Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 639

9/03/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Wys

Pasverskyn

Web

Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. 

Skrywer: Naomi Meyer
Uitgewer: Queillerie
Prys: R250

US Woordfees

US Woordfees 2017: Fotoalbum 1

Naomi Bruwer
US Woordfees

Die tema van vanjaar se US Woordfees is Wys. LitNet wys wat daar gebeur. Naomi Bruwer deel haar eerste feesfoto's en -video's.

US Woordfees 2017: Fotoalbum 2

Gerrit Rautenbach
US Woordfees

Die fees woord voort. Foto's: Gerrit Rautenbach

US Woordfees 2017: Bekendstelling van die kortverhaalbundel Wys

LitNet
US Woordfees

Die US Woordfees se kortverhaalbundel is Vrydagaand bekendgestel. Michèle Meyer is aangekondig as wenner van die R30 000-prys, geborg deur Du Toitskloof Kelders.

US Woordfees: HemelBesem se god praat Afrikaans

Jean Oosthuizen
US Woordfees

"Min mense beskik oor die vermoë om ’n gehoor so mee te sleur soos hierdie gewilde rymkletser met ’n ruim hart vir mense en groot liefde vir Afrikaans."

US Woordfees: Hitler, Verwoerd, Mandela en ek deur Marianne Thamm

Jean Oosthuizen
US Woordfees

"Net soos vandag se generasie vrae vra oor Hitler en apartheid, sal toekomstige generasies vra: Wat het julle gedoen toe Nkandla plaasgevind het? Wat het julle gesê en hoe het julle dit gestop?"

Die vlammende fez: ’n teaterresensie

Naomi Meyer
US Woordfees

"Die vlammende fez is nie net een produksie nie, dit is baie. Dit bestaan uit ’n veelheid van mense se stories, musiek, gesels en geskiedenisse."

US Woordfees 2017: Wat moet ons met ons kerk doen?

Jean Oosthuizen
US Woordfees

“Hoe kan ’n Afrikaner nie oor die kerk skryf nie, want feitlik alle Afrikaners kom uit ’n agtergrond waar die kerk geweldig voorskriftelik was en bepaalde vrae in mense se gemoed gelaat het.”

US Woordfees 2017: Die toekoms van hoër onderwys in Suid-Afrika

Liné Enslin
US Woordfees

"Suid-Afrikaanse universiteite het die besonderse vermoë om ten spyte van die gebrek aan ondersteuning en hulpbronne steeds hoë akademiese standaarde te handhaaf."

US Woordfees: Afrikaans raak my nie, traak my nie?

Jean Oosthuizen
US Woordfees

"Afrikaans raak ons en traak ons."

US Woordfees 2017: Sing jy van bomme, ’n onderhoud

Ryk Hattingh, Naomi Meyer
US Woordfees

"Dertig jaar gelede was Suid-Afrika in die greep van ’n magtige militêre masjien met sensuur en indoktrinasie en ongelykheid as grondbeginsels. Die land is bevry van dié ongeregtighede. Nou is daar egter uiteraard nuwe monsters om aan te vat."

US Woordfees 2017: Drie, ’n resensie

Liné Enslin
US Woordfees

"Louis Preller is ’n 37-jarige, enkellopende OCD-lyer. En hy verkies die donker, want dan kan niemand sy foute sien nie."

US Woordfees 2017: Totally twins

Naomi Meyer
US Woordfees

"Hoe oefen mens vir ’n vertoning as die drie musikante in verskillende lande woon? vra hulle. Met Skype, met WhatsApp, met tydsverskille. Mens oefen as mens ’n aanvoeling het vir mekaar."

US Woordfees 2017: Wolf Britz gesels oor Piekniek by Mpande, née Dingaan

Steyn du Toit
US Woordfees

"Omdat Dingaan en Mpande ook beide leiersfigure was, is hulle dus ideaal vir ’n kabaret wat kyk na mag en hoe ons humor kan gebruik om mag te ondermyn."

Chaka in Afrikaans by US Woordfees 2017

LitNet
US Woordfees

Thomas Mofolo se bekende Chaka is pas in Afrikaans vertaal deur Chris Swanepoel. Alfred Schaffer gesels by die US Woordfees met Swanepoel en Antjie Krog, wat die oudioweergawe van die boek lees.

NB-Uitgewers by die US Woordfees 2017

LitNet
US Woordfees

NB-Uitgewers bied vanjaar weer ’n propvol, opwindende skrywersprogram by die US Woordfees aan. Hier is ’n volledige dag-tot-dag-gids – moet dit nie misloop nie!

Kyk hoe lirieke lewe kry by die Sanlam Musiekfees 2017

LitNet
US Woordfees

Meesterlike lirieke van die beste plaaslike musikante sal gevier word by die jaarlikse Sanlam Musiekfees wat van 3 tot 12 Maart 2017 by die US Woordfees in Stellenbosch plaasvind.

Menings

Die internasionale vrouestaking

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"8 Maart is Internasionale Vrouedag. Hierdie jaar, hoop organiseerders, gaan dit ook die dag wees waarop vroue dwarsoor die wêreld gaan staak. Alle vroue is veronderstel om hulle te weerhou van enige werk, betaald of onbetaald, in die tuiste of buite die tuiste."

Moet ons bang wees vir vals nuus?

Herman Wasserman
Seminare en essays

"In die sogenaamde postwaarheid era sal goeie joernalistiek steeds feite as heilig moet beskou om uit te styg bo die droesem van vals nuus. Maar feite alleen is nie genoeg nie. Net die waarheid, en niks minder as die waarheid nie, sal deug."

A meeting with PW Botha

Bill Nasson
Opinion

"This is how I once met PW Botha. An odd episode, it was in the Cape Town suburb of Plumstead in 1971, or about halfway during his long term as South Africa’s scowling minister of defence."

Ngũgĩ wa Thiong’o: Decolonising the mind

Mercy Kannemeyer
Menings

"If you know all the languages of the world, but not your mother tongue, that is enslavement. Knowing your mother tongue, and all other languages too, is empowerment."

Die dag toe ek my hare verloor het

Valda Jansen
Menings

"Die dag toe ek die knop in my bors voel, onthou ek die droom."

Taal, toegang en transformasie

Hanru Niemand
Universiteitseminaar | University Seminar

"Suid-Afrikaanse instellings moet hulle verbind tot regstelling van die skade van die verlede, maar hoef nie kulturele selfmoord te pleeg in boetedoening nie, want die gevolg van so ’n selfmoord lei eweneens tot nuwe strukturele ongelykhede."

Regsalmanak: Sandverkope – inkomste of kapitaalwins?

Gustaf Pienaar
Rubrieke

"Dit spreek vanself dat as die sand eenmaal van die plaas af verwyder is, dit op geen manier aangevul kan word nie en dat die voortdurende verwydering van sand van die plaas af klaarblyklik die waarde daarvan verminder."

Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud

Carina America, Michele van der Merwe, Estelle Kruger
Onderhoude

“Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting.”

Xenofobiese aanvalle: vrees of haat?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dis nie maklik om in ’n vreemde land aan te pas nie. Die mense praat vreemde tale. Hulle gebruik idiome wat jy nie verstaan nie. Hulle eetgewoontes is anders. Hulle kultuur is anders. Dinge wat in jou kultuur aanvaarbaar is, is nou skielik onvanpas."

Boeke en skrywers

Breytenbach wen top internasionale toekenning

LitNet
Boeke en skrywers

"Dié prys bevestig weer Breyten Breytenbach se internasionale statuur en die verweefdheid van sy oeuvre in ’n internasionale netwerk van poësie en verset. Dit bevestig ook die aansien van Afrikaans as literêre taal op die wêreldverhoog."

Sulamiet deur Lina Spies, ’n resensie

Heilna du Plooy
Resensies

"Lina Spies se poësie was nog altyd belydend en meditatief; dit was nog altyd persoonlik gekleur en mild verwoord; dit is poësie van ’n sagte stem, van inlewing meer as deklarasie, van nadenke en vraagstelling meer as van ontmaskering en geveg."

Oh wide and sad land: Adam Small vertaal NP Van Wyk Louw

Daniel Hugo
Boeke en skrywers

"In 1975 verskyn Adam Small se vertalings van ’n keur uit NP Van Wyk Louw se gedigte as Oh wide and sad land. Dit is nog steeds die omvattendste versameling gepubliseerde vertalings uit Louw se oeuvre."

Internasionale eer vir Afrikaanse kinderboekskrywer

LitNet
LAPA Uitgewersportaal

Die kinderboekskrywer Jaco Jacobs se jeugroman ’n Goeie dag vir boomklim (LAPA Uitgewers) is pas as eretitel in ’n groot internasionale vertaalprojek aangewys.

Misverstand deur Marita van der Vyver, ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

"Soos met haar ander boeke, het ek ál meer begin uitstel om voort te snel namate ek hoofstuk 23 genader het. Want dan is nog ’n Marita-kunswerk voltooi. Nog een wat ek nie weer vir die eerste maal kan lees nie."

Ons kom van vêr, noordelike boekbekendstelling

Jacques van der Elst
Boeke en skrywers

"Sommige stemme wroeg, ander debatteer en argumenteer; die politiek praat naas die kultuur. Daar is bydraes oor krisante kweek, oor ’n afkop blom en oor Klopse en kerrievis."

Syferfontein, ’n onderhoud

Cas Wepener, Trisa Hugo
Skrywersonderhoude

"Suinigheid is ’n siekte. Godsdiens kan insgelyks baie maklik patologies word. En saam glo ek is die twee ’n heerlike kombinasie om ’n karakter soos Peet mee te ontwikkel, veral in iemand soos Peet wat sy verwronge teologie gebruik om sy optrede te regverdig."

Die Chacma-ekspedisie deur Marius Ackermann, ’n resensie

AJ Opperman
Resensies

"Die lees van Die Chacma-ekspedisie laat ’n mens soms wonder of jy vandag se koerant vashou of ’n geskiedenishandboek. Daar is soveel moontlike goed wat jy hierin kan lees."

Book launch: Business Writing for South Africans

LitNet
NB-Uitgewersportaal

The launch of Business Writing for South Africans will take place in Melville on 16 March 2017. Writers Bittie Viljoen-Smook, Johan Geldenhuys and Wena Coetzee will be there to discuss their book.

Die Burger 100: Sy mense en hul stories deur Bun Booyens en Aldi Schoeman

LitNet
Boeke en skrywers

"Die boek diep van die merkwaardigste gebeure, groot en klein, op wat sy joernaliste beleef het – van die Groot Griep en die twee wêreldoorloë tot Chris Barnard se eerste hartoorplanting en Nelson Mandela se afsterwe in 2013."

Leefstyl

Marat/Sade, a theatre review

Clifford Roberts
Lifestyle and entertainment

"One is intensely aware of one’s own imperfect complicity, and constantly reminded of it jarringly as the occasional performer tears through that imaginary wall at the edge of the stage, and bounds – wild-eyed and tongue flailing – over the aisles."

Kampterrein, ’n filmresensie

Reney Warrington
Film

"Opsommend, Kampterrein is louwarm vermaak."

Sarafina! – the world-class musical is back at the State Theatre

LitNet
Lifestyle and entertainment

"This Broadway hit musical is a musical experience with songs performed in the tradition of Mbaqanga, fused with jazz, rhythm and blues and gospel."

Bestuurderspos beskikbaar by die Breytenbach Sentrum

LitNet
NetWerk

Sluitingsdatum: 13 Maart 2017

Skryfwerk

Teef

Debbie Loots
Fiksie

"Haar groen oë het sy mooi gemakeup en die blush gee haar ronde wange bietjie definisie. Anet het gister haar hare geperm, en alhoewel die krulle nog ’n klein bietjie styf is, en die perm-mix dit blonder gebleik het as gewoonlik, lyk dit nog steeds vir haar mooi."

Bybel in Kaaps: 1 Korintiërs 13

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Al praat ekkie tonge van mense of engele,
maa ek hettie liefde nie,
dan is ek maa net ’n stuk klinkende metaal,
of ’n galmende simbaal."

Akademies en skole

Idiome in die klaskamer: visuele woordsmede/woordmeesters in wording

Michele van der Merwe
Skole

"As eksperiment het ek studente uitgestuur om foto’s van idiome te neem. Dit is voorafgegaan deur ’n lesing oor idiome, die aard van idiome, idiome in die klaskamer met verwysing na onderrigstrategieë, en die gebruik van woordeboeke in idiome-onderrig."

Kreatiewe skryfwerk: algemene foute

Dewald Koen
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n nuttige lysie van algemene foute wat in kreatiewe skryfwerk voorkom, veral wanneer Afrikaans nie die leerder se eerste taal is nie. Daar is ook ’n paar riglyne wat kan help om hierdie foute te voorkom.

LOK-simposium 2017: Kreatiewe idees vir Afrikaans in die graad 10 EAT-klaskamer

Saretta Otto
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Amanda Reinke, wat die afgelope nege jaar aan Hoërskool Hermanus verbonde is, het praktiese idees, kreatiewe voorbeelde en inspirasie aan onderwysers gegee tydens haar aanbieding by die pas afgelope LOK-simposium."

LOK-simposium 2017: Onderwêreld-video en -verslag

Saretta Otto
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"As gevolg van die polemiek rondom die geskiktheid van die boek vir huistaalsprekers, was die onderwysers gretig om die 'man' van die 'onderwêreld' te ontmoet en eerstehandse menings te vorm."

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Kyk na Henk Boshoff se nuwe voorstelle.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved