Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 879

09/12/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Ons wenner-navorsers

Pasverskyn

Ons het [...] ver versit


Skrywer:
Patrick J Petersen
Uitgewer: Abrile Doman
ISBN: 9781991219374

Patrick J Petersen (1951–1997) was ’n spilfiguur vir aspirant- Afrikaanse skrywers omstreeks die einde van die jare tagtig en vroeg-negentig van die vorige eeu.

Ons het [...] ver versit bring sy gepubliseerde gedigte, toesprake en onderhoude byeen. 

Akademies en Skole

LitNet Akademies-artikels met 2021 ATKV-SA Akademiepryse bekroon

LitNet
Akademies en skole

LitNet Akademies-artikels deur Daan Wissing, Elvis Saal en Donovan Lawrence is pas bekroon met die ATKV en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans.

Die gemarginaliseerde posisionering van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

Elzahn Rinquest
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied."

Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente."

Graad 4: Wiskundevraestel en -memo (November)

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 4 en moet jy in hierdie laaste week van die kwartaal nog Wiskunde-eksamen skryf? Moenie moed verloor nie! Oefen jou kennis met Lee-Ann West se vraestel en memo.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

Kompetisies

Skryfkompetisie: Eet my woorde

LitNet
Skryfkompetisies

LitNet nooi jou uit om ’n gedig oor kos, of die tekort daaraan, te skryf en daardeur vir drie groot kontantpryse in aanmerking te kom. Sluitingsdatum: 21 Januarie 2022.

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2021

LitNet
Wen

Wat is 2021 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Stuur vir ons jou woord van die jaar in enige variëteit van Afrikaans.

Menings

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar

"Die woorde 'waar redelikerwys doenlik' kom nie minder nie as 16 keer in die dokument voor wanneer Afrikaans ter sprake is. Hoe lank sal dit nog 'redelikerwys doenlik' wees om in sekere modules in Afrikaans klas te gee aan die US en wie gaan daaroor besluit? is ’n vraag waaroor baie mense wonder."

Nuwe taalbeleid van die US – die Afrikaanse Taalraad reageer

Conrad Steenkamp
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Daar bestaan naamlik ’n sterk gevoel in die Afrikaanse gemeenskap dat hulle taal op sy laaste bene aan die US staan. Die feitlik volslae hegemonie van Engels lê voor en die einde van die pad met die universiteit is bereik."

University seminar: Language of instruction – how do we respond responsibly?

Arlys van Wyk
Universiteitseminaar | University Seminar

"Unlike the UFS, where Afrikaans enrolments had dwindled to 20% at the time of the policy revision, the University of Stellenbosch has an opportunity to demonstrate inclusivity of the multilingual environment where they are situated and not to follow a reductionist approach of monolingualism."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Corné Mulder

Freek Robinson, Corné Mulder
Onderhoude

Verskeie politieke partye, waaronder die VF+, die ANC en die DA, doen reeds ’n geruime tyd navorsing oor koalisiepolitiek in ander lande. Nou, vir die eerste keer, het die kiesers ’n opdrag gegee om hierdie kennis te toets.

Die etiek van verpligte inentings

Izak de Vries
Menings

"As mense gedwing sou word om hulle inentingspaspoorte te toon voor hulle winkels, restaurante, kroeë, nagklubs of openbare vervoer mag betree, sal die opname drasties styg. Dit is in talle ander lande bewys. Is dit eties? Dit is."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Ubuntu en "tegnologiese imperialisme": Gemeenskappe moet hul sê kan sê oor kragvoorsiening

Kristy Claassen, Mark Amiradakis
Onderhoude

"Ubuntu, as ’n plaaslike, outentieke idioom van kultuurkritiek, beskik oor die vermoë om morele spanninge en teenstrydighede in die ontplooiing van tegnologieë uit te lig wat dikwels oor die hoof gesien word in die oorwegend Westerse kulture waar hierdie tegnologieë ontwikkel word." Kristy Claassen verduidelik waarom kwesbare gemeenskappe inspraak moet hê in sake soos kragvoorsiening.

Blaaie uit my "New York State of Mind" diaries

Tasneem Daniels
Leefstyl

"[E]n assit nie virrie Gwangju News, ’n international Korean magazine, gewies’t nie, sal ek net ’n Cape Town playwright gewies’t, maa nou is ek ’n Cape Town playwright met ’n niewe, groter droom. Ek sien uit om hierie drome ’n reality te maak, want ek sal beslis niks minner wil hê as om eendag self daai Greyhound oppie Hudson River line te vat, of miskien ’n ferry oppie Hudson River, New York City toe!"

Hélène Passtoors: The life and times of an MK soldier

Melt Myburgh
Interviews

"If I had wanted to attack the heart of Afrikanerdom, I would have put a bomb, even a tiny one, in or around the Voortrekker Monument." In 2011, Hélène Passtoors received the Order of the Companions of OR Tambo for her contribution to the armed struggle against apartheid. In this exclusive interview with Melt Myburgh, she shares memories about her life as an MK operative.

Muizenberg beach protest against seismic blasting

Lara Aucamp
Opinion

"On Sunday, 5 December more than 500 people met at Surfer’s Corner on Beach Road in Muizenberg to protest against seismic blasting off the South African coast."

Die Desember van die neefs

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Daar was al soveel Desembers in my lewe. Nege-en-vyftig om presies te wees. Die meeste daarvan het verdwyn in die woestynlandskap van die verlede. As ek oor my skouer kyk, sien ek hier en daar ’n duin: ’n nag op die strand by Boggomsbaai, jare se son, branders en vrugtekoek."

Elders gesien: Sekere goed kan ek eenvoudig nie weggegooi kry nie

Sakkie Spangenberg
Elders gesien

"Maar ek glo ook nie meer in ’n lewe na die dood of in ’n wederkoms en eindoordeel nie. Vir my het die Aarde oor die afgelope twee dekades in belangrikheid toegeneem. Ons is van die Aarde en keer eventueel na die Aarde terug. Aarde is ons enigste woonplek en ons moet die woonplek koester en bewaar."

Nou op Voertaal

Interview met Janie van der Spuy (LLM): Doen Afrikaanse regionale hoven wel genoeg om gendergerelateerd geweld te stoppen?

Ingrid Glorie, Janie van der Spuy
Academisch

"Seksueel geweld tast niet alleen de persoonlijke integriteit en waardigheid van het slachtoffer aan. Het veroorzaakt een domino-effect waardoor allerlei andere rechten ook in het gedrang komen."

Om Omikron-gevolge met apartheid te vergelyk, is sensasioneel en onsin

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Niks kan vergelyk word met die sistemiese verontmensliking wat slagoffers van apartheid deurgemaak het nie."

Nuwe koronamaatreëls, betogers in België maak amok

Milton Webber
In het nieuws

"Betogings in België, besmettingsyfers daal, kroonprinses Amalia verjaar, en Beatrix het Covid."

Al hoe groter druk vir verpligte inentings om ekonomie te red

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Verskeie ondernemings het reeds die inisiatief geneem om ’n verpligte inentingsvereiste van hul werknemers in te stel indien hulle toegang tot hul werkplek wil verkry of, in sommige gevalle, hul werk wil behou."

Reisverbod het vernietigende gevolge op Suid-Afrika se toerismebedryf

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die aantal lande wat ’n reisverbod teen Suid-Afrika ingestel het, het reeds tot byna 40 gestyg. In minstens 18 van die lande is ook gevalle van die Omikron-variant ontdek, maar daar is geen beperking op daardie lande geplaas nie."

Duisende dosisse Covid-entstof is vermors

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die koste van een Pfizer-inspuiting word op R308 geraam, met een Johnson & Johnson-inspuiting wat na raming sowat R280 kos. Dit is gelyk aan ’n geraamde R83 miljoen se verlore geld weens vermybare vermorsing, insluitend skadevergoeding, vervaldatums en die dosisse wat tydens die onrus in Julie 2021 verloor is."

Persbericht ‒ 21e Colloquium Neerlandicum: oproep tot bijdrage

Voertaal
Academisch

Het 21e Colloquium Neerlandicum van de IVN vindt plaats 22 t/m 26 augustus 2022 in samenwerking met de Radboud Universiteit Nijmegen en heeft als thema Voortvarend Nederlands. Met het thema Voortvarend Nederlands wil de Internationale Vereniging voor Neerlandistiek laten zien dat de neerlandistiek binnen en buiten het taalgebied energiek en daadkrachtig vooruitkijkt. Binnen de wereldwijde neerlandistiek komt een veelheid van stemmen samen.

Boeke en skrywers

Full particulars podcast: Orality and the novel, Zakes Mda’s The Wayfarers' Hymns

David Attwell, Zakes Mda
Books and writers

In this, the fifth episode of his monthly podcast series, David Attwell talks to Zakes Mda about his latest, and possibly his last, novel.

Wat lees jy vir #ReadingAfrica-week?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Watter boeke het jou geprikkel?"

#ReadingAfrica | The comics panel

KaDi Yao Tay, Bill Masuku, Ivanka Hahnenberger, Richard Conyngham, Salim Busuru
Interviews

African comics are created for Africans, not the East, nor the West. “I draw myself,” one panellist said. Yet many African comics find their way into Europe, simply because our comics are of international quality.

Hennie Aucamp (1934–2014)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"’n Mens moet leer om ’n afstand tot dinge én mense te behou. So bly dinge en mense vir jou nuut; só bly jy ook vir bekendes nuut." Hennie Aucamp se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Elisabet se oorlog: ’n Onderhoud met Helene de Kock

Yolanda Wessels, Helene de Kock
Skrywersonderhoude

"Dit was, soos met alle skryfwerk, nie maklik nie. Dit het maar woord vir woord gebeur. ’n Klein bietjie lig wat elke dag val. Ook net as jy toegewyd daaraan werk."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Zelda Bezuidenhout se kortverhaal oor siekte en sustersliefde

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout
Skrywersonderhoude

"Ek was aanvanklik huiwerig om oor ernstige siekte vir daardie ouderdomsgroep te skryf, maar het gou besef dat kinders van jongs af aan dié soort trauma blootgestel word. Soos alle stories met 'ongemaklike' onderwerpe, sal dié een hulle hopelik minder alleen laat voel."

Boeke vir die Kerskous: Vyf boeke, vyf skrywers

LitNet
NB-Uitgewersportaal

NB-Uitgewers het vir vyf kinderboekskrywers en een kinderboekvertaler gevra watter vyf boeke hulle vir die Kerskous sou aanbeveel en dit aan LitNet voorgelê. Hier is Constant van Graan, Elrien Scheepers, De Wet Hugo, Elizabeth Wasserman en Kobus Geldenhuys se voorstelle.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 18 November tot 9 Desember 2021

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Constellations by Spier: Teater in die woud maak kop skoon

Maryke Roberts
Teater

"Die program beskryf dit as '’n veelvlakkige buitelug-aanbieding en een wat uit reaksie op die pandemie gebore is. Om ’n inkomste te genereer vir mense wat in die kulturele sektore werk wie se inkomstes uitgewis is; én vir diegene wie se honger vir die lewe, betekenisvolle ontmoetings en veilige toegang tot die natuur, kan saamkom.'" Tot 18 Desember.

Suidoosterfees | Nuwe direksielede | New board members

LitNet
Suidoosterfees

Marianne Thamm en Dimitri Jacobs is pas as nuwe direksielede van die Suidoosterfees aangestel. | Marianne Thamm and Dimitri Jacobs have just been appointed as board members of the Suidoosterfees.

Nuwe skryfwerk

Nee Mammie

Megan Adendorff
Poësie

"Nee Mammie,
ek’s glattie ’n alkie,
ek vesypie sorrows.
En Mammie?"

Gebed van ’n digter

Edward Jeneke
Poësie

"laat my dieper grawe,
laat my dieper geniet, soos ’n kind."

Pressed against the graffiti wall

Neo Mehlomakulu
New writing

"I saw the deaths of twenty-somethings
crawl behind me,
dressed in fire suits"

A different ending

Liam Hugo
New writing

"By an invisible force that will not sway
And its purpose to disrupt and to set asunder
And rob this world of all its wonder"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved