Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 647

5/05/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Hierdie lewe

Pasverskyn

Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal

Ons praat Afrikaans – diverse mense – een taal is meer as net nog ’n fotoboek: dit is die eindproduk van ’n projek wat sy ontstaan gehad het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die topfoto’s het deurgegaan na ’n beoordelingsronde, waar ’n paneel die beste foto’s gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.

Skrywer: Douw Greeff
Uitgewer: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Prys: R265

In memoriam

Karel Schoeman, skrywer van onder meer By fakkelligHierdie lewe, Op ’n eiland en ’n Ander land, is vandeesweek op die ouderdom van 77 oorlede.
LitNet bring hulde aan hierdie groot gees in die Afrikaanse letterkunde.
Karel Schoeman (1939–2017)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Afrikaanssprekendes het dieper leer lees; hulle het agtergekom dat daar ook iets tussen lettergrepe gebeur." Lees oor Karel Schoeman se lewe en werk.

Huldeblyk aan Karel Schoeman – ’n Lewe en oeuvre wat getuig van ’n inwaartse reis in die teken van gasvryheid teenoor die laaste gas

Cas Wepener
In memoriam

"Vir sommiges mag dit te morbied klink, maar die ars moriendi is ’n fyn kuns wat in die lewe en werk van Karel Schoeman op ’n meesterlike wyse beoefen is. In ’n dood-ontkennende samelewing huldig ek hom daarvoor."

Karel Schoeman – die Goethe van Afrikaans

Pieter Duvenage
In memoriam

"Hierdie geniale, lang, elegante en uiters private man wat soveel mense se lewens geraak het – sonder dat hy werklik bewus daarvan was. Iemand wat die grootste hoogtes in ’n klein en brose taal bereik het."

Hoekom Karel Schoeman se romans my geraak het

Johann Rossouw
In memoriam

"Ons sal nie weer so ’n romansier in Afrikaans hê nie. Wat Dostojewski vir Russies en Shakespeare vir Engels is, is wat Karel Schoeman vir Afrikaans is. Soos Russies net een Dostojewski en Engels net een Shakespeare opgelewer het, so glo ek sal Afrikaans ook net een Karel Schoeman oplewer."

Karel Schoeman (26 Oktober 1939 – 1 Mei 2017): ’n Persoonlike waardering

Nicol Stassen
In memoriam

"Solank as wat Afrikaans gepraat sal word, en selfs langer, sal Karel Schoeman se naam gehuldig word. Sy plek in die Afrika-letterkunde en die wêreldletterkunde sal nooit gevul kan word nie."

Die laaste reis: Nicol Stassen oor Karel Schoeman se laaste woorde (video)

Nicol Stassen
In memoriam

Nicol Stassen het op Protea Boekhuis se Kaapse skrywersfunksie uit Karel Schoeman se laaste korrespondensie met hom voorgelees en gepraat oor die Schoeman-boeke wat vanjaar nog by Protea sal verskyn.

’n Onwaarskynlike gesprek met Karel Schoeman

Tobie Wiese
In memoriam

"Byna-byna het ek Die verhaal van Elandskloof aan Karel Schoeman opgedra."

Karel Schoeman: Meester-klipkapper van die Afrikaanse woord

Helize van Vuuren
In memoriam

"Ons gedenk jou, meester-klipkapper van die Afrikaanse woord, wat ons met nuwe oë na die land en sy mense laat kyk."

Karel Schoeman (1939–2017), ’n oorsig oor hierdie lewe

NB-Uitgewers
In memoriam

"Human & Rousseau en NB-Uitgewers verneem met leedwese van die afsterwe van een van ons grootste Afrikaanse skrywers."

Karel Schoeman: Uit NALN se argiewe

NALN
In memoriam

"Met sy skeppende skryfwerk sluit Schoeman aan by die tradisie en styl van skrywers soos Jan van Melle en CM van den Heever. Wat sy romans en novelles betref word hy as een van die belangrikste skrywers ná 1960 beskou."

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Karel Schoeman

Dioné Prinsloo
In memoriam

"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die oorlye van een van Afrikaans se mees bekroonde skrywers."

Karel Schoeman: Historiese romans en die historiese raamwerk

Francois Verster
In memoriam

"Watter insigte bied die romanskrywer aan die geskiedenisstudent?"

Menings

Die fundamentalisme van Angus Buchan en sy kritici: Oor die armoede van die Afrikaanse godsdiensgesprek

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Kan dit wees dat Buchan se byeenkoms(te) juis deur veral Afrikaners in sulke groot getalle bygewoon word omdat soveel Afrikaners se eie verstaan van kerkwees en die ryk liturgiese lewe van die Kerk so arm is?"

Persvryheid en dreigemente teen ANN7-joernaliste

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die oomblik as inligting nie vryelik beskikbaar is nie, word basiese menseregte geskend."

"All African languages can be used as academic languages"

Hlezi Kunju, Menán van Heerden
Universiteitseminaar | University Seminar

"It is our responsibility as amaXhosa, as academics, to ensure that Xhosa gets the recognition that it deserves. For it to develop it needs to be used; we can borrow words and phonologise them into Xhosa."

VER[r]AS: Studeerkamerfunksie

Liné Enslin
Menings

"Die doel van die Studeerkamerfunksie is om by oudstudente van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch te hoor waarheen hul loopbane hul gevat het, en ook wat BA-studente na afloop van hul studie in die praktyk kan verwag."

Eredoctor van UGent gecensureerd

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"Schokkend is het nieuws over de verbanning van vijfenzeventig kunstwerken uit het patrimonium van de University of Cape Town (UCT). ... De nieuwssite GroundUp meldt dat drie schilderijen van Breyten Breytenbach deel uitmaken van de zwarte lijst."

Leefstyl

Johnny is nie dood nie: Albert Maritz se indrukke

Albert Maritz
Film

"Dis eg, soos die baard agter baardolie. Dié is jou kans. Die land beweeg. Jy kom regop. Jy sien die ander kant. Spring in die Olwagen, op die glybaan na die reënboogkant."

KKNK 2017: Die naakte waarheid

Christiaan J de Swardt
KKNK

Christiaan J de Swardt loer hóé aanvaarbaar naaktheid, seks, geweld en vooroordeel op die verhoog geword het.

KKNK 2017: ’n Hunkering na ontvlugting

Christiaan J de Swardt
Feeste

"Die verlede. Kuns, kultuur en tradisie. Soeke. Behoeftes. Hunkering. Identiteit. Seksualiteit. Vergrype. Oorlewing. Om te behoort, te deel; om (iemand of) iets te wees. ’n Smagting na liefde. Ontvlugting. Die toekoms. Dit is die temas wat vanjaar se KKNK oorheers het."

Filmresensie: Exhibition on screen: The Curious World of Hieronymus Bosch

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Sy werk getuig van ’n besonder fyn insig in die donker onbewuste van die menslike psige omtrent vierhonderd jaar voor Sigmund Freud dit sou navors en omskryf. En juis dít tref ’n mens telkens van Bosch se skilderye: hoe 'modern' dit lyk."

Jannie du Toit: Een kunstenaar (en sy vriende) = een kunstefees

Jannie du Toit, Naomi Meyer
Musiek

"Ek sing in meer tale as wat ek praat, en ek het geen twyfel dat ’n mens se ervaringsveld verbreed word deur elke taal wat jy beleef nie."

Hemelruim in die Fugardteater, ’n resensie

Naomi Meyer
Teater

"Hemelruim verdien ’n hele handvol sterre."

Suidoosterfees 2017: Oorsig

Mercy Kannemeyer
Feeste

"Die Suidoosterfees is slegs vir almal. Dit is die woorde wat deurgaans by die fees geëggo is en dit dra baie waarheid – die fees was divers, vars, opwindend en die deure was oop vir almal."

Suidoosterfees 2017: Die Riel van Hip Hop bring ’n boodskap van hoop

Mercy Kannemeyer
Feeste

"Myns insiens kom Die Riel van Hip Hop op ’n gepaste tyd – die mense van Suid-Afrika het nodig om deur middel van iets soos kuns te glo in diversiteit, eenheid en hoop."

Suidoosterfees 2017 se konsert van hoop

Naomi Meyer
Feeste

"Toe Mango Groove se 'Dance some more' ten slotte ’n massa-uitvoering word, is die gehoor op hul voete en dans saam."

Booking opens for Evita at the Artscape Opera House

LitNet
Theatre

"Booking has opened for Andrew Lloyd Webber and Tim Rice’s seven-time Tony Award-winning musical Evita, coming to the Artscape Opera House from 1 December 2017."

Filmresensie: Lion

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Die Indië-deel van Lion is werklik uitstaande – soos met Queen of Katwe wys dit ’n wêreld van ekstreme armoede, maar met ’n ryk-geskakeerde gemeenskapslewe."

Kunstefees in die kleine met Jannie du Toit en vriende

LitNet
Feeste

"Op Sondag 7 Mei sorg Jannie du Toit vir ’n uitsonderlike kuns- en kulinêre geleentheid waartydens hy nie minder nie as vier verskillende produksies aanbied."

Boeke en skrywers

Kaalvoet tot in die Drakensberge

Koos Kombuis
Resensies

Koos Kombuis vertel hoe Elders deur Erns Grundling en Dansend met die lewe: In die jeug van veroudering deur Kobus Anthonissen hom gehelp het om ’n naweek in die Drakensberge betekenisvol te maak.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Vermis deur Jeanette Stals

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

Proe aan LitNet se eerste slukkie van Vermis deur Jeanette Stals, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Vermis deur Jeanette Stals, ’n onderhoud

Jeanette Stals, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die verhaal begin met Elodie wat een oggend net skoonveld is, met geen teken dat sy in haar bed geslaap het en ook geen leidrade waar sy kan wees en of sy uit vrye wil iewers heen is nie."

A Necklace of Springbok Ears: /Xam orality and South African literature by Helize van Vuuren

Robert Greig
Books and writers

"Helize van Vuuren describes her essays in the field of Bushman studies as a monograph. Perhaps. It is, however, the wide-ranging and delicately intelligent work of a polymath."

On the fifth night: an interview with Michael Howard

Michael Howard, Liné Enslin
Books and writers

"We sense the word 'consciousness' describes levels of human being, but we can’t quite put our finger on what exactly these levels are. The whole concept is like a mirage – there, but untouchable; real, but somehow unknowable."

“Gebied vol twijfels” van Etienne van Heerden: ter gelegenheid van een schrijversoptreden in Gent

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"Aanleiding voor het gesprek is de afronding van een nieuwe roman, vier jaar na de publicatie van Klimtol (2013), en nog vooraleer de Nederlandse vertaling van Klimtol beschikbaar is."

Gulp: Kaapse paragrawe deur Johann de Lange: ’n resensie

Danie Botha
Resensies

"Tussen die menigtes in die Goue Akker en met sielige musiek wat speel, beland sy agter twee netjiese jongmans met aktetasse. Bo die geraas hoor sy een vir die ander een vra: 'So, how’s your sex life?'"

Bending the rules by Rafique Gangat: book launch

LitNet
Books and writers

You are invited to the launch of Bending the rules by Rafique Gangat in Johannesburg, where he will be in conversation with Tim Cohen, editor of Business Day.

Wenners: 2017 UJ-pryse

LitNet
Boeke en skrywers

Hier is die wenners van die 2017 UJ-pryse!

LitNet Akademies: Geakkrediteerde artikels oor die werk van Karel Schoeman

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: 'n Verkenning van Verkenning

Cilliers van den Berg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Gelees as historiese roman, postkoloniale roman of ’n trauma-narratief, stel hierdie werk een van die mees genuanseerde verkennings van die balans tussen historiese en ontologiese trauma in die Afrikaanse letterkunde daar."

Tussen mans: 'n Perspektief op homososiale begeerte in Karel Schoeman se 'n Ander land

Marius Crous
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Hierdie artikel is ’n poging om ’n ander perspektief te gee op Karel Schoeman se bekroonde roman ’n Ander land (1984). Die roman word gelees aan die hand van die teoretiese raamwerk wat gebaseer is op Eve Sedgwick se werk."

Eensaamheid, alleenheid, vryheid: Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto (“Frei aber einsam”) en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe

Heinrich van der Mescht
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Volgens Dahlberg (2007) kan eensaamheid beteken om sonder ander mense te wees, of alleen te voel tussen ander mense, maar ook om rustig en kreatief te voel binne jou eie eensaamheid. Laasgenoemde kan alleenheid (solitude) genoem word."

Karel Schoeman: 'n Keuse uit die LitNet-argief

Het opaal van Karel Schoeman

Herman Meulemans
2016-07-27

"Het heeft 20 jaar geduurd om alle delen van het Stemme-drieluik in het Nederlands te vertalen."

Die vrou wat alleen bly deur Karel Schoeman

Francois Smith
2015-01-23

"Maar selfs mindere Schoeman-werke soos dié bied diepe leesbevrediging, en oor die literêr-historiese waarde hiervan, of die gebruik daarvan as ’n huldigingsbundel, kan ’n mens gerus maar applous gee, aan skrywer én uitgewer."

Om Schoeman te lees, of: Oom Karel vertel

Francois Verster
2012-08-09

"In Die laaste Afrikaanse boek (Human & Rousseau, 2002) pen Karel Schoeman al ’n dekade gelede, en toe al 'uitgetree en afgetree' (sy woorde), ’n paar gedagtes aangaande die kreatiewe proses neer."

“Ek is die afstand”

Erns Grundling
2003-09-18

"Op ’n vraag oor die verskil tussen romanskryf en niefiksie: '’n Roman is iets wat gebeur. Niefiksie is iets wat jy rekonstrueer. Hoekom moet ek oor myself dink? Ek is, ek is,' roep hy verbete uit." Erns Grundling oor die DJ Opperman-gedenklesing deur Karel Schoeman.

Die geeste van Karel Schoeman

Johann Rossouw
2002

"Lees, liewe leser, Die laaste Afrikaanse boek. Dit is dalk jou laaste kans om so ’n groot gees in Afrikaans te ontmoet." Johann Rossouw se resensie van Die laaste Afrikaanse boek.

Miskien die boek wat my die langste sal bybly

Chris van der Merwe
2002

"Die tydelikheid van die menslike bestaan dryf hom ook daartoe om deur sy boeke vas te lê wat tydelik is. Dit laat hom die waarde besef van die skrywer, wie se werk die eeue oorspan."

Karel Schoeman: Hierdie lewe

Chris van der Merwe
2002

"Schoeman verdien om vereer te word vir sy verbeeldingryke en insiggewende verbinding van geskiedenis en fiksie."

Karel Schoeman: Die uur van die engel

Chris van der Merwe
2002

"Die prosa in Die uur van die engel bars as ’t ware uit sy nate, om die onverwoordbare te verwoord; konvensionele grense van genre word oorskry."

’n Nuwe blik op slawerny

Jan C Visagie
2000

"Ten spyte van die geweldige nadeel van afstand in tyd en gebrekkige beskrywings van die alledaagse lewe aan die Kaap, het Schoeman uitmuntend daarin geslaag om ’n atmosfeer te herskep."

Karel Schoeman: Verliesfontein

Chris van der Merwe
2002

"Juis die lengte van die inleiding dui op die moeitevolle 'reis' van die skrywer na waarheid en betekenis; maar dit verklaar ook die opwinding by die vind van wat hy gesoek het, wanneer dit blyk dat die moeite nie tevergeefs was nie."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved