Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 695

19/04/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou gesondheid

Pasverskyn

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie

Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.

Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel.

Skrywer: Jaco Jacobs
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799384512
Prys:
R155

Menings

Gesondheid, wonderkure en die wetenskap

Dawie van Velden
Seminare en essays

Is rooiwyn goed vir jou? Wat van suiker en wat van botter? Dawie van Velden skryf oor mites in die media, oor wonderkure en algemene gesondheid.

Die klassifikasie van Afrikaans

Ernst Kotzé
Menings

"Terwyl mites en emosies alreeds die houdbaarheid van taalafbakening onder verdenking plaas, is die eerste kenmerk, naamlik norme, wel ’n begrip wat ’n mens in staat stel om ietwat genuanseerd en met ’n mate van objektiwiteit te kyk na hoe tale in die wêreld geklassifiseer word. By die beoordeling van hoe ’n bepaalde taal, soos Afrikaans, of ’n groep tale, soos Germaans, geklassifiseer word, moet die vraag na die norme wat toegepas word, dan voorop staan."

Kom ons lig die sluier: Afrikaanse Moesliemvroue se aktivisme en entrepreneurskap

Doria Daniels
Menings

"Hierdie beeld van Moesliemvroue as aktiewe rolspelers in die private en publieke lewe van die gemeenskap noodsaak ’n paradigmaskuif wanneer daar oor Moesliemvroue en hulle bydraes tot taal en kultuur gepraat word."

Antjie Krog leert mensen om een flat white te zijn

Jente Rhebergen
NeerlandiNet

"Aan de vooravond van de officiële uitreiking van de Gouden Ganzenveer aan Antjie Krog presenteert Nederlandse uitgever Podium nog gauw een nieuwe titel van haar hand in SPUI 25 in Amsterdam. Hoe alles hier verandert gaat over de plaas, de verbondenheid aan de boerderij en een veranderende wereld."

Vroue en dubbele standaarde in 2018

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Daar is nog steeds ’n dubbele standaard, waar dit op vele subtiele maniere duidelik gemaak word dat daar aan vroue se werk nie dieselfde waarde geheg word as aan manlike arbeid nie."

Skryf soes djy is

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Al treat mense dit soes ’n straatkind. Dis jou taal dié!"

Winnie Mandela se dood ontbloot ons almal se donker kant

Jason Lloyd
Rubrieke

"Skielik staan ons as Suid-Afrikaners nakend voor die spieël en ons onthou apartheid se donker kant."

Aandagafleibaarheid en skoolkinders

Estelle Kruger, Ronel Wiese
Onderhoude

"Breingimnastiekoefeninge is vinnige, pretbewegings wat die leerders se aandag rig en fokus voordat die onderwyser met ’n les begin. Elke oefening is ontwerp om die brein te betrek, om van oortollige energie ontslae te raak, stres te ontlaai en om leer te verbeter."

Boeke en skrywers

50 Prutpotgeregte: ’n resensie

Bernie Cronje
Resensies

"Of jy nou vir ’n gesin geregte maak of besig is om jou eie potjie te krap, kan hierdie resepteboek ingespan word om ’n wye verskeidenheid heilsame etes met minimale inspanning voor te berei."

Maalvleis deur Karen Hart: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Karen Hart
Skrywersonderhoude

"Ek hou daarvan om met kruie- en speserymengsels te eksperimenteer en maak my eie mengsels. Ek het in die kaneelwoude van Sri Lanka leer kerrie kook en dis maklik een van my gunstelinge, met ’n kerriepoeier wat ek self aanmaak."

Soweto, under the apricot tree deur Niq Mhlongo: ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies

"Mhlongo se temas dans ligvoets tussen kultuurverskille (en partykeer -geskille), godsdiens, politiek, moraliteit, misdaad en gewone, outydse goeie storievertellery. Ragfyn verweef deur dit alles is die alledaagse lewe in Soweto, en die wyse waarop mense met hul kultuur omgaan."

Toen met een lijst van nu errond, Herman de Coninck-biografie deur Thomas Eyskens: ’n resensie

Wium van Zyl
Resensies

"Eyskens sorg dus dat dieptepunte in die lewe en werk van De Coninck naas sy suksesse geplaas word."

Bloed/Blut: ’n onderhoud met Coreen Erasmus-Bezuidenhout

Trisa Hugo, Coreen Erasmus-Bezuidenhout
Skrywersonderhoude

"Dit het my gebring by die liefdesverhaal van Rut en Helmut – ironies, ’n Jodin en ’n Duitser – moontlik met die idee in my agterkop om deur ’n eenvoudige verhaal van verbode liefde die idee van vergifnis en versoening oor te dra."

Valda Jansen (1965–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Ek gaan onder die grond in waar woorde groei sonder dat iemand sien ek duik ondergronds … net as ek skryf kan ek die taal wees net as ek is kan ek die taal word net as ék kan ek die taal word net as ék kan ek word.” Lees oor Valda Jansen se lewe en werk.

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) deur André le Roux: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"As jy met ’n glimlag wil gaan slaap en ook so wil opstaan, geniet elke aand een of twee rubrieke. Jy sal ná die lees van Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) jou lewensmaat, man óf vrou, veel beter verstaan."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

How Heather got her HAT’ness back by Heather Costaras: reader impression

Louise Viljoen
Books and writers

"How Heather got her HAT’ness back is a quick read, but its powerful message will stay with you long after you have put the book down."

Video: openbare domein word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

Daniel Hugo se digbundel openbare domein is Saterdag 14 April in Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Gunther Pakendorf het met Daniel gesels.

Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: bekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Ter wille van die vaders op 21 April in Bellville waar die skrywer, Marzanne Leroux-Van der Boon, met Christine Ferreira in gesprek sal wees.

Coalition country by Leon Schreiber: book launch

LitNet
Books and writers

You are invited to the launch of Coalition country on 25 April in Cape Town where the author, Leon Schreiber, will be in conversation with Riaan de Villiers.

Persverklaring: Inskrywings ingewag vir 2018 Jan Rabie-Rapportprys

LitNet
Boeke en skrywers

Uitgewers word genooi om boeke voor te lê vir die 2018 Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R125 000.

The land is ours by Tembeka Ngcukaitobi: book launch

LitNet
Books and writers

You are invited to the launch of The land is ours on 19 April in Stellenbosch, where the author, Tembeka Ngcukaitobi, will be in conversation with Hermann Giliomee and Albert Grundlingh.

Leefstyl

Kompetisie: Hoe maak jy jou kind lief vir lees?

LitNet
Wen

Hoe moedig jy jou kinders aan om ’n boek te lees in ’n tyd waar hulle te veel tyd op hul selfone of rekenaars of voor die televisie deurbring? En hoe kweek jy by hulle liefde vir lees? Stuur vir ons jou raad of wenke teen 4 Mei 2018 en staan ’n kans om ’n opwindende boekpakkie vir jou kind(ers) te wen.

Hoe maak jy jou kind lief vir lees? Ouers deel hul wenke

LitNet
Leefstyl

Hoe moedig jy jou kinders aan om eerder ’n boek te lees? En hoe kweek jy by hulle liefde vir lees? Ouers deel hulle wenke met LitNet.

Suidoosterfees 2018: ’n Onderhoud met Deborah Steinmair oor Die Fledermaus-operette

Naomi Meyer, Deborah Steinmair
Suidoosterfees

"Die Flerriemuis herinner my aan daardie Restoration Comedies wat ons in Engels II behandel het: ’n komedie van blapse, so tipies frivool en teatraal, vol misverstand, spulsheid en koerasie."

Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Jakes Gerwel Stigting se diskoers- en boekgesprekke

Naomi Bruwer, Theo Kemp
Onderhoude

"Dit was Jakes Gerwel se droom om ’n fees in die Kaap te begin wat totaal en al naatloos is en waar die ryke kulturele leefwêrelde van die uiteenlopende gemeenskappe by mekaar uitkom en sodoende verrykend en verruimend is van die kunste in al sy verskeie gedaantes."

Suidoosterfees 2018: Die toneelstuk NRNNSA, transformasie en die toekoms van teater: ’n onderhoud met Mercy Kannemeyer

Marli van Eeden, Mercy Kannemeyer
Suidoosterfees

"Rakende transformasie is daar baie belangrike en nodige dinge besig om te gebeur. Ons wat nou op universiteit saam met die Fallist-beweging grootword (dis nou onder andere die Fees Must Fall- en Rhodes Must Fall-bewegings), leef in ’n tyd waar ons nie kan bekostig om apaties te wees nie. Dinge is aan die gebeur, en ons sal moet luister en deelneem as ons aktiewe burgers wil wees. As ons ernstig is oor transformasie, sal ons moet saamwerk."

A tribute song for Winnie Mandela: An interview with Billeni

Naomi Meyer, Billeni
Lifestyle and entertainment

"Yes, she did – she drove the movement of women’s liberation, she broke the ceiling for all black people academically and made it possible for the black child to do more and be more. The country as a whole has lost a great leader – not just black people, but everyone."

Downsizing: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Downsizing sorg vir een van die oorspronklikste wetenskapfiksietemas in ’n lang tyd: verander mense in Klein Duimpies en jy kan hulle in ’n skoenboks inpas, by wyse van spreke."

The Road to Mecca: ’n teaterresensie deur Danie Botha

Danie Botha
Teater

"Dit is ’n besonderse voorreg om hierdie sterk toneelstuk deur Athol Fugard te beleef. Soveel bekroondes is hierby betrokke."

The Road to Mecca: ’n teaterresensie deur Maryke Roberts

Maryke Roberts
Teater

"Sy was in Helen se beenweefsel ingekruip en ek glo daar was oomblikke toe sy nie seker was oor presies wie sy op daardie verhoog uitbeeld nie: haar eie verganklikheid of dié van die soekende Helen."

US Woordfees: WoordTROfee-wenners 2018

LitNet
US Woordfees

Die 2018 US Woordfees WoordTROfees is op 18 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid by Hog House op die Spier-landgoed oorhandig. Hier is die wenners.

Akademiese kennisgewings

Jan Marais-prys 2018: Wenners bekend

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Die wenners is Christo van Rensburg, ’n taalkundige en navorsingsgenoot van die NWU, en Marinus Wiechers, ’n regsgeleerde, voorheen verbonde aan die Regsfakulteit van Unisa en voormalige rektor van daardie instelling."

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: 2018 se pryswenners bekend

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die wenners van die meeste van 2018 se Akademiepryse bekend gemaak.

LitNet Akademies

Pastorie of nie? Die invloed van gemeentebehuising op die aftredevooruitsigte van die NGK-predikant

Liezel Alsemgeest
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Alhoewel die roeping na die bediening nie noodwendig finansieel ingestel is nie, is finansiële insig, bewusmaking en moontlike opleiding dringend nodig om te verseker dat predikante genoeg manna vir die sewende dag het."

Skole

Graad 11: Wiskunde, vraestel 2 en memorandum

Jeanne-Mari du Plessis
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskunde.

Haar laaste asem

Simoné du Plessis
Kuberklas Kreatief

"Die dag was grou en almal se gemoedere swaar."

Skryfwerk

Pilatus deur Annesu de Vos (1980)

Sunelle Geyer
Poësie

"Ek het vandag jou bundel by die
ouboekwinkel op die hoek gaan pluk"

languages

Jemima Meyer
Poetry

"I spit out
my mother tongue"

Nou op Voertaal

In die hoëveld waar dit oop is

Willie Burger
Meningen

"En ek word oorweldig deur heimwee na die kleintyd toe die dae lank en sorgvry en mooi was. En ek ruik die oulandsgras, en Toon van den Heever se 'In die hoëveld waar dit oop is en die hemel wyd daarbo/ waar kuddes waaigras huppel oor die veld/ waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n god kan glo …' refrein in my ore."

5de Gents Colloquium over het Afrikaans

Voertaal
Kalender

"Het Gents Centrum heeft al veel inspanningen geleverd om de belangstelling voor het Afrikaans te promoten en de studie van de Afrikaanse taal- en letterkunde een Europees platform te bieden – en we hopen dat nog vele jaren te kunnen blijven doen."

Francois van Coke – deur rock voorberei vir die grootmenslewe

Henry Cloete
Muziek

"In Februarie 2017 het Francois van Coke sy tweede vollengte-solo-album, Hierdie is die lewe, bekendgestel. Die album is uitstekend ontvang deur die massas aanhangers van ’n man wat die golf van sy loopbaan en talent ry vir al wat dit werd is. Vir Francois – in 1980 gebore as Francois Badenhorst – was die pad tot op dié punt egter vol kinkels – sommiges lig, sommiges uiters donker, sommiges lewensbedreigend."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved