Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 684

2/02/2018

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou voertaal

Pasverskyn

Gesant van die mispels en
In die stille agterkamer

Met dié bundels beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilders Adriaen Coorte (ca 1659–1707) en Jan Mankes (1889–1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundels bevat elk ’n dosyn skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “’n poëtiese kragtoer”.

Skrywer: Marlene van Niekerk
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176552 / 9780798176545
Prys: R250 elk

Voertaal

Jou nuus @ voertaal.nu

Skole

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid, vraestel 1 en memorandum

Jeanne-Mari du Plessis
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskundige Geletterdheid.

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid, vraestel 2 en memorandum

Jeanne-Mari du Plessis
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Wiskundige Geletterdheid.

Menings

“Rassistiese identiteite”, meertaligheid en die toekoms van Afrikaanse skole

Conrad Steenkamp
SA Skoleseminaar

"Die sprekers van Afrikaans moet nou saamspan om die inherente diversiteit van die taal agter ons skole te mobiliseer. Ons kan ook baie meer doen om Afrikaanse skole en Afrikaansmediumonderrig vir swart ouers en kinders aantreklik te maak."

Tjaila-tyd vir Zuma se span: hoe lyk dit?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Waar die Zuma-verbintenis voorheen deure wyd laat oopswaai het, begin hulle toenemend vind dat daai selfde verbintenis nou deure in hulle gesigte laat toeklap."

Waterkrisis ‒ ’n Mening in krisistyd: Die verantwoordelikhede (en verantwoordbaarheid) van die staat voortvloeiend uit die publieke-trusteeskap-beginsel

Germarié Viljoen
Seminare en essays

"Ten tweede is die oënskynlike gebrek aan daadwerklike en proaktiewe optrede deur die nasionale regering ten aansien van waterregulering in Kaapstad ’n groot vraagstuk."

Obituary: Stanley GM Ridge

Miki Flockemann
In memoriam

“Stan, you have broadened our knowledge horizons by example, your intellectual energy has been infectious and you have changed and shaped those you have taught and worked with. Rest in peace, dear friend.”

Stanley GM Ridge (1942–2018)

Stef Slembrouck
In memoriam

"Hij genoot nationaal en internationaal erkenning vanwege zijn expertise op het vlak van hoger onderwijs en heeft het hoger onderwijs in Zuid-Afrika mee vorm gegeven."

Die eenheid van die reënboog: ’n Vredesentrum ten bate van transformasie

Ockie Grundling, Naomi Meyer
Onderhoude

"Vredebou volg normaalweg die amptelike versoeningsfase op. Versoening vereis in die eerste plek inklusiewe skuldbelydenis. Inklusiwiteit is krities belangrik en impliseer/vereis dat alle rolspelers in die konflik hul betrokke aandeel in die konflik moet erken en bely."

’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 1)

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Die Oudgriekse mites tel onder die mees komplekse, fassinerende en interessante vertellinge wat ooit mondelings geskep, oorvertel en later op skrif gestel is."

Nalatenskappe

Handré Brand
Seminare en essays

"Berus ’n persoonlike nalatenskap noodwendig uitsluitlik op eksterne persepsies, waarnemings en interpretasies van die lewenstyl, waardes, beginsels en werksprestasies van ’n persoon? Hoe geldig is sulke interpretasies van ander se nalatenskappe?"

Skryfwerk

Liefde is ... Inskrywings (III)

LitNet
Skryfkompetisies

Dit is binnekort Valentynsdag en LitNet nooi jou uit om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is nog inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie sluit op 14 Februarie 2018.

Liefde is ... Inskrywings (IV)

LitNet
Skryfkompetisies

Dit is binnekort Valentynsdag en LitNet nooi jou uit om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf. Hier is nog inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie sluit op 14 Februarie 2018.

Bybel in Kaaps: Die Hooglied van Salomo (deel 4)

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Lat ôs vroeg opstan en na die wingerde toe gan, lat ôs gan kyk offie wingerdstokke bot, offie botsels oep is ennie granateboeme bloei, daa sal ek vi jou my liefde gie."

Die ander vrou

Abraham Rozendaal
Fiksie

"Spontaan begin sy vertel van die verskriklike week wat hulle agter die rug het. Die dames in die volgepakte salon spits hul ore en dié reeds onder die raserige haardroërs wend hulle tot liplees soos wafferse matrieks in die skool vir dowes."

Die pakkie

Elaine Cronjé
Fiksie

"Dit voel asof almal na my staar, of iemand weet van die pakkie, toegedraai in vaalpapier en weggesteek tussen my klere in die sak. My hart klop in my keel tot ek by die vliegtuig instap."

Images of the strong handsome faces of men

Abigail George
Poetry

"And I was left thinking that glasses
make a face look interesting.
Even handsome. Even intelligent."

Why I blog about writing and issues of mental health

Abigail George
Poetry

"He made careful movements
with his hands. Played a cloud study of water vapour gospel with his guitar."

Boeke en skrywers

Vertical and lateral literary movements in a writer’s career. Breyten Breytenbach’s Windcatcher in the USA and the Low Countries

Yves T'Sjoen
Books and writers

"Research on the constitution of foreign images of a canonical Afrikaans poet can start right here."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Rose vir Roselle deur Rosita Oberholster

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Rose vir Roselle deur Rosita Oberholster, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Een interview met Dan Sleigh over Eilande

Tycho Maas, Dan Sleigh
Interview

"Mense is eilande in die see van die geskiedenis. Daar is nie bloot een perspektief of een geskiedenis nie."

Juliana. Een vorstin in een mannenwereld deur Jolande Withuis: ’n lesersindruk

Marius Coetzee
Lesersindrukke

"Jolande Withuis verleen gravitas en konteks aan ’n inderdaad buitengewone vorstin in ’n manswêreld. Juliana was ’n pionier en passievolle humanis wat die rol van die Europese konstitusionele monarg aansienlik verander het."

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie 2017 aangewys

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

"Die wenners van LAPA se Jeugromankompetisie vir 2017 is pas bekend gemaak, en aanhangers van dié genre kan uitsien na drie uitsonderlike wenverhale wat later vanjaar die rakke gaan tref. Twee gesoute gunstelinge en ’n opwindende nuwe stem wat deur die ATKV-Skryfskool geslyp is, maak dit drie wenverhale wat jong lesers se asem gaan wegslaan."

Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: bekendstelling in die Paarl

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Gesant van die mispels en In die stille agterkamer op 26 Februarie in die Paarl, waar Gerrit Olivier met Marlene van Niekerk in gesprek sal wees.

Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: bekendstelling in Kaapstad

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Marlene van Niekerk se Gesant van die mispels en In die stille agterkamer op 27 Februarie by The Book Lounge in Kaapstad.

Persvrystelling: kykNET-Rapport-boekpryse se prysgeld word verhoog

LitNet
Boeke en skrywers

"Ter erkenning van die prestasies van Afrikaanse skrywers, plaaslik sowel as internasionaal, is die prysgeld van die jaarlikse kykNET-Rapport-boekpryse met 40% verhoog tot altesaam R750 000."

Leefstyl

KKNK 2018: Programbekendstelling

Mercy Kannemeyer
Feeste

"In die woorde van Crispin Sonn, beywer die KKNK hulle vir uitnemendheid en kwaliteit. So, sien jou in Oudtshoorn!"

The Post: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"As jy The President’s Keepers verslind het, is hierdie net die fliek vir jou!"

Op twee wiele oor die Himalaja

Gerrit Rautenbach
Reis

"’n Goeie omvattende en verduidelikende definisie van avontuur beskryf dit as ’n blootstellende gebeurtenis met ’n onseker gevolg of uitkoms ..."

Burgeoning Estonian festival seeks more African films

Clifford Roberts
Film

"'The selections from Africa up to now have mostly come from recommendations from friends,' says event founder and director Tiina Lokk-Tramberg. 'It is one of the areas where I would really like to get more submissions.'"

Battle of the sexes: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Hierdie puik film oor die epiese tenniswedstryd tussen die Wimbledon-kampioen Billie Jean King en voormalige nommereenspeler Bobby Riggs draai die horlosie terug na 1973 – en ’n mens se mond hang behoorlik oop oor die soort seksisme wat veertig jaar gelede die aanvaarde norm was."

The taming of the shrew: Maynardville

LitNet
Theatre

"A historic production of Shakespeare’s popular comedy The taming of the shrew will be presented at the Maynardville Open-Air Theatre this year, directed by Tara Notcutt and featuring an all-female cast and creative team."

The shape of water: film review

Reney Warrington
Film

"The shape of water is beautifully styled and filmed and the actors give it their all, but the lack of substance and a stock-standard script lets the whole production down."

Persvrystelling: Plaaslike film ding mee by internasionale rolprentfees

LitNet
Film

"Ellen, die storie van Ellen Pakkies is die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses gaan, teregstaan op ’n moordaanklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste gemeenskappe in Suid-Afrika."

LitNet Akademies

’n Oorweging van verskeie aspekte rakende die prerogatief om werknemers nie te bevorder nie

Judith Geldenhuys
LitNet Akademies (Regte)

"Arbeidsforums is hier nie geneë om in die verhouding tussen werkgewers en werknemers in te meng nie, en die prerogatief wat werkgewers geniet om die kandidaat van hul keuse te bevorder, word deur ons howe erken."

Kennisgewing

Uitnodiging: Johan Combrink-gedenklesing

LitNet
ATKV-Portaal

"Kom luister hoe dink Martie Retief-Meiring en Kabous Meiring oor wraakspraak en die gevolge daarvan in ’n tyd van dinamiese verandering, en ook hoe Afrikaans geraak word as een van die emosionele brandpunte op ons sosiale-wraakspraak-landskap."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved