|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 686
15/02/2018
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Fees van die ontplooides |
Kalmte in die malle gejaag
Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, 'n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – raak te sien. Dit kan ook jou storie wees.
Skrywer: Johannes de Villiers
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798175883
Prys:
R260 |
 |
|
 |
Zuma se fees van die ontplooides
Jean Oosthuizen
Menings
"Ramaphosa sit opgeskeep met ’n swetterjoel van Zuma se ontplooide kaders in magsposisies van wie hy nie sommer oornag kan ontslae raak nie, al wil hy. So het die politieke wetenskaplike Willie Breytenbach Ramaphosa se uitdaging vir die land se toekoms opgesom nadat die ANC aangekondig het hulle gaan Zuma herroep."
|
 |
Genoeg is genoeg
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Iewers moet ons ’n streep in die sand trek. Iewers moet ons besef die enigste persone wat ons samelewing kan verander, is ons. Ons is dit verskuldig aan die lang lyn slagoffers van misdaad. Meer as dit, ons is dit verskuldig aan onsself."
|
 |
Buiteperspektief op tale in die onderwys
Gert van der Westhuizen
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Salomone vra die vraag of die Konstitusionele Hof se meerderheidsbesluit minder gaan oor die 'krag van Engels as verenigende neutrale taal', en meer oor die simboliese assosiasie van Afrikaans met die rasgemotiveerde foute van apartheid en mense se behoefte om onregte van die verlede met sprekers self af te reken."
|
 |
Die heroes van Dag Zero
Olivia M Coetzee
Rubrieke
"Hoekô praat niemand oorie feit dat die hele wêreld biesag is om warmer te wôd ennie drinkbare water biesag is om skaarser te wôtie? OK, ek wiet mos nou daa is baie mense, hoge mense wat praat oo die global warming stukkie, maa die mense oppie grond vat dittie kop toe nie, wan dis noggie 'Nuus' ie. Nou wanne gannit dan nuus raak?"
|
 |
Water crisis: a country at war
Naomi Meyer, Karen Jayes
Opinion
"In the end, like in the book, it boils down to helping one another. There is great blessing in giving a glass of water to a poor and thirsty person. It is a form of healing."
|
 |
Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis
Menán van Heerden, Menán du Plessis
Opinion
"In fact, Nama is, for all practical purposes, the only extant Khoekhoe variety (and, indeed, the only Khoisan language of any kind) still spoken in South Africa today. Most of the remaining Nama speakers in South Africa (perhaps around 2 000 of them) are aged at least 50 or upwards, however, although attempts are now being made to reintroduce the language as an additional subject at schools in the Northern Cape."
|
 |
Eulogy to Raymond Danowski – in sacred memory
Paul Murray
In memoriam
"[I]n the mid-70s as he [Raymond] was putting together his collection of 20th-century English poetry ... From this initial stage, today the final product amounts to what is now known as the Danowski Poetry Library – a 75 000-volume collection of rare and first editions of modern and contemporary poetry at Emory University. It includes every poetry volume in English published world-wide in the 20th century."
|
 |
Liefde is ... Inskrywings (VI)
LitNet
Skryfkompetisies
Met die oog op Valentynsdag het LitNet lesers genooi om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is nog inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Liefde is ... Inskrywings (VII)
LitNet
Skryfkompetisies
Met die oog op Valentynsdag het LitNet lesers genooi om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is nog inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Liefde is ... Inskrywings (VIII)
LitNet
Skryfkompetisies
Met die oog op Valentynsdag het LitNet lesers genooi om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is nog inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Liefde is ... Inskrywings (IX)
LitNet
Skryfkompetisies
Met die oog op Valentynsdag het LitNet lesers genooi om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is nog inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Liefde is ... Inskrywings (X)
LitNet
Skryfkompetisies
Met die oog op Valentynsdag het LitNet lesers genooi om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is die laaste inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Misterie
Willem Esterhuyzen
Fiksie
"Pouse is nog aan die gang, en dit lyk of die skoolkinders alreeds snuf in die neus gekry het dat iets nie pluis is nie. Daar is ’n samedromming buite die hek van die swembad."
|
 |
Nuwe stemme 6, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers: ’n resensie
Annie Klopper
Resensies
"Nuwe stemme 6 slaag daarin om ’n paar sterk stemme klokhelder te laat opklink – sommiges sterker as ander – en soos met vorige uitgawes van Nuwe stemme speel die publikasie daarvan nie net ’n rol in die bewaring en ontwikkeling van hierdie stemme nie, maar spreek dit ook van diversiteit, durf en bowenal belofte onder ontluikende Afrikaanse digters."
|
 |
Katelknaap: ’n onderhoud met Leon van Nierop
Christiaan J de Swardt, Leon van Nierop
Skrywersonderhoude
"’n Roman gee jou absolute vryheid om in die karakters se koppe in te kom en dit was vir my van kardinale belang – nie die gesteun of gespierde sespak nie, maar die genot sonder ’n skuldgevoel."
|
 |
Waar rats die ribbok gaan ...: rondom briewe van Elsabe Steenberg
Sarel Venter
Boeke en skrywers
"In Elsabe Steenberg se nagelate briewe aan haar vriendin Elizabeth Venter (saamgestel deur haar man, Sarel Venter) verskyn ’n heroïese mens in die teleskoop: ’n skryfster, ’n akademikus en passievolle dosent, ’n waarderende eggenoot, ’n moeder wat haar kinders bemin, ’n liefhebbende vriendin; en dan, ’n vegter: een wat haar tot die dood toe verset teen die slopende en verlammende siekte veelvuldige sklerose, wat uiteindelik ná dekades haar lewe beëindig het."
|
 |
Elsabe Steenberg (1938–1996)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ons almal wat graag lees, het die heerlike taak om kinders en tieners bewus te maak van die wêreld wat oopgaan by die lees van elke boek." Lees oor die lewe en werk van Elsabe Steenberg in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
|
 |
By die herlees van Offerland: FA Venter
Johan Anker
Resensies
"Alhoewel Offerland steeds ’n tradisionele en kultuurgebonde historiese roman uit die sestigerjare sal bly, is ek aan die einde van die lees daarvan wéér ontroer."
|
 |
Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Die boek dokumenteer die reise van die skrywer deur Suid-Afrika, op soek na enige monumente, insluitend grafte. Dan word die spesifieke monument kortliks in historiese konteks geplaas: Wat het daar gebeur? Wie was betrokke?"
|
 |
PEN Afrikaans Nuusbrief: Januarie 2018
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Oor: PEN Internasionaal-werkswinkel in Malawi; ’n nuwe artikelreeks; goeie nuus oor die kykNET-Rapport-boekpryse; kunstenaarsbeurse vir bywoning van die US Woordfees; ’n spesiale PharosAanlyn-aanbod vir opbetaalde lede van PEN Afrikaans; belangrike inligting oor ’n kopiereg-saamtrek in die noorde; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Januarie; nuwe Afrikaanse boeke in Februarie.
|
 |
Outeursreg: beloning, balans en ’n bondel regte
Catrina Wessels
PEN Afrikaans
Wat is outeursreg? Wat is die skrywer se regte en wat die uitgewer s’n? ’n Oorsigartikel oor outeursreg as inleiding tot PEN Afrikaans se nuwe artikelreeks, wat ná hierdie algemene vertrekpunt in meer spesifieke vrae sal delf.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2018
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Onderweg
Crito
Blogs
"In die week waarin president Zuma aangesê is om die speelveld te verlaat, seur dit in die Afrikaanse boekeblaaie steeds oor die kerk, geloof en seksuele oriëntasie."
|
 |
Omstrede kwessies in voorgeskrewe jeugliteratuur: ’n onderhoud
Estelle Kruger, Elize Vos
Onderhoude
"Ek sou beslis ’n voorstander wees daarvan om jeugromans van ’n omstrede aard, maar met ’n hoopvolle einde, voor te skryf. Ek glo dat leerders deur die lees van sulke jeugromans afsluiting (katarsis) kan vind van hulle eie probleme of ten minste vaardighede kan aanleer om soortgelyke probleme te kan hanteer."
|
 |
kykNET Fiëstas 2018: Wenners
LitNet
kykNET Portaal
Vanjaar se kykNET Fiëstas het op Donderdag 8 Februarie by Montecasino Teatro in Johannesburg plaasgevind en is oudergewoonte regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai. Hier is vanjaar se wenners.
|
 |
Review: When swallows cry
Mercy Kannemeyer
Lifestyle and entertainment
"The motivation for the play is clear, and this can be a very important piece of theatre: the refugee crisis is, sadly, an ongoing one, and in some wealthy parts of the world, like Trump’s America, refugees – or people fleeing to have better lives – are not welcome."
|
 |
Persvrystelling: Die berge gaan weergalm met die klanke van talent
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
"Die Paarlberg en ikoniese Taalmonument is op 6 April 2018 Suid-Afrika se klank-hoofkantoor met onder andere Dr Victor & The Rasta Rebels, Paxton & Sean D Band asook Jak de Priester wat die aand aan die brand gaan speel tydens die Boland se eerste Oppiberg Konsert."
|
 |
Karnaval!
Solet Scheeres
Festivals
"Oeteldonk is die naam van Den Bosch se amptelike karnaval, ’n fees wat die stad al 550 jaar lank vier. Die meeste dorpe en stede in die suide van Nederland, 'benede de Maasrivier', wat Katoliek georiënteerd is, eerder as Protestants, vier nog steeds elke jaar karnaval. Die fees begin drie dae voor die 40 dae vastyd tot Paasfees."
|
 |
Orgaandonatie: “Ja, tenzij”
Ingrid Glorie
Flitsberichten
"Alle volwassenen in Nederland worden voortaan automatisch geregistreerd als orgaandonor, tenzij ze expliciet hebben aangegeven dat niet te willen. Dat is de essentie van een wetsvoorstel dat op dinsdag 13 februari door de Eerste Kamer is aangenomen."
|
 |
Afrikaanse en Engelse leerders betoog saam vir Afrikaans
Jean Oosthuizen
Flitsberichten
"Ontevrede ouers van minstens drie plattelandse dorpe in die Noord- en Oos-Kaap is woedend omdat hulle kinders nie meer in Afrikaans onderrig word nie. Sommige van die skole is oorwegend Afrikaans maar moet klaarkom sonder ’n Afrikaanse onderwyser."
|
 |
Langstraat: ’n versmelting van Kaapstad se kulture en energie
Paul Murray
Culinair
"Alhoewel Mesopotamië se geskiedenis veel ouer is as dié van Kaapstad, is die Moederstad die geskikte plek om hierdie skouspelagtige tradisies, soos die kuns, mode, kos, atmosfeer en energie, in Langstraat te laat voortleef."
|
|