Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

Nuusbrief 571

8/10/2015

LitNet: Jou simposium

#SAS4_2015

#SAS4_2015: Quo vadis?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek het gehoop dat daar gekyk sou word na goed soos die taalbeleid aan universiteite, die voorgestelde kopieregwetgewing wat skrywers in die gesig staar, vryheid-van-spraak-kwessies wat dwarsoor die wêreld ’n groot bedreiging is en wat ook in Suid-Afrika kop uitsteek."

#SAS4_2015: ’n Nuwe Afrikaanse paradigma?

Gunther Pakendorf
Seminare en essays

"Interessant genoeg word Kaaps onmiskenbaar met die ras van sy sprekers geïdentifiseer, sonder dat daar erkenning gegee word aan die feit dat ’n groot persentasie van bruin sprekers van Afrikaans nié Kaaps praat nie, en dat ras in die hele gebied van Worcester tot bo in die noorde juis nié ’n onderskeidende faktor onder die sprekers van Afrikaans is nie: bruin en wit praat dieselfde variëteit."

Video: #SAS4_2015 – Sleuteltoespraak deur Hein Willemse

Naomi Bruwer
Menings

Hein Willemse het die sleuteltoespraak by die vierdie Swart Afrikaanse Skrywersimposium gehou. Hier is 'n gedeelte van sy toespraak.

Video: #SAS4_2015 – Adam Small

Naomi Bruwer
Menings

"Kaaps is 'n taal. 'n Taal in dié sin dat hy die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat, dra." Adam Small het op 3 Oktober deelgeneem aan die vierde Swart Afrikaanse Skrywersimposium.

Video: #SAS4_2015 – Antjie Krog oor Afrikaanse identiteit

Naomi Bruwer
Menings

Antjie Krog het Vrydag as deel van die Swart Afrikaanse Skrywersimposium by UWK gesels oor Afrikaanse identiteit.

Video: #SAS4_2015 – Zane Eckleton oor biografieë en die roman as biografiese vorm

Naomi Bruwer
Menings

"Ons moenie na 'n persoon kyk as 'iets' nie, maar as 'n mens. En ons as bruin mense, of dan bruin skrywers, moet ons karakters so uitbeeld dat ons na vore tree met waardigheid en onsself handhaaf in waardigheid."

Video: #SAS4_2015 – Bettina Wyngaard oor biografieë en die roman as biografiese vorm

Naomi Bruwer
Menings

"Om een of ander rede voel sommige mense bedreig deur middelklas, suksesvolle, talentvolle bruin en swart karakters."

#SAS4_2015 – Shirmoney Rhode

Shirmoney Rhode
Menings

"Gepraat van Afrikaans om die ghellie praat. Ek dink dit is net so belangrik soos om in Afrikaans te studeer want jy kan sekerlik nie in Afrikaans lewe alvorens jy dit nie praat nie."

Video: #SAS4_2015 – Anzil Kulzen oor die toekoms van Afrikaans

Naomi Bruwer
Menings

"Ek skryf nog Afrikaans omdat ek Afrikaanse woorde wil gebruik wat my volk, my mense daar in die Noord-Kaap nog wíl lees."

Video: #SAS4_2015 – Pieter Odendaal oor die groei, vernuwing en toekoms van Afrikaans

Naomi Bruwer
Menings

"Hoe kan ons van demokratisering praat, en die regstel van historiese ongeregtighede, sonder om herstandaardisering te bedink?"

#SAS4_2015: Foto's

Naomi Bruwer
Boeke en skrywers

Die vierde Swart Afrikaanse Skrywersimposium is die afgelope naweek by die Universiteit van die Wes-Kaap aangebied. Die simposium, met die tema "’n nuwe Afrikaanse paradigma?", het verskeie paneelbesprekings ingesluit wat kwessies soos identiteit, die toekoms van Afrikaans, selfpublikasie en rubriekskryf aangesny het.

Boeke en skrywers

Onderhoud: Peet Venter

Peet Venter, Izak de Vries, Carla van der Spuy
Skrywersonderhoude

Peet Venter op 75: "Om ’n meganiese stelsel te kan ontwerp moet ek dit eers in my geestesoog kan sien. Dieselfde met karakters en hulle handelinge. Ek moet hulle kan sien, hoor, voel."

Die smeulende lamppit en die geknakte riet: Die verhaal van ’n vader – Arnon Grunberg se roman Tirza

Lina Spies
Boeke en skrywers

Arnon Grunberg besoek Suid-Afrika van 19 tot 30 Oktober. In vooruitsig van hierdie besoek het Lina Spies hierdie omvattende essay oor Grunberg se roman Tirza geskryf. Spies het die boek in Afrikaans vertaal.

Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Willie Burger
Resensies

"Saam met al hierdie ander tekste dra Strachan se roman beslis by tot nadenke oor geskiedenis en oor verraad."

Book review: Papwa – in the grip of a champion by Maxine Case

Paul Murray
Reviews

"But ultimately no memorial, no biography, no written account or account of any other nature will be able to reflect the ignominy, hurt and shame that the crippling racial laws inflicted on the emotions of the majority of South Africans restricted from participating in the broadest possible opportunities – such as to play golf when they wanted to, loved it and were good at it. Case has at least achieved giving one a glimpse of the reality of their triumph and their loss. The story of Papwa is a glowing example."

Boekresensie: Tussen heinings deur Corlia Fourie

Elbie Adendorff
Resensies

Tussen heinings "verwoord nie net die verhaal van vroue tussen heinings nie, maar verwoord veral die verhaal van oorlewing en aanpassing tussen hierdie heinings".

Video: Bekendstelling van Donker Stroom deur Carel van der Merwe

Naomi Bruwer
Boeke en skrywers

Carel van der Merwe se opspraakwekkende boek oor Eugène Marais, Donker Stroom, is verlede week in die Paarl bekendgestel. Kyk na 'n video van die gesprek.

Abraham H de Vries (1937–)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

“Omdat ek in stories dink, soek iets in my steeds na samehang.” Abraham H de Vries se ATKV-skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Interview: Rooms your kids will love by Sam Scarborough

Sam Scarborough, Naomi Meyer
Books and writers

"The ideas in this book are easy to make and do not require DIY handyman experience. There are step-by-step instructions with each project and idea."

Adriaan van Dis: Kosmopolitische schatbewaarder wint Constantijn Huygens-prijs

Natasja Schellaars
NeerlandiNet

"Met het formidabele Ik kom terug heeft Van Dis zijn oeuvre het nodige gewicht gegeven om zich voorgoed op de kaart te zetten als niet alleen een van de grootste schrijvers uit de Indische letterkunde, maar ook uit de Nederlandse letterkunde."

Blogs

Byt en skop
Crito

"Waar Meyer Coca-Cola is – ’n goeie, gawe internasionale produk – is Chris Karsten brandewyn en Coke – min of meer dieselfde ding, maar met so ’n bietjie meer skop, byt en onverhoedse onderstrominge."

Menings

Boer-tyne: 'n Familiefotoalbum uit Argentinië

Cecil Dickason, Naomi Meyer
Onderhoude

Cecil Dickason gesels oor Boere op die aardsdrempel en oor sy Argentynse wortels en deel foto's uit 'n album van 1971.

2015, Internasionale Jaar van Lig: ’n besinning oor Goethe se kleureteorie

Koos Holtzhausen
Seminare en essays

Kleur kom nooit alleen nie. In hierdie artikel word Goethe se alternatiewe siening van kleur in herinnering geroep en herwaardeer.

Bruin identiteit en Afrikaans

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die tyd het aangebreek dat bruines moet opstaan vir hul taal Afrikaans. Nie om Stellenbosch wit te hou nie, maar om dit te transformeer tot voordeel van alle Afrikaanssprekendes."

Changes to the Copyright Act: what all South African artists and authors should know

Sophia Sanan, Naomi Meyer
Opinion

Whose line is it anyway? Sophia Sanan, research manager of the African Arts Institute, answers Naomi Meyer's questions about the proposed Copyright Amendment Bill of 2015.

Oor jongmense wat leer bestuur

Gustaf Pienaar
Rubrieke

"Maar steeds het 'n mens daardie interessante verskynsel dat iemand met 'n leerlinglisensie en geen praktiese kennis van hoe 'n motorvoertuig bestuur word nie, tog onder sekere voorwaardes gemagtig word om so 'n motor op 'n openbare pad te bestuur."

Universiteit Stellenbosch as akademiese onderneming

Johannes Comestor
SêNet-briewe

"'n Egte universiteit laat hom by studentetoelating deur die bewese akademiese prestasie van applikante lei; nie deur bv ras- of geslagsoorwegings nie."

Blogs

My erfenis
jozimeisie

"Daardie vooropgestelde idees is soos mure wat rondom my gebou is; mure wat ek een vir een moet afbreek voordat ek werklik my erfenis met trots kan vier."

Leefstyl

Bittereinder: "Ons het baie meer tyd aan 'speel' spandeer"

Henry Cloete
Musiek

"Ons is van dag 1 af beskryf as 'die volgende groot ding', en ons het nog altyd geweet dit sal nooit heeltemal waar kan wees nie."

Clover Aardklop 2015: Teaterresensie van My boetie se boetie se boetie se baba

Danie Botha
Teater

"In hierdie opvoering speel almal in die klugstyl sonder om geforseerd snaaks te wil wees."

Akademies en skole

Hans Huyssen se Little Portrait of the World: Allegorical Wind Quintet with Narration (1993)

Martina Viljoen, Nicol Viljoen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Martina Viljoen en Nicol Viljoen ondersoek die mate waartoe programmatiese en simboliese elemente van storievertelling in Little Portrait meewerk om die komponis se verbintenis tot kwessies van ’n eksistensiële aard te belig.

Hersieningsvraestel: Afrikaans Huistaal, graad 8

Hesti van der Mescht
Notas, toetse en vraestelle

Hesti van der Mescht, Afrikaansonderwyser by Paul Roos Gimnasium, deel 'n vraestel met die oog op hersiening.

Blogs

Wêreldonderwysersdag
Izak de Vries

"Die 5de Oktober is deur die Verenigde Nasies as Wêreldonderwysersdag uitgeroep en ek wil graag iets vertel oor drie van my onnies."

Skryfsake

Inligting: Skrywerswerkswinkels by die Universiteit Stellenbosch

LitNet
Skryfsake en rubrieke

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch bied op Vrydagmiddag 27 November en Saterdag 28 November vier werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek.

Onderlangs

LêNet: Die saamgestelde subjek is vroulik

Jossi
Hygliteratuur

"By die studente se sosiale vertrek gaan in die vakansie niks aan nie. Of so het ek gedink."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2015 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved