick van der Walt met Ilse Salzwedel in gesprek sal wees.

The camp whore by Francois Smith: book launch

LitNet
Boeke en skrywers

You are invited to the launch of The camp whore on 14 November in Cape Town. Author Francois Smith will be in conversation with Elmari Rautenbach.

Persvrystelling: Lied vir Sarah: lesse van my ma deur Jonathan Jansen

LitNet
Boeke en skrywers

Op Donderdag 26 Oktober 2017 om 18:00 vir 18:30 vind die boekbekendstelling vir Lied vir Sarah: lesse van my ma deur Jonathan Jansen in Bloemfontein plaas.

Leefstyl

An act of defiance: ’n onderhoud met Antoinette Louw

Antoinette Louw, Naomi Meyer
Onderhoude

Antoinette Louw het pas ’n toekenning as beste aktrise by die Kaapstadse Internasionale Filmfees ontvang. Sy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die film An act of defiance.

Shakespeare in love by die Fugard-teater: ’n teaterresensie

Maryke Roberts
Teater

"Dis ligte vermaak met ’n huppel in sy stap. Kry sommer al jou vriende en familie om saam te gaan kuier."

’n Huldeblyk aan Chris Fourie

Albert Maritz
In memoriam

"Chris was Kapenaar toe hy sy laaste asem uitgeblaas het. Mens kan maar sê sy trein het die Paarlstasie binnegestoom. Vir die man wat nog nie uitgespeel was nie. Hy sou nog graag die tamboer wou slaan. Hy sou nie graag sy uurglas wou laat leegloop nie."

Wonderlus: ’n filmresensie

Reney Warrington
Film

"2017 het reeds ongelooflike Suid-Afrikaanse films opgelewer. 2018 lyk nog meer opwindend. Een van die hoogtepunte gaan vir seker Wonderlus wees."

Die beste 15 in ATKV-Tienertoneel 2017

Izak de Vries
ATKV-Portaal

Die ATKV-Tienertoneel 2017 se finale rondes het van 4 tot 7 Oktober in die Kunstekaap plaasgevind. Izak de Vries het al vier dae bygewoon en het, soos gewoonlik, sy kamera by hom gehad. Hier volg sy indrukke oor elke stuk.

Persvrystelling: Die nag van Legio by die Kunstekaap

LitNet
Teater

Die nag van Legio word beskou as een van die meesterwerke van die moderne Afrikaanse teater. PG du Plessis se bekroonde drama word vanaf 14 November vir ’n kort speelvak by die Kunstekaap-arena aangebied.

Persverklaring: Noord-Kapenaars is die land se beste spellers in Afrikaans

LitNet
US Woordfees

"Die Noord-Kaap is vanjaar die provinsie met die beste spellers. Tien van die dertig pryswenners in die Sanlam WOW Spelkompetisie se eindronde vir Afrikaans Huistaal kom uit dié provinsie."

Skryfwerk

Skryfkompetisie vir skoolleerders: "Ek voel anders as ander mense"

LitNet
Skryfkompetisies

As jy in graad 7 of in die hoërskool is, word jy uitgenooi om vir LitNet se skryfkompetisie in te skryf. Boekpakkies met leesstof vir die Desembervakansie is op die spel. Die tema van die skryfkompetisie is: “Ek voel anders as ander mense”. Inskrywings sluit op Donderdag 30 November 2017.

Chemo

Maretha Maartens
Fiksie

"Die toneel is onwerklik, onmoontlik. Weer en weer word dié oomblikke in die mens ingebeitel, ingekerf. Iewers kry jy jou beurt; iewers is jy die sandsteen, die ma wat alles sien kom, die een wat wil breek en nie mag nie."

Woordevriend

Hannes Steyn
Poësie

"Al wat nou vir my oor is,
is om met groot ontsag en hartseer te noem:
Daar gaan ’n vriend"

Tannie Hessie en die koorsblare

Stanley Cierenberg
Fiksie

"My mens, ek en ou mister Babinski wat die antieke winkel het, daar tussen die sentrale en die poskantoor, sit nou die dag op sy rooi stoep en gesels."

Dood van ’n geliefde (1)

Stanley Cierenberg
Poësie

"later in September
bak ek vir jou
outydse kleinkoekies"

Dood van ’n geliefde (2)

Stanley Cierenberg
Poësie

"Ek is jaloers
want jy sit anderkant
die Melkweg en die volmaan"

Skole

Graad 12-rekordeksamen 2017: vraestelle en memoranda

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is gratis eksamenvraestelle en memoranda van 2017 se rekordeksamen om jou te help met hersiening vir die eindeksamen.

Graad 12 Afrikaans: voorgeskrewe letterkunde

LitNet
Skole

Hier is ’n lys van die voorgeskrewe letterkunde vir graad 12 Afrikaans (Huistaal en Eerste Addisionele Taal), met hulpbronne oor die werke of skrywers waar dit beskikbaar is.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved