Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 676

23/11/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou bittereinder

Fresh off the press

Race otherwise. Forging a new humanism for South Africa

How is "race" determined? Is it your DNA? The community that you were raised in? The way others see you or the way you see yourself? In Race otherwise Zimitri Erasmus questions the notion that one can know race with one’s eyes, with racial categories and with genetic ancestry tests. She moves between the intimate probing of racial identities as we experience them individually, and analysis of the global historical forces that have created these identities and woven them into our thinking about what it means to be "human".

Author: Zimitri Erasmus
Publisher: Wits University Press
ISBN: 9781776140589
Price: R350

Leefstyl

Eksistensiële krisis met ’n elektriese ritme? Bittereinder stel die diep, donker enkelsnit “Donderwolk” vry

Annie Klopper, Jaco van der Merwe
Musiek

"Ons elkeen vertel eintlik maar oor en oor ons eie lewe se storie vir onsself, en dan vir mekaar. Hoeveel van dit 'waar' is, en hoe mens daardie 'waarheid' meet is in elk geval veels te kompleks om ooit regtig te begryp."

Ons zeitgeist in ’n flits vasgevang

Gerdus Senekal
Musiek

"Bittereinder se metatekstuele neigings vier hoogty met 'Donderwolk'; die snit is wat dit beskryf: iets donker en dreigend wat nietemin lig en krag verskaf."

US Woordfees 2018: volledige program

LitNet
US Woordfees

Die program van die US Woordfees 2018 is op Donderdag 16 November in Stellenbosch bekendgestel. Die fees vind van 2 tot 11 Maart 2018 plaas. Hier is die volledige program.

Foto's: Programbekendstelling van die US Woordfees 2018

Naomi Bruwer, Liné Enslin
Feeste

Die programbekendstelling van die US Woordfees 2018 het op Donderdag 16 November in Stellenbosch plaasgevind. Gaste het aan die gebruiklike langtafels in Ryneveldstraat gesit en die musiek, vermaak, kos en wyn geniet terwyl hulle saam met ou en nuwe vriende gekuier het.

Hierdie skrywers is opgeneem in US Woordfeesbundel 2018!

LitNet
US Woordfees

Vyf-en-twintig verhale is uit 237 inskrywings gekies. Hulle sal gepubliseer word in ’n bundel – 100% – wat by die US Woordfees van 2 tot 11 Maart 2018 te koop sal wees.

Kunste Onbeperk Teksmark-oorsig

Mercy Kannemeyer
Teater

"Die tweede Kunste Onbeperk Teksmark het op 8 en 9 November in die Baxter-teater plaasgevind. Tydens die Teksmark is 15 nuutgeskrewe tekste voorgedra (gelees of gespeel) en kunstefeeste, die Baxter-teater en NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) kon besluit watter van dié toneelstukke hulle graag verder sou wou ontwikkel."

ATR se Kokertoekennings: Afrikaans is een familie

Jean Oosthuizen
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Daar is geen 'hulle' in Afrikaans is nie. Daar is enkel en alleen ’n 'ons', en ons is ’n groep mense wat van verskeie kante onder druk is met ’n taal, ’n hartstaal, ’n leeftaal, ’n liefhêtaal, wat ewe seer onder druk verkeer."

Die nag van Legio: ’n teaterresensie

Danie Botha
Teater

"Die voortreflikste van hierdie toneelopvoering is die samespel en dan die voortstuwing van die handeling. Aanhoudend gebeur dinge."

Press release: Water Light 2017 exhibition

LitNet
Art

Water Light 2017 will run at The Forge, 12 Windsor Road, Kalk Bay from Wednesday 6 December until Thursday 21 December. The exhibition will be open daily from 9.30 am to 5 pm, including on weekends.

Menings

Zimbabwe: ’n oorsig

Pieter Labuschagne
Seminare en essays

"Mnangagwa is strydig met die Grondwet in die plek van Mugabe deur Zanu (PF) as president aangestel. Die Grondwet bepaal dat die ander visepresident, Mphoko, as president moes waargeneem het en dat ’n nuwe verkiesing binne 90 dae gehou moes word. Hierdie oortreding van die Grondwet is nie ’n goeie begin vir die nuwe bewind nie."

Revolution à la Zimbabwe

Helena Rudolph
Opinion

"Whereas mother nature caused the failing French wheat harvests, father Mugabe was responsible for the shortage in Zim through chasing away those who produced the wheat."

Hoe om ’n boekresensie te skryf

Kerneels Breytenbach
Seminare en essays

"Wat is ’n goeie resensie? Daarmee vra ek nie of dit ’n positiewe resensie is nie, maar wel of dit goed geskryf is. En gegee die huidige gespreksparadigma, sou dit sekerlik beteken ’n resensie wat die leser se aandag van die openingsparagraaf af boei. Wanneer die leesproses voltooi is, moet die leser voel dit was ’n gesprek wat hy/sy nooit sou wou misgeloop het nie."

Wanneer perdedrolle vir vye verkoop word

Jean Oosthuizen
Menings

"Een van die grootste karaktereienskappe van middels wat deur kwaksalwers aan die publiek afgesmeer word, is die buitensporige verwagtings wat dit skep."

On the brink by Claire Bisseker: "Just before midnight" seminar

Claire Bisseker, Naomi Meyer
Opinion

"If the current government stays in power, we’re in for a very tough time. But, if we had a sea change, under the leadership of someone constructive and positive the economy could fly."

Turning point by Theuns Eloff: "Just before midnight" seminar

Theuns Eloff, Naomi Meyer
Opinion

"Help build constructive interpersonal relations at grassroots level. Combat racism and intolerance from both sides – left and right."

Akademiese gesprekke in Amsterdam: ’n Simposium oor die kuns van debat betreffende kultuur en die Suid-Afrikaanse openbare sfeer

Marisa Botha
NeerlandiNet

"Kwessies van postkolonialisasie is natuurlik nie slegs binne Suid-Afrika se grense van belang nie, maar is wêreldwyd ’n pertinente vraagstuk waaroor diepsinnige dialoë gevoer word."

Race otherwise: Forging a new humanism for South Africa: Kaapstad-bekendstelling

Menán van Heerden
Menings

Op 20 November het die bekendstelling van Race otherwise: Forging a new humanism for South Africa deur Zimitri Erasmus by The Book Lounge in Kaapstad plaasgevind. Desiree Lewis was in gesprek met Erasmus. Luister hier na die hele gesprek.

US-persvrystelling: Taalbeleid van 2016

LitNet
Universiteitseminaar | University Seminar

“Ek kom tot die slotsom dat die Universiteit Stellenbosch (US) besluit het dat die Taalbeleid wat hy in 2016 aanvaar het, die beste is om sy veelvuldige doeleindes van die voorkoming van uitsluiting, die bevordering van meertaligheid, die versekering van integrasie en die beskerming van Afrikaans te bereik."

Persvrystelling: Slawe se bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans onder die loep

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

"Die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl bring op 5 Desember hulde aan die rol wat slawe en hul afstammelinge in die ontwikkeling van Afrikaans gespeel het, 183 jaar ná die vrystelling van slawe op 1 Desember 1834."

Boeke en skrywers

Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings: ’n onderhoud met André Pretorius

André Pretorius, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Dit is nie ’n boek van geestelike oordenking nie – as daar oordenking is, is dit van plek: die plekke wat ek besoek en my eie plek in die wêreld."

Ryk Hattingh (1957–2017)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Dis nie asof ek dit nie wíl doen nie, dis maar net my dénke en my dróme en veral my verlánge vind seker op ’n manier uiting in Afrikaans en dit is maar net hoe dit is." Lees oor Ryk Hattingh se lewe en werk.

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n resensie

Deborah Steinmair
Resensies

"Ek stem met Deon Meyer saam: Hofmeyr weet hoe om spanning te skep. Dis een van sy gawes."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Migrations: New short fiction from Africa edited by Efemia Chela, Bongani Kona and Helen Moffett: book review

Karina Magdalena Szczurek
Books and writers

"Migrations is the fourth SSDA anthology after Feast, famine and potluck: African short stories, Terra incognita: New short speculative stories from Africa and Water. The idea behind the SSDA project is to offer a platform for writers across the African continent and the African diaspora to write about our experience on our own terms, and to support African writers in our endeavours through the SSDA Prize, anthologies and writing workshops."

Die Mannheim-sage 2: Die goudkewers deur Lerina Erasmus: ’n resensie

Roela Hattingh
Resensies

"Lerina Erasmus verwerk die piritiese erts van Johannesburg, die rommelerts van ons land se hartseer geskiedenis, sodat die sianiedproses in die smeltkroes ’n witwarm storie uitgiet met karakters waarmee lesers kan identifiseer."

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n resensie

Gerrit van Wyk Kruger
Resensies

"André Pretorius het ’n gawe publikasie die lig laat sien: ’n reisboek, deeglik in volkleur geïllustreer, in die belangrike Hervormingsjaar van die Protestante."

The twinkling of an eye deur Sue Brown: ’n resensie

Juliana Coetzer
Resensies

"Dit is nie ’n weergawe van mense wat jammer gekry wil word nie, maar ’n storie vertel van Craig, hulle seun en broer, ’n twaalfjarige kind wat die lewe tot die einde gelééf het."

Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n resensie

Martie de Lange
Resensies

"Lees gerus Shéri – Nes ek is – dit sal jou nuut en anders na mense met gestremdhede en jou eie lewe laat kyk."

Kristalvlakte deur Amy Jephta: ’n FMR-resensie

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Dit gaan hier om ’n oorlog wat op ons voorstoep plaasvind en wat genormaliseer word. Kristalvlakte as ’n epiese teaterstuk is ’n oproep tot optrede, dit is nie teater as blote bewusmaking nie."

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Micky Badenhorst
Lesersindrukke

"Die taalgebruik is deurgaans verruklik. Elke woord is perfek op sy plek. Daar is geen irriterende maniertjies, mooiskrywery, herhaling of clichés nie."

SALA 2017: Die stories binne-in ons Suid-Afrikaanse lywe

Roela Hattingh
Menings

"Dit is die storie van die ystervark. Die dier met baie penne (alle Suid-Afrikaanse skrywers) wat die storie van ons land, ons gemeenskap, die wêreldomvattende waarhede en kulturele estetika vertel."

Boekbekendstelling: Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Vroue van Atlantis op Donderdag 30 November in Atlantis. Tydens die seremonie sal twaalf nuwe inspirasiefigure vereer word.

Persvrystelling: BSV se algemene jaarvergadering en prysuitdelingsfunksie

Corlietha Swart
Skryfsake en rubrieke

"Die BSV (Bloemfonteinse Skrywersvereniging) het pas hulle algemene jaarvergadering en prysuitdelingsfunksie gehou, waartydens die publikasie Bloemskryfsels 2017 bekendgestel en die nuwe bestuur vir 2018 verkies is."

Swart Vrydag-malligheid by die WAT!

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Die WAT bied op Swart Vrydag spesiale pryse aan. Hier is nog inligting en ’n bestelvorm.

Omslag

Crito
Blogs

Bekker meet die roman netjies, sonder om té veel van die intrige te verklap. Miskien té veel oor die inhoud en te min oor die manier waarop Meyer die kompakte raamwerk benut.

LitNet Akademies

Die metafisiese tradisie vandag. ’n Interpretasie van Eric D. Perl

Danie Goosen
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Vanuit die tradisie beoordeel word die ritme van die denke deur ’n eenheid gekenmerk. Ingevolge sy eie beweging is dit ’n eenheid wat strek vanaf vorm na afgrond, vanaf woord na stilte, vanaf begrip na misterie, vanaf die ontologiese orde na dit wat dié orde voorafgaan."

Skryfwerk

Vi amal wat voel soesie liewe nie meer wêrt issie

Olivia M Coetzee
Poësie

"Dit lyk vi my Got was nog nooit
in parliamentie.
Hy’t nog nooit geluiste na
die lede van parliament
en hoe hulle stry en
baklei oorie geld wattie
hulle s’n issie."

"Ek voel anders as ander mense": inskrywings

LitNet
Skryfkompetisies

"Ek voel anders as ander mense" is LitNet se jongste kompetisie vir skoolleerders. Hier is die eerste inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie sluit op 30 November 2017.

Pierre se sel

Rozaan de Wet
Fiksie

"As ek mooi daaroor dink, kan ek Amalia nie verkwalik dat sy met haar lewe wil aangaan nie. Wat is daar nou in vir haar met my? Sweet blow boggherol. ’n Paar oë wat knipperend en koddig terug moet praat."

Weerwraak

Antoinette Venter
Fiksie

"Haar liggaam voel nog steeds rou van al die geskroppery wanneer haar vriendin ’n bietjie later ’n koppie Earl Grey-tee in haar rukkende hande druk."

Zimbabwe

Heidi Henning
Poetry

"in a seeming miracle of survival
a land where the rushing waterfall plummets into the Zambezi"

Portrette

Rita Smit
Poësie

"Om te onthou en nie te vergeet
Eenmaal saam gelag, gevier, geëet"

Winterbruid

Rita Smit
Poësie

"gekneusde roosblare daal saggies soos confetti ..."

Tot in die soveelste geslag

Cornelia de Kock
Fiksie

"Die adellike swaeltjie Erika von und zu Berghoven (née Schüler) het elke jaar vanuit die koue Keulen in die Boland by haar aangetroude Afrikaanse familie kom kuier. Stellenbosch was vir haar die paradys."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved