|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 915
01/09/2022
|
Krities Afrikaans
|
Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen – Graad 8 Huistaal
Samesteller: Martlie Jordaan
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781776073214
Hierdie werkboek maak dit maklik vir Huistaalleerders in graad 8 om Afrikaanse taalbegrippe in te oefen en om vir die eksamen voor te berei. Dit is gebruikersvriendelik en toeganklik, en oefeninge is gegrond op uittreksels uit die jongste jeugboeke en ander tekstipes. Dit sluit begrips- en hersieningstoetse en konsepvraestelle in, en bied ruimte vir antwoorde. |
 |
|
 |
Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie
Elodi Troskie
Resensies
"Die boek sluit die voordeur oop en nooi jou in die verteller se lewe in, laat jou lag, en laat jou dikwels stilstaan om ’n paragraaf oor en oor te lees omdat jy nie heeltemal kan uitpluis waar dit jou so diep tref nie. Misfit, en Rhys as skrywer, lewer ’n onvervangbare bydrae tot die Afrikaanse letterkunde."
|
 |
Eugene deur Kirby van der Merwe: ’n leeskringbespreking
Chris van der Merwe
Boeke en skrywers
"Dit was 23 jaar gelede dat Kirby van der Merwe se debuutroman, Klapperhaar slaap nie stil nie, verskyn het. Ons het lank gewag vir sy tweede roman, Eugene, en ons is met hierdie pragtige werk beloon. Dit bevat ’n uiters geloofwaardige uitbeelding van mense en plekke, van die mense van die ghetto’s sowel as die aktiviste van Hillbrow."
|
 |
Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet
Catrina Wessels
Boeke en skrywers
"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."
|
 |
Persverklaring: Skrywers kan 1 September ernstig skade ly
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans het al herhaaldelik ons kritiek op die wetsontwerp geformuleer. Die kritiek geld helaas steeds, aangesien dié opspraakwekkende wetsontwerp, ten spyte van grootskaalse teenkanting, slegs kosmetiese veranderinge ondergaan het en steeds op ’n verreikende verswakking van kopieregbeskerming en ’n ontneming van skrywers se bestaande inkomstestrome neerkom.
|
 |
Miniseminaar: Oor jeugverhale, Van Coller, en ek en Barrie Hough
Reinhardt Fourie
Seminare en essays
"Dit beteken nie dat daar sprake van ’n sinistere, politiek korrekte of woke kabaal is nie, maar eerder dat ons te make het met ’n ingewikkelde proses waartoe baie mense bydra en waarin hulle ook ’n belang het." Lees Reinhardt Fourie se bydrae tot LitNet se miniseminaar "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
|
 |
Madame Pylinska en die geheim van Chopin: gedagtes oor die boek, die teaterstuk en die vertaling
Emile Minnie
Boeke en skrywers
"Schmitt skryf met ’n kleurvolle pen: sy beskrywings van musiek en emosies is sag op die geestesoog. Wanneer die verhaal by die skadukant gaan draai, is dit nie oordadig nie, en die somber word goed gebalanseer met skalkse humor. Die vertaalwerk uit die oorspronklike Frans, gedoen deur Naòmi Morgan, het my groot vreugde verskaf. Haar woordkeuses is net so kleurvol soos Madame Pylinska se tulband."
|
 |
Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Die boek is propvol aksie, gewere, bomme en tegniese besonderhede waaraan ons in Clancy-verhale gewoond geraak het. En om die spanning lekker uit te rek, spring die hoofstukke heeltyd tussen die hede en verlede rond."
|
 |
The African library: Men don’t cry by Faïza Guène
Annie Gagiano
Books and writers
"Men don’t cry is her fourth novel and the hilarious moments do not disguise the poignance of what is at heart a family tragedy, exploring the inevitable generational cultural split in that sector of society in which parental values and cultural preferences are all too often abandoned and disrespected by their offspring, who wish to 'make it' in the setting of an economically and educationally extremely different setting from the one in which their parents were raised and attained maturity."
|
 |
An interview with Tracy Terblanche, manager of Bargain Books Walmer Park
Izak de Vries, Tracy Terblanche
Books and writers
"Chat to one of our helpful booksellers. We can order titles in and source books from many sources. Sometimes it feels like we conjure up books from magical places and we feel like wizards, although Book Wizard is not yet an official job title."
|
 |
Persverklaring: Verpak en verfyn jou skryfwerk – ’n aanlyn kursus
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Kom hoor meer oor hoe om vir ’n bepaalde mark te skryf, proeflees en redigering (skakel onnodige foute uit), die belangrikheid van ’n besigheidsgesindheid onder skrywers, hoe sosiale media in die skrywer se guns aangewend kan word, geleenthede vir skrywers, ’n uitgewersperspektief: wat werk en wat werk nie?
|
 |
The Copyright Amendment Bill: an interview
Naomi Meyer, Louis Gaigher, Leanne Martini
Onderhoude (2019)
On 28 March the Copyright Amendment Bill was passed by the National Council of Provinces. If President Ramaphosa signs the bill, the process will have been completed.
Louis Gaigher (senior publisher at Van Schaik Publishers and a member of the Publishers Association of South Africa’s legal committee) and Leanne Martini (general manager of Van Schaik Publishers) discuss the Copyright Amendment Bill with Naomi Meyer.
|
 |
Press release: Authors unite against Copyright Amendment Bill
PEN Afrikaans
Portale (2018)
Authors have united in their call upon the South African legislature to refrain from adopting the Copyright Amendment Bill to be debated in the National Assembly this week. A petition against the adoption of the Bill, which could have devastating consequences for authors and intellectual, artistic and educational production in South Africa, is being presented to the Minister of Trade and Industry today.
|
 |
The Copyright Amendment Bill: an interview with Sadulla Karjiker
Sadulla Karijker, Catrina Wessels
Onderhoude (2017)
The revised version of the Copyright Amendment Bill ("the Bill") was released on 16 May 2017. It has caused great concern for authors and publishers, who fear that the weakening of copyright protection will have an adverse impact on their very livelihood. One of the most critical perspectives on the Bill comes from the Anton Mostert Chair of Intellectual Property at Stellenbosch University. Sadulla Karjiker, the Incumbent of the Chair of Intellectual Property, and Cobus Jooste, Fellow of the Chair of Intellectual Property, pulled no punches in their written submissions to the Department of Trade and Industry (DTI). Catrina Wessels spoke to Karjiker about some of the changes that the Bill aims to introduce to the Copyright Act ("the Act") and his concerns in this regard.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Die stilswye rondom swart-op-swart rassisme
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die xenofobie kom nie as ’n verrassing nie. Van ons populistiese politieke leiers hits dit aan sonder dat hulle enige ernstige nagevolge ervaar. Hulle word nie deur hul volgelinge gesensureer nie, wat hulle net dapperder maak vir ’n volgende poging. Boonop inspireer hulle ander politieke leiers om dieselfde te probeer in ’n poging om ook meer relevant te probeer wees."
|
 |
Die kompleksiteit van polio – en die belang van inenting
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Daarom kan die gevalle wat nou opgelet word, selfs die virus in die rioolwater, gesien word as mensgemaak, máár net omdat daar nie behoorlik voldoen word aan entstofprogramme nie. Vir virusse soos polio (onder meer masels ook) wat hoogs aansteeklik is, moet 90% of meer van die bevolking gevaksineer wees om voldoende dekking te kry."
|
 |
VVA Ommietafelgesprek: Hoe baan jou taal ’n weg tot sukses?
Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal
"Almal kan nie gepubliseerde skrywers word nie, maar elke mens het ’n storie om te vertel. Afrikaans bied aan almal die geleentheid om hulle lief en leed met ander te deel. Dit is een van die voertuie wat ’n weg tot sukses kan baan."
|
 |
In memoriam: Marzanne Leroux-Van der Boon (1940–2022)
Helene de Kock
In memoriam
"Marzanne was ’n skrywer, vertaler, berader, onderwyser en het op verskeie rade gedien. So het sy sinvolle bydraes gemaak tot die samelewing en nogtans ’n redelik lae profiel gehandhaaf omdat sy sag van aard en wys was. Marzanne Leroux-Van der Boon sal op vele terreine gemis word."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Uit het archief: Themamiddag over postkoloniale beeldenstormen
Ingrid Glorie
Geschiedenis (2018)
Op woensdag 25 april vond in het Rijksmuseum in Amsterdam een themamiddag plaats over "postkoloniale beeldenstormen". Aan de hand van enkele vragen die haar zijn voorgelegd door Voertaal-correspondent Ingrid Glorie doet Jinna Smit, programmaleider van het Gedeeld Cultureel Erfgoed-programma van de Rijksdienst voor het Cultureel Erfgoed, verslag. De Rijksdienst voor het Cultureel Erfgoed, een onderdeel van het Nederlandse ministerie van Onderwijs, Cultuur en Wetenschappen, geeft de toekomst een verleden.
|
 |
Klimaatskrisis – siektes, brande, vloede, hitte – reeds hier
Elsabé Brits
Actueel
"Die verandering in klimaat is reeds sigbaar en tasbaar vir ons. Aansienlik hoër temperature in verskeie wêrelddele, oorstromings, droogtes, storms en brande bedreig mense en ander lewe. ... Die klimaatskrisis is nie ’n probleem vir die volgende generasie in 2100 nie – kinders wat nou gebore word, sal dan leef. Wil ons ’n onleefbare woesteny aan hulle nalaat?"
|
 |
’n Akademiese foodie op reis deur België
Mareli Swart
Reizen
"Van 9 tot 10 Junie 2022 het ek die geleentheid gehad om aan die simposium 'Binnenlandse vogels, buitenlandse nesten: Nederlands en Vlaams cultuurbeleid, internationale uitgevers en de verspreiding van Nederlandstalige literatuur in vertaling' deel te neem wat by die KU Leuven Brusselkampus aangebied is en deur die Nederlandse Taalunie befonds is. ... Die ervaring het my oë op verskillende maniere oopgemaak."
|
 |
Reserwebank soek antwoorde by Ramaphosa oor Phala Phala
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Hulle wil onder andere weet of die President die buitelandsevaluta-transaksie aangemeld het wat die bron was van die Amerikaanse dollars wat na bewering van sy plaas gesteel is, soos wat deur die wet vereis word."
|
 |
Misdaad in Suid-Afrika neem steeds toe
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die kwessie van misdaad is een wat byna alle burgers ervaar, ongeag hul ekonomiese status of waar hulle woon. Dit blyk uit die jongste data wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is."
|
 |
Deurbraak om vermeende staatskapers agter tralies te kry
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Hul inhegtenisneming hou verband met ’n hoogs omstrede kontrak vir lokomotiewe wat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rand gekos het. Molefe ontken die bewerings teen hom en sê hy sal nie ’n verklaring aflê voordat die aanklagte teen hom bekendgemaak is nie."
|
 |
Papa dearest
Sifiso Mzobe
New writing
Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. In Sifiso Mzobe’s Papa dearest, a man remembers his late father who kept smiling while fading away into the arms of death. Sonwabo Mpandle performs the monologue, directed by Gaerin Hauptfleisch. Watch the performance here. The monologue text is also available.
|
 |
Lentedraai
Andries Fourie
Poësie
"jy’s kleurkind vroeg-Oktober tot die
somer jou ontbind
ag hoe prettig buig die blomme
voor die asem van die wind"
|
 |
Fluisterstem van die heelal
Susanne Pretorius
Poësie
"’n ster verskiet in die hemelruim
’n ligstreep in die gitswart nag
wat soos ’n duisend sterre skyn
op die pad waar ek vir jou wag"
|
 |
Karen se Tafelberg-potjie (vir M)
Karen Hart
Kos en wyn
"Hierdie een is nou baie hoog boaan die trefferlys en ek maak dit gereeld. Wanneer hy vir hom van hierdie potjie skep, sê M, lyk sy bord soos Tafelberg, lekker hoog gestapel. Dis een van sy groot gunstelinge."
|
 |
NOPE-filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Uitdagend, verstommend, snaaks, vreesaanjaend en anders."
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|