|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|

Nuusbrief 580
9/12/2015
|
|
 |
16 dae van aktivisme: Geen geweld teen vroue en kinders
Sophia Kapp
Menings
"Jy roei nie hierdie ding binne 16 dae uit nie. Jy roei dit nie eers binne een geslag uit nie. Gesinsgeweld is nie iets wat per geleentheid gebeur omdat mense se humeure onbeteueld geraak het of omdat iemand gesuip by die huis opgedaag het nie. Dit gebeur ook nie omdat ’n vrou se rok te kort was of omdat ’n kind teruggepraat het nie."
|
 |
Tel jou woorde voor jy skryf
Jean Oosthuizen, Ernst Kotzé
Onderhoude
"Mense wat dink hulle kan lasterlike sms-boodskappe of haatspraak op sosiale media onder vals profiele die wêreld instuur en daarmee wegkom, kan hulle lelik misgis en hulle rieme in die hof styfloop."
|
 |
Stellenbosch: Laat daar gestém word!
Gustaf Pienaar
Seminare en essays
"Ek dink ons moet mekaar nie probeer bluf nie: op die lange duur gaan dit nie op Stellenbosch werk om op twéé taalstoele te probeer sit nie. Maar hoe sal ons weet watter stoel die aangewese een sal wees?"
|
 |
Foto's: Die ATKV vier Wêreldvigsdag in Atlantis
Izak de Vries
ATKV-Portaal
Op Dinsdag 1 Desember het die Atlantis-tak van die ATKV Wêreldvigsdag gevier. Die inisiatief is ’n aantal jaar gelede deur tannie Francis Brown, wat ook een van die finaliste in die 2015 ATKV-Liedjieslypskool was, begin.
|
 |
WAT: Borg 'n woord voor Kersfees
LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
Indien jy nog vanjaar aan die WAT se Borg 'n Woord wil deelneem, is 18 Desember die laaste geleentheid as jy jou sertifikaat voor Kersfees wil ontvang of vir iemand 'n woord vir Kersfees wil borg. Hier is nog inligting oor hoe om ’n woord by die WAT te borg.
|
 |
Plakboek: #litnetwoord2015
LitNet
Wen
'n Plakboek vol woordomskrywings, verduidelikings, foto's en bepeinsinge rondom vanjaar se #litnetwoord2015.
|
 |
#litnetwoord2015: Tweede golf inskrywings
LitNet
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015
Hier is nog 'n golf inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015. Is jou woord nog nie hier nie? Hou LitNet dop, want die res van die inskrywings verskyn spoedig.
|
 |
#litnetwoord2015: Derde golf inskrywings
LitNet
Wen
Hier is nog 'n golf inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015. Ons plaas spoedig woordomskrywings en begin ook hierdie week die kortlyste saamstel.
|
 |
Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme
Louis Kotzé
LitNet Akademies (Regte)
"Deurdat omgewingsbewaring toenemend verskans word in grondwette, vernaamlik by wyse van omgewingsmenseregte, word die moontlikheid geskep om omgewingsbelange in ’n juridiese sin te verhef en om geleidelik aan die omgewing groter status te verleen binne die grondwetlik-beskermende domein van regstelsels oor die wêreld heen."
|
 |
Remembering and forgetting: Reflections on Francois Smith’s novel Kamphoer
Chris van der Merwe, Pumla Gobodo-Madikizela, Francois Smith
Opinion
"We tend to say so easily, forget about the past and go on to the future; it just does not work. The real challenge is to remember, perpetrators as well as victims, to remember what needs to be worked through and what needs to be forgiven. And then try and work against the natural tendency of continuing the pattern of oppression, with only a reversal of the roles from time to time."
|
 |
Boekresensie: Die dag na die rowers opgedaag het deur Johan Pienaar
Elize Parker
Resensies
"Vir alledaagse geluk sal dit bydra as jy leer om nie uit te stel nie, laf kan wees en weet hoe belangrik dit is om mense behoorlik te groet met die aankoms- en die vertrekslag. Sy wye verwysingsveld oor populêre sielkunde, Afrikaanse digkuns sowel as erkende, geliefde skrywers van geestelike boeke, maak hierdie boek ’n klein biblioteek van alledaagse en antieke wysheid."
|
 |
Anna M Louw (1913–2003)
Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum
"Ek is van nature ’n eenloper. Ek is agterdogtig teen in die bondel doen. Ek is geen meeloper nie. Wat sal die ander skrywers van my dink as ek my laat voorsê?" – Anna M Louw
|
 |
Afstand en verwydering
Crito
Blogs
"Toast Coetzer se oorrompelende resensie van Jou Krugerwildtuin-gids van Frans Rautenbach (Boeke24) het my laat besef hoe belangrik dit is vir iemand soos Rautenbach dat hy Coetzer as resensent gekry het."
|
 |
16 Dae van Aktivisme
Marthé McLoud
Poësie
"Kyk hoe rondomtaliedraai die vlieë en muggies om hulle, kompleet soos die bodemkringe van ’n tuinpot waaruit die dood lek."
|
 |
LêNet: Seks
Francois Kriel
Hygliteratuur
"ek het jou legio staaltjies gister buite ’n kerk opgetel ..."
|
|