|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 687
22/02/2018
|
Krities Afrikaans
|
Stormkind
Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.
Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.
Skrywer: Riana Scheepers
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624084303
Prys:
R240 |
 |
|
 |
Darryl David oor die tweede Adam Small-fees
Naomi Meyer, Darryl David
Feeste
"Die fees gaan by die Pniël Museum plaasvind. Mense kan nie die pragtige kerk misloop nie. Dis waar jy moet parkeer. Alle lesings is gratis. Behalwe Peter Braaf se opvoering van Joanie Galant en What about the Lô wat R50 kos. En Ghaireyah se opvoering kos ’n skamele R5 per leerling."
|
 |
US Woordfees 2018: ’n Onderhoud met Saartjie Botha
Naomi Meyer, Saartjie Botha
US Woordfees
"100% Stellenbosch is vanjaar die US Woordfees se vlagskipproduksie en ons pak dit aan saam met Rimini Protokoll, 'n Duitse teatergroep uit Berlyn wat soortgelyke produksies al in 34 stede regoor die wêreld aangebied het."
|
 |
US Woordfees 2018: Toneel
LitNet
US Woordfees
Hier is ’n keuse van die teaterresensies, onderhoude en toekennings vir produksies wat by vanjaar se US Woordfees opgevoer word om jou te help besluit watter kaartjies jy moet koop.
|
 |
US Woordfees 2018: Die Kaap is weer Frans
Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen
US Woordfees
"Die produksie is ... ’n natuurlike uitvloeisel van die musiek waarby ek die afgelope tyd baie betrokke was. ... Die Weste ontmoet Afrika op een verhoog. Die feit dat die Franse Hugenote vanjaar ook 330 jaar gelede Kaap toe gekom het, gee uiteraard verdere stukrag aan die geleentheid."
|
 |
kykNET Fiëstas 2018: Indrukke
Bibi Slippers
kykNET Portaal
"Op hierdie aand het dit nie gevoel of iemand op ’n hardhandige en geforseerde wyse iets opkook wat op die oog af divers lyk nie – dit was Afrikaans soos hy werklik is, in al sy uiteenlopende vorms en geure, wat afgestof, blink gepoets en opgetof is, en vir sy praters en liefhebbers en feesgangers ’n show opgesit het wat niemand vinnig sal vergeet nie."
|
 |
Estland se eeufeeswording op 24 Februarie 2018
Maryke Roberts
Menings
Dis Estland se 27ste jaar sedert sy tweede onafhanklikwording en ’n paar dae voor eeufeeswording sedert sy eerste onafhanklikwording. Om in die land te wees, gee insiggewende betekenis aan demokrasie en vryheid, terwyl die rowe van die verlede nog by baie mense moet genees, skryf Maryke Roberts.
|
 |
Taal van die hart, taal van denke
Menán van Heerden
Menings
Vandeesweek is Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie gevier. Lees hier hoedat die taal van jou hart ook deur LitNet Akademies gevier word as taal van denke.
|
 |
Die Lacaniaanse Reële en grufilms: Jennifer Kent se The Babadook (2014)
Cilliers van den Berg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Teen die agtergrond van hoofstroomontwikkelinge binne die grufilmtradisie oor die afgelope dekade of twee verteenwoordig The Babadook ’n veel ingewikkelder en meer genuanseerde omgaan met universele temas as waarop byvoorbeeld die martelpornogenre, wat tot redelik onlangs by die loket hoogty gevier het, kan aanspraak maak."
|
 |
By die viering van die US se honderdste bestaansjaar: Ope brief aan Jannie Marais van Coetzenburg
Gerrit van Wyk Kruger
Universiteitseminaar | University Seminar
"Oom Jannie, jy het toe besluit om ’n honderdduisend pond (’n aardige bedraggie destyds, moet ek sê) in jou testament na te laat vir die ideaal van ’n Afrikaanse universiteit op Stellenbosch, jou geboortedorp, want jou moedertaal het sy nis diep binne-in jou ruim hart gehad. Oom Jannie, jy sal seker vandag in die skamele asse van jou graf omdraai as jy sou moes sien wat besig is om hier te gebeur."
|
 |
Op pad Athlone toe saam met Cyril Ramaphosa
Izak de Vries
Leefstyl
Toe president Cyril Ramaphosa gewone mense uitnooi om vanoggend saam met hom te stap, kon Izak de Vries nie anders as om daar te wees nie. Hy draf kaalvoet saam.
|
 |
Johan Combrink-gedenklesing: Raakspraak en wraakspraak
Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal
Die veteraanjoernalis Martie Retief-Meiring en haar ewe bekende dogter, die TV-aanbieder Kabous Meiring, het by vanjaar se Johan Combrink-gedenklesing in Stellenbosch oor wraakspraak gepraat. Jean Oosthuizen berig, met foto's deur Izak de Vries.
|
 |
Wat is ’n land as haar moedertale nie erken word nie?
Denver Breda
Menings
"As jy vir die meeste van ons KhoeSanmense hier in Suid-Afrika nou vra: 'Wat is julle moedertaal?', dan sal die meerderheid tog sê Afrikaans of Engels, en hoe dan te besef hoe ignorant ons is oor die feit dat vir duisende jare was dié nie tale wat hier in Suid-Afrika deur ons voorouers gepraat was nie."
|
 |
Sampie Terreblanche (17 April 1933 – 17 Februarie 2018)
Danie Marais
In memoriam
"Hy het my aandag gehou en laat voel dat ek veel meer aandag behoort te gee – nie net aan my eie frustrasie en begeertes nie, maar aan die spesifieke maniere waarop dinge vir die meeste mense in hierdie land nie werk nie."
|
 |
Die “mal professor van Stellenbosch” se groot nalatenskap
Martie Retief-Meiring
In memoriam
"Kleurryk, opstandig, stout, borrelend van nuwe idees, nuwe insae, en ’n aangrypende empatie – hierdie woelgees laat ’n nalatenskap van begrippe en oordele wat beslis in die Suid-Afrikaanse ekonomie en politiek sal resoneer."
|
 |
Ware mense deur Bart de Graaff: ’n resensie
Anzil Kulsen
Resensies
"My eerste reaksie was: wou die skrywer maar net staaf wat almal alreeds weet of het hy werklik gehoop om ’n nuwe perspektief te bring op die manier waarop die mens-mense (Khoi-Khoin) gemarginaliseer is?"
|
 |
NB-Uitgewers by US Woordfees 2018
LitNet
US Woordfees
Hier is besonderhede van boekgesprekke waarby NB-Uitgewers op vanjaar se US Woordfeesprogram betrokke is. Kom luister en gesels saam!
|
 |
LAPA by US Woordfees 2018
LAPA Uitgewers
US Woordfees
LAPA is trots om deel te wees van die US Woordfees 2018. Kyk hier watter LAPA-skrywers is vanjaar op die program!
|
 |
Liefde is ... Kortlys
LitNet
Skryfkompetisies
Hier is die 15 finaliste vir LitNet se jongste skryfkompetisie met die tema "Liefde is ...".
|
 |
Bybel in Kaaps: Dawid en Goliat (deel 1)
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"Daa was bronsskerms voo sy biene en op sy rug het ’n bronsspies gehang. Die steel van sy spies was soe dik soesie dwarsbalk van ’n weefstoel, ennie ysterlem daavan was siewe kilogram."
|
 |
Liefde is
Estelleke
Poësie
"wanneer ’n engel en ’n alien
mekaar ontmoet"
|
 |
Starboy
Abigail George
Fiksie
"Althea’s rapist moved back in with his wife of six years in early November."
|
 |
Persvrystelling: ’n Middagete geïnspireer deur die druif
LitNet
Kos en wyn
Die druiwekorrel, hoewel klein en beskeie, is verantwoordelik vir ’n wêreldwye fenomeen wat ’n ontsaglike verskeidenheid wyne en wynstyle insluit en die mens reeds vir duisende jare vreugde en genot verskaf. Op Saterdag 24 Maart bring Anthonij Rupert Wyne hulde aan hierdie vrug.
|
 |
Scheepsramp ss Mendi in Nederland herdacht
Ingrid Glorie
Literatuur
"Woensdag 21 februari vond op de Algemene Begraafplaats in Noordwijk de herdenking van de schipbreuk van de ss Mendi plaats. In zijn roman Dancing the Death Drill onthult Fred Khumalo wat er zich die fatale ochtend in 1917 op zee heeft afgespeeld." |
|