Welkom by LitNet se leeskringnetwerk!
Augustus 2018
LitNet bied vir leeskringe ’n ruimte waar hulle inligting oor hulle bedrywighede kan bekendmaak en ook inligting oor ander leeskringe en húlle aktiwiteite kan bekom, en wil leeskringe ook help met nuttige hulpbronne om leeskringbesprekings aan te vul. Hierdie maandelikse nuusbrief wil dus terugvoer gee oor leeskringe se byeenkomste en besprekings en klem lê op artikels wat spesifiek op leeskringe van toepassing is. Daar word ook ’n keur van resensies, onderhoude en skrywersinligting uit LitNet se argief aangebied wat in die betrokke maand van toepassing is op die materiaal op leeskringe se jaarprogramme.
Dankie dat jou leeskring deel geword het van hierdie netwerk! Ons sien uit na die pad wat voorlê.
|
|
Wil julle leeskring terugvoer gee oor ’n onlangse byeenkoms?
Stuur ’n foto van die geleentheid en ’n opsomming van die byeenkoms na leeskring@litnet.co.za. Julle leeskring kan in September ons Leeskring van die Maand wees en twee boeke as geskenk ontvang.
|
Stuur jou indrukke of resensie van enige boek wat in die laaste twee kalenderjare verskyn het na lesersindruk@litnet.co.za.
Lees hier meer oor die lesersindrukke op LitNet.
|
 |
Leeskringe: uithangplekke of ’n amulet teen die vuur?
Marietjie Lambrechts
Leeskringkamer
"Baie redes word aangevoer om die bestaansreg van leeskringe te regverdig. Benewens die uitruil van idees, verbreding van kennis, nuwe vriende, omgee tussen lede en sosiale samesyn lê ’n liefde vir lees en boeke die naaste aan elke lid se hart." |
 |
Maak dit sin om dramas te lees?
Monica Hammes
Leeskringkamer
"Bo en behalwe die feit dat dramas moet meeding met die magdom uitstekende romans en ander prosatekste vir die tien plekke op ’n leeskringprogram bestaan daar ook ander goeie redes waarom leeskringe daarvan wegskram ..." |
Resensies, onderhoude en skrywersinligting vir Augustus |
Hier verskyn inhoud wat op LitNet verskyn het en in Augustus vir leeskringe van belang kan wees, gebaseer op die leeskringe se jaarprogramme. Die inhoud kan boekbesprekings aanvul of agtergrond verskaf waarteen die materiaal gelees kan word. Besoek https://www.litnet.co.za/category/boeke-skrywers vir nog inhoud. Gebruik die soekfunksie op LitNet om vinnig inhoud oor spesifieke publikasies op te spoor.
|
 |
Queen of the Free State, a memoir: an interview with Jennifer Friedman
Jennifer Friedman, Naomi Meyer
Books and writers
"So, in the cemetery in Philippolis, I pretended I was the Queen, and all the people, the little children lying beneath the slabs and angels, the doves and little lambs, were all my loyal subjects. They loved me and obeyed me. I loved them and ordered them about. I was the Queen of the Free State."
|
 |
Boekresensie: Maestro deur Marié Heese
Reinhardt Fourie
Resensies
"Maestro bewys weer, soos Heese se ander onlangse romans, dat sy grondige navorsing doen wanneer sy ’n historiese roman aanpak."
|
 |
Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Louise Viljoen
Resensies
"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."
|
 |
Die Bergengel: ’n Onderhoud met Carina Stander
Carina Stander, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Magiese realisme veronderstel ’n realistiese uitbeelding van die werklike wêreld met ’n onverwagse verskyning van die magiese of bonatuurlike. Dit is daardie buitengewone oomblik in ’n doodgewone toneel wanneer die alledaagse heilig word en die heilige alledaags."
|
 |
Paaiboelie deur Chanette Paul: ’n resensie
Daleen Venter
Resensies
"Paul slaag skynbaar moeiteloos daarin om ’n oortuigende stem aan elke karakter te gee, twee verhaallyne deeglik te verweef sodat ’n mens male sonder tal kopkrap, en ’n ontknoping neer te pen wat jou mond behoorlik sal laat oophang."
|
 |
Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n resensie
Jacques Myburgh
Resensies
"Hy het ’n meesterlike en kompakte speurverhaal saamgestel met geen pretensie nie, en dan is dit nog almal se gunsteling-speurder, Bennie Griessel, wat die vreemde moord van die verbleikte lyk moet oplos."
|
 |
LitNet Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake
Lina Spies
Seminare en essays
"Broedertwis word gekenmerk deur die helder betoog wat Blake uit ’n magdom gegewens opbou, sonder om ooit sy hooftema uit die oog te verloor: die konflik tussen Christiaan de Wet en sy jonger broer, Piet de Wet, tydens die Anglo-Boereoorlog wat hulle vervreemding veroorsaak het en nie ná die oorlog tot versoening gelei het nie."
|
 |
PG du Plessis (1934–2017)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
PG du Plessis is Woensdagmiddag 7 Junie 2017 oorlede. Lees oor sy lewe en werk in die ATKV | LitNet-Skrywersalbum.
|
 |
Annelie Botes (1957–)
Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum
“As ek nie daardie aar in my skryfwerk kan vóél pols nie, verloor ek my dryfkrag om verder te skryf.” Lees oor die lewe en werk van Annelie Botes in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
|
|