Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 673

2/11/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou boekestad

Fresh off the press

The President’s Keepers

Investigative journalist Jacques Pauw exposes the darkest secret at the heart of Jacob Zuma’s compromised government: a cancerous cabal that eliminates the president’s enemies and purges the law-enforcement agencies of good men and women. As Zuma fights for his political life following the 2017 Gupta e-mails leak, this cabal – the president’s keepers – ensures that after years of ruinous rule, he remains in power and out of prison. But is Zuma the puppet master, or their puppet?

Author: Jacques Pauw
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624083047
Price: R280

Menings

Durban first city on the African continent to become a Unesco World City of Literature

Darryl David, Naomi Meyer
Books and writers

"This is big. In a sense it means that Durban becomes the literary capital of Africa, the literary gateway to Africa. Everything that the city plans from now, literature must be at its heart."

Frankfurt Boekeskou 2017: ’n onmisbare geleentheid om skrywers se werke internasionaal ten toon te stel

Olga Wyngaard
Boeke en skrywers

"’n Opvallende tendens uit gesprekke met internasionale uitgewers is dat daar groot belangstelling in die verhale van vrouestemme uit Afrika en ook dié van ander jong gemarginaliseerde persone is."

Vyf Suid-Afrikaners en die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) 2017

Giselle Botha
NeerlandiNet

"Die doel van die kursus is daarom nie net om studente se Nederlandse taalkennis te verbreed en te verdiep of om die studente aan die Nederlandse en Vlaamse kultuur bloot te stel nie, maar ook om die vraag te beantwoord oor watter beroepsmoontlikhede Nederlandse taalkennis en taalbeheersing bied."

Jaarvergadering van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans: ’n verslag

Dewald Koen
Menings

"Die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) se Algemene Jaarvergadering het op Saterdag 28 Oktober by die Universiteit van Pretoria plaasgevind. Verteenwoordigers van Afrikaansdepartemente regoor Suid-Afrika het die vergadering bygewoon om die IVA se doelwitte te bespreek, amptelike verteenwoordigers te verkies en die pad vorentoe uit te stippel."

Martin Luther – die onbekende

Cornelia de Kock
Menings

"Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 Stellinge teen die deur van die Kasteelkerk in Wittenberg vasgespyker. Martin Luther het dié historiese figuur geword wat reeds vir vyf eeue dwarsoor die wêreld die verbeelding aangryp."

Die kwesbares

Juliana Coetzer
Menings

"Dit is al waaraan ek die heelweek dink terwyl ek luister na die families wat getuig oor die 141 psigiatriese pasiënte wat in die 'sorg' van verskeie nieregeringsorganisasies gesterf het: húlle het alleen doodgegaan."

In ’n Tanzaniese tronk

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die oomblik as regsverteenwoordigers nie meer met vrymoedigheid sake kan aanneem nie, dan is intimidasie van regters ook nie ver agter nie. Die oomblik as regters nie 'without fear or favour' kan regspraak lewer nie, is demokrasie in sy kanon in."

Die akkuraatheid van weervoorspellings

Handré Brand
Seminare en essays

"Weer- en klimaatverskynsels kan onverwags toeslaan en nadelige gevolge vir lewe op die aarde inhou, maar terselfdertyd is dit moeilik om die toekomstige weerpatrone wat verwag word, akkuraat te voorspel. Weerkundiges verkeer dus in ’n moeilike situasie."

In memoriam: Coen Stork (1928–2017)

Erik van den Bergh
NeerlandiNet

"Na 89 jaar is nu een einde gekomen aan een rijk leven. Voor velen zal Coen Stork voortleven als een kostbare herinnering: een betrokken diplomaat, een erudiete man met gevoel voor humor en zeer aimabel."

Boeke en skrywers

Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer

Kleinboer, Herman Lategan
Skrywersonderhoude

"My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)."

Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n resensie

Cas Wepener
Resensies

"Van Niekerk help ons om ’n spieël voor die leser te hou, nie alleen die spieël rakende jou eie sterflikheid nie, maar ook die spieël gegewe jou reaksies en optrede met betrekking tot ander se lyding, sterwe en dood."

Hedendaagse problematiek en geskiedenis praat saam in Ware mense

Willem de Vries
Boeke en skrywers

"Ware mense bestaan uit twee verhale, het Hugo verduidelik: Die geskiedenis en die huidige posisie van Khoi-Khoin-mense en -afstammelinge in Suider-Afrika, asook die verhaal van die navorsing, hoe De Graaff by die mense uitgekom en hul stories gehoor het."

geskoei deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

"Hy is nou duidelik, soos hy dit noem, ’n ou toppie, uncle. Maar hier is nie juis selfbejammering nie. Nee, daar’s kort besinnings en ook kort-kort humor en ’n geesdriftige lewensblyheid."

geskoei deur Johan Rabie Murray: bekendstelling by Stanford Valley

Amanda Botha
Boeke en skrywers

"Murray se gedigte getuig van ’n geleefde lewe met sy insigte wat telkens die innerlike verken. Vriendskap en ’n besinnende omgang met ouer word is sterk temas van die bundel, soos die bundeltitel getuig."

My storie van hoop deur Hykie Berg: ’n resensie

Marthie Hauptfleisch
Resensies

"Dit het my laat dink aan die probleme van ons land in Suid-Afrika: hoë werkloosheidsyfers, mense wat hoop soek in bottels en hole met tik en dagga, mense sonder rigting. En ek wens ek kan in elkeen se hand ’n Hykie-hoopboek stop sodat hulle kan lees van die ander kant en dat dit 12 baie presiese nuanses van stappe kos om die lig te sien."

Gister is verby deur Juanita Aggenbach: ’n resensie

Elbie Adendorff
Resensies

"Die uitbeelding van kanker en kankerbehandeling wys daarop dat dit jou hele lewe oorneem en dat daar ’n fisieke en ’n psigiese dimensie daaraan verbonde is. Dit is veral ’n verhaal van oorwinning oor borskanker."

Hoe verklaar jy dit? #2: ’n onderhoud met Danny Fourie

Danny Fourie, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Hoe verklaar jy dit? #2 is ’n bewys daarvan dat die internet nie noodwendig die plek van die boek kan inneem nie."

Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter: ’n resensie

Anke Theron
Resensies

"Anders as die tradisionele speurverhaal is hier nie ’n moord in die ware sin van die woord betrokke nie en kan hierdie speurverhaal die grondslag lê vir die jong leser om speurverhale te geniet."

Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie

Heinie Heydenrych
Resensies

"In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Koms van die motman deur Chris Karsten

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Koms van die motman deur Chris Karsten, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten

Chris Karsten, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou."

Penseel-bekendstelling: fotogalery

Carla Watson
Boeke en skrywers

Die bekendstelling van Penseel, die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se studentebundel, het op Dinsdag 17 Oktober in Stellenbosch se dorpsbiblioteek plaasgevind. Carla Watson deel haar foto's van die geleentheid.

Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie

Cas Vos
Resensies

"Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel."

Persvrystelling: Bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters in Pretoria

LitNet
Boeke en skrywers

Op Saterdag 18 November om 9:30 vir 10:00 vind die bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters in Pretoria plaas.

Persvrystelling: Bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters in Wellington

LitNet
Boeke en skrywers

Op Saterdag 25 November om 10:30 vir 11:00 vind die bekendstelling van Rympies vir kleintjies en kleuters by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas.

Kom vier fees met vier skrywers!

LitNet
Boeke en skrywers

Ontmoet op 23 November in Bellville vir Rudie van Rensburg, Deon Meyer, Erns Grundling en Martelize Brink en laat hulle jou boeke teken. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

Persvrystelling: Skryf nou in vir 2018 kykNET-Rapport Boekpryse

LitNet
Boeke en skrywers

Uitgewers word hartlik uitgenooi om boeke voor te lê vir die 2018 kykNET-Rapport Boekpryse ter waarde van altesaam R500 000. Die sperdatum is 10 November 2017.

Persvrystelling: Loslippige lagterapie met Ian (Loslip) Wessels

LitNet
Boeke en skrywers

Op Donderdag 2 November 2017 om 18:00 vir 18:30 vind Ian (Loslip) Wessels se Loslippige Lagterapie-eenmanvertoning plaas by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein.

In ’n tyd van moord

Crito
Blogs

’n Week soos hierdie, waarin die aandag op moord en doodslag is (én op Jacques Pauw se boek), is ’n groot toets vir enige resensent.

Leefstyl

BookBedonnerd 2017: ’n Voorsmaak en ’n nasmaak

Naomi Meyer
Menings

"Daar, in die Karoo, tussen verwaarloosde drome, staan ’n platform."

BookBedonnerd 2017: fotoblad

Darryl David
Feeste

Die 10de BookBedonnerd-fees het van 25 tot 28 Oktober in Richmond plaasgevind. Hendrik Mentz deel sy foto's van die fees.

The big sick: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Dis selde dat ’n mens so ’n vars en oorspronklike film teëkom soos hierdie een, gegrond op die ware verhaal van ’n Pakistani-komediant en sy Amerikaanse vrou."

Die reuk van appels by die Fugard-teater: ’n teaterresensie

Maryke Roberts
Teater

"Die stuk is tersaaklik vandag; dalk nog meer as 40 jaar gelede. Ons gaan weer onder onderdrukking en indoktrinasie gebuk – dalk onder ’n nuwe bestel, maar die euwel is dieselfde een."

Press release: Bookings open for the Fugard Bioscope National Theatre Encore Season

LitNet
Lifestyle

"The National Theatre Encore Season is a chance to re-experience some of the most popular recorded live theatre titles of the 2017 bioscope season, featuring the best of British theatre screenings as well as some new titles from the comfort of a Fugard Theatre seat."

Press release: Celebrating the arts at the Ramsgate Book & Art Festival, 10–12 November 2017

LitNet
Festivals

"In the heart of the coastal and decidedly artistic village of Ramsgate on the KZN South Coast, festivalgoers will be welcomed by a community street festival atmosphere with book and market stalls, special events ranging from authors' talks to art exhibitions, workshops, storytelling, poetry readings and entertainment."

LitNet Akademies

Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding

Charla Schutte, Martina Viljoen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In hierdie opsig mag figuratiewe vorme soos patriotiese liedere, soos ons geredeneer het, kragtige politieke instrumente word ter vergestalting van nasiebou, -eenheid en -trots, en verteenwoordig dit op hierdie wyse 'betekenis in die diens van mag'."

Skryfwerk

Die leser

Izak de Vries
Fiksie

"Die leser" is ’n splinternuwe kortverhaal deur Izak de Vries: "Ek was mal oor haar, maar al waaroor sy kon praat was jy. Later begin ek ook dink aan jou. Ek is ’n leser en ek maak my eie stories in my kop en hier staan jy, maar nie die vaal jy op Franci se foto’s nie. Jy is baie meer sexy as wat ek gedroom het."

Laggend in rou

Rozaan de Wet
Fiksie

"Sy soek na iets venynigs om hom toe te snou toe sy sy skouers sien ruk en sy laggery verander na ’n weeklaag en hartverskeurende geween."

Anna

Marike van der Watt
Fiksie

"Dis asof Anna skielik die helfte kleiner geword het langs my en die seuntjie op my skoot met ’n naald geprik is en ’n vulkaan in my opborrel."

As die naaimasjien die fan tref

Helena Mellet
Fiksie

"Hesmarie Jordaan is nie ’n mak mens nie. Puntenerig soos ’n ou wiskunde-onderwyser, vind fout met alles. So trots, dit grens amper aan hoogmoed."

Die kat

Mari Hartzenberg
Fiksie

"Ek verstaan die kat nie en die kat verstaan my nie, maar dit dompel my nie in ’n eksistensiële krisis nie. Ek verstaan mý ook nie en in hierdie stadium van my lewe, verstaan ek nog minder wat mense dryf om te wees soos wat hulle is."

Die volheid van heiligheid

Francois Meyer
Poësie

"soos ’n boom in die droogte
met somerreën ressorteer ..."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved