Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 732

17/01/2019


Krities Afrikaans

LitNet: Jou skoolklok

Pasverskyn

Koebesie

koebesie: mannetjie van die heuningby; waterdraer

Trienke Laurie, bekroonde digteres en kunstenaar, kyk introspektief na die roeping om ’n digter te wees. Sy is die werkerby wat nektar uit elke windrigting versamel; word ’n pottebakker in ou Griekeland en ’n glasblaser in moderne België, maar keer telkens weer terug na haar korf om haar ervarings te deel.

Haar gedigte is kopreise wat gestalte kry in ’n sestigtal gedigte. Haar verwondering oor die natuur, haar respek vir eeue oue kultuur en haar diep religieuse belewenis word in toeganklike verse verwoord.

Skrywer: Trienke Laurie
Uitgewer: Corals Publishers
ISBN: 9780992211271
Prys: R130

Menings

Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom?

Jerome Joorst
SA Skoleseminaar

"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."

Djy kôt net 30%. “Dis genoeg!” sê hulle

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Soe hulle sê nou actually dat djy hoef net 30% van Engels of Afrikaans te vestaan dan kan djy maa universiteit toe gan?"

Gillette se advertensie skeer ná aan die vel

Harry Kalmer
Seminare en essays

"Danksy die hipsters en ander modegiere het die baard ’n groot comeback oor die laaste paar jare gemaak en heel moontlik het dit ’n negatiewe invloed op Gillette-verkope onder jong mans gehad."

ANC-verkiesingsmanifes: skisofrenie of kollektiewe geheueverlies?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die manifes werk as mens vergeet dat die ANC alreeds ’n kwarteeu lank regeer, en nog steeds nie hond haaraf kon of wou maak op enige van daai beloftes nie. Seker moeilik om te regeer as jou snoet so diep in die trog is."

Spuug tydens sport

Jannie Pretorius
Menings

"'Daar is vyf goue reëls vir spoeg tydens fietsry,' val hy opgewonde weg en druk afgemete met sy een hand se wysvinger op die ander hand se vingers."

Jou dorp is my dorp, jou seun is my seun

Trisa Hugo
Menings

"Wanneer jy gekonfronteer word met die mens in sy naakte menswees, as jy sien hoe mense ’n hele lewe eensklaps verloor, sien jy dinge in perspektief. Die essensie van die lewe het niks te doen met dit waarmee ons onsself groot dele van die dag besig hou nie."

Kan die gedrukte media oorleef?

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die onlangse sluiting van Die Burger Oos-Kaap se daaglikse papieruitgawe tussen Maandag en Donderdag is ʼn tragiese voorbeeld. Dié koerant se papierweergawe verskyn voortaan net op Vrydae en kan op ander dae (Maandag tot Donderdag) aanlyn gelees word."

Vroue in die politiek

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Alexandria Ocasio-Cortez is ’n naam wat hopelik nog lank in die Amerikaanse politiek gaan weergalm. Selfs nog voor haar inhuldiging het ouer Republikeinse politici haar al begin aanval, die duidelikste teken nog dat hulle haar as ’n ernstige bedreiging beskou."

Vir wie stem jy in 2019?

Frik Lotz
SêNet-briewe

Die antwoord is eintlik heel eenvoudig ...

Boeke en skrywers

Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen
Skrywersonderhoude

"Nee, ek dink nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees."

Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman
Skrywersonderhoude

"’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond."

Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."

Kantelpunt deur Sophia Kapp

Nadia de Kock
Resensies

"Kapp kán ’n storie vertel, en haar waarnemingsvermoë is fyn ingestel. Die alledaagse word raak beskryf. Wie het nie al oë toegeknyp en meer kos probeer optower wanneer ongenooide gaste vir ’n braai-en-rugbykyk opdaag nie?"

Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers

Maryke Roberts
Resensies

"Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense."

Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis

Yolanda Wessels
Resensies

"Kombuis se gemaklike, vloeiende skryfstyl lees lekker en is ontspannend. Sommer van die eerste hoofstuk af is ’n mens reeds verdiep in Basjan se storie en is dit maklik om sy emosies te volg deur sy daaglikse gebeure en stryd op skool."

LitNet Akademies

Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde: ’n hervertolking

Martin de Wit
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Sonder ’n staat wat sterk genoeg is om openbare goedere te voorsien, misluk die geliberaliseerde moderne markorde in vele opsigte om die wêreld se grootste ekologiese en sosiale probleme die hoof te bied. Die populistiese reaksie is ’n gevaarlike pad wat na ander vorme van totalitarisme lei."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

Skole

Graad 1: selfnasientoets vir wiskunde

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jou kind in graad 1 en wonder jy wat hy of sy alles vanjaar in wiskunde sal moet baasraak? Hier is 'n oefentoets wat voltooi en self aanlyn nagesien kan word.

Graad 2: selfnasientoets vir wiskunde

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jou kind in graad 2 en wonder jy wat alles vanjaar in die wiskundeklas vir hom of haar voorlê? Hier is 'n oefentoets wat voltooi en self aanlyn nagesien kan word.

Leefstyl

Roma, ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Hierdie film kry volpunte vir atmosfeer en heelwat minder vir dramatiese impak – dis betekenisvol dat Cuarón net twee van sy drie benoemings vir die Golden Globes kon realiseer: dié vir beste regisseur en beste buitelandse film, maar nie vir beste draaiboek nie."

A wrinkle in time, ’n filmresensie

Liné Loff
Film

"Ons het almal nou en dan nodig om te hoor dat daar ’n ontelbare aantal dinge sedert die ontstaan van die heelal op spesifieke maniere bymekaar moes gekom het vir ons elkeen om op hierdie tyd en plek te wees wie ons is en dat ons, ten spyte van ons tekortkominge, goed genoeg is."

Skryfwerk

Openbaring 2

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Elkeen wat ’n oor het moet luiste na wattie Gies virrie gemeente sê. An elkeen wattie oorwinning behaal sal Ek iets gie vannie boem vannie liewe af om te iet, wat innie paradys van God is."

Akademiese kennisgewings

Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019

LitNet
Akademies en skole

"Nominasies word ingewag vir 2019 se SA Akademiepryse. Kandidate vir enigeen van hierdie pryse kan tans by wyse van volledig gemotiveerde voorstelle genomineer word. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2019, behalwe waar anders vermeld."

Persvrystelling: Uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Maraisprys vir 2019

LitNet
Akademies en skole

"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2019. Enige persoon of instansie is welkom om voor Donderdag 31 Januarie 2019 nominasies in te stuur."

Nou op Voertaal

Die magtige vryheidsbeweging is op sy knieë

Martie Retief-Meiring
Nuusvinke

"Die African National Congress, die huidig regerende politieke party in Suid-Afrika, het van 8 tot 12 Januarie sy 107de bestaansjaar gevier. Dit was ’n vreemde viering."

SANEC stimuleert zaken doen tussen Nederland en Zuidelijk Afrika

Ingrid Glorie
Interviews

"Aan het woord is Alice Cannoo-Tomas, international business development manager bij SANEC, de Southern African Netherlands Chamber of Commerce. Met haar kleurrijke Afrikaanse hoofddoek is Cannoo-Tomas een verfrissende verschijning. Het is plezierig te merken dat er op het Nederlandse SANEC-kantoor ook iemand met Afrikaanse wortels werkt; jong, vrouw, sprankelend en toegewijd."

Stripheld Kuifje wordt 90

Michaël Vandamme
Meningen

"Precies negentig jaar geleden verscheen het eerste album van Kuifje, tot vandaag een van de meest populaire strippersonages ter wereld."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved