Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 726

22/11/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou Karoogrond

Pasverskyn

Retoer

Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence! Retoer: Pretoria – Provence is ’n bundel van dié bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. 

Skrywer: Marita van der Vyver
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799384796
Prys: R230

Menings

Grond: die effek van die Groepsgebiedewet op klein dorpies in die Karoo

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Weinig word daar egter gepraat oor die effek van die wet op klein dorpies in die Karoo, waar ek gebore is en grootgeword het. Nóg ’n aspek wat oorgeblaai word, is die rol van kerke in hierdie sensitiewe historiese saak – en hier verwys ek spesifiek na die ou NG Sendingkerk (vandag die Verenigende Gereformeerde Kerk of VGK)."

US Woordfees-programbekendstelling: Marga Stoffer oor die voorgestelde kopiereg-wysigingswetsontwerp

Marga Stoffer
Menings

"Die enkeles wat behoorlik vergoed word vir hulle werk, is dié wat gelukkig genoeg is om tekste te hê wat in skole gebruik word. Maar die wetsontwerp maak dit nou vir die Departement van Basiese Onderwys moontlik om opvoedkundige materiaal sonder die toestemming van skrywers, en sonder vergoeding aan hulle, te gebruik."

Afrikaans is a major African asset – Dele Olojede

The more we eliminate this diversity, the lesser we become, says Africa’s first Pulitzer Prize winner


Willem de Vries
Interviews

What does Afrikaans mean in the context of Africa? And what can an institution such as Stellenbosch University gain, should it make work of ensuring there is no lesser place for it? Willem de Vries spoke to Dele Olojede, who has become a supporter of the campaign Gelyke Kanse (Equal Opportunities).

US-konvokasie 2018: Breyten Breytenbach reageer op Jeremy Vearey se toespraak

Breyten Breytenbach
Universiteitseminaar | University Seminar

"Ek weet nie of ons ooit gaan ontkom aan die moedswilligheid om strooipoppe op te stel en eenvoudig die ander se motiewe te bly wantrou nie. Dit is ook die nalatenis van wat die gedwonge skeiding van ons gemaak het." Breyten Breytenbach reageer op Jeremy Vearey se US-konvokasietoespraak.

’n (Laaste) naskrif aan Jannie Marais van Coetzenburg

Gerrit van Wyk Kruger
Universiteitseminaar | University Seminar

"Oom Jannie, aan die begin van hierdie jaar het ek aan u in die Anderwêreld, waarheen u nou al ‘n volle 100 jaar gelede verhuis het, gerapporteer dat die Universiteit Stellenbosch, waarvan u die groot grondlegger was, besig is om sy bedoelde spoor totaal byster te raak."

Van boeke, lesers en skrywers (Deel 1)

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Woorde, die smaak, tekstuur en klank daarvan is ’n oneindige bron van verwondering. En om dit dan saam te groepeer op ’n manier wat nie net sin maak nie, maar wat ander mense laat soebat vir nog – dis ’n tipe magic, met skrywers as die abrakadabra-towenaars."

Reguit boempies sonner respek

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Dis ʼn skok en ʼn sêdness om te sien hoe die skole deesdae in ʼn toestand is, en mee soe die kinnes. Toe ek op skool gewiesit, was daa maa oek sulke goed, maa daa was nettie smartphones ommie goed te recordie."

Afrikaanse letteren in Boedapest

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"ELTE is een van de oudste universiteiten van Centraal-Europa, met in totaal dertigduizend studenten en een dynamische groep van enthousiaste, begeesterende docenten Nederlands. Een groep van vijftien studenten, derdejaars, masters en ook enkele studenten met gewoonweg interesse, volgde een week lang een lessenreeks met de focus op de Afrikaanse literatuurgeschiedenis."

Boeke en skrywers

Stof deur Alettie van den Heever: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Elzette Steenkamp
Resensies

"Vir dié wat mooi kophou en volhou, is die beloning wel groot. Stof is ‘n besonderse, vernuwende roman wat ingewikkelde temas rondom die mens en sy verhouding met die natuur ondersoek."

Theunis Engelbrecht (1965–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die hoofvereiste is dat die skrywer te alle tye getrou en eerlik aan homself moet bly." Lees oor die lewe en werk van Theunis Engelbrecht in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Kantelpunt: ’n onderhoud met Sophia Kapp

Naomi Meyer, Sophia Kapp
Skrywersonderhoude

"Sy wil nie, omdat sy met die patriargie ontevrede is, ’n mannehater wees nie. Sy wil nie haar bra verbrand nie en sy wil nie haar grimering weggooi nie. Sy wil met ander woorde al die liggame en mense en organisasies en konvensies wat vir haar voorgeskryf het hoe om ’n vrou te wees, stilmaak, ook die linkses en radikales en die woedendes wat oorlog wil verklaar."

Toe-val-lig deur Amore Bekker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Luisteraars stuur hulle stories van toeval in na Amore Bekker, en dan word die stories op die radio vertel. Uiteindelik was daar genoeg stories vir ’n boek, en so is hierdie keur van sowat 100 stories saamgestel ..."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Generaal deur Hans Pienaar

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die Generaal deur Hans Pienaar, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Chatsworth by Pravasan Pillay: a book review

Karabo Kgoleng
Books and writers

"Set in the highly populated township of Chatsworth in KwaZulu-Natal, this collection of 11 short stories highlights working-class life in a residential area that was allocated for South Africans of Indian descent during apartheid."

Miriam Van hee in gesprek met haar vertalers

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"Uitgangspunt voor de publieke ontmoeting zijn uitstekende vertalingen die de vertalers Daniel Hugo en Philippe Noble hebben ondernomen van Van hee’s dichtbundel De bramenpluk (De Bezige Bij 2002)."

Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Met Wit terroriste ondersoek Blake ’n onderwerp wat hy tereg beskryf as heelwat afgeskeep deur historici. Dit is die onderwerp van die Ossewabrandwag (OB), maar meer spesifiek die sabotasieveldtogte wat deur die OB en hulle verwante groepe uitgevoer is."

Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2019 gehaal

LitNet
US Woordfees

Baie geluk aan die 25 skrywers van die verhale wat in die US Woordfees Kortverhaalbundel vir 2019 opgeneem gaan word!

Stellenbosch-bekendstelling: Weerklink van ’n wanklank | The echo of a noise

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Weerklink van ’n wanklank | The echo of a noise deur Pieter-Dirk Uys op 26 November by die Drosdy-teater op Stellenbosch, 11:00 en 20:15. Toegang: R50.

Hoe anders

Crito
Blogs

Crito resenseer van die resensies wat die afgelope week verskyn het.

LitNet Akademies

Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep

Johann Rossouw
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."

Die rol van politieke partye en verkiesings in die konsolidering van demokrasie in samelewings, met spesiale verwysing na eietydse Suid-Afrika

Chris Nelson
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Soos in demokratiese samelewings regoor die wêreld gebeur het, het politieke partye ook in Suid-Afrika ’n belangrike rol gespeel in nie alleen die ontstaan van die inklusiewe konstitusionele demokrasie in 1994 nie, maar ook in die konsolidering daarvan die afgelope 24 jaar."

Leefstyl

US Woordfees 2019: Volledige program bekend

LitNet
US Woordfees

Die US Woordfees 2019 se feesprogram is nou bekend! Lees dit hier.

A star is born has a split personality

Reney Warrington
Film

"A star is born, apart from its faults, manages one thing deftly: to launch Lady Gaga’s acting career. (American horror story does not count.) She outshines (and outsings) the veterans in this film."

In Harmony: Cape Town Chamber Choir | Kaapstadse Kamerkoor

LitNet
Lifestyle and entertainment

You are invited to the Cape Town Chamber Choir's In Harmony on Sunday, 25 November 2018 at the Centre of the Book in Cape Town.

’n Uitnodiging na Lize Beekman by De Malle Meul in Philadelphia

LitNet
Kuns

Jy word uitgenooi na kuns, musiek en wyn saam met Lize Beekman op 24 November 2018. Hier is nog inligting.

Persverklaring: Negende kykNET Fiësta-benoemings bekend!

LitNet
TV

"Die Fiëstas, wat sedert 2011 toegeken word, is 'n hoogtepunt op die feeskalender en dien as 'n vertoonvenster van die ongeëwenaarde talent van Suid-Afrikaners in die uitvoerende kunste."

Persverklaring: Aardklop-direksie, nuwe voorsitter aangewys

LitNet
Aardklop

"Fika Janse van Rensburg, voormalige NWU-adjunkhoof en adjunkvisekanselier: Potchefstroomkampus Bedryf, is verkies as die nuwe voorsitter van Aardklop Nasionale Kunstefees se direksie."

Woord van die jaar 2018

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018

LitNet
Wen

Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Laat weet ons voor middernag op 10 Desember 2018. Jy kan ’n stewige boekpakkie vir jou Kerskous losslaan. Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.

Nou op Voertaal

Moedertaalsprekers Afrikaans gezocht voor vergelijkend taalonderzoek

Cora Pots
Taaldiscussie

"Voor mijn PhD-onderzoek ben ik op zoek naar moedertaalsprekers van het Afrikaans die een vragenlijst in willen vullen. Ik voer mijn PhD-onderzoek uit aan de KU Leuven in België."

Die stilte van die lammers

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Die stilte van die lammers, en die stilte van die rowers en moordenaars, knaag aan plaasbewoners. Afrika is nie vir sissies nie, sê die wittes onder hulle een maal per week aan mekaar. Die smeulende konflik op die platteland word geëwenaar in die haatspraak teenoor wit mense en 'witheid' wat algemeen op sosiale media is. Al hoe meer boere dink aan oppak en trek. ’n Gesiene ekonoom praat in gunstige terme van die afskeiding van die Kaap."

"Om te kan sing soos jy gebek is": over Afrikaanse en Nederlandse "rymklets"

Jesse van Amelsvoort, Elize Zorgman
Cultuur

"Wie op vrijdag 9 november net na het middaguur het Zuid-Afrikahuis binnen zou zijn gelopen, zou klanken opvangen die daar niet vaak te horen zijn. Op dat moment vond namelijk het symposium 'Afrikaanse rymklets en de Nederlandse context' plaats."

’n Nuwe lente vir SASNEV

Menán van Heerden, Eureka Barnard, Izak de Vries
Actueel

"Die Vlaams/Nederlandse Willem de Zwijgerstichting het in 1997 die Huis der Nederlanden gevestig en befonds die sentrum sedertdien. Op Vrydag 16 November 2018 het belangrike genote in die SASNEV-netwerk amptelik vir die eerste keer bymekaargekom om die nuwe voorsitter van die stigting te ontmoet."

Muchu gustu: Oor sokker en melk

Alfred Schaffer
Meningen

"Ek mag verkeerd wees, maar mense soos Steve Biko, James Baldwin, Frantz Fanon, Maya Angelou en Martin Luther King sou dalk gesê het dat die stryd wat hulle gevoer het, nie belaglik gemaak moet word deur futiliteite oor melk drink nie. Miskien is dié ’n boodskap wat werk vir ons tye: 'Melk Verdeel, Sport Verenig.' Die Suid-Afrikaanse rugbyspan was miskien ’n bietjie stadig met Siya Kolisi wat nou eers die eerste swart kaptein is van die Bokke, maar die Nederlandse sokkerspan is gelukkig al vir ’n ruk ’n redelike weerspieëling van die samelewing."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved