|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 742
28/03/2019
|
Krities Afrikaans
|
Pasverskyn
In Duinhuis nooi Isabella Niehaus jou uit om te kom aansit om die Langtafel op die Duin. Kom vind uit waar haar kosfilosofie vandaan kom, wie haar manier van kook beïnvloed het, en leer die mense ken wat haar kosloopbaan rigting gegee het. Die kookboek sluit haar uiters bekende Duinmossels en -oesters, en ’n menigte geregte uit haar reise, soos Spaanse platbrood, tarte tatin en coq au vin, in. Met bydraes deur bekendes asook hartsvriende.
Skrywer: Isabella Niehaus
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798174350
Prys: R400
|
 |
|

LitNet se #politieklimeriek-kompetisie is in volle swang, met 362 inskrywings tot dusver. Met die finale sluitingsdatum van 12 April om die draai, ontvang ons bydraes van lesers wat besef hulle het reeds deelgeneem maar wat sommer vir die lekker nóg limerieke stuur. Soos Julio Agrella, wat nie minder nie as 101 limerieke oor die 2019-verkiesing ingestuur het.
|
 |
Psalm 139
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"selfsie donkete issie donke vi U nie,
die nag sal soe helder wies soesie dag,
wantie donkete is vi U soes lig."
|
 |
Refentse daag norme uit
Marli van Eeden
Muziek
"’n Swart man wat Afrikaans sing is dalk nie ’n alledaagse prentjie in Suid-Afrika nie, maar dis presies wie Refentse is, en trots daarop is hy beslis! Afrikaans is immers sy hartstaal en oor die afgelope paar jaar het hy homself as volwaardige Afrikaanse musikant gevestig."
|
 |
Muchu gustu: "En dit licht/ dat straks uitdoven zal"
Alfred Schaffer
Meningen
"'As ’n mens sterf, brand ’n biblioteek af.' Onlangs het daar in die Surinaamse letterkunde ’n verwoesting plaasgevind, en ’n groot deel daarvan het sommer op een dag plaasgevind. Op Woensdag 19 Desember 2018 word die letterkunde beroof van twee groot digters, Michaël Slory en James Ramlall, wat onder die pseudoniem Bhai bekend was."
|
 |
Malema se uitsprake “klink” net na haatspraak, sê MRK
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die vuurvreterpolitikus Julius Malema se onlangse uitsprake 'klink' na haatspraak maar kwalifiseer nie as haatspraak nie. So het die Menseregtekommissie (MRK) bevind na verskeie uitsprake van die EFF-leier sedert 2016."
|
 |
Van kernkrag tot kerskrag
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Hierdie elite sal altyd lig en warm water hê. Vir die res – nou ja, beurtkrag sal die kersbedryf laat groei en nuwe werk skep, dan nie?"
|
 |
Valse vrienden: Vies
Voertaal
Valse vrienden
Het woord “vies” betekent in het Nederlands net iets anders dan in het Afrikaans.
|
 |
Dolf van Niekerk (1929– )
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Die verwondering bly ná al die jare. Dít is my troos en inspirasie.” Dolf van Niekerk se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
|
 |
Verbode reis na Omsk
Dolf van Niekerk
Boeke en skrywers
"Reeds tydens die lees van die boek het gedagtes oor die eksistensiële probleem by my opgekom. Daarna het ’n tydperk van Dostojewski-koors gevolg. Nagte, weke en maande lank het ek sy werk gelees en herlees, afgewissel met ’n studie van sy lewe, wat nie minder aangrypend en tragies was as dié van sy groot karakters nie."
|
 |
Secret keeper by Kerry Hammerton: book review
Karina Magdalena Szczurek
Reviews
"In Secret keeper, Hammerton manages to capture the essentials of most adult lives – love, loss, loneliness, anxiety, ageing and death – and leaves us pondering our own mortality, and that deep longing not to feel our insignificance 'at night' when we are all alone under the 'black sky, stars,/ the milky way'."
|
 |
Jagter: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
Naomi Meyer, Bettina Wyngaard
Skrywersonderhoude
"Dis vir my belangrik dat ek met empatie skryf. Daar is niks erger as wanneer iets afgrysliks op ‘n ongemotiveerde manier beskryf word net om te skok nie."
|
 |
Kora: A lost Khoisan Language: an interview
Menán van Heerden, Menán du Plessis
Books and writers
“When we carried out the fieldwork in 2011, we worked with two last speakers who had been discovered by the historian Mike Besten.” Menán van Heerden chats to Menán du Plessis about her book, Kora: A lost Khoisan Language of the early Cape and the Gariep.
|
 |
Die nuwe Vrye Weekblad: ’n onderhoud met Max du Preez
Frans Rautenbach, Max du Preez
Onderhoude
Frans Rautenbach, wat Vrye Weekblad in 1990 in die hof verteenwoordig het, praat met Max du Preez, een van die redakteurs van die “ou” sowel as die nuwe Vrye Weekblad, oor die verlede en die toekoms.
|
 |
Is vroulike politici beter vir ons wêreld?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Selde sien mens dieselfde by hul manlike eweknieë. Vroue het eenvoudig hul vinger op die pols van die nasie op ʼn manier wat mans dit nie het nie."
|
 |
NGK-leiers skuld gays ’n verskoning
Chris Jones
Menings
"As die kerkleierskap maar net weet wat die waarde van ʼn verskoning in hierdie opsig sou wees. Die erkenning dat hulle wat die hantering van hierdie spesifieke saak betref, ʼn fout gemaak het en daarom vir kerklidmate en gay persone onvoorwaardelik jammer sê?"
|
 |
Die Afri-Kwé-taalprojek beklemtoon historiese en toekomstige verbintenisse
Menán van Heerden
Menings
Op Saterdag 23 Maart het die !AL-OM Aboriginal Customary Council, in samewerking met die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch (US), en die Afrikaanse Taalraad, die Afri-Kwé-taalprojek bekendgestel. Volgens Andries Visagie (Afrikaans en Nederlands, US) verwys Afri-Kwé na die historiese en toekomstige verbintenisse tussen Afrikaans en Khoekhoegowab. Menán van Heerden vertel meer.
|
 |
PEN Afrikaans: Verklaring oor Gekose Komitee se aanvaarding van wetsontwerp
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
"Dit bly ons oortuiging dat die huidige wetsontwerp Suid-Afrikaanse skrywers uiters nadelig sal beïnvloed. Ons is dit met kopieregkenners eens dat die wetsontwerp verwerp en herskryf behoort te word om ’n billike balans tussen die belange van outeurs en dié van 'gebruikers' van kopieregwerke te kan bereik."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
 |
Filmresensie: Vice
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Daar is egter een baie goeie rede om hierdie film te gaan kyk: Christian Bale. Ek misgun Rami Malek nie sy Oscar vir beste akteur nie, maar as dit my keuse was, sou die goue beeldjie aan Bale gaan vir sy werklik uitstaande vertolking."
|
|