|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 650
25/05/2017
|
Krities Afrikaans
|
Op die spoor van
Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. ’n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur oa Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair.
Samesteller: Rudie van Rensburg
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R250 |
 |
|
 |
’n Visie vir Afrikaans
Andries Visagie
Universiteitseminaar | University Seminar
"As prestasie en uitnemendheid die kenmerk van Afrikaans bly, sal dit nie misgekyk word nie. Belangrik is egter dat hierdie uitnemendheid met groter oorgawe as ooit vantevore gedeel moet word met landgenote vir wie Afrikaans dikwels ’n geslote boek bly."
|
 |
Zuptastan: hof of stembus?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Ons kan nie op die howe steun om oplossings te vind vir politieke probleme nie. Ons politici en ons kiesers moet dit doen – met elke tussenverkiesing, met elke protesoptog en uiteindelik met die nasionale verkiesing in 2019."
|
 |
Die verantwoordelikheid van uitgewers – die Wiid-geval
Leon de Stadler
Menings
"Die afgelope week of wat woed daar ’n fel debat oor die aanvegbare stellings wat Gretha Wiid maak oor homoseksualiteit in twee boeke, Lyfslim vir seuns en Lyfslim vir meisies. Hierdie stellings het groot ontsteltenis veroorsaak, veral in die sosiale media ..."
|
 |
’n Kyk na Tom Lanoye se Hugo Claus-lesing – deur die bril van Herman Meulemans
Dingie van Rensburg
NeerlandiNet
"Ek het Herman Meulemans se resensie van Tom Lanoye se Hugo Claus-lesing ... met groot belangstelling gelees. Ek is veral deur twee sake getref: enersyds, die inhoud van Lanoye se 'diep doorleefde, passionele' Hugo Claus-lesing ... soos deur Meulemans opgesom; andersyds, Meulemans se resensie van die betrokke lesing."
|
 |
The working poor, the fractures in the ANC and the South African situation: an interview
Hans Pienaar, Lawrence Hamilton
Interviews
"So, there are only really two options … in politics. You somehow make the changes in the interests of most of the big players. So, you would somehow persuade the ANC, the EFF and the DA that these pieces of change are in their interest – which is, at the very least, a complex process. It’s not reachable because, generally speaking, people in politics, and particularly in South Africa, have a conservative bent; they want to keep things as they are."
|
 |
Depressie, selfdood en Eugène N Marais
Jean Oosthuizen
Menings
"Karel Schoeman se onlangse dood het opnuut die aandag gevestig op ’n ander groot Afrikaanse letterkundige, Eugène Marais, wat besluit het om ’n einde aan sy lewe te maak."
|
 |
PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2017
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Oor: Karel Schoeman (26 Oktober 1939 – 1 Mei 2017); digitale e-boekeboewery; PEN Afrikaans se stellingname oor volgehoue kunssensuur aan die Universiteit van Kaapstad; ’n gesamentlike verslag deur PEN International, PEN Afrikaans en PEN South Africa oor die stand van uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika; groot belangstelling in resensiekursus; Trippel-7-deelnemers op RSG – Oom Bokkie Saal en Oom Peetie Swartz; die wenners van die 2017 UJ-pryse; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April; nuwe Afrikaanse boeke in Mei
|
 |
Moenie so mors nie!
Hennie van Deventer
Blogs
Dis natuurlik nie net kinders wat nie in die water moet mors nie. Jongmense, grootmense, oumense eweneens. |
 |
Skryfkompetisie: Jou troudag
LitNet
Wen
Vertel vir LitNet hoe jou ideale troudag sal lyk of deel spesiale herinneringe aan jou groot dag. Jy kan ’n boekpakkie wen met ’n boek wat jou gaan help om ’n troue te beplan – en nog ander lekker leesstof!
|
 |
Rykie van Reenen (1923–2003)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Oor die joernalistiek het Rykie van Reenen gesê: "Dit verstom my elke dag dat ’n mens vir soveel lekkerkry betaal word!" Lees ook Lizette Rabe se LitNet Akademies-artikel oor Rykie van Reenen wat ook op die nuusbrief verskyn.
|
 |
Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud
Jean Oosthuizen, Jurie van den Heever
Skrywersonderhoude
"Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig."
|
 |
Pelgrimshoop deur Ronel Nel: ’n resensie
Alta Cloete
Resensies
"Die historiese aspek van die roman word besonder knap hanteer. Telkens word ’n vergange tydvak se lewenswyse en omgewing so geteken dat dit selfs jonger lesers helder voor die oog sal staan."
|
 |
Doodsroeper deur Rika Cloete: ’n resensie
Maryke Roberts
Resensies
"Ek hoop hierdie boek is die begin van vele misdaadfiksiewerke van haar, want ek glo sy het haar genre gevind. Die trekboere was ’n interessante idee en ek kan net wonder of sy hierdie milieu verder sal gebruik."
|
 |
Die hobbit: bekendstelling
LitNet
Boeke en skrywers
Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die hobbit, waar vertaler Janie Oosthuysen oor haar vertaling van JRR Tolkien se boek sal gesels.
|
 |
Nuut by LAPA in April en Mei
LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal
LAPA launched Martin Steyn’s English debut, Dark Traces, and the English translation of Chanette Paul’s electrifying suspense novel, Sacrificed, in April. Ja, LAPA is trots op ons skrywers wat internasionaal naam maak, maar ons skeep nie die Afrikaanse mark af nie.
|
 |
Vriendelik
Crito
Blogs
Mei. Die maand waarin boekeblaaie lyk asof die afgelope maande min nuuts by uitgewers opgelewer het. |
 |
Rymkletser HemelBesem by die WAT
LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
"Die Afrikaanse rymkletser Simon Witbooi, beter bekend as HemelBesem, is op 26 Mei die gas by die volgende Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal."
|
 |
Franschhoekfees 2017: Is ’n plot ’n plan?
Francois Verster
Menings
"Maar wat saak maak, is wat die drie rillermeesters sê, en Nicol sê as hy nie weet hoe om die verhaal af te sluit nie, los hy dit. Die manuskrip fermenteer dus vir ’n week of selfs ’n maand totdat ’n werkbare einde hom aanmeld."
|
 |
Franschhoekfees 2017: Sophie Hannah
Naomi Meyer
Feeste
"Voor elke misdaadboek, sê sy, beplan sy haar boek haarfyn. Sy beplan elke boek vooraf so deeglik dat haar agent een slag vir haar gesê het as Sophie doodgery word, sal sy wat die agent is aan die hand van die uiteensetting die boek kan skryf."
|
 |
The play that goes wrong by Theatre on the Bay
Maryke Roberts
Teater
"Britse gehore het dit beskryf as Fawlty Towers gemeng met Noises off en ’n raker beskrywing is bykans onmoontlik. Maak nie saak wat jou bui is as daardie teaterligte doof nie, jy kan nie vir lank stug bly nie."
|
 |
Kiekies van die KKNK se Kannas 2017
Izak de Vries
KKNK
"Die Kannas, wat jaarliks kreatiewe uitnemendheid by die KKNK beloon, is verlede Maandagaand (15 Mei) op die Nasdak oorhandig. Hier volg ’n aantal visuele indrukke van die aand, soos gesien deur Izak de Vries se lens."
|
 |
Kom kook en geniet op kykNET
LitNet
TV
"Kook en geniet het geen bekendstelling nodig nie. Dié eg Suid-Afrikaanse kookboek, wat ook die grootste verkoper in ons land se geskiedenis is, kry nuwe lewe en sal vanaf 5 Julie as ’n reeks op kykNET uitgesaai word."
|
 |
Funny Girl – The Musical by die Fugard-teater: ’n resensie
Maryke Roberts
Teater
"Gee jy ’n gewilde semibiografiese musiekblyspel oor ’n bekende Broadway-ster en aktrise oor aan ’n bekwame, vernuwende span plaaslike teatermakers, kry jy hul pragtige vertolking van die oorsese wegholsuksesstorie van Fanny Brice in Funny Girl – The Musical."
|
 |
’n Nuwe voorsitter vir Kunste Onbeperk
LitNet
Menings
Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn aanbied, het ’n nuwe voorsitter. Hier is meer inligting oor die nuwe voorsitter, Crispin Sonn.
|
 |
The salesman: filmresensie
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Dis nie elke regisseur wat dit regkry om twee keer die Oscar vir beste buitelandse rolprent te wen nie. Die Irannees Asghar Farhadi het, met A separation in 2011 en vanjaar met The salesman."
|
 |
Grimmig van Battery 9: ’n resensie
Luna Coyne
Musiek
"Die Paul Riekert van Grimmig is ’n ander Riekert as die een aan wie luisteraars en rockers voorheen gewoond geraak het. Hierdie is sy opstanding. Sy revolusie."
|
 |
VraNet: Nuttige wenke vir kosmaak
Liné Enslin, Francois du Preez
Menings
"Onthou net, mens vat nooit ’n mes sonder om ’n ruildingetjie daarvoor te gee nie. Dis ’n ouvroustorie, maar ek het dit nog nie gebreek om uit te vind wat gebeur nie. Ek wil ook nie die kans waag nie."
|
|