|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 720
11/10/2018
|
Krities Afrikaans
|
Die opkoms en ondergang van die NG Kerk
In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.
Skrywer: Jean Oosthuizen
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776093267
Prys:
R260
|
 |
|
 |
Onderhoud: Maak die skoolhoof die skool?
Estelle Kruger, Leentjie van Jaarsveld, Charl Wolhuter, Branwen Challens
Onderhoude
Op 12 Oktober word Wêreldonderwysersdag gevier. Lees dié onderhoud oor skoolhoofde: "Die onderwysers met wie ek die onderhoude gevoer het, het deurgaans gesê dat hulle verkies dat die skoolhoof ’n demokratiese leierskapstyl beoefen."
|
 |
Uit die argief: My onderwyser, my held!
LitNet
Menings
Op 12 Oktober word Wêreldonderwysersdag gevier. ’n Paar bestuurslede van die ATKV en skrywers wie se boeke by LAPA verskyn het, deel hul herinneringe aan onderwysers wat ’n impak op hul lewens gehad het. |
 |
Uitdagings van die Antroposeen: onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld
Henriëtte Loubser
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Die opvoedkunde beskik oor die potensiaal om maniere te bied waarop die dreigende omgewingskrisisse van die huidige geologiese epog aangespreek kan word. Dit is nodig om aandag te gee aan die vervlegtheid van alle lewensvorme en om toe te sien dat daar ’n radikale strewe ontwikkel na die vervaging van grense tussen die mens en die niemenslike."
|
 |
Annie Klopper “sing soos sy gebek is”
Natasha Harmse, Aletta Simpson
Boeke en skrywers
"Die konstante interaksie tussen feit en fiksie plaas weer eens klem op die outentieke aard van die roman, iets wat Annie, met verwysing na hip-hop, beskryf as 'keeping it real'." Lees hier oor Ryan Pedro se gesprek met Annie Klopper en kyk ook na ’n video-opname van die gesprek.
|
 |
Reza de Wet (1952–2012)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek het ’n groot liefde vir my taal. Dit het ’n ryk tekstuur en baie kleurryke en verbeeldingryke idiome. Om in Engels te skryf, is nie so ’n intieme ondervinding nie." Lees oor Reza de Wet se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
|
 |
Ankers vir vandag deur Nadine Blom: ’n resensie
Lizette Murray
Resensies
"Ankers vir vandag laat die klem op twee soorte ankers val: dié wat ’n mens daarvan weerhou om geestelik te kan groei en ander wat jou stewig vashou wanneer die lewe se storms woed."
|
 |
Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan bekendgestel
LitNet
LAPA Uitgewersportaal
Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? ’n Splinternuwe boek deur wyle Christo van Rensburg word op Saterdag 20 Oktober 2018 amptelik by die Ouditsaal, Moreletaparkgemeente in Pretoria-Oos bekendgestel.
|
 |
Skadujagter deur Dihanna Taute: ’n resensie
Henriëtte Loubser
Resensies
"Skadujagter is ’n aangrypende verhaal wat die skrywer met intense deernis, maar ook met hope insae, deel. Sy skryf vernuftig en behendig, met ’n styl en aanslag wat by die jong volwassene aanklank sal vind."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2018
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Brugbouers deur Rudi Buys: bekendstelling
LitNet
Boeke en skrywers
Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Brugbouers deur Rudi Buys op 25 Oktober in Stellenbosch. Buys sal met Willie Esterhuyse in gesprek wees.
|
 |
Smoelneuker
Crito
Blogs
"Dit is ’n lang resensie, maar dit tel intensiteit op soos dit ontwikkel, en eindig dan met een van die grootste smoelneukers wat ek nog in ’n bespreking van ’n feiteboek gelees het." |
 |
Jacques Brel: 5e Gents Colloquium over het Afrikaans
Herman Meulemans
NeerlandiNet
"In Vlaanderen pakken de grote schouwburgen nu uit met een grote muzikale hommage aan Jacques Brel, die op 9 oktober 1978, juist 40 jaar geleden, in Frankrijk overleed. Ook in Zuid-Afrika spreekt de zanger, componist en tekstschrijver nog altijd tot de verbeelding."
|
 |
Daa’s ’n roering
Olivia M Coetzee
Rubrieke
"Uncle Ramaphosa se hare raak elke dag al hoe meedere gryser. Hulle sê wanne ’n skip sink dan vlug die rats. Soe, ôs sieke dâm nog okay, wan daa is noggie ’n geskarrel innie gawementie. Of is daa?"
|
 |
Aardklop 2018 – ’n oorsig
Ilza Roggeband
Aardklop
"Is teater, en daarmee saam die kunstefeeste in Suid-Afrika, ’n spieëlbeeld van dít wat in ons samelewing aangaan? Is die kwessies wat nuwe dramas aanspreek, dit wat ons dink, oor bekommerd is, oor praat? Ons diepste versugtinge? Indien wel, dan is daar, te oordeel aan die toneelstukke wat vanjaar by Aardklop op die planke was, twee dinge wat voorop in ons gedagtes is ..."
|
 |
Aardklop 2018: Olu Oguibe deel van visuelekunsprogram
LitNet
Kuns
"Die konseptuele kunstenaar Olu Oguibe se blombedding van 23 meter met 4 000 lewende pienk en wit petunias herdenk elke jaar van Nokuphila Kumalo se kortstondige lewe, en roer ook die kwessie van geslagsverwante geweld aan."
|
 |
PEN Afrikaans by die Tuin van Digters
Mercy Kannemeyer
PEN Afrikaans
"ConVerse beoog om gesprek aan te wakker oor poësie en dit wat in die verlede as die norm vir poësie voorgestel is. Gesprekke rondom veeltaligheid, vertaling en dit wat nie maklik vertaal kan word nie, word ook deur die bundel belig."
|
 |
Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VI
LitNet
Skryfkompetisies
Hier verskyn die sesde lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.
|
 |
Die psigiater
Abraham Rozendaal
Fiksie
"'Man, dokter Jannie, ek het ’n skouer', en beduie na die linkerkant en probeer Namakwalandse humor by die strak spreekkameratmosfeer inbring. Dit is duidelik dat doktersbesoeke en humor nie saamval nie, al het ek my verbeel dat die effense trek van sy linkeroog dalk ’n versteekte glimlag kon gewees het."
|
 |
Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019
LitNet
Akademies en skole
Graag vestig ons u aandag op die Akademiepryse wat in 2019 vir toekenning oorweeg word. Kandidate vir enigeen van die pryse kan tans genomineer word. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2019.
|
 |
Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
LitNet
NeerlandiNet
"Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in."
|
 |
Geanimeerd 5e Colloquium voor het Afrikaans in Gent
Ingrid Glorie, Elize Zorgman
Academisch
Op vrijdag 5 en zaterdag 6 oktober verzamelden belangstellenden, hoofdzakelijk afkomstig uit Zuid-Afrika, Vlaanderen en Nederland, zich in congrescentrum Het Pand in Gent voor de vijfde editie van het Gents Colloquium over het Afrikaans, aangeboden door het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika.
|
 |
Groot feeste meet die "temperatuur" van die land
Martie Retief-Meiring
Nuusvinke
"Uiteindelik kom daar ook ’n 'samekoms' in die kunste onder die verskillende rasse en kulture in die land voor. Versoening, aanklag, spot, vernedering, uitdaging en pret is die onderwerpe wat oral in die kunste opduik. Dalk help die heersende kwaadwilligheid in die politiek om die kunste so te laat blom?"
|
 |
Riku Lätti: Vier monoloë oor Suid-Afrikaanse musiek uit ’n dakkamer in Amsterdam
Wilken Calitz
Muziek
"Riku Lätti was onlangs in Amsterdam, waar hy deelgeneem het aan die Festival voor het Afrikaans. Hier het die room van die Afrikaanse musiekbedryf hul vernuf op die verhoog ten toon gestel vir ons amperse taalgenote in die Lae Lande. Hy het die verhoog gedeel met Laurika Rauch, Sven Blumer, Churchil Naudé, Loki Rothman en nog vele ander musikante en sangers wat almal ’n beduidende rol speel in die ontwikkeling van die verskeidenheid klanke wat Afrikaans bied."
|
|