Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 693

5/04/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou bekronings

Pasverskyn

Ys

Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elitegroep van die SAPD. Maar as oudstasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe. En dan is daar die man met Die Drang ... en sy kettingsaag. Ysingwekkende oomblikke wag op Kassie en Rooi.

Skrywer: Rudie van Rensburg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801501
Prys:
R260

LitNet Akademies

ATKV|SA Akademie-pryse 2018: Vier LitNet Akademies-artikels word bekroon

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Vier LitNet Akademies-artikels is vanjaar met die gesogte ATKV/SA Akademie-pryse vir geakkrediteerde navorsing in Afrikaans bekroon.

’n Onderhoud met bekroonde navorser Michelle Barnard

Michelle Barnard, Naomi Meyer
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Dit was vir my baie belangrik dat die artikel ’n oorspronklike bydrae tot die vakgebied moes beliggaam en moontlik die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal sou bevorder."

’n Onderhoud met bekroonde navorsers Aslam Fataar en Henry Fillies

Menán van Heerden, Aslam Fataar, Henry Fillies
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Hierdie prys is ’n erkenning van die behoefte aan navorsingsbenaderings tot die verstaan van onderwys wat fokus op die multidimensionaliteit en kompleksiteit wat nou studente se opvoedkundige weë en praktyke vorm."

’n Onderhoud met bekroonde navorser Helgard Raubenheimer

Helgard Raubenheimer, Naomi Bruwer
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Dit was vir baie jare pret om op die gebied van goudchemie, een van my gunstelinggebiede, te werk en dit verder te ontwikkel."

’n Onderhoud met bekroonde navorser Cilliers van den Berg

Cilliers van den Berg, Francis Galloway
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

"Ek is eintlik ’n Germanis en is veronderstel om my met die Duitse letterkunde besig te hou, maar Afrikaans sal altyd die taal wees waarin ek my die beste kan uitdruk. Dat goeie navorsing steeds in hierdie taal gegiet kán word, is klinkklaar, en dit is graag hiér waar ek ook ’n bydrae wil lewer."

Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is

Anél Gildenhuys, Tlapeng Tabane
LitNet Akademies (Regte)

"Die heersende tendens onder verbruikers om ’natuurlike produkte' te kies gaan gepaard met ’n groeiende voorkeur vir die verbruik van rou melk, aangesien rou melk verskeie beweerde gesondheidsvoordele inhou. Rou melk verwys in die algemeen na melk wat nie pasteurisasie, sterilisasie of ultrahoëtemperatuurbehandeling ondergaan het nie."

Boeke en skrywers

Groot Romanwedstryd 2018: Ingrid Winterbach

Naomi Meyer, Ingrid Winterbach
Skrywersonderhoude

"Ek vind dat daar altyd genoeg is om oor te lag, maar ook om oor te huil, en genoeg waaroor mens net in stomme verbystering kan staan. Trouens, niks wat ek kan uitdink, kan meeding met sommige van die absurditeite van die Suid-Afrikaanse lewe nie."

Groot Romanwedstryd 2018: Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché
Skrywersonderhoude

"Ek werk nie vreeslik metodies aan ’n boek nie en sit met baie notas en fragmente en paragrawe wat dalk nooit gepubliseer sal word nie. Sommige werk wel iewers – ek meet en pas en dwing maar in."

Groot Romanwedstryd 2018: Debbie Loots

Naomi Meyer, Debbie Loots
Skrywersonderhoude

"Ek dink in die storie, soos in die lewe, help mense mekaar, en leer hulle belangrike lesse op ’n onderbewustelike vlak."

Groot Romanwedstryd 2018: Gerhard Greyvensteyn

Gerhard Greyvensteyn, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Dis ’n misdaadroman, niks ambisieus nie, veronderstel om lekkerlees-ontvlugting te wees."

UJ-pryse 2018: wenners bekend

LitNet
Boeke en skrywers

Die ontvangers van die UJ-pryse 2018 is nou bekend. Hier is die wenners!

Vandag wil ek my blou skoene dra: ’n onderhoud met Koos Kombuis

Koos Kombuis, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Vir my het Vandag wil ek my blou skoene dra gevoel soos ’n bevryding van daardie ou klomp pyn. Dit was soos om jou ore oop te gaap as jy afkom van ’n bergpas."

Vandag wil ek my blou skoene dra deur Koos Kombuis: bekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Vandag wil ek my blou skoene dra op 7 April in Stellenbosch. Koos Kombuis gaan met Danie Marais in gesprek wees.

Karel Benjamin (1928–2002)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die lewe draai soos ’n wiel, dan gaan hy staan. Waar hy gaan staan en hoe hy weer gaan draai, hang van jou af. Mens is jou lewe se drywer. En jou gedagte is soos ’n lig wat skyn." Lees oor Karel Benjamin se lewe en werk.

Weerlose weerstand: die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

"Terwyl ’n mens lees, kry jy dalk insig in probleme en inhoude waaroor jy nog altyd onseker was, waaroor jy dalk skuldig voel. As gay, ouer of vriend kan jy jou byvoorbeeld vereenselwig met die opgetekende ervarings."

Vuurvas deur Carel Anthonissen: ’n resensie

Cas Vos
Resensies

"In Vuurvas kom talle ervarings en gewaarwordings van menswees ter sprake. Dit strek van die onskuldige aankoms tot die sterwensuitvaart. Alles gebeur in gedigte wat deur ’n gevoelige en taalvaardige hand gemaak is."

Menings

Love in a time of burning: Remembering Winnie Mandela

zp dala
In memoriam

"Perhaps, this mettle was her undoing. This fierce and abiding spirit to 'play equal with the boys' was the reason why the one Winnie inside her would suffer at the hands of the other."

Litigating multilingualism

Zakeera Docrat, Russell Kaschula
University Seminar

"The 2017 new revised language policy for higher education favours multilingualism and should be applauded. However, the judiciary seems completely oblivious to this revised policy, and the judgments are at odds with higher education, where multilingualism is seen as a resource."

Afrikaans en die Bo-Kaap

Izak de Vries
ATKV-Portaal

"Afrikaans het vele gesigte, sê Titus. Dit is daarom vir die ATKV belangrik om die verskillende gesigte te verstaan en aan die wêreld te wys. Dié gesprek was dus deel van ’n hele reeks waarmee die ATKV besig is om Afrikaans se diversiteit te leer ken en verstaan."

Die ontstaan van die komieks

Faika Haroun
Menings

"Nadat ek ’n referaat in Maleisië gelewer het oor taal, kultuur en identiteit, het ek begin om meer belang te stel ook in my eie identiteit. Ek lees toe oor die Maleise kore en oor die moppies. Moppies, dink ek toe, maar ons noem dit nie moppies nie, ons noem dit komieks."

Afrikaanse vertalings in die kollig tydens Vertaalslag 2018, Amsterdam

Marike van der Watt
NeerlandiNet

"Die Vertaalengel is beslis nie die kroon op Ingrid se betrokkenheid by Afrikaans nie, maar net prettige verposing voor sy weer agter haar rekenaar inskuif en passievol verder werk om Afrikaans in Nederland en Vlaandere te bevorder. Almal wat lief is vir Afrikaans, is groot dank aan ons Nederlandse taalambassadeur verskuldig."

Twee jaar vir die k-woord

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek erken ruiterlik, ek was verstom dat sy direkte gevangenisstraf opgelê was. In hierdie land waar die lewe goedkoop is, waar rowers loskom en moordenaars beswaarlik ’n nag agter tralies deurbring, word iemand tronk toe gestuur vir crimen iniuria? Haibo."

Oop gesprekke oor genderuitbeelding in jeugverhale

Estelle Kruger, Isabella Geldenhuys, Johan Anker
Onderhoude

"Ek sal graag wil hê dat my leerders hul selfwaarde moet besef; dat hulle elkeen uniek en ’n individu is en dat hul menswees nie onderhewig moet wees aan die samelewing se vooropgestelde idees van wie hulle as mense moet wees net omdat hulle gebore word as seun of dogter nie."

Persvrystelling: Terugvoer oor Maartmaand se SBL-verkiesings

LitNet
SA Skoleseminaar

"Dit is uiters belangrik dat hierdie verkiesing hoog op jou prioriteitslys verskyn aangesien daar nie ’n kworum is vir die opvolgverkiesing nie. Dit sal dus bitter maklik wees vir jou skool om in die verkeerde hande te beland."

Leefstyl

Afrique mon désir: ’n CD-resensie

Naòmi Morgan
Musiek

"Afrique mon désir is meer as ’n CD of ’n opwindende musiekvertoning: dit is ’n reis na ’n ideale, meertalige land waar skeppende kunstenaars en hul publiek ’n gedeelde menswees ontdek deur middel van ’n seleksie van die mooiste gedigte wat nog op die kontinent en sy buureilande geskryf is."

’n Onderhoud met Catherine du Toit oor Afrique mon désir en die Rabearivelo-poësievertaalprojek

Naòmi Morgan, Catherine du Toit
Musiek

"Die idee agter die bundel was om erkenning te gee aan die wonder van taal, van die uitdrukkingsvermoë in verskillende tale in ons streek, om verbande te lê oor die grense van taal en kultuur tussen elemente van ons menswees hier in Afrika, dinge wat ons almal gemeen het."

Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Fantastiese 15!-kunsuitstalling

Elzanne Coetzee, Anne-Ghrett Erasmus
Kuns

"Van die tradisionele olie op doek tot keramiek, beeldhouwerke, grafiese werk en ontwerpersmeubelstukke. Dis jonk en vars en eietyds. En glo ek ’n fees vir die oog."

Ready player one: film review

Reney Warrington
Film

"You don’t need to get all, or any, of the references to enjoy the film. It is still a thrilling, albeit sweet, adventure that will leave you gasping for breath."

Nog net 9: ’n teaterresensie

Carla van der Spuy
Teater

"Na afloop van Carin Saxon se solovertoning Nog net 9 op Menseregtedag in die Paarl se Ou Meul Teater, waarin sy nie minder nie as tien uiteenlopende karakters vertolk het, het trane op teatergangers se skouers gedrup."

KKNK 2018: Plekspesifieke produksie neem voortou met ses Kanna-benoemings

LitNet
KKNK

Hier is die volledige lys van benoemdes vir 2018 se Kanna-toekennings.

Skryfwerk

Ongetiteld

Marius Coetzee
Poësie

"reën in die voorwinter is geweldig
dae nou is onuitstaanbaar mooi"

Saffier

Sunelle Geyer
Poësie

Lees ’n gedig deur Sunelle Geyer.

Die sonde van die kinders

Dawid de Villiers
Fiksie

"Daar was 10 studente in my groep en op ’n Vrydag in Januarie was die skedule dat ons Herfsland Psigiatriese Hospitaal om 9-uur sou besoek."

funeral wishes

Jemima Meyer
Poësie

"don’t cry
honour the pride of my life
by joining in when they dance and sing"

Uit die argief: Artikels rondom die UJ-pryse 2018

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Die derde spoel sal nie by almal byval vind nie. Dit is egter ongetwyfeld ’n boek wat lesers gaan laat regop sit, wat selfs slapelose nagte gaan veroorsaak."

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans stewig gevestig."

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n Onderhoud

SJ Naudé, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die roman is onder andere gemoeid met die letsels wat hierdie stede nog van die groot 20ste-eeuse traumas oorhou, die soort traumas wat ons eie tydvak gevorm (of misvorm) het. Dit is onbestendige, ontstemmende ruimtes hierdie – stede waar herinneringe aan verwoesting en menslike brutaliteit in die weefsel van die geboue bly talm."

Nou op Voertaal

Suid-Afrikaanse Anesca in Nederland as “PowerVrouw” gekies

Ingrid Glorie, Anesca Smith
Interviews

"Hoe jy aantrek vertel ’n storie oor wie jy is, waar jy in die lewe staan, jou politieke sieninge. En ek is mal oor stories." Ingrid Glorie gesels met entrepreneur Anesca Smith.

Winnie Mandela was geliefd én gehaat

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Ondanks haar omstredenheid sal Winnie Madikizela-Mandela onthou word vir haar charismatiese persoonlikheid, onverskrokke veggees en haar leeue-aandeel in die stryd teen apartheid."

Muchu gustu: Die eiland en die honde

Alfred Schaffer
Meningen

"Die ooreenkomste met die lewe op die Kaapse Vlakte is nie vergesog nie. Die debuut van Radna Fabias in Nederland kan wat my betref vergelyk word met die debuut van Ronelda Kamfer in Afrikaans."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved