Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 713

23/08/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou feestelikheid

Pasverskyn

Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Toe Pamina Vermaak op skouspelagtige wyse by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Druipstert keer sy terug na haar ma-hulle op die klein Weskusdorp Witwaterbaai – ’n plek wat sy gesweer het haar nooit weer sou sien ná ’n fiasko elf jaar gelede nie. Maar nou moet sy tog haar onkonvensionele gesin, van wie sy vervreem geraak het, in die oë gaan kyk. Die tragiese saak van Pamina Vermaak is eerlik en eietyds – ’n romantiese komedie sonder gelyke in Afrikaans.

Skrywer: Annie Klopper
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708701
Prys:
R245

Leefstyl

kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms

Reney Warrington
Film

"Vir diegene wat die fees bywoon: berei julle voor vir besonderse films wat omtrent elke genre dek."

Kanarie maak Suid-Afrikaanse debuut by Silwerskermfees

Marli van Eeden, Christiaan Olwagen, Charl-Johan Lingenfelder
Film

"Hierdie is primêr ’n Suid-Afrikaanse 'coming-of-age'-verhaal met ’n geweldige klomp taboe onderwerpe wat aangespreek word. Dis ’n film oor oorlog, maar die oorlog wat mens met jouself voer. As jy jou lewe lank gekondisioneer word om dit wat jy is te haat, gaan jy uiteraard jou eie grootste vyand word."

kykNET Silwerskermfees: ’n onderhoud met Antoinette Louw oor An act of defiance

Naomi Meyer, Antoinette Louw
Film

"Maar ná die film by die fees gewys het, het Molly se kleindogter na my toe gekom. (Sy het nooit haar ouma ontmoet nie.) En sy het vir my gesê: 'Ek het nou my ouma ontmoet' en ons het mekaar omhels. Dit is beter as enige toekenning."

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David
Feeste

"Ons het werklikwaar die ondersteuning van groot name in die Afrikaanse letterkunde gekry. Bibi Slippers, Dana Snyman, Etienne van Heerden, Ronelda Kamfer, Karin Brynard, Willie Burger, Fanie Olivier, Nathan Trantraal en Clinton du Plessis, om net ’n paar te noem."

Persvrystelling: 2018 se Etienne van Heerden Veldsoirée en Veldskool oor September-langnaweek

LitNet
Feeste

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vind vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos plaas. Naas die boekefees word daar vanjaar ook ’n veldskool vir ontluikende skrywers aangebied.

BoekeJol- en FilmRol-fees 2018: ’n onderhoud met Dia van Staden

Naomi Meyer, Dia van Staden
Feeste

"Bring die hele gesin. Elkeen kan sy deel doen en ’n nuwe leser of voornemende leser aan die fees kom voorstel. Ons sien daarna uit om die publiek, van alle ouderdomme, daar te ontvang."

Persvrystelling: Jol met skrywers en kenners

LitNet
Feeste

Die vierde BoekeJolfees sal vanjaar van 30 Augustus tot 1 September by die Leriba Hotel in Centurion aangebied word. Meer as 30 boekbesprekings, aktuele gesprekke, werkwinkels vir jeug en volwassenes en sosiale samesyn word aangebied. Nog inligting is hier beskikbaar.

Tuin van digters 2018: program

LitNet
Feeste

"Hoe ervaar verskillende digters, kunstenaars, musikante, liefhebbers van poësie en mense uit verskillende gemeenskappe, taal- en kultuurgroepe – oud en jonk – digkuns? Kom kyk, luister en beleef hóé ... by die sewende jaarlikse Tuin van digters."

Persvrystelling: Aardklop-app nou beskikbaar!

LitNet
Aardklop

"Dié toepassing gee jou toegang tot ’n interaktiewe feesprogram en regstreekse resensies van alle produksies. Jy kan jou eie feeskalender aanmekaarslaan en hy waarsku jou selfs oor moontlike botsings!"

Persvrystelling: Gedigtefees in McGregor, 24 tot 26 Augustus 2018

LitNet
Feeste

"Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur ’n keur van Suid-Afrikaanse digters."

Vlooi en die musiekfabriek in die Kunstekaap: graad een-leerders vertel van hul teaterervaring

LitNet
Teater

"Die konsert was lekker. Ek wil graag weer gaan."

Endgame at the Baxter: theatre review

Clifford Roberts
Teater

"Together, this latest crew whips up Beckett’s tale anew and makes an important and essential contribution to discourse ironically under threat of being drowned out itself."

Stroomop: ’n resensie

Reney Warrington
Film

"Stroomop is ongelooflik mooi geskiet. Chanelle de Jager en Simone Nortmann beïndruk soos altyd. Chanelle gee ’n menslikheid aan Adri, maar kan jou met een kyk laat skaterlag. Van die temas wat aangeraak word, is belangrik vir vroue."

Boeke en skrywers

Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper: ’n (musikale) onderhoud

Naomi Meyer, Annie Klopper
Skrywersonderhoude

"Ek wou die tipe boek skryf wat ek en my vriende sal kan geniet. Ek is mal oor liefdesverhale, maar daar is dinge wat my hinder in sommige meer tradisionele Afrikaanse liefdesromans. Soos dat die hoofkarakters meestal net wit en straight is. Of dat die vroue se krisisse altyd veroorsaak – en opgelos word – deur mans, eerder as deur hulself."

Bakgeheime: ’n onderhoud met Martjie Malan

Naomi Meyer, Liné Enslin, Martjie Malan
Skrywersonderhoude

"Al my geheime is in die boek opgesluit – ek het nie een wat ek geheim hou vir myself nie. Die boek is vir elkeen wat dit ooit sal oopmaak, en alle bakgeheime is nou daarin verklap."

Dubbelspiraal deur André Jansen: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

"Met ’n meesterlike ratatata-inleiding neem die skrywer die leser in hierdie roman (speurrroman?) op ’n vinnige, intense voëlvlug oor vier vurige dekades van die afgelope Suid-Afrikaanse geskiedenis."

kykNET-Rapport Boekpryse 2018: Kortlyste vir resensiepryse bekend

LitNet
Resensies

"Die kortlyste is pas bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan die room van Afrikaanse resensies wat in 2017 verskyn het." Hier is die finaliste.

The Enumerations by Máire Fisher: excerpt

LitNet
Books and writers

"A violent incident at 17-year-old Noah Groome’s school sets into motion a chain of events that will test him and his family deeply." Read an excerpt from The Enumerations by Máire Fisher, author of Birdseye.

Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n resensie

Gerda Taljaard
Resensies

"Reeds met die optel van die boek vermoed die leser dus dat die bose en dood, soos dit enige goeie sielkundige riller betaam, heeltyd net onder die oppervlak teenwoordig sal wees; dat dit soos in NP Van Wyk Louw se ‘Ballade van die bose’ immer in die karakters se spoor sal trap ‘soos ’n goeie hond’."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Lam ter slagting deur Madelein Rust

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Lam ter slagting deur Madelein Rust, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Boekbekendstelling: Gerard Scholtz in gesprek met Helena Gunter oor Tweespoor

LitNet
Boeke en skrywers

Protea Boekhuis nooi jou om te kom luister na Gerard Scholtz in gesprek met Helena Gunter oor haar boek Tweespoor op Saterdag 8 September in die Drostdy Teater op Stellenbosch.

Eerste reaksie, top-resensie

Crito
Blogs

"Wanneer laas het soveel mense uitgesien na ’n boekresensie?"

Menings

Sosiale geregtigheid en die ANC se grondbeleid

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Daar kan nie ware geregtigheid wees as die regstelling net gebruik word as ’n wortel voor die neus met ’n korttermyndoelwit voor oë nie."

Afrikaans is ’n reënboogtaal

Jean Oosthuizen
Menings

"Boezak voel baie sterk oor die waarde van Afrikaans as onderrigtaal tot op tersiêre vlak. Hy sê kennis is die beste wapen teen armoede en kennis kan die beste opgedoen word deur middel van moedertaalonderrig."

Christo van Rensburg (1938–2018)

Ernst Kotzé
In memoriam

"Hy was een van ’n geslag van ikone en uitstaande kenners van die Afrikaanse taalkunde wat ’n mens by wyse van spreke in die eregalery van Afrikaans sal vind."

Beeldvorming van de Zuid-Afrikaanse oorlog: Spotprenten in Nederlandse en Vlaamse periodieken

Lieselot Tuytens, Jessica Vandevoorde
NeerlandiNet

"De Nederlandse visie op het Zuid-Afrikaanse strijdtoneel is onderzocht op basis van een verzameling met spotprenten en tekeningen uit vier tijdschriften."

Lag en leesmotivering: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Nandi Lessing-Venter
Onderhoude

"Wanneer ’n mens dieper begin delf in kinders se sin vir humor, maak dit ’n hele ander wêreld vir ’n mens oop."

LitNet Akademies

Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie

Lina Spies
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Die deurlopende tema in Die verlate tuin is die onvervulde mens se vergeefse verlange na vervulling van sy diepste behoeftes, ’n ongeskonde aarde en ’n vertrouensverhouding met God. Deur aan Bybelse vroue poëtiese gestalte te verleen, gee Rousseau uitdrukking aan spesifiek vroulike onvervuldheid."

Skole

Graad 10: Fisiese Wetenskappe (Chemie): vraestel 2 en memorandum

Luize Kroukamp
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Fisiese Wetenskappe.

Ek mis dit, jy weet ...

Simoné du Plessis
Kuberklas Kreatief

"Die donker nagte wat jy in jou bed lê en jouself aan die slaap huil, dis dit wat ons laaste bietjie hoop gesteel het, hoop vir vrede, hoop vir geluk. Nou kom vou die donker om ons en hou ons vas."

Skryfwerk

Buksie

Andries Wessels
Fiksie

"Skielik skok Malie se hart in haar keel, want ’n Engelse soldaat doem reg voor haar op bo die klip uit. Hy kyk haar verras in die oë, en die oomblik se aarseling gee haar die kans; sy lig haar mauser en skiet vinnig."

Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 3)

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Hy’t toe uitgegan en drie honnerd jakkalse gevang en hulle stêtte twie-twie vas gemaak anmekaa. Hy’t toe ’n fakkel an elke paa stête vasgemaak; hy’t toe die fakkels angestiek ennie jakkalse los gelaat innie graanvelde vannie Filistyne."

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 2)

Olivia M Coetzee
Fiksie

"Toe hulle die kam uit haa hare uit trek, het Sneeuwit wakke geskrik en vi hulle alles vetel wat gebeerit."

Nou op Voertaal

Eerste Zuid-Afrikaanse western dingt mee naar prijzen filmfestival Amsterdam

Voertaal
Kalender

"Deze week kun je tijdens het World Cinema Festival in Amsterdam onder meer kijken naar de Zuid-Afrikaanse speelfilm Five Fingers for Marseilles. Deze film wordt voor het eerst in Nederland vertoond en is een van de kanshebbers in het competitieprogramma van het festival."

Grondonteiening sonder vergoeding!

Christo van der Rheede
Meningen

"En hierin lê die geleentheid! Dit is om die boodskap uit te kry dat grondonteiening sonder vergoeding nié gaan help om mense uit hul staat van armoede, wanhoop en desperaatheid te lig nie. Die uitbreiding van eiendomsreg en ’n groeiende ekonomie daarenteen wel!"

Standbeelden toegelicht

Michaël Vandamme
Meningen

"Naarmate de figuur van Leopold II meer omstreden raakte, weerklonk ook steeds scherper de vraag wat met de verschillende standbeelden van de voormalige Belgische Koning aangevangen moet worden."

Marikana and the false “New Dawn”

Mike van Graan
Nuusvinke

"Such commemorative days are supposed to remind us of the past atrocities in contravention of human rights, so that we do not repeat them in the future. And yet, the Marikana massacre stands as monument to how little we have learned from history, with the only difference now being that the atrocities are being committed by black politicians and by black policemen."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved