|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 728
6/12/2018
|
Krities Afrikaans
|
Kinnes
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar "Ahnie" Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys-gang soek nog meer roem. Derick moet die skool verlaat wanneer Nicole swanger raak en Rolanda sal enigiets doen om ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian te hê. ’n Onthutsend eerlike verhaal van vier karakters op die rand van volwassenheid wat met deernis en humor vertel word.
Skrywer: Chase Rhys
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708763
Prys: R220
|
 |
|
 |
Die Bo-Kaap: my erfenis
Fatima Allie
Menings
"My wortels en waar ek vandaan kom, is baie belangrik. Dit begin in die Bo-Kaap! Alhoewel ek nie meer in die Bo-Kaap woon nie, is my eerste herinneringe, my geskiedenis, my kultuur en tradisies in hierdie pragtige gebied op die hange van Signal Hill gewortel. Met die aanvang van gentrifikasie is die gemoedsrus van die inwoners van die Bo-Kaap tot sy kern geskud. My storie is net een storie."
|
 |
Wat gat nou an, Bo-Kaap?
Zulfah Otto-Sallies
Poësie
"Is ’n democracy virrie rich
Buy one get one free
Hulle koep die Bo-Kaap stuk vir stuk
Alles is vi’ sale ..."
|
 |
Baai baai, Bo-Kaap
Ricardo Arendse
Poësie
"Soe julle moet plek maak vir overseas mense wie kom op vacation."
|
 |
Die vrystelling van slawe: 1 Desember 1834
Menán van Heerden
Menings
Slawerny is op 1 Desember 1834 amptelik in die Kaapkolonie afgeskaf, maar slawe moes daarna vir vier jaar as vakmanne vir hul eienaars werk. Slawe is dus ten volle bevry op 1 Desember 1838. Hier is ’n keuse uit LitNet-materiaal oor die rol en invloed van slawe en hul afstammelinge.
|
 |
Van skrywers, boeke en lesers (Deel 3)
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Kinders het nie veel keuses gehad daai tyd nie, maar niemand het ons keuses in die biblioteek bevraagteken nie. Dalk juis daarom dat biblioteke vandag nog vir my die ultimate demokrasie is. Almal is gelyk. Almal se keuse word gerespekteer. Lesers is ’n tribe. Ons ken mekaar uit waar ons ook al gaan. En dis kosbaar. Dis onvervangbaar."
|
 |
Hoe lyk ’n bruin mens?
Jason Lloyd
Rubrieke
"Dit bring na vore dat bruines nie almal eenders lyk nie. Hulle is nie vervelige fotokopieë van mekaar nie. Vele bloedlyne deurkruis die psige van bruinwees. Die genetiese boustene van menswees lê dus almal in bruinwees opgesluit."
|
 |
Wie was die voorsate van die moderne mens?
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Minder as ’n 100 000 jaar gelede was die moderne mens meestal beperk tot Afrika – die vasteland waar ons almal ontstaan het. Hulle neefs en niggies, die Neanderdalmense, én die Denisovans, het onderskeidelik in die weste en ooste van Eurasië geleef. ’n Enorme gebied."
|
 |
Nelson Mandela – zijn nalatenschap
Herman Meulemans
NeerlandiNet
Dit is vyf jaar na die afsterwe van Nelson Mandela, en Herman Meulemans skryf oor Zelda la Grange se Nelson Mandela-lesing in Gent: "Er zijn weinig doorwrochte werken verschenen over Nelson Mandela die het innerlijke van deze man meer doen spreken dan Zelda la Grange’s memoires."
|
 |
Die sielkunde van korrupsie
Handré Brand
Seminare en essays
“Binne die konteks van ’n konseptuele raamwerk sou ’n vertrekpunt in die toekoms moontlik wees om ’n drieledige teoretiese raamwerk daar te stel wat fokus op persoonlikheid, moraliteit en magsbewustheid as ’n grondslag vir korrupsievatbaarheid.”
|
 |
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018
LitNet
Wen
Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Laat weet ons voor middernag op 10 Desember 2018. Jy kan ’n stewige boekpakkie vir jou Kerskous losslaan. Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
|
 |
Tell me your story by Ruda Landman: a book review
Izak de Vries
Books and writers
“Since the book is representative of all races, a variety of cultures, most religions and a fair range of age groups, the reader is treated to a number of colourful, multilayered views of our country.”
|
 |
Gert & Joey deur Pieter van Zyl: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
“Van Zyl gaan op ’n reis wat hom in Gert en Joey se spore laat stap. Hy besoek die Moot, gesels met kennisse, vriende en familie, die slagoffer wat weggekom het en die polisie om soveel as moontlik inligting te kry.”
|
 |
 |
US Woordfees 2019: Boeke en skrywers
LitNet
US Woordfees
Die Woordfees het as literêre fees begin en die geskrewe en gesproke woord bly die polsende hart van die fees. In 2019 bied die Skrywersfees weer ’n verstommende verskeidenheid met hope inspirerende verhale agter al die merkwaardige ervarings en verbeeldingstogte wat in boeke uitmond. Ook op die program is ’n reeks slypskole met die sleutels tot nuwe kreatiwiteit.
|
 |
US Woordfees 2019: Filmfees
LitNet
US Woordfees
Die US Woordfees se 2019 Filmfeesprogram sal jou opgewonde maak oor die verskeidenheid en gehalte van Suid-Afrikaanse filmkuns.
|
 |
US Woordfees 2019: Stand-up-komedie
LitNet
US Woordfees
Die stand-up-komedie is elke jaar een van die gewildste afdelings op die program en in 2019 sal feesgangers baie geleentheid kry om hul lagspiere hard te oefen.
|
 |
US Woordfees 2019: Teater
LitNet
US Woordfees
Met die 2019-teaterprogram kan jy besluit of jy wil lag, huil, uitgedaag word, met ’n mooi storie verlei word of gekonfronteer word met dít waarvan jy dalk nie veel weet nie.
|
 |
US Woordfees 2019: Visuele kuns
LitNet
US Woordfees
Die 2019 Visuele Kuns-program onder kuratorskap van die ervare Theo Kleynhans bied ’n wye tematiese en stilistiese verskeidenheid.
|
 |
Stryder vir demokrasie sterf
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Boraine was een van enkele lede van die destydse Progressiewe Federale Party wat in 1986 saam met sy leier, Frederik van Zyl Slabbert, as parlementslede bedank het omdat hulle nie meer vertroue gehad het in die parlementêre proses onder die apartheidsregering nie." |
 |
Judith Calmeyer Meijburg: "In deze baan komt alles samen"
Ingrid Glorie
Actueel
"Vanaf 1 december heeft het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam een nieuwe directeur. In dit exclusieve interview vertelt Judith Calmeyer Meijburg over haar band met Zuid-Afrika, over wat het betekent om als vrouw carrière te maken in een mannenwereld, en over haar plannen met 'hét' Huis."
|
 |
Zelda la Grange in Gent: "Wat wordt onze nalatenschap?"
Ingrid Glorie, Elize Zorgman
Actueel
"Op maandag 26 november gaf Zelda la Grange in Gent de vijfde Nelson Mandela-lezing. La Grange was bijna twintig jaar lang Mandela’s persoonlijke assistente. Hoewel haar verhaal in Zuid-Afrika inmiddels wijd bekend is en zij ook in Nederland geen vreemde meer is, was dit de eerste keer dat ze in België optrad."
|
|