|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 638
2/03/2017
|
Krities Afrikaans
|
Pasverskyn
Digters in Beeld: Adam Small
Digters in Beeld is ’n kort video wat Adam Small se werk bekendstel. Dit gee erkenning aan sy werk en is ook ’n praktiese hulpmiddel wat in klaskamers gebruik kan word vir die toeligting en bespreking van sy werk. Small lees ook enkele van sy gedigte voor. Die video is vervaardig deur Abraham de Vries, in opdrag van en geborg deur die Dagbreek Trust.
Bestellings: jurie.legrange@gmail.com
Prys: R80 plus posgeld |
 |
|
 |
Web – ’n onderhoud met Naomi Meyer
Naomi Meyer, Jonathan Amid
Skrywersonderhoude
"Nee, ek het nie die storie se einde geken toe ek dit begin skryf het nie. Ek het in die donker agter die storie aangeloop met ’n koplig wat net so ’n paar treë voor my uit skyn."
|
 |
Web deur Naomi Meyer, ’n resensie
Deborah Steinmair
Resensies
"In ’n lesersmark met voortreflike misdaadfiksie transendeer hierdie boek die genre: dis heelwat meer as misdaad, terwyl dit al die elemente het om misdaadvrate te versadig."
|
 |
Misverstand – ’n gesprek met Marita van der Vyver
Marita van der Vyver, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"En ek soek nuwe uitdagings met elke stuk skryfwerk wat ek aanpak: ’n ander genre, ’n ander aanslag, iets wat my bang maak voor ek begin skryf."
|
 |
Chris Karsten (1947–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Die waarheid was nog altyd vreemder as fiksie. Die plig van skrywers is om deurentyd grense te probeer oorsteek om die fiksieruimte vir lesers te vergroot." Lees oor die lewe en werk van Chris Karsten.
|
 |
Stanzas No 4, a book review
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"Stanzas is a vibrant and vital contribution to the local poetry scene. Any reader’s soul will delight in a subscription to the quarterly, which I can wholeheartedly recommend."
|
 |
Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, ’n bespreking
Annemarié van Niekerk
NeerlandiNet
“Die boek Goede Hoop is, soos die tentoonstelling, ambisieus. In 21 hoofstukke met 34 intermezzo’s vertel 27 verskillende skrywers uit albei lande, onder leiding van Martine Gosselink, hoof van Geskiedenis van die Rijksmuseum, die gedeelde geskiedenis van Suid-Afrika en Nederland, vandat die Verenigde Oost-Indische Compagnie in die 17de eeu sy Kaapse verversingspos gestig het, tot vandag.”
|
 |
’n Fees vir Adam Small: Pniël se tafels was vol gedek
François Verster
Feeste
Miskien het Adam Small vir ’n langnaweek afgekom aarde toe, om sy vingers deur die rooi grond te trek en die soepel klanke van ’n meerstemmige taal op die windjie te hoor. “Pniël, Piniël, Pniél,” klink dit op, en dan lag iemand sag – en roep: “Sê, sê, sê ... sê sjibbolet!”
|
 |
Pniël se Adam Small-fees is mossie maar man
Jean Oosthuizen
Feeste
"Dit is ook hier aan Simonsberg se voet waar twee groot geeste, die maer man met die groen trui en die man met die af arm, mekaar die naweek omhels het op die plek waar die land se slawegeskiedenis steeds soos donker wolke in die lug hang."
|
 |
Kô lat ôs feesvier – Adam Small-fees 2017
Mercy Kannemeyer
Feeste
"Hy [Breytenbach] het ’n brief voorgelees waarin hy skryf 'die poësie is dieper as die mond' en dit spreek so mooi van hoe Small se gedigte lewend geraak het op die parade, op die Vlakte in die huise en harte van soveel bruin families."
|
 |
LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus
Gerda Odendaal
Resensies
"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."
|
 |
Zuid-Afrikahuis: Programma, April 2017
LitNet
NeerlandiNet
Die Zuid-Afrikahuis bied in April ’n opwindende program aan, met lesings, dokumentêre, gesprekke en films oor Suid-Afrika en Afrikaans. Hier is die volledige program.
|
 |
Drif by US Woordfees 2017
Mari Borstlap, Naomi Meyer
US Woordfees
“Die teks is dig en ryk en die karakters kompleks, maar ek is baie dankbaar vir ’n uitsonderlike rolverdeling wat hierdie magiese wa werklik met fyn aanvoeling en oortuiging deur die Drif trek.”
|
 |
US Woordfees interview with Mark Chapman about Peace corps
Steyn du Toit
US Woordfees
"While they are experiencing Peace corps during this year’s Woordfees festival, Chapman says he hopes visitors will take the time to find enjoyment in the detail and subtleties of the exhibition’s war-peace theme."
|
 |
WAT-nuutskeppingskompetisie tydens die US Woordfees 2017
LitNet
US Woordfees
Dit is weer tyd vir die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie, in samewerking met RSG en die ATKV. Daar is nog tyd tot 3 Maart om voorstelle te stuur en in aanmerking te kom vir kontantpryse en ’n naweek vir vier by ’n ATKV-oord.
|
 |
Fiëstas 2017: En die wenners is …
LitNet
kykNET Portaal
Die wenners van vanjaar se Fiëstas is Donderdagaand by ’n glansgeleentheid van kykNET by die Kunstekaapteater in Kaapstad bekend gemaak. Hier is die wenners.
|
 |
Fiëstas 2017: Lewensbydraes
LitNet
kykNET Portaal
Acáma Fick, Alvon Collison en Ton Vosloo het by vanjaar se Fiëstas spesiale toekennings ontvang vir hul lewensbydraes. Hier is video's van die geleentheid.
|
 |
Filmresensie: Moonlight
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Ek het niks teen La-la Land nie, dis ’n pragtige fliek en als, maar in vergelyking met Moonlight is dit spookasem."
|
 |
Linkris: "Elke track moes ’n banger wees"
Henry Cloete
Musiek
"Ek onthou nog steeds my gutter roots, so ek moet represent! My musiek en creativity is nie gelimit daar nie, maar daai is die core van wie Linkris is."
|
 |
Rent – amper verby op Kaapse planke en op pad na Johannesburg
Maryke Roberts
Teater
"Dit voel asof hulle jou sieninge uitdaag; jou half dwing om jou eie oorwegings en kritiek en oordeel te heroorweeg. Die kreet dat jy tot in hul siel moet kyk na die mens wat daarbinne skuil, ongeag sy seksuele oriëntasie, gewoontes of kleredrag."
|
 |
Persoonlike klankversterking vir ’n onderwyser met stemprobleme
Salomé Geertsema, Mia le Roux
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Aangesien baie Suid-Afrikaanse onderwysers in ’n posisie is waar medieseversekeringsfondse nie noodwendig kan vergoed vir verlies aan inkomste as gevolg van ’n stemprobleem nie en klankversterking nie in alle klaskamers voorsien kan word nie, mag ’n persoonlike en bekostigbare klankversterkingsapparaat ’n ideale langtermynoplossing bied."
|
 |
Bybel in Kaaps: Bergpredikasie
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"Innie selle way, laat jou lig voo anners skyn, soedat hulle jou goeie werke kan sien en julle se Vader wat innie hemel is kan veheerlik."
|
|