Can’t see this mail? Click here to view it online

Wat lees jou leeskring in 2019?

September 2018

Die jaar begin nou einde se kant toe staan en leeskringe gaan binnekort hul leeslyste vir 2019 saamstel. In die volgende paar weke gaan LitNet vir die prominente uitgewers vra watter boeke hulle vir 2019 aanbeveel. LAPA se voorstelle verskyn reeds op hierdie nuusbrief, maar hou LitNet se Leeskringkamer dop vir nog voorstelle.

Leeskringinligting


Wil julle leeskring terugvoer gee oor ’n onlangse byeenkoms?
Stuur ’n foto van die geleentheid en ’n opsomming van die byeenkoms na leeskring@litnet.co.za.


Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting

LitNet
Leeskringe

Van Barrydale tot Bethlehem, van Bultfontein tot Bellville – hier is 79 leeskringe! Stel jy belang in leeskringbesprekings van nuwe boeke? Wil jy graag by ’n leeskring aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme vir 2018.

Leeskringkamer

Boeke vir leeskringe: LAPA se keuse vir 2019

LitNet
Leeskringkamer

Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is LAPA se voorstelle.

Leeskringe in die Noord-Kaap: Boeke kan lewens verander

Anzil Kulsen
Leeskringkamer

"Hoewel dit ideaal sou wees dat die lesers identifiseer met die karakters in die verhaal, lei die gesprekke tot ’n gevoel van samehorigheid en voel die lede na afloop van so ’n gesprek weer by magte om hul eie krisisse die hoof te bied."

Ja, dit maak sin om dramas te lees, maar …

Temple Hauptfleisch
Leeskringkamer

"’n Drama of verhoogteks ís moeilik om bloot te léés, soos ons gesien het – want dit vertel nie ’n storie of bespreek ’n saak in verstaanbare besonderhede soos ’n roman nie, of ontroer jou nie slegs deur die ritme en prag van die woorde (alleen) nie. Dit gee jou bloot ’n aantal rigtinggewende buitelyne daarvan, die geraamte van die storie."

Woordelys: Die derde spoel deur SJ Naudé

Adinda Vermaak
Leeskringkamer

Hier is ’n volledige woordelys vir Die derde spoel deur SJ Naudé wat veral nuttig kan wees vir leeskringbesprekings.

Hans du Plessis kuier by Rustenburg Leeskring

LitNet
Leeskringkamer

"Hans du Plessis het op 28 Augustus in Rustenburg kom kuier en met die leeskring gesels oor Drie vroue en ’n meisie. Almal het die praatjie baie geniet, veral om te hoor waar Hans die storie gekry het!"

LitNet wag op jou lesersindruk!

LitNet
Lesersindrukke

Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.

Nuus: boeke en skrywers

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die vertes in deur Zirk van den Berg

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die vertes in deur Zirk van den Berg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Dowe gode deur Dibi Breytenbach

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Dowe gode deur Dibi Breytenbach, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif: ’n onderhoud

Marchelle van Zyl
Kuns

"Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif, het verlede naweek by die Breytenbach Galery in Wellington geopen. In Handskrif bou Serfontein voort op die samewerking met Afrikaanse digters wat in sy bekroonde uitstalling Winterslaap begin is."

Uitnodiging: Bekendstelling van Prooi deur Deon Meyer

LitNet
Leeskringkamer

"Deon Meyer stel op 23 Oktober sy jongste boek, Prooi, vir die eerste keer bekend tydens die gesamentlike byeenkoms van leeskringe in en om Pretoria by die Moreletapark Gemeente in Pretoria."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Skryfkompetisie: Tyd

LitNet
Skryfkompetisies

Skryf ’n gedig met tyd as tema en kom in aanmerking vir een van drie kontantpryse ter waarde van R500 elk. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Resensies, onderhoude en skrywersinligting vir September en Oktober


Hier verskyn inhoud wat op LitNet verskyn het en in Augustus vir leeskringe van belang kan wees, gebaseer op die leeskringe se jaarprogramme. Die inhoud kan boekbesprekings aanvul of agtergrond verskaf waarteen die materiaal gelees kan word.
Besoek https://www.litnet.co.za/category/boeke-skrywers vir nog inhoud. Gebruik die soekfunksie op LitNet om vinnig inhoud oor spesifieke publikasies op te spoor.

Elsabé Brits oor Emily Hobhouse, geliefde verraaier

Elsabé Brits, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Sy het wêreldleiers beïnvloed. Sy was ook moeilik, taktloos en sonder ’n wag voor haar mond."

LitNet Akademies-resensie-essay: 1795 deur Dan Sleigh

Heilna du Plooy
Resensies

"Dit is ’n ryk roman wat eintlik 'in mondjesmaat' gelees moet word om die fyn afwerking van besonderhede en formulering tot sy reg te laat kom."

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Chris van der Merwe
Resensies

"Dit gaan hier om ’n uitgestrekte hand wat ’n stut soek sowel as ’n uitgestrekte hand wat die nodige ondersteuning verleen. Die mens mag ’n nietige stofdeeltjie wees, maar deur so ’n liefde en empatie word ’n goddelike heerlikheid verkry."

Boekresensie: Huilboek deur Ryk Hattingh

Reinhardt Fourie
Resensies

"Ryk Hattingh se Huilboek is ’n boek wat wys hoe ou herinneringe en nuwe ervarings gloedvol kan saamsmelt om ’n onopgesmukte verhaal te vertel."

Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie

André Wessels
Resensies

"Maar soos wat die geskiedenis ’n debat sonder einde is en geen skryfwerk dus eintlik ooit voltooid is nie, moet die leser ook hier self die roman verbeeld, die legkaart voltooi, die karakters verder uitbou, en ook onthou dat ons ’n noue band met die see het."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved