|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 667
21/09/2017
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Groen soos die hemel |
Alles begin met Anna
Alles begin met Anna is losweg gebaseer op die skrywer se eie familiegeskiedenis. Die roman vertel ’n roerende verhaal oor drie geslagte heen, van voor die Anglo-Boereoorlog tot die aanloop en gebeure van die Tweede Wêreldoorlog. Bowenal vertel dit die verhaal van Coetser se eie ouers, Poppie en Frikkie, en waar sý, die skrywer, vandaan kom. Meesleurend én toeganklik – hoogs leesbare historiese roman in dieselfde trant as Vuur op die horison.
Skrywer: Annemari Coetser
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176170
Prys: R280
|
 |
|
 |
Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie
Andries Visagie
Resensies
"Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur."
|
 |
Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie
Nadia de Kock
Resensies
"Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry."
|
 |
Wolf trap by Consuelo Roland: book review
Fiona Zerbst
Books and writers
"Somewhat darker and less fanciful than Lady limbo (although the same delightfully eccentric characters people its pages), Wolf trap takes Paola from a twisted Wonderland to a far more sobering reality (there are sly allusions to Through the looking-glass, and what Alice found there)."
|
 |
Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie
Alta Cloete
Resensies
"Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie."
|
 |
Jaco Jacobs (1980–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"As skrywer probeer ek nie te ver vooruit kyk nie – ek doen bloot my bes om boeke te skryf wat jong lesers hopelik sal oortuig dat dit die moeite werd is om in Afrikaans te lees." Lees oor Jaco Jacobs se lewe en werk.
|
 |
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
Emile Coetzee
Boeke en skrywers
"Du Plessis se boek is perfek vir die komende Desembervakansie vir elke vakansieganger wat nie meer verveel wil word met die herhalings op die beeldradio nie maar ’n ware, makabere en sinistere roete in die misdaadsgeskiedenis van Suid-Afrika wil volg."
|
 |
Vlakwater door Ingrid Winterbach: boekbespreking
Herman Meulemans
NeerlandiNet
Ingrid Winterbach is een van die Suid-Afrikaanse skrywers wat aan die einde van September by die Week van de Afrikaanse Roman gaan optree. Hier bespreek Herman Meulemans een van haar boeke: "Vlakwater is een woelig boek dat me blijft intrigeren. Vooral omdat de puzzel niet helemaal aansluit en er vragen op een antwoord blijven wachten."
|
 |
Etienne van Heerden-veldsoirée: program
LitNet
Feeste
Tydens die naweek van 22 tot 24 September gaan die eerste Etienne van Heerden-veldsoirée in Cradock plaasvind. Hier is die program en praktiese reëlings oor hoe om verblyf te bespreek by Buffelshoek Dirosie Lodge, of Die Tuishuise, of Victoria Manor.
|
 |
Daardie bloemlesing
Crito
Blogs
"Naudé steur hom nie aan die polemiek nie, en gee ’n besonder interessante uiteensetting van die hoedanighede van Vos se bloemlesing." |
 |
Aardklop 2017: Charl du Plessis oor 40 Vingers en Stemme vir môre
Charl du Plessis, Liné Enslin
Aardklop
"Ek het al die verwerkings nuut gemaak, sodat gehore nie dink dieselfde beperkte repertorium word oor en oor by sulke konserte gespeel nie. Dis deur my hele loopbaan nog altyd iets belangrik vir my: nuut en vars liewer as herhaling van ou bekende musiek."
|
 |
Aardklop 2017: Tinarie van Wyk Loots oor Asem
Tinarie van Wyk Loots, Naomi Meyer
Aardklop
"Die belangrikste ding is om die storie te vertel – al die leidrade is in die teks self – en dan maar net te probeer om toe te laat dat elke karakter sy of haar stem vind om sy of haar storie te kan vertel."
|
 |
Tuin van digters 2017: Foto's en video's
Naomi Bruwer
Feeste
Die 6de Tuin van digters is op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington aangebied. Die tema van vanjaar se fees was "Uitdagend skeppend". Naomi Bruwer het Saterdag die fees bygewoon.
|
 |
Persvrystelling: Aardklop lok topdenkers vir warm gesprekke
LitNet
Aardklop
"Omtrent 40 van Suid-Afrika se invloedrykste denkers sak van 3 tot 7 Oktober op Potchefstroom toe vir nie minder nie as 12 gespreksreekse – die meeste ooit by ’n kunstefees in die land. Van politiek tot sake- en grondkwessies – feesgangers kan elke dag gratis saampraat oor die dinge wat hulle harte en koppe roer."
|
 |
N.P. Van Wyk Louw deur die oë van Adam Small
Hein Willemse
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die soort mens wat Small uit sy omgang met Louw abstraheer, is ’n mens van die intellek wat hom bo die waardes van die massa bevind. Hiervan is sy filosofiese waardering van Nietzsche en sy poëtiese identifikasie met Louw sprekende voorbeelde."
|
 |
Die navigasiepraktyke van leerders uit arm, landelike gebiede
Jerome Joorst
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Swak akademiese prestasie deur leerders uit arm, landelike gebiede, tesame met berigte in die populêre media, posisioneer dikwels sodanige leerders as onbevoeg in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Agter hierdie veralgemening skuil egter ’n grootliks onverkende wêreld."
|
 |
Die opvoedermoreel van vandag se onderwysers
Kobus Liebenberg, Estelle Kruger
Onderhoude
"Baie opvoeders is in staat om spanning en stres in hul beroep en persoonlike lewe te hanteer. Vir baie ander opvoeders is die stres en die spanning onhanteerbaar en dit veroorsaak werkuitbranding, emosionele uitputting en gevolglike lae moreel."
|
 |
Projekbestuurspos: aansoeke word ingewag
LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) soek tans ’n dinamiese en veelsydige projekbestuurder. Aansoeke sluit om 17:00 op Vrydag 29 September 2017. Hier is nog inligting oor die pos.
|
 |
Uitnodiging: middaguurgesprek
LitNet
Akademies en skole
Jy word uitgenooi na die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se middaguurgesprek op 28 September: Gedigte by die skilderye van Adriaen Coorte en Jan Mankes, met Sonja Loots en Marlene van Niekerk.
|
 |
Vroue wat my inspireer vir Vrouedag 2017: inskrywings 2
LitNet
Skryfkompetisies
LitNet het lesers gevra om in die lig van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus ’n gedig/storie/ware verhaal te skryf oor vroue wat hulle inspireer. Hier is nog inskrywings. Die kompetisie het op 31 Augustus 2017 gesluit.
|
 |
Vroue wat my inspireer vir Vrouedag 2017: inskrywings 3
LitNet
Skryfkompetisies
LitNet het lesers gevra om in die lig van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus ’n gedig/storie/ware verhaal te skryf oor vroue wat hulle inspireer. Hier is die laaste groep inskrywings. Die kompetisie het op 31 Augustus 2017 gesluit.
|
 |
Affodille in die winter
Lelani Fourie
Fiksie
"Dalk het daar tog goed uit sy dood gekom. Iewers daar buite is dele van hom nog lewend."
|
 |
Blou
Ernst Fernando Dos Santos
Poësie
"tot my verstand ophou raas
sal ek vlerke sprei
en akkers dra ..."
|
 |
Stilgebed
Ernst Fernando Dos Santos
Poësie
"’n Bosloerie fladder van tak na tak
en strooptyd knie oondgebakte brood
waar ’n graanland in growwe hande bloei."
|
 |
Blou kitaar
Ernst Fernando Dos Santos
Poësie
"wek die winterwinde
en tokkel my op jou blou kitaar."
|
|