|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 734
1/02/2019
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: #politieklimeriek |
Pasverskyn
Philippolis
Philippolis vier ’n langverwagte, omvangryke optekening van dié dorp se wel en wee: geskiedenis, geboue, mense ... Maar op vele vlakke gaan dit nie bloot oor ’n spesifieke dorp nie, maar oor ’n Suid-Afrikaanse landelike gemeenskap. Is dit jou soort wortelwêreld? Jy sal in dié boek belangstel as jy die geskiedenis en jou herkoms koester en vir die nageslag wil bewaar.
"Jens Friis gee ons ’n helder beeld van Philippolis met deernis, agting en prikkelende inligting. Dit is ’n moet vir die boekrak." – Pieter Fourie (Hertzogprys-wenner)
Skrywer: Jens Friis
Die boek kos R350 en kan teen R100 ekstra gekoerier word. Dis ook beskikbaar in Philippolis en by Protea in Pretoria en Bloemfontein. Navrae: jejofr@hotmail.com. |
 |
|

LitNet is vanjaar 20 jaar oud. Ter viering bied ons ’n limeriek-kompetisie aan. Top-beoordelaars; top-pryse!
As burger van ons onstuimige land kan jy nou stoom afblaas, giggel of skel oor die kwinte en kwale van die wêreldpolitiek of plaaslik hier in ons Republiek. Laat jou woorde sing oor die trieks van die politiek en die geknoei wat so vermoei. Weeklikse wenners kry R3 500 vir die eerste twee weke, en daarna R2 000 per week. Die Politiek-Limeriek-Grootkampioen ontvang ’n addisionele R10 000!
Hier is die beoordelaars, die kompetisie-reëls en advies oor die aard van ’n limeriek.
Laat jou stem hoor!
|
 |
’n Kort verhaal
Melt Botes
Fiksie
"Die volgende oomblik voel dit asof sy pas versnel en ons jaag tussen koue sementgeboue wat hoog bo ons uittroon. Kil handelskatedrale met glasoë wat gluur en grou mure wat ons aan weerskante kelder en in een rigting forseer."
|
 |
Knersvlakte
Alwyn Roux
Poësie
"brakbos en droë gras en sand
en stukke kwarts en vliete droog"
|
 |
First impressions
Sundeeka Mungroo
New writing
"He never did text me. Charlie, I mean. We went on as if the kiss had never happened."
|
 |
Openbaring 4
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"Vlak voorie troon het dit gelyk soes ʼn spieëlgladde siee, soes kristal. Om die troon en an elke kant vannie troon het daa vie liewende wesens gestaan, met oë annie voo- en agtekant."
|
 |
Die tameletjie van veeltalige universiteite
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die vonk in die kruitvat was toe Mboweni hom in die openbaar in sy persoonlike hoedanigheid op Twitter gedistansieer het van UP se besluit om Afrikaans uit te faseer as medium van onderrig."
|
 |
Persverklaring: Tito se twiet oor Tukkies is in die kol
LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) verwelkom die minister van finansies, Tito Mboweni, se Twitterkommentaar oor die afskaffing van Afrikaans by die Universiteit van Pretoria. Die Taalraad veroordeel insgelyks die uitrangering van Afrikaans as onderrigtaal aan die UP, want in effek lui dit die doodsklok vir alle ander Suid-Afrikaanse tale om tot onderrigtaalstatus uitgebou te word."
|
 |
LitNet Akademies Weerdink: Verkiesing 2019
Menán van Heerden, Chris Nelson
Onderhoude
Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2019. Die tweede onderhoud in hierdie reeks hou verband met die 2019-verkiesing. Menán van Heerden gesels met Chris Nelson oor die stand van ons demokrasie.
|
 |
Die groot gevry na die bruin stem
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Hierdie jaar, 2019, en hierdie algemene verkiesing beloof om een uitgerekte reeks skermutselings te wees, met al die politieke gepretzelry wat dit impliseer. Vrugbare teelaarde vir satirici. Goedkoop vermaak vir die res van ons."
|
 |
The rise and fall of Mmusi Maimane
Jason Lloyd
Opinion
"Over recent years, the DA has attracted South Africans of different backgrounds with diverse ideological views. Maimane is under enormous pressure to keep these different interest groups with different backgrounds happy in the party."
|
 |
Wupperthal ween
Menán van Heerden
Menings
"Ek wou net 500 woorde skryf oor die ontstaan van Wupperthal, om ietsie te skryf oor wat verlore is."
|
 |
Boekskenkings vir skoolbiblioteek gevra
Madri Victor
SêNet-briewe
"My dogtertjie Amelie het pas graad 1 begin in ’n skool wat hierdie jaar vir die eerste keer sy deure geopen het. Laerskool Vredekloof wil graag ’n biblioteek inrig en ’n sterk leeskultuur skep, maar met soveel dinge wat nuut gekoop en opgerig moet word, gaan dit moeilik."
|
 |
Huldeblyk: Theo Bekker (1955–2019)
Theo Venter
In memoriam
"Theo Bekker se oudstudente, kollegas en vriende sal hom onthou as ’n aangename en vriendelike mens wat altyd opgeruimd en gereed met ’n kwinkslag was. Hy het ’n wye perspektief op Suid-Afrika gehad en hom nie laat vasknoop in ideologiese hoeke nie."
|
 |
Maandae was annerdag was, en Dinsdae strykdag
Wendy Anthonie
Elders gesien
"En toe hardloop die nostalgie met my teen honderd myl per uur terug na my kleintyd en ma se Dinsdae-stryk-ritueel. Sy het eers elke stukkie wasgoed natgespat, opgerol en soos worsrolletjies styf langs mekaar in die groot sinkbad gepak."
|
 |
Skrywers gesels oor kykNET-reeks Dwaalster
Marli van Eeden, Nicola Hanekom, Retief Scholtz
Onderhoude
"Ons hoofkarakter, Annabel Loots, vlug uit die stad omdat sy in gevaar is weens haar werk as ’n ondersoekende joernalis. Terwyl sy op Maanhaarsdrif laag lê, word haar string plofbare artikels oor skaliegasontginning en korrupsie gepubliseer, met dramatiese gevolge."
|
 |
Nie die laaste noot nie: ’n onderhoud met Johan Stemmet
Marli van Eeden
Onderhoude
"Ná byna 29 jaar, 43 reekse en byna 700 episodes het Johan Stemmet diep spore in Suid-Afrikaners se harte getrap. Johan, sy musiekfabriek, onderbaadjies en sêgoed het volksbesit geword. Gaan Noot vir noot dieselfde sonder hom wees?"
|
 |
Kraak deur Rouxnette Meiring: ’n resensie
Elzette Steenkamp
Resensies
"Meiring se uitbeelding van ’n toekomstige Afrika is vernuwend. Kraak vermeng fantastie-elemente soos meerminne, 'aliens' en mensvretende visse met die mistieke, Egiptiese mitologie en die tegnologiese aspekte van wetenskapfiksie."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
 |
Vlaams herberg is beste café ter wereld
Michaël Vandamme
Culinair
"De kroeg, gelegen in het landelijke Pajottenland op een half uurtje rijden van Brussel, wordt wel eens omschreven als het 'café' met de langste naam en met de kortste openingsuren."
|
 |
Akkoord over kinderpardon geeft nieuwe hoop
Ingrid Glorie
Actueel
"Regeringspartijen VVD, CDA, D66 en ChristenUnie hebben dinsdagavond een akkoord bereikt over het zogenaamde 'kinderpardon'. Zo’n negentig procent van de ongeveer 700 kinderen van asielzoekers die in Nederland geworteld zijn maar toch het land uitgezet dreigden te worden, mag blijven. Met dit besluit lijkt een regeringscrisis voorlopig afgewend."
|
 |
Harare se staatsterreur
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Mthuli Ncube, Zimbabwe se minister van finansies, geklee in ’n duur pak klere en ’n syserp, vertel aan joernaliste dat die jongste onrus in sy land, waarin 12 mense dood is, 300 of so aangehou en gemartel is en talle ander nog soek is, 'was just a blip on the agenda of reform'."
|
|