|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|

Nuusbrief 560
23/07/2015 |
|
 |
Onderhoud met Floris Smith, die goue rieldansers se bestuurder
Floris Smith, Izak de Vries
Leefstyl
Floris Smith, bestuurder van die Nuwe Graskoue Trappers, vertel vir Izak de Vries hoe sy groep die wêreld stof in die oë geskop het met hulle optrede by die 18de Internasionale Wêreldkampioenskap vir die Uitvoerende Kunste in Los Angeles in die VSA.
|
 |
SABF 2015: Afrikaanse program
LitNet
Feeste
Die SA Book Fair vind vanjaar vir die eerste keer in die Turbinesaal in Newton, Johannesburg vanaf 31 Julie tot 2 Augustus plaas. Boekuitstallings deur uitgewers word aangevul met ’n reeks skrywersprogramme deur meer as 100 skrywers.
|
 |
South African Book Fair 2015: Interview with Batya Bricker
Batya Bricker, Naomi Meyer
Festivals
"Book fairs are all about discussion and dialogue, and books are a mirror to society and its issues, so it makes sense that sometimes uncomfortable issues emerge. It is ideal if these can be the impetus for addressing the issues in a meaningful and constructive way."
|
 |
Marcia Moon: "Ek is op soek na my klank"
Henry Cloete
Musiek
"En dis die ongelooflike teenstrydigheid in Afrikaans – aan die een kant kry jy hierdie diep musiek, van baie diep Afrikaanse geeste, en dan, wel, dan is daar ons ander vriende wat so soetsappig en vlak as moontlik is dat mens wonder wie die melkman se kind is."
|
 |
Teaterresensie: Twee vir die prys van een
Danie Botha
Teater
"Die verplasing na Suid-Afrika geskied oortuigend in goeie Afrikaans. Kort-kort sê ek in my kop ek sal graag hierdie of daardie kwinkslag wil onthou."
|
 |
Filmresensie: Two days, one night
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Marion Cotillard se ingehoue, onderbeklemtoonde spel, wat haar vanjaar ’n Oscar-benoeming as beste aktrise besorg het, maak hierdie film al die kyk werd."
|
 |
Boekresensie: In die blou kamp deur Dana Snyman
Riette Rust
Resensies
"In die blou kamp sou ’n tydsdokument genoem kon word, want ’n deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat reeds aan die uitsterf is, word opgeteken – met empatie, verwondering en humor."
|
 |
Wilma Stockenström (1933–)
Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum
“Elke oomblik is mens, en wat mens is, is ’n daad en is onherroeplik.”
|
 |
JM Coetzee’s "The Vietnam project"
AC Coubleigh
Books and writers
"Coetzee illustrates through microcosm (the destruction of one man) the inefficacy and cost of the Vietnam War."
|
 |
Om gister te lees
Heilna du Plooy
Seminare en essays
"Ons kan daarvan nie wegkom dat ’n geweldig groot persentasie van alle menslike standpunte met verloop van tyd verkeerd bewys word nie. As dit nie so was nie, sou daar geen verandering plaasgevind het nie."
|
 |
Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 3 | Diary of a teacher 3
Ms January
Skole
"Hy is een van daardie leerlinge wat elke onderwyser se taak net ʼn klein bietjie moeiliker maak. Die 'nagmerriekind'. Die soort leerling wat altyd in die kantoor beland; wat nooit sy huiswerk doen nie (niemand weet of hy ʼn skryfboek besit nie); wie se broek altyd te laag om sy onderlyf hang."
|
 |
Onderwys vir almal – kan universiteite 'n verskil maak?
Gert van der Westhuizen
Seminare en essays
"Die vraag of dit goed gaan met die onderwys in Suid-Afrika kan maar gereeld gevra word. Landsburgers het die reg om te weet hoe goed dit gaan, of al die land se kinders ten minste op skool is, en of daar goeiegehalte-onderwys gegee word."
|
 |
Ek is gay en was 'n predikant
Gert Janse van Rensburg
Geestelik
"Ek het die Algemene Kommissie-vergadering gaan bywoon waar die grootste vraag nou eintlik was of ek myself dan as gay, biseksueel of deurmekaar sou beskryf. ... Dit was die slegste ervaring van enige kerklike instelling wat ek nog ooit beleef het."
|
 |
USAN 2016: Kongres vir jong navorsers
LitNet
Akademies en skole
Die US Departement Afrikaans en Nederlands bied vanaf 19 tot 21 Januarie 2016 hul tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aan. Sperdatum vir voorleggings: 31 Julie 2015.
|
|